NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy gedink het dat trane net negatief is, is dit tyd dat jy leer dit is God se manier om ons oë 'n slaggie skoon te was en deeglik uit te spoel sodat ons weer goed kan sien.

HOMO- SEKSUALISME (3)

Lees reeks by Homoseksualisme

Ds.André van den Berg

DIE SKRIF ALLEEN!

3.1  Die gesag van die Skrif

Die NG Kerk se poging om homoseksualisme te ontsondig, bring uiteraard die gesag van die Skrif in gedrang.  Is die gesag van die Skrif dan nie deurslaggewend nie?  Wat van die Hervorming met sy leuse Terug na die Skrif?  Waarom luister die NG Kerk dan na ander bronne?

Die grondslag van die Christelike geloof lê in die Bybel en die Bybel alleen. Geen kerk durf iets anders leer as wat die Bybel leer nie. In I Joh.4:1 lees ons: “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan….”  2 Joh:10 sluit hierby aan.“As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie” . Die Bybel is ‘n boek wat gesag het.  Dis God se kommunikasiemedium met die mens. Dit leer ons om die regte weë te volg en het derhalwe vir gelowiges die finale sê!

As jy dus anders oor homoseksualisme wil dink as wat die Bybel leer, moet jy die Bybel eenkanttoe skuif.  Die Bybel moet in sy geheel geglo of in sy geheel gelos word.  Jy staan by die Bybel of glad nie; dis die alles-of-niks beginsel!  Die Bybel laat geen agterdeur van watter aard vir ‘n gruwel soos homoseksualisme oop nie.

Die stryd om lg te ontsondig, het die NG Kerk in twee teologiese kampe verdeel. Aan die eenkant staan en val die Skrifteoloë by die Bybelse uitsprake oor homoseksualisme terwyl die hersieningsteoloë dit eers wil hersien en daarna ter syde stel. Hulle meen dat dit nie sondermeer op die moderne mens bindend is nie en beslis nie op diegene wat in duursame homoseksuele verhoudings betrokke is nie. Hulle sê dat God alleenlik diegene wat wellustige los en vas verhoudings aangaan, veroordeel.  Gevolglik voorsien die hersieningsteoloë geen probleem om die gesag van die Skrif te aanvaar en terselfdertyd duursame homoseksuale verhoudings goed te keur nie.  Feit bly staan dat verdraagsaamheid teenoor sonde die Skrifgesag ondermyn.

Dis werklik jammer dat die Humanisme, wat met reg die godsdiens van die liberalisme genoem kan word, so ‘n houvas op die NG Kerk verkry het.  Sy het in haar gewraakte verslag bv nie minder as 43 bronne ten gunste van homoseksualisme en slegs 10 daarteen aangehaal. Dis mos duidelik dat die NG Kerk haar lidmate in ‘n sekere denkrigting aanjaag!

3.2  Let op die skepping

Wat leer die Skrif oor homoseksualisme?  Kom ons begin heel voor by die skeppingsverhaal in Gen.1 en 2.  God skep die mens as man en vrou.  So ook die diereryk.  Daar is manlik en vroulike diere met die vermoë om die spesie te vermeerder.  Gevolglik is die eerste ding wat ons oor homoseksualisme moet sê, dat dit van oorsprong opstand teen die skeppingsordening van God is.  Dit skend God se resep van een man en een vrou.

In Gen.1:27,28 lees ons: “En God het die mens geskape na sy beeld…man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder…” Die eerste mensepaar word aangesê om voort te plant.  Daarvoor het God hulle geslagtelik verskillend van mekaar gemaak. Genesis lê klem daarop dat hulle as man en vrou na God se beeld geskape is - m.a.w soos God dit wou hê.  Twee mans of twee vrouens kan onmoontlik nie deur seksuele eenwording reg aan hierdie opdrag laat geskied nie!

Jesus verwys in Mark.10:7,8 na Gen.1:27 en 2:24 as Hy sê: ”Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef.  En hulle sal een vlees wees”. Hy onderstreep die gelowiges se standpunt van ‘n man- en vrou-vennootskap in die huwelik.  Slegs man en vrou is fisies in staat om een vlees te word en in ‘n huwelik te staan.

God het man en vrou as komplimentêre seksuele wesens geskape.  Hy het nie nog ‘n Adam as ‘n replika van die eerste gemaak nie, maar eerder ‘n komplimentêre Eva. Daarom kan alleenlik ‘n vrou ‘n man se seksuele ander deel wees en andersom.  Die huwelik word as ‘n hersamestelling in een vlees gesien. God het Eva as mens nommer twee vanuit Adam gemaak.  In die huwelik word hulle as’t ware weer een vlees.

Om homoseksualiteit goed te praat, sal voorwaar ‘n totaal ander skeppingsverhaal vereis!  Dis waarom die Bybel enige ander seksuele eenwording as ‘n skending van God se wil en gruwel veroordeel.  Seksuele gemeenskap is alleenlik vir geslagtelike teenoorgesteldes bedoel.

Derhalwe minag homoseksualiteit Gen.1:27-28 en 2:18-25.  Hierdie tekse is nie losstaande tekse nie, maar die kern van die Bybelse standpunt oor homoseksualiteit.  Homoseksualisme is en sal altyd teennatuurlik wees.  Dit kan selfs in die goddelike skepping van die mens se liggaam en by name sy geslagdele gesien word.  Man en vrou s’n pas van nature in mekaar en nie ‘n man in ‘n man of ‘n vrou in ‘n vrou s’n nie.  Dit as sulks bevestig die skeppingswaarheid dat God man en vrou as komplimentêre seksuele wesens geskape het.

Daarom is homoseksualisme niks anders as ‘n bewustelike onderdrukking van die goddelike wil nie.  Dit ontken die geslagtelike onderskeid wat God gemaak het en verwerp derhalwe die Skepper se ontwerp.  Geen wonder dat homoseksuele gedrag onder heidene floreer nie!

3.3  Let op die Skrif

3.3.1  Die Ou Testament

3.3.1.1 Levitikus

In Lev.18:22 en 20:13 verbied God homoseksuele dade uitdruklik.  Geskep as man moet ‘n man rein en onbesmet in sy manlike natuur wees.  Deur die rol van die teenoorgestelde geslag aan te neem, ontheilig hy God se skeppingsorde.

Lev 20:13 skryf selfs ‘n straf vir oortreders voor: “En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het, soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word.”  Homosekualisme is met die dood gestraf!   Die woord sekerlik bedoel sonder verskoning.  Israel moes geen uitsondering verdra nie, maar gehoorsaam aan God se bevel, praktiserende homoseksualiste teregstel!

In die O.T. word Israel telkens vermaan om hulle as ‘n heilige, afgesonderde volk van God te gedra deur hulle bewustelik van die heidene af te skei.  Heidene vereer altyd die skepsel i.p.v die Skepper.  Niks het sedertdien verander nie – vir die moderne heidene gaan dit nog steeds oor wat die mens wil hê.  Die ANC se aborsiewetgewing is ‘n sprekende voorbeeld hiervan.

Genesis aanvaar heteroseksualiteit as die skeppingsnorm en homoseskualiteit as die verminking daarvan.   Homoseksualisme is Satan se nabootsing van die huwelik. Desnieteenstaande pleit die NG Kerk dat die moderne homoseksualis van Levitikus se oordeel vrygespreek moet word!  Daar word beweer dat die Levitikusvoorskrifte met ‘n deel van die Heiligheidskode te make het wat nie op Christene van toepassing gemaak kan word nie. Dis glo ‘n uitgediende kode.

In Lev.18:24-30 kom daar ‘n lang lys van seksuele vergrype voor wat homoseksualisme insluit. Nou vra ek weer: Waarom wil die NG Kerk slegs homoseksualisme uitlig en ontsondig, maar nie die ander genoemde gruwels nie?  Dis mos inkonsekwent!

In die O.T. word homoseksualisme met die Hebreeuse woord 'toeva' verbind.  Hierdie woord dui op ‘n afstootlike sonde en word gewoonlik met sedeloosheid in verband gebring.  Die Bybelskrywers gebruik hierdie woord wanneer hulle na afgodspraktyke verwys. Vir ‘n man om met ‘n ander man seksueel te verkeer, is ‘n toeva.  Gevolglik word Israel gedurig opgeroep om nie aan heidense toevas deel te hê nie, maar om anders as die heidene op te tree.

In Levitikus word Israel gewaarsku dat indien hulle in gebreke sou bly om teen homoseksualisme op te tree, die Here hulle uit hul land sou verwyder net soos Hy die Kanaaniete daaruit verwyder het. Kanaan se verknogtheid aan homoseksualisme het hulle hul land gekos. Israel word in geen onduidelike taal gewaarsku dat as hulle hul aan heidengruwels gaan skuldig maak, die Here hulle uit hul land sal spuug.

3.3.1.2   Gam se  werklike sonde

Kom ons let vervolgens op Gam se werklike sonde.  Wat het destyds werklik tussen Gam en sy vader Noag gebeur dat sy nageslag so ‘n harde oordeel ontvang het?   Het Gam maar net vir sy besope vader gelag soos ons van kleins af wysgemaak is?  Nee, iets erger as dit het gebeur - Gam het Noag seksueel verneder!  Volgens Gen.9 het Gam sy vader se naaktheid, d.w.s sy geslagsdele gesien.  Dis ‘n woordgebruik waar die betrokke skrywer iets verbloem wat hy nie reguit wil sê nie.

Die verhaal gaan om meer as ‘n blote aanskouing van Noag se naaktheid. Daar staan geskryf dat toe Noag uit sy roesemoes wakker word en bemerk wat Gam hom aangedoen het, hy sy nageslag vervloek het. Die woordgebruik dui daarop dat Gam sy vader seksueel aangerand het.  Dit was ‘n ontsettende vernedering omdat Gam op daardie oomblik sy vader, wat die hoof van die gesin was, se seksuele rol as man, van penetreerder na dié van ‘n vrou, na die gepenetreerde verander het.  Gam se werklike sonde was bloedskendige homoseksuele verkragting.  Dit verklaar die daaropvolgende vervloeking wat in ooreenstemming met die oortreding is.

Soos wat Gam ‘n gruweldaad met sy saad gepleeg het, is sy saad (nageslag) daarna vervloek.  Vir Noag was dit die gruwelikste oneer omdat ‘n man wat gepenetreer word, op daardie oomblik as ‘n vrou, funksioneer.  Vir ‘n man is man-op-man-verkragting die ergste vernedering!

Gam se walglike daad herinner my aan die ou Egiptiese verhaal van die gode Seth en Horus wat aan ‘n man wat ‘n ander man suksesvol penetreer, uitsonderlike mag beloof het.  Dis presies wat die mans van Sodom en Gomorra gedoen het – hulle wou aan die besoekers wys wie is baas.

3.3.1.3         Sodom en Gomorra

Die verhaal van Sodom en Gomorra in Gen.19:4-11 is die mees voor die handliggende verhaal van God se straf op homoseksualisme.  Hierdie Skrifgedeelte kon net so wel die opskrif gehad het: Die gruwel van homoseksualisme word gestraf.  Die wyse waarop die inwoners vreemdelinge by wyse van verkragting wou domineer asook die Sodomiete se dreigement om Lot en sy mense nog meer kwaad aan te doen, was vir God meer as genoeg om hulle saam met hulle stede te verwoes.

Ontspoordes reken weer dat hierdie verhaal niks met homoseksualisme as sulks te make het nie. Sodom en Gomorra se sonde was glo hulle ongasvryheid teenoor vreemdelinge. Bid jou aan!  Nee, die verhaal onderstreep die gruwel van homoseksualisme baie duidelik.  Hoe durf ‘n kerk enigsins ‘n sagte woord vir homoseksualisme hê as God so kwaad vir hierdie gruwel geword het, dat Hy twee stede met inwoners en al verwoes het!

3.3.2       Die Nuwe Testament

3.3.2.1 Paulus se duidelike uitsprake

Die N.T. gelowiges het nooit enige teologiese probleem met homoseksualisme gehad nie.  Dit wat die Skrif daaroor wou sê, is reeds in die O.T. gesê.  Hulle het geweet dat homoseksualisme ‘n ernstige vergryp was en dat mense wat hulle daaraan skuldig gemaak het, nie net van die volk van God afgesny is nie, maar ook van die koninkryk van God uitgesluit is.

Paulus sien homoseksuele parktyke as ‘n heidense eienskap wat nie onder gelowiges tuishoort nie.  Hy kyk na heidendenkers soos Plato, Aristoteles, Seneca en ander wat, al was hulle heidene, ook homoseksualisme afgewys het en sê dan in Rom.2:14,15: “Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hullleself ‘n wet…..omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan….” Hou in gedagte dat die erotiese liefde in oud-Rome met wellus deurspek en huweliksverhoudings blatant ontrou was.

In die N.T. verwys Rom.1:24-27, 1 Kor.6:9-10 en 1 Tim.1:9-10 direk na die gruwel van homoseksualisme.  Mense wat hulle aan hieraan skuldig maak, word veroordeel en sonder omhaal van woorde van die koninkryk van God uitgesluit.  Gevolglik moes die eerste Christene as teken van hul geloof in Christus, ‘n baie duidelik standpunt teen homoseksualisme en ander seksuele vergrype inneem. Mans en vrouens moes binne die gesin aan mekaar getrou bly en hulle daardeur duidelik van die heidene onderskei.

Die heidene daarenteen het betreklik dierlik opgetree en mekaar dikwels nie as mense, maar as voorwerpe behandel. As kind van sy tyd kon Paulus homoseksuele gedrag nie anders as heidens en doelbewuste opstand teen God sien nie.  Die heidene se skandelike hartstogte was simptomaties van hul God-verlatenheid.

Rom.12:18-32 is gewis die sentrale argument in die beoordeling van homoseksuele gedrag.  Paulus veroordeel homoseksuele dade as ongebreidelde wellus en wys daarop dat sonde in die lewens van heidene altyd hoogty vier.  Daarna verduidelik hy dat God regverdig is in sy oordeel oor die heidene. Hulle weet ook wat reg en verkeerd is; nogtans doen hulle die verkeerde dinge.

Rom.1:24-27 veroordeel homoseksualisme in geen onduidelike taal nie. Paulus onderstreep een groot waarheid nl.dat die Evangelie op die lewe van enkelinge sowel as gemeenskappe beslag lê.  Verder redeneer Paulus dat homoseksualisme ongetwyfeld heidens moet wees omdat dit die natuurlike orde van God in ‘n teen-natuurlike een omkeer.

Desnieteenstaande hersien talle ontspoorde teoloë Bybelwaarhede ten einde die Christenstandpunt oor homoseksualisme te probeer verander.  Hulle sê dat Paulus destyds nie van homoseksuele oriëntasie en duursame homoseksuele verbintenisse geweet het nie en hom derhalwe slegs teen die heidense homoseksuele praktyke uitspreek.  Sy konserwatiewe standpunte is derhalwe nie op die moderne mens van toepassing nie.

3.3.2.2        Petrus

Ontspoorde kerklui haal selfs die apostel Petrus aan waar hy in Hand.15 sê dat die Here aan hom getoon het om geen mens as onheilig of onrein te beskou nie.  Die kerk moet dus homoseksueles in haar midde aanvaar en laat tuisvoel.  Dis ‘n moedswillige verdraaiing van die werklike bedoeling van hierdie Skrifgedeelte!  Hand.15 handel oor die aanvaarding van alle mense in die geloofsgemeenskap en beslis nie oor gruwels wat in die gemeente verdra moet word nie!

3.3.2.3 Christus

Daar is ontspoordes wat, omdat Jesus niks direk oor homoseksuele gedrag gesê het nie, aflei dat Hy positief daaroor was.  Hulle koppel sy stilswye aan die liefdesgebod in Matt.22:34-40. Wat ‘n belaglike argument!  Jesus het allermins oor seksuele sondes geswyg – Hy was, inteendeel, baie duidelik daarteen!

Hy was bv dikwels in gesprek met vroue wat seksueel losbandig geleef het. Hy het egter nooit simpatiek teenoor hulle vergrype gestaan nie, maar hulle altyd aangesê om van hulle sonde af te sien.  Let op sy gesprek met die owerspelige vrou in Joh.8.  Hy gun haar wel die ruimte om Hom, maar sê ook baie duidelik dat daar vir haar, maar nie vir haar sonde, by Hom plek was.  Luister wat sê Hy vir haar in vers 11:“Gaan heen en sondig nie weer nie”.

In Mark.10:1-12 haal Jesus Gen.1:27 aan wat sê dat God man en vrou geskep het en verwys in dieselfde asem ook na Gen.2:24 wat sê dat die man sy vader en moeder sal verlaat en sy vrou aankleef en een vlees met haar sal word.  Dan sê Jesus in vers 9 dat wat God saamgevoeg het, geen mens mag skei nie.  Hieruit is dit darem baie duidelik dat Jesus die heteroseksuele model wat in die skepping gegee is, as die enigste model vir seksuele gedrag aanvaar het.  Nêrens lees ons dat Hy ooit van hierdie standpunt afgewyk of verdraagsaamheid vir enige ander model bepleit het nie.  Christus het dit wat die O.T. oor homoseksualisme geleer het nie opgehef of verander nie.

Nog ‘n dwase argument is dat Jesus mense wat in sy tyd as seremonieel onrein beskou is soos bv die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, melaatses en blindes, nie afgestoot het nie maar eerder nader getrek het.  Ontspoordes moedig kerke aan om Jesus se voorbeeld hierin te volg en sg.onreines soos homoseksueles nie te veroordeel nie, maar eerder in die gemeenskap van die gelowiges op te neem en te laat tuisvoel.

Dis ‘n dwase argument want homoseksualisme is beslis nie as ‘n oortreding van die seremoniële wet beskou nie – dit was ‘n doelbewuste oortreding van God se morele wet.   Hierdie gruwel kan mos nie met blindheid, melaatsheid of bloedvloeiing vergelyk word nie.  Dis eerder sedeloosheid op sy aller walglikste!

3.4  Die vroeë Christelike kerk

Die verwerping van homoseksualisme as ‘n gruwel in God se oog was nog altyd die standaard morele oortuiging van die Christelike kerk deur die eeue.  Wie daarvan afgewyk het, het van die leer van Christus afgewyk!  Die vroeë kerk moes haar dikwels openlik teen die heidendom se bose doen en late verset en dwaalleraars tergewys.

Die vrome Jode en vroeë Christene het seksuele reinheid baie hoog aangeslaan. Die heidene se seksuele losbandigheid het hulle derhalwe geskok.  Gevolglik was die weerhouding van losbandigheid een van die toelatingvereistes vir heidenbekeerlinge tot die Christengemeentes.  Hulle kon alleenlik deel van die gemeente word, indien hulle hul sondes afgesweer het.

Andersyds het die Christene die heidene vreemd opgeval. Christene het maagdelikheid vir mans sowel as vrouens voorgestaan en seksuele reinheid nagestreef.  Daarbenewens was die Christene aan een enkele lewensmaat van die teenoorgestelde geslag getrou.  Die heidene het weer ‘n kultuur van blatante ontrouheid gehad en so losbandig as kan kom geleef.



Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2496 gaste aanlyn