NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Een van die wonderlikste ervarings in gelowiges se lewe is dat hulle in tye van beproewing deur ʼn God van liefde vasgehou word.   Christus het nie gekom om ons leed weg te neem nie, maar om ons lewe met sy Teenwoordigheid te vul.

NUWE DIREKTE BYBELVERTALING (2)

Lees reeks by NUWE DIREKTE BYBELVERTALING

1933/53-Bybelvertaling

Johan Dorfling

In 1933 is 'n belangrike mylpaal bereik toe die Bybel in Afrikaans beskikbaar gestel is. Oor jare is met groot toewyding laatnagte aan die Bybelvertaling gewerk. Die vertaling was suiwer gedoen sonder om 'n Hebreeuse of Griekse woord in te bring. Die Bybel moet  "duidelik"  en  "verstaanbaar"  wees. ‘n Uitstekende Afrikaanse Bybeltaal is geskep. Afrikaans as kerktaal is nie alleen 'n kultuursaak nie, maar ook verstaanbare  evangelieverkondiging. Afrikaans spreek ons siel aan.

Die eenvoudige Bybeltaal het ontsaglik baie tot Afrikaans bygedra, omdat dit ‘n baie ryk ervaringswêreld is wat besonder heg ingeskakel het in die kulturele verband waarbinne Afrikaans gebruik word. Die uitdrukking onoorbrugbare kloof kom uit Lukas 16:26, waarin vertel word van die ryk man wat deur ‘n kloof van Lasarus geskei word.

Volgens prof Fritz Ponelis kom uitdrukkings soos die volgende uit die Bybel: berge versit, jou dae is getel, soos 'n dief in die nag, 'n doring in die oog, op die hande dra, met hart en siel, jou hart uitstort, hemel en aarde beweeg, tot hiertoe en nie verder nie, in die land van die lewendes. Die vertalers het sodoende Afrikaans bevorder tot groter bestaansreg.

Geskiedenis is ‘n uitstekende maatstaf om te meet wat in die verlede goeie of minder goeie resultate gelewer het. Die 1933-vertalers het met hulle benadering besondere sukses behaal wat vandag nog wêreldwyd as bogemiddeld erken word, dus kan daaruit geput word.

Myns insiens is dit ‘n korrekte benadering dat 'n vertaling 'n getroue weergawe van die betekenis van die bronteks moet wees, terwyl beelde, metafore, styl en struktuur van die bronteks so ver moontlik behou moet word, en dat die vertaling van hoë letterkundige gehalte, asook goed verstaanbaar moet wees.

Die eerste Afrikaanse vertaling was besonder suksesvol. Dit was ‘n regstreekse vertaling oor die oorspronklike teksbronne. Tans word daar na ‘n nuwe “direkte” vertaling van die Bybel verwys asof die eerste vertaling nie “direk” was nie en dit is ‘n wanvoorstelling.

Onbegryplike vreemde titels soos tetrag, hekatontarg en ander, is in goeie Afrikaans vertaal en dus heeltemal verstaanbaar, so in die 1933/53 vertaling opgeneem en word deur Afrikaanse Bybellesers as sodanig aanvaar en verwelkom. Waarom gevestigde bewoording nou verander en verwarring veroorsaak?  Die WAT fouteer met vreemde toevoegings.

Woorde wat in goeie gehalte woordeboeke soos die WAT opgeneem is, is nie noodwendig algemeen verstaanbaar nie. Ek het nou al geruime tyd (heeltemal onbevange) met Protestante oor die Bybeldirektevertaling gesels. Vir meeste van hulle was woorde/begrippe soos tetrarg, chilias, hekatontarg, prokurator en kohort onverstaanbaar en het hulle ruiterlik verklaar dat hulle nie woordeboeke of voetnotas wil naslaan wanneer hulle die Bybel lees nie. Dit sal glo hulle konsentrasie onnodig verbreek. Hulle lees liewer bo-oor die woorde.

Onder meer die WAT bevat so ‘n magdom woorde dat dit ‘n onhanteerbare omvang aannneem. Om ‘n omvangryke riglyn van woordryke woordeboeke te gebruik, bots dus met die riglyn van verstaanbaarheid en is nie taalverrykend nie, al klink dit oppervlakkig so. Oorspronklike oorgedraagde of geskepte Afrikaanse woorde word in die praktyk uitgeskuif om vir hoogdrawendheid plek te maak. Vreemde woorde klink hoogdrawend. Hou daarby in gedagte dat een mens moeilik ‘n woordeskat van 30 000 kan hanteer, en beslis nie honderde duisende nie.

Dit is nie vanselfsprekend dat die 1933/53-vertaling heeltemal foutloos of onverbeterlik was nie en Bybelkenners kan daarop verbeter waar dit geregverdig is, maar nie verander net om te verander nie. Een voordeel van die eerste vertaling was dat daarin geslaag was om die leefwêreld van die Bybel oor te dra, terwyl verstaanbare Afrikaans ‘n mikpunt was wat met welslae bekroon was. Verbetering aan hierdie vertaling is amper nie moontlik nie.

Dat ander vertalings nou meer vreemde terme gebruik (dit is nie leenwoorde nie), beteken nie dat hulle op die regte pad en navolgingswaardig is nie. Leenwoorde vul leemtes in ‘n taal aan as daar nie gepaste woorde in daardie taal gevind kan word nie. Vreemde woorde wat wel betroubaar in Afrikaans verwoord kan word soos tretarg, proloog, ecclesia en sinkretisme is afbrekend vir die taal. Om meer vakwoorde uit ander tale oor te neem het ‘n gier by taalkundiges geword wat die aard van tale verander en wat die een of ander tyd weer omgekeer gaan word.

As erkenning verleen word om onnodige vreemde woorde in ons omgangstaal op te neem om dit sogenaamd te verryk, sal Afrikaans vinnig in 'n wêreldtaal ontwikkel en sodoende Afrikaans se eie beginsels en karakter verlore laat gaan. 'n Taal word nie verryk as die woordeskat allemintag uitgebrei word nie omdat die omvang daarvan dan te groot word vir gebruik van al die woorde. As die see vergroot word, verklein die grondgebied. 'n Boer sal nie 'n dam bou om soveel as 20 000 hektaar lande te besproei as hy net 2 000 hektaar besproeiingsgrond het nie. Dan was sy gelduitleg (taaluitbreiding) onbedryfsmatig.

Onthou, 'n taal is nie bloot net 'n manier om woorde oor te dra nie, maar word ook gebruik om uitdrukkings wat eie of kenmerkend aan 'n volk is, te beskryf.

Wat egter belangrik is, soos ek dit het, is dat tale met ontwikkeling deur die jare spontaan in omvang verklein en struktureel eenvoudiger geword het. Kyk maar na Duits en Nederlands en Afrikaans se naamvalle, lidwoorde, spelling en werkwoordverbuigings. Engels het nege verskillende tye in werkwoorde en ook meervoudsvorme. Klaarblyklik het klassieke Grieks in eenvoudiger moderne Grieks vereenvoudig. Sogenaamde taalverryking (onnodige uitbreiding) is 'n onding wat veel meer skade aanrig as wat dit voordele inhou. 'n Mens kan nouliks 'n woordeskat van sowat 30 000 woorde bemeester, en as die woordeskat nog veel meer uitgebrei word, raak dit werklik onhanteerbaar lomp. Vakwoorde is nog nie eens hierby ingesluit nie.

Omdat Afrikaans reeds ‘n eenvoudiger beskrywende taal is as die ouer tale, kan enigiets dikwels beter in Afrikaans uitgedruk word. Selfs die uitspraak en spelling is op die voorpunt en beter toegerus. Dit word onderskryf deur uitdrukkings soos “die kat loop onder die tafel deur” en “hy sukkel so skuins-skuins die steilte af”. Dit is moeilik in Engels te beskryf.

Evangelieverkondiging is belangriker as gekunstelde taalgebruik. Dit kan maklik getoets word deur lidmate, oud en jonk, te vra wat hulle verstaan onder woorde soos Middelaar, erfsonde, soenverdienste, sondebok, Verlosser, gereformeerd, apokrief, kerstening, verbond en maagd (soos in tien maagde). Vra aan hulle algemene kennisvrae wat alle Christene behoort te ken. Waar min lidmate hierdie begrippe ken, hoeveel minder sal hulle weet wat pluriformiteit, liturgies, ecclesia, katoliek, kuratorium, sinkretisme en predestinasie beteken?

Myns insiens is Bybelkenners se eerste plig die uitdra van die evangelie deur die gebruik en verduideliking van eenvoudige diepsinnige woorde soos hiervoor uitgewys. Dit is die wese van die evangelie.

Taal hou regstreeks verband met geloof, gewoontes en denke van die gebruikers wat dieselfde betekenis en begrip aan die woorde en volksuitdrukkings gee. Afrikaans spreek die siel aan. Moedertaal is meer as ‘n blote skryf- of gespreksmiddel. Waardes word daaraan verbind soos dat ‘n mens tot ‘n groep behoort. In ‘n meertalige opset word taalsuiwerheid deur vreemde woorde belemmer en getrouheid aan die moedertaal ingeboet.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2436 gaste aanlyn