NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Let op die karakter van ’n leeu; dis sterk en vlug nie vir teenstand nie.  So ook die stryders van die waarheid wat die volle wapenrusting van God aantrek.  Hulle leeue-dapperheid lê in hul ywer vir die waarheid.

HOE KOM ʼn MENS IN DIE HEMEL? (7)

Ds Andrè van den Berg

Lees reeks by Hoe kom mens in die hemel?

“En by dit alles is daar tussen ons en julle ʼn groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie” (Luk.16:26). 

Sonde vorm ’n diep, onoorbrugbare kloof tussen God en mens. In die Gelykenis van die ryk man en Lasarus sê Vader Abraham vir die ryke: “En by dit alles is daar tussen ons en julle ʼn groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie”. (Luk.16:26).  Daar is ʼn kloof tussen God en mens met net een brug - Jesus Christus en niemand anders nie. 

Mense wat beweer dat elkeen op sy eie geloof gered sal word, het geen stawende bewys daarvoor nie.  Dis ʼn leuen!  Die Islamiet wat tot Allah bid, sal nooit in die hemel kom nie.  So ook nie die Hindoe wat sy afgode vereer, inboorling voor sy afgode kruip of die Roomse Katoliek wat tot Maria bid nie. Jesus is die enigste brug tussen die aarde en hemel: “Ek is die deur; as iemand deur my ingaan, sal hy gered word .... (Joh.10:9).   

Mense wat die hemel mis val, sal nooit God die skuld daarvoor kan gee nie. Dit was hul eie keuse. Hulle het die lig van God nie verdra nie en soos grotdiertjies die donkerte verkies. 

Dit moet verskriklik wees om sonder Jesus te sterf en, soos die ryk man in die gelykenis, geredde mense aan die ander kant van die kloof te sien.  Hoe verskriklik sal dit nie wees om jou ouers in die hemel te sien terwyl jy in ewigdurende pyn verkeer nie!  Of om jou geliefdes in die hel te sien en te weet dat dit vir ewig en altyd te laat is om te wil reg maak. Ek kan my geen groter wroeging indink as iemand wat die hel betree met die trane van sy moeder op sy hoof en die gebede sy vader op sy hakke nie!

Hoe verskriklik sal ʼn uur in die hel nie wees nie!  Hoe sal die verlorenes nie wens dat hulle Jesus as Verlosser ontmoet het nie!  Dink aan die versoek van die ryk man in die gelykenis in Luk.16: “Ek bid u dan vader om (Lasarus) na my vader se huis te stuur – want ek het vyf broers – om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie”  (vers 27-28).  Maar nou ja, daar is nie so ʼn iets soos ʼn uur in die hel nie, maar eerder ʼn ewigheid!  Eenmaal verlore, altyd verlore.  Daarom is die raad van Jesaja so ernstig: “Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is” (55:6).

Daar is ook mense wat lag as daar oor die hel gepraat word.  Vir hulle is dit ʼn gogga-maak-vir-baba-bang storie.   Laat hulle maar lag oor die hel; een ding is vir seker: Hulle sal hulle nie daaruit kan los lag nie! 

Dan is daar ook mense wat sê dat hulle nooit rustig sou kon leef indien hulle aan ʼn hel moes glo nie. Vir sulkes sou ek wou waarsku: “Van alle mense het jy die minste rede om rustig te leef!”  Waarom doen mense soveel moeite om in die hel te kom?  Hulle kan met baie minder moeite in die hemel kom! 

Die grootste leuen van almal oor die hel, is dat daar geen hel sal wees nie, want God ʼn God van liefde.   Wie glo dat God geen onbekeerde in die hel sal werp nie, moet ook aanvaar dat Hy geen gelowige in die hemel sal toelaat nie.   Vir diegene wat met die leer van die ewige verdoemenis ʼn probleem het omdat dit kwansuis nie met God se liefde rym nie, is daar net een vraag: Sê God dit iewers in sy Woord?  Nêrens nie!

Die grootste fout wat ʼn mens in die lewe kan maak, is om sy kans op verlossing uit te stel.   So ʼn persoon hang aan ’n bitter dun draadjie oor die rand van die hel.  Die geringste kan dit laat breek en hom vir ewig in hel laat aftuimel.  Die ryk man in die gelykenis kon nie teruggaan om sy fout te herstel nie.  Sorg dat jy aan die regte kant van die hemel kom.

Shannon Lucid was ʼn vroue ruimtevaarder.  Sy het in 1996 vir 6 maande in die Russiese ruimtestasie MIR deurgebring; die langste tydperk ooit in die ruimte. Soos wat die tyd verbygegaan het, het sy net een begeerte gehad – om na haar huis terug te keer.  Net voordat sy deur die ruimteskip Atlantis opgepik is, het sy die volgende gesê: “Wees verseker dat ek nie aan die verkeerde kant van hierdie luik gaan wees as hulle dit weer toemaak nie!” Die belangrikste deur in die lewe is dié na die hemel.  As ons aardse lewe daarop ingestel is om hemel toe te gaan, sal ons sorg dat ons aan die regte kant van die deur na die hemel is wanneer dit vir die laaste keer toeswaai. 

In Mt.25 lees ons van die vyf dwase maagde wat weens onverskilligheid laat by die feesmaal aangekom het.  Hulle was aan die verkeerde kant van die deur.  Dis gesluit en nie weer oopgemaak nie.

Ons moet Jesus as Verlosser leer ken voordat ons sterf, want daar kom ʼn dag dat ons Hom as Regter sal sien optree.  D.L Moody vertel van ʼn ryk man wat ʼn misdaad gepleeg en die beste advokaat gekry om hom te verdedig.  Beide het geweet dat hy skuldig is. Nogtans het die advokaat hom losgekry, maar hom gewaarsku om nie weer so ʼn misdaad te begaan nie want hy sou hom nie weer verdedig nie.  

ʼn Paar jaar later het die man weer dieselfde oortreding begaan en weer die beste advokaat gekry om hom te verdedig.  Tot sy ontsteltenis was die advokaat wat hom die eerste keer verdedig het hierdie keer die regter!  Wees gewaarsku: Aan die einde van jou lewe kan Jesus jou Regter wees!

Dink gedurig aan die hemel.  Doen alles met die oog op iets belangriker as hierdie tydelike lewe.  Daar is geen beter oefening vir die siel as gedagtes aan die hiernamaals nie. ” As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is.  Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie... (Kol.3;1,2).  Laat jou lewe ʼn rowwe skets wees van die lewe wat jy in die hiernamaals sal wil voer. 

Laat ons soos Maarten Luther sê: “Ek sou nie ʼn enkele oomblik van die hemel vir al die vreugdes en rykdom van die wêreld verruil nie, al sou dit selfs ʼn duisend jaar duur!”  Mag God ons daagliks ‘n goddelike verlange na die hemelse stad gee, want dan sal ons leef soos mense wat die stad nou alreeds sien.  Mag jou grafskrif eendag lees:  Ek was nooit ʼn burger van die aarde wat hemel toe wou gaan nie, maar ʼn burger van die hemel wat op aarde gereis het.  Die reis is verby en ek is terug!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _____________________

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

  •                                                                        ______________

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel

    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2435 gaste aanlyn