NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dobbel is ‘n nare ding.  Meer mense verloor as wat hulle wen.  Moenie met die kosbaarste ding in die lewe dobbel nie – jou siel!

DOODSTRAF IN LYN MET SKRIF

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg

Gen.9:1-7; Ex.21:22-25; Rom.13:1-7

ʼn Eerbare regering skuld sy burgers nie bloot ʼn bestaan nie, maar ʼn goeie bestaan.   Om dit te verwerklik is die toepassing van die doodstraf ’n vereiste.  Dis nie liefdeloos en onmenslik nie, maar in lyn met die Skrif wat dit gebied.

Die mees basiese uitspraak word in Gen.9:6 gevind:“Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak” Mense wat daarvan verskil, verskil van die Skrif.   God gee immers Self die motivering vir die doodstraf, ’n motivering wat by geen ander godsdiens gevind word nie.   Omdat die mens na die beeld van God geskape is, is moord ’n vergryp teen God.

Wat word met die beeld van God bedoel?   Dat God die mens aangestel het om oor die skepping te heers en God se eienskappe te weerspieël: “Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword… Hy wie sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het” (1 Joh.2:5,6).

Om die beeld van God te vertoon, het God aan die mens die lewe gegee.  Net God het die reg om dit te neem.  Luister wat sê Job: “…Die Here het gegee en die Here het geneem; die Naam van die Here sy geloofd!” (Job.1:21).  Geen mens durf wederregtelik die lewe van iemand wegneem nie.

Let daarop dat die bepaling van Gen.9:6 lank voor die ontstaan van Israel gegee is.   Dit sê dat God die doodstraf vir alle mense van alle tye gebied het.   Toe Israel die doodstraf later as amptelike regeringsbeleid aanvaar het, was dit op grond van Gen.9:6 en derhalwe ’n vollediger omskrywing daarvan.

Volgens die wette wat God vir Israel gegee het, was daar 21 oortredings waarvoor die doodstraf opgelê kon word.   Dis in vier basiese groepe verdeel:

  1. misdade waarby mense gesterf het
  2. godsdienstige misdade
  3. etiese misdade en
  4. vormlike (seremoniële) misdade.

By misdade waarby mense gesterf het, is die vergeldingsreg van krag - soos wat jy aan ’n ander doen, moet aan jou gedoen word; ’n oog vir ’n oog, ’n tand vir ’n tand en ’n lewe vir ’n lewe.  Die Bybel eis dat moord vergeld moet word, ’n taak wat God uitsluitlik aan die staat oplê.   In oud-Israel was daar vrystede, plekke waar vermeende oortreders ’n regverdige verhoor kon verkry.  Indien so ’n persoon wel aan moorde skuldig was, is hy tereggestel.

Mense wat aan godsdienstige misdade soos Sataniese rituele skuldig was of God gevloek het, is ook tereggestel.   Israel moes weet dat God ’n heilige God was.  Sy hoogheid durf nie bespot, geminag of belaster word nie.

Onder etiese misdade is die slaan of vloek van ouers gereken (Ex.21:15,17) asook die koppigheid van ’n seun wat hom boonop ook aan drank oorgegee het (Deut.21:18-21).  So ook verskeie vorms van verbode geslagsgemeenskap (Deut.22:13-30).   God het aan Israel sekere heiligheid- en reinheidswette gegee sodat hulle anders as die heidene moes leef.  “En julle sal vir My ’n koninkryk van priesters en ’n heilige nasie wees” (Ex.19:6).

Om heiden elemente by eredienste in te bring, is as vormlike misdaad beskou wat die doodstraf verdien het.  In Lev.10:1,2 vertel Moses van Nadab en Abihu, die seuns van Aaron, wat vreemde vuur (heidense reukwerk) geoffer het waarna God self as teregstellings-beampte opgetree en die twee met vuur uit die hemel verteer het.   Selfs die skending van die Sabbat kon met die dood by wyse van steniging gestraf word (Num.15:32-36).   Al hierdie dinge was nodig om die heiligheid van God by Israel in te skerp.

Desondanks lees ons in die Bybel van moordenaars wat nie tereggestel is nie. Kain het sy broer doodgeslaan en Moses ’n Egiptenaar.  Dawid het Uria, die man van Batseba, laat ombring.   Daar word nie gesê waarom hulle nie aan die pen gery het nie.

Die doodstraf op moord moet in die lig van Gen.9:6 verstaan word.  Omdat hierdie opdrag voor Israel se ontstaan as volk gegee is, is dit logies dat dit vir die ganse mensdom bedoel is en later plek in die wetgewing van Israel sou kry.   Dis universeel en geld vir alle tye.   Die rede vir die doodstraf vir die ander oortredings is nie so voor die hand liggend nie.  God het waarskynlik daardeur sy Goddelikheid en heiligheid by Israel ingeskep en was die doodstraf in daardie gevalle lerend van aard.

Nêrens in die NT is die doodstraf ooit opgehef nie.   Die NT maak dit egter baie duidelik dat slegs die staat die doodstraf mag oplê en voltrek en nie ’n individu nie: “Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte….want hy is ’n dienaar van God, jou ten goede, maar as jy kwaad dien, vrees dan, want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ’n dienaar van God, ’n wreker om die een wat kwaad doen, te straf” (Rom.13:3,4).

Dat die owerheid die swaard dra, dui op sy bevoegdheid om die doodstraf te voltrek.   Onthoofding was in die NT ’n baie algemene teregstellings-metode.  In Hand.12:2 skryf Lukas dat Herodes die apostel Jakobus met die swaard laat doodmaak het.  Die swaardmag was sinoniem met die reg om booswigte dood te maak.   God het aan die staat die opdrag gegee om wet en orde te handhaaf.   Gevolglik het burgers die reg om van die staat te verwag om in hul basiese behoeftes te voorsien.     Daarvoor is die doodstraf ’n vereiste.  Daarsonder kan wet en orde nie gehandhaaf word nie.  Lande wat dit afgeskaf het, het almal met wetteloosheid te kampe.

Paulus stel dit duidelik dat die staat sy mag van God ontvang en derhalwe ’n dienaar van God is.   Wie hierdie mag nie gebruik nie, word ’n dienaar van die Satan!    Daar staan geskryf dat die owerheid die swaard nie verniet dra nie.   Dis sy goddelike plig om diegene wat die doodstraf verdien, regmatig te straf.   Indien hy weier, is hy nie ’n dienaar van God nie.  Wat sleg is vir die bye, is sleg vir die korf!

Toe Jesus voor Pilatus verskyn, sê Pilatus vir Hom: “….Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie?” (Joh.19:10).  Hierop het  Jesus hom geantwoord: ” …U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie…” (:11).  Jesus het Pilatus se gesag ’n Godgegewe gesag geag.

Toe Paulus later voor Festus staan, sê hy: “….Ek staan voor die regterstoel van die keiser waar ek geoordeel moet word….as ek oortree het of iets gedoen het wat die dood verdien, weier ek nie om te sterwe nie…” (Hand.25:10,11).  Paulus het die owerheid wat die reg het om die doodstraf op te lê, eerbiedig.

Die NT vermeld geen voorskrifte vir die oplegging van die doodstraf soos die OT nie.  Ons weet wel van die twee kwaaddoeners wat saam met Jesus gekruisig is.   In daardie tyd kon die Joodse Raad die doodstraf op oortredings van godsdienstige, sedelike en vormlike aard by wyse van steniging voltrek.  So is Stefanus byvoorbeeld op ’n klag van lastering gestenig (Hand.7).  Jesus het egter wel verhoed dat hulle Hom by geleentheid wou stenig.  So ook die owerspelige vrou (Joh.8:3-7).

Uit Jesus sy optrede teenoor dié vrou blyk tog dat Hy in gevalle van godsdien-stige en sedelike oortredings ’n ander weg as dié van doodstraf aangewys het nl. berou en bekering.   Die doodstraf vir godsdienstige, etiese en vormlike oortredings is geleidelik uitgefaseer.

’n Owerheid wat booswigte straf, is ’n instrument in God se hand wat namens Hom die boosheid vergeld.   Geen mens durf in ’n persoonlike hoedanigheid wraak neem nie.  Ons moet kan vergewe.  In die Onse Vader bid ons dat God ons moet vergewe soos wat ons ook ons skuldenaars vergewe.   God het die alleenreg om te vergeld: “Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here” (Rom.12:19).

God oefen sy wraak en vergelding o.a. ook deur gehoorsame owerhede uit wat doodvonnisse oplê en voltrek.  Daarom word die owerheid ’n wreker genoem.  Die doodstraf dien om voornemende misdadigers af te skrik (Rom.13:3,4).  Vrees vir vervolging weerhou mense oor die algemeen van wandade.  Daarom is die doodstraf ’n beskermingsmaatreël die samelewing ten goede.  Owerhede is ’n instelling van God ten einde mense in staat te stel om rustig te leef en beskerm gevolglik die samelewing.  Daarom moet die straf altyd met die oortreding ooreenstem.

Elke mens het die reg om hom teen aanvallers te verdedig.  Hy het die lewe as gawe van God ontvang en dis sy plig om dit op te pas.   Indien hy in die proses van selfverdediging ’n aanvaller dood, is hy nie vir sy dood aanspreeklik nie.

’n Eerbare owerheid sal sy burgers teen booswigte beskerm, die doodstraf oplê en vinnig voltrek. . “Omdat die oordeel oor ’n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen” (Pred.8:11).   Om moordenaars net lang gevangenisstraf op te lê, is nie reg nie.  As hulle vrygelaat word, kan hulle weer moor, soos al telkens gebeur het.  Om jare lank in ’n gevangenis te bly, is buitendien baie onbillik teenoor wetsgehoorsame belastingbetalers.

Vrysinniges sê dat die doodstraf geen afskrikmiddel is nie.   Rom.13 sê dat dit wel so is.  Ongelowiges dink graag anders as die Skrif.    Diegene wat teen die doodstraf gekant is, hou voor dat die lewe heilig is en onder alle omstandighede beskerm moet word.   Aanvallers mag selfs nie uit selfverdediging doodgemaak word nie.   Sulke pasifisme stuit gelowiges teen die bors!

Vrysinniges sê ook dat die doodstraf barbaars is en nie in ’n beskawing tuis hoort nie.   God gee dan self die doodstraf opdrag; hoe durf mense sê dat dit barbaars is!   Slegs die voltrekking daarvan kan barbaars wees.

Sommige mense sê dat Jesus se kruisdood aan God se eis voldoen het.  Daarom moet barmhartigheid aan alle mense bewys word, ook aan hulle wat gemoor het. Ja, Jesus het wel die straf vir alle mense gedra.  Dit hef egter nie die doodstraf per sè op nie.

Die sg. Bevrydingsteologie span egter die kroon as dit by verwarde denke kom.  Teoloë soos Boesak en Tutu glo dat die doodstraf onvanpas is omdat die verkeerde party gestraf word.   Bose samelewings moet eerder vir die kwaad verantwoordelik gehou word want bose samelewings kweek bose burgers.   Terug by die ideologie van die edel barbaar!

Is alle moorde aan die invloed van bose samelewings toe te skryf?  Onsin!  Die probleem lê by regerings wat hul goddelike plig versaak en ʼn misdaad-paradys skep.  Waar reg en geregtigheid ontbreek, heers die bose.   ʼn Goeie regering het herders en nie slagters nie.  ’n Slegte regering het slagters, maar nie herder nie !

’n Regering wat God se Woord gehoorsaam en aan moordenaars die doodstraf oplê, maak dit vir wetsgehoorsames goed om in so ’n land te bly.  So ’n regering staan nie skuldig aan die bloed van onskuldiges wat dalk mag vloei nie.   Die teendeel is egter ook waar – as ’n regering nie doelgerig teen misdadigers optree nie, is hy aandadig aan die selfde misdaad en ’n gruwel in die oog van God (Deut.21:1-9).

Wat staan ons hier aan die suidpunt van Afrika te doen?   Om God vir ’n nuwe regering te bid wat sy Woord sal gehoorsaam en wat orde in hierdie fiasko wat demokrasie genoem word sal bring!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2757 gaste aanlyn