Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In ons land bid baie van ons vir beskerming teen die goddelose mense wat ons wil vermink, verkrag en vernietig. Misdaad word deur die goddelose owerheid aangehelp. Die opskrif van Ps 140 is "Gebed vir beskerming teen goddelose mense". Dawid het vir die HERE gevra: "Red my HERE, van die kwaaddoeners... wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek... bewaar my HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot" . In dieselfde Psalm toon Dawid ook sy geloof: "Ek weet dat die HERE die regsaak van die behoeftiges sal behartig." Ons mag ook glo dat God ons volk van uitwissing sal red.
ONREGLESSE (3)
BOSE WETGEWING
Lees reeks by Onreglesse
Lesse uit die Ou Testament
Ds. A.E van den Berg
Nêrens is die skrif vir ʼn regering so duidelik aan die muur as wanneer hul wetgewing onreg wettig nie. Boosdoeners skuil graag agter die masker van ʼn regstelling van gewaande onreg en pleeg onder die voorwendsel van geregtigheid vir almal groter onreg. Afrika is vrot daarvan! Ongelukkig is hierdie regstellers van onreg baie gewild onder dwase en ontvang selfs internasionale toekennings vir hul onregskeppings.
Elke troon van onreg is ʼn troon van die Satan. Daarom hou sy dienaars hul met onregwetgewings op. Daarmee word die wet wat veronderstel is om ʼn nagmerrie vir booswigte te wees, in effek hul beskermheer!
Oral waar onreg gedy, ly gelowiges daaronder:
“Daarna weer het ek gesien al die verdrukkinge wat onder die son plaasvind, en kyk, daar was trane van verdruktes, en vir hulle was daar geen trooster nie; en aan die kant van hulle verdrukkers was mag...” (Pred.4:1).
Ongelukkig swem baie mense wat hul aanvanklik teen onreg uitgespreek het, later saam met die bose stroom en glo dat hulle geen ander uitweg het nie. Dis geen verskoning nie en maak hul net so skuldig soos die onregskeppers. Die Nuremberg-verhoor in 1946 is ʼn sprekende voorbeeld hiervan.
Boosheid word dikwels weens konkelary gewettig. Daarvan kon Daniël getuig!
“... Ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir ’n aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens. Toe het hierdie ministers en landvoogde die koning bestorm... Hierom het koning Daríus die bevelskrif en die verbod geskrywe. En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan.... en gebid.... net soos hy tevore gedoen het. Daarop het daardie manne aangestorm en Daniël gevind terwyl hy bid ...” (Dan.6:6,10-12).
Boosheid word dikwels met onregwetgewing toegesmeer:
“So word dan die reg teruggedring en die geregtigheid bly staan van ver; want die waarheid struikel op die mark, en wat reg is, kan nie binnekom nie” (Jes.59:14).
Booswigte glo dat God onreg nie raaksien nie:
“Want die HERE jou God wandel midde-in jou laer .... daarom moet jou laer heilig wees, sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie” (Deutr.23:14).
“Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders” (Ps.11:4).
“Wee hulle wat heillose insettinge tot wet maak, en die skrywers wat moeite ywerig voorskrywe, om die armes van die gereg weg te stoot en om die ellendiges onder my volk van die reg te beroof, sodat die weduwees hulle buit kan word en hulle die wese kan plunder. Maar wat sal julle doen op die dag van besoeking en by die verwoesting wat van ver af sal kom? Na wie sal julle vlug om hulp, en waar julle rykdom wegbêre” (Jes.10:1-3).
Die Heilige Gees vul gelowiges met ʼn weersin in onregskepping en diegene wat voordeel daaruit trek:
“Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan. Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde ’n behae het. Sela” (Ps.49:13,14).
“’n Man van onreg is vir die regverdiges ’n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel ’n gruwel” (Spr.29:27).
Onregdienaars byt mekaar graag omdat niemand onder skurke geëer word nie.
“As jy verdrukking van die arme en berowing van reg en geregtigheid sien in die land — verwonder jou nie oor die saak nie, want ’n hoër een loer op die hoë, en die hoëres weer op hulle” (Pred.5:7).
Vervolg...