NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom – Ps 18:7

NUWE DIREKTE BYBELVERTALING (3)

Lees reeks by NUWE DIREKTE BYBELVERTALING

Afwykend

Johan Dorfling

In die sogenaamde direkte vertaling van die Bybel wat tans gedoen word, word onnodige Griekse woorde opgeneem wat bots met ons bekende Afrikaanse Bybeltaal soos prokurator (goewerneur),  hekatontarg (hoofman oor honderd),  satrape (landvoogde), tetrag (viervors), Parakleet (Voorspraak), diaspora (verstrooiing), tartarus (hel), Hades (doderyk), Hodanja (Juda), pretorium (keiserlike wag), proseliet (Jodegenoot) en nog talle ander. Die netjiese goeie Afrikaans is tog heeltemal verstaanbaar in die 1933/53 vertaling opgeneem en word deur Afrikaanse Bybellesers aanvaar en verwelkom. Waarom gevestigde en korrekte bewoording nou verander en verwarring veroorsaak?

As nie ‘n kenner van die brontekste nie, kan ek uit die aard van die saak nie gesaghebbend daaroor praat nie, maar as ‘n Afrikaans en Engelse taalpraktisyn verwys ek na enkele woorde in Lukas soos tans vertaal word. Strydig met Totius se opvatting wat met groot gejuig aanvaar was, word woorde soos prokurator (goewerneur) (Luk 2:2), tetrag (viervors) (Luk 3:1) en proloog (voorrede) opeens as goeie vertaling beskou. Waarom word na die Griekse oorsprong teruggekeer? Hoeveel mense ken Grieks? Is dit steeds ‘n Afrikaanse Bybel?

‘n Goeie Bybelvertaling voldoen aan die behoeftes van die gewone Bybellesers. Ek het onder meer vir verskeie Protestante (Christene) gevra wat ‘n tetrarg is. Sommige het onseker geantwoord dat dit een of ander soort heerser moet wees, terwyl ander prontuit verklaar het dit hulle nie weet nie, en ander dat dit seker ‘n regter was. ‘n Prokurator het meeste aan ‘n prokureur laat dink. My mening is dat Bybelvertalers wat hierdie woorde in ‘n Afrikaanse Bybel plaas, hulle met die doel van goeie evangelieverkondiging misreken. ‘n Bybel word tog vir almal se gebruik beskikbaar gestel en nie net vir predikante nie.

1 Kor 14:9  –  Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal 'n mens weet wat gespreek word?  Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat. Vers 11  –  As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker 'n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my 'n vreemdeling wees.

Hand 2:6 en verder  –  En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; (met ander woorde, die evangelie in verstaanbare taal).

In die 1983-vertaling wat grootliks verwerp is, is ‘n plat onaanvaarbare Afrikaans gebruik soos pa in plaas van vader. Met die vertaling waarmee nou gepeuter word, word esels en eselinne met donkies en donkiemerries vervang. Jesus het op ‘n donkiemerrie se vul gery!  Dit is verlaging van die gehalte van die Bybel en nie Bybeltaal nie. Hoekom aan ons uiters betroubare Bybel en goeie taalgebruik peuter?

Ek het nie al die minderbekende woorde in die huidige vertaling opgenoem nie omdat dit gans te veel is. Diaspora (verstrooiing), efod, paleispersoneel, eunug, tartarus, ekstaties en meer, is ook aftakelend. Sommige Bybellesers mag sommige nuwe woorde aanvaarbaar vind, maar hou in gedagte dat uitsonderings die reël sal word as dit toegelaat word. ‘n Sneeubal word al hoe groter as dit gerol word en so word vreemde woorde al hoe meer totdat dit ons taal oorheers.

Om met behulp van ‘n leraar wyer navraag oor die nuwe vertaling te doen, al sou hy werklik onpartydig en toegeneent optree, is nie prakties nie. ‘n Predikant of ander Bybelkenner redeneer anders as gewone lidmate omdat hulle meer op Bybeltaal/Bybelterme ingestel is en sake vanuit ‘n ander agtergrond bedink. Soms is daar ‘n groot kloof tussen ‘n lidmaat en ‘n predikant of ander Bybelkenner. Bowendien wil lidmate nie graag betrokke raak nie omdat hulle bang is vir gesprekbotsings. Die mensdom is dikwels vir my ‘n raaisel. Hou sterk in gedagte dat die mens ‘n natuurlike weerstand teen verandering het waaraan hy tereg vasberade vasklou as daar geen voordeel vir verandering is nie. Dit is geldig vir beide Bybelkenner en lidmaat.

As dit by mate en gewigte kom, geld soortgelyke argumente as vir ander Griekse woorde. Ek kan nie instaan vir die korrektheid van omrekening van span, el, meetroede, linnetou, log, bat, homer, kab, resoen, talent, mina, gera, en so meer nie, maar die vreemde woorde skep geen betekenisbeeld nie. Daarom is verafrikaansing (gebruiklike mate en gewigte) meer verstaanbaar omdat dit geen afbreuk doen aan die grootte, omvang of metafore nie.

Wat geldeenhede en geldwaardes betref, is dit ‘n ander saak. Die “wisselkoers” van Bybelse geldeenhede teenoor die rand verander selfs van dag tot dag, dog veral van jaar tot jaar. ‘n Hoeveelheid goud wat tien jaar gelede R1 000 werd was, is vandag moontlik R10 000 werd, en oor nog tien jaar? Daarom moet die oorspronklike name van die munte in die brontekste behoue bly. Predikante en ander Bybelkenners kan tydens preke of Bybelstudie vergelykings tref indien moontlik.

Wat verbasend is, is dat die 1933 Bybelvertaling deur vyf vertalers in agt jaar gedoen is. Hulle het geen Afrikaanse vertaling byderhand gehad waarmee hulle die brontekste kon vergelyk nie en moes alles met die hand doen. Rekenaars en elektronika was onbekend. Die huidige vertaalspan bestaan uit 140 personeel en met behulp van ‘n baie goeie Afrikaanse Bybel en met rekenaars is hulle byna 20 jaar aan die werk met tot dusver swakker resultate.

Bygesê, die Bybel is oorspronklik vir eenvoudige mense met min geleerdheid geskryf. Word daar nou gepoog om die Bybel vir teoloë te herskryf, sodat die gemiddelde mens woordeboeke moet gebruik om dit te lees? Die talle verklarende voetnotas in die Bybel wat nou herskryf word, getuig daarvan dat die vertalers hulle hand oorspeel.

Wat moet gebeur:  Behoud van die betroubare 1933/53 Bybelvertaling met weinig verbeterings waar dit werklik verbeterings sal wees.

=  EINDE

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2439 gaste aanlyn