NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wat is die heel laaste ding waarmee alle mense uiteindelik oorbly nadat alle ander dinge van hulle weggeneem is? HOOP. As die donkerte oor jou toesak, bly hoop op God – Hy gee Lig!

 

SALWING

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg

Jak.5:13-20; 1 Joh.2:18-29

"Die openbaring van die Antichris is voor die deur.  Dit word baie duidelik aan die toename in dwaalleer bespeur.  ’n Dwaalleraar is nie ‘n gesalfde van God nie.  Daarom swig kerke die een na die ander onder dwaalleer."

Die salwing met olie was ’n simboliese gebruik in die OT en veral vir die toewyding van priesters (Lev.8:12,30) en konings (1 Sam.10:1) aan die diens van God gebruik.   Olie is as ’n simbool van oorvloed, voorspoed en guns van God gesien: “U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor” (Ps.23:5).

Die OT praat egter ook van ’n geestelike salwing - dié met die Heilige Gees wat deur begenadigde persone ontvang is om hulle vir die werk van God toe te rus.   Jesaja is ’n goeie voorbeeld hiervan:  “Die Gees van die Here HERE is op my, omdat Hy my gesalf het om ’n blye boodskap te bring….” (Jes.61:1). 

   Dis een van die redes waarom die Heilige Gees op die kerk uitgestort is – om gelowiges se getuienis te versterk: “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees…” (Hand.1:8).

Die salwing met die Heilige Gees was onontbeerlik vir die vroeë Christelike kerk omdat Satan hierdie kerk met dwaalleer geskud en baie mense die pad van die Here byster geraak het.  Die Here moes gelowiges baie sterk maak om hierdie agente van Satan teen te staan en die waarheid te laat seëvier.  “...en julle het die salwing van die Heilige en weet alles” (1 Joh.1:20).    Die woorde “weet alles” dui op ’n toerusting met die waarheid.

Deur die eeue salf God gelowiges om vas te staan en mense te help om die waarheid van die leuen te onderskei.  “En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie…” (1 Joh.2:27).

Benewens mense wat as gesalfdes van God optree, word Jesus ook ’n Gesalfde genoem.    Dis wat die woord Christus in Grieks beteken.  In Aramees word dit met Messias vertaal.  “…En Petrus antwoord en sê vir Hom: U is die Christus” (Mark.8:29).    Elkeen wat Jesus volg, is ook ’n gesalfde:  “Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God” ( 2 Kor.1:21).

In die NT tyd het die dissipels ook olie by genesings gebruik.   Tydens hulle eerste sendingtog het Jesus hulle die gawe gegee om siekes gesond te maak. “En hulle het baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak” (Mark.6:13).

Hierdie olie het nie geheimsinnige kragte gehad nie, maar was slegs ’n simbool van die genesing wat God aan sekere mense geskenk het.    Salwing het die gebed aangevul:  “Is daar iemand siek onder julle?  Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het” (Jak.5:14). Die klem val egter nie op die simboliese olie nie, maar op die gebed: “Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag” (vers 16).

Die olie waarvan hier gepraat word, was dus ’n simboliese handeling en nie voorskriftelik en normatief nie.  Indien dit wel voorskriftelik was, sou die Bybel baie duideliker daaroor gepraat het.  Daar is egter niks in die Bybel wat daarop dui dat salwingolie enige geestelike basis gehad het nie.  Indien dit so was, sou dit verpligtend vir die kerk van alle tye gewees het en sou die Bybel baie duideliker voorskrifte daaroor gehad het.   Paulus sou beslis iets daaroor geskryf het omdat hy die meeste normatiewe waarhede van die Bybel breedvoerig in sy briewe behandel.   As hy oor die salwing swyg, kan dit nie normatief wees nie.

Desondanks gaan daar toenemend stemme op vir die herinstelling van salwing in kerke, ’n aandrang wat hoofsaaklik van mense kom wat Jak.5:14 nie verstaan nie en nuwe ervaring soek.   Baie mense word moeg vir die tradisionele godsdiens en soek dan iets opwindend.

Sekere olie het in die Bybelse tyd medisinale waarde vir sommige ongesteldhede gehad.   In die meeste gevalle was dit egter nutteloos.   Indien Jak.5:14 voorskriftelik was, sou ons vandag nog ouderlinge moes inroep as mense siek geraak het en dit terwyl daar hoogs geskoolde medici beskikbaar is.

Jak.5:14 hou met die gawe van genesing verband.   Paulus skryf dat God verskillende gawes aan verskillende mense uitgedeel het (1 Kor.12).   Hierdie gawes is aan die begin van die kerk gegee en nooit bedoel om voortgesit te word nie.   Die kerkgeskiedenis getuig daarvan.   Dit het basies saam met die apostels uitgesterf.

Ongelukkig maak baie charismatiese kerke ’n bespotting van salwing.   Nêrens in die Bybel lees ons van mense wat deur God gesalf is en daarna omgeval, histeries aan die lag gegaan of in brabbeltaal gepraat het nie.   Charismate sien salwing as ’n fisiese belewenis.  Dit moet gevoel en intens beleef word.   Jou adrenalien vlakke moet verhoog en jy moet die ene hoendervleis word.    Dis egter baie gevaarlik omdat die heidene die selfde simptome tydens demoniese beswymings ervaar.

Die Roomse Kerk (RK) heg ook baie waarde aan fisiese salwing.  Salwing verkry selfs sakramentele waarde soos die gebruik van die laaste oliesel (last rites) waartydens ’n priester ‘n sterwende met olie salf ten einde die persoon toegang tot die hemel te verleen.   Hierdie laaste oliesel vorm een van die RK se sewe sakramente.   Die Bybel skryf net twee voor – die doop en die nagmaal.

Die RK maak al eeue lank van allerlei heilige olies gebruik.   Tydens ’n doop word heilige olie wat vooraf deur ’n priester geseën is in die water van die doopvont gegooi sodat dit bo-op dryf.   Wanneer die priester die doop bedien, gebruik hy van die boonste water met die olie in.

Die RK gebruik dikwels heilige olie wanneer ’n priester vir siekes (fisies of sielkundig) bid.   Dit staan as Geheime Heilige Salf bekend en herinner ’n mens sterk aan heiden-godsdienste wat glo dat heilige salf wonders verrig.    Dis een van die redes waarom die meeste Protestantse kerke nie die gebruik het om siekes te salf nie omdat dit die aandag van die ware Geneesheer kan aftrek.

Gelowiges glo dat genesing slegs deur die wil van God en nie deur olie of enige sigbare tekens geskied nie.  “…My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring…” (2 Kor.12:9).    Om vir siekes met of sonder salwingsolie te bid, maak geen verskil aan die uitslag nie.  God maak gesond of laat sterf.

Vir gelowiges is die salwing met die Heilige Gees die belangrikste salwing omdat dit onontbeerlik is vir elkeen wat in God se diens staan.   Niemand kan sonder die salwing van die Heilige Gees ewigheidswerk doen nie.   Sulke werk geskied nie deur die menslike wil en vernuf nie, maar deur die Heilige Gees wat gelowiges salf.

Die salwing met die Heilige Gees het ’n dubbele doel.   Die Heilige Gees werk eerstens in en daarna deur ons.    God werk deur sy Gees IN ons om sonde te versaak en heilig vir Hom te leef:  Paulus skryf: “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is” (Rom.12:2).   Petrus skryf: “Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig word” (1 Pet.1:15) “

Tweedens werk die Gees ook DEUR ons.  Hy gee ons die vermoë om God se werk te doen soos getuienis, prediking en onderwysing in die Skrif.   Petrus is ’n treffende voorbeeld hiervan.   Ná die kruisiging kruip hy uit vrees vir sy lewe weg, maar op Pinksterdag lewer hy vreesloos ’n preek in die tempel waarna 3000 mense tot bekering kom.  Hoe was dit moontlik?   Net deur die salwing van die Heilige Gees.  Petrus sou reuse werk in die vroeë kerk doen.

Die Christelike kerk het baie van die Joodse kerk verskil.  In die Christelike kerk is verskillende gelowiges vir verskillende take gesalf en toegerus.  Paulus gebruik die voorbeeld van die menslike liggaam om dit te verduidelik: “Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie,  Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik” (1 Kor.12:14, 27).

Die salwing van die Heilige Gees was vir die Christelike kerk so onontbeerlik soos olie vir ’n masjien.  Elke gelowige wat gesalf is, het die kerk se geestelike masjien aan die gang gehou, iets wat vandag nog net sowaar is.    Indien ’n masjien nie gereeld olie kry nie, gaan dit later staan.  So ook ’n kerk.    Die olie of salwing van die Heilige Gees is onontbeerlik.   Dink aan die bekende Engelse lied: “Give me oil in my lamp, keep me burning, burning… "

Die openbaring van die Antichris is voor die deur.  Dit word baie duidelik aan die toename in dwaalleer te bespeur.   ’n Dwaalleraar is nie ‘n gesalfde van God nie.  Daarom swig kerke die een na die ander onder dwaalleer.   Maar hoe weet ons dat ’n prediker waarlik ’n gesalfde van God is en nie bloot ’n goeie spreker of toneelspeler nie?   Twee dinge: As hy die waarheid preek en sy prediking tot stigting van sy gemeente lei. “My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid” (1 Joh.3:18).

Gelowiges word met die Heilige Gees gesalf vir elke goeie daad, om die bose te weerstaan, die Woord van God te verkondig, te bid en om met God in ’n geestelike gemeenskap te verkeer.   Is jy ’n gelowige?  Dan is jy ook ’n gesalfde.   Gesalfdes is nie net predikante nie, maar almal wat tot bekering gekom het.  Daarom sê Jesus dat ons sout van die aarde en lig van die wêreld is (Mt.5).     Gesalfdes het ’n roeping!

Gelowiges word spesifiek met die Heilige Gees gesalf.   Let op Jesus se doop.  Nadat Hy deur Johannes die Doper gedoop is, lees ons:“….en meteens gaan die hemele vir Hom oop en Hy sien die Gees van God soos ’n duif op Hom neerdaal en op Hom kom” (Mt.3:16).    Soos wat Jesus met die Heilige Gees gesalf is, is elke gelowige gesalf.  “maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en Ek sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het” (Joh.14:26).

Gesalfdes is vir die Christelike bediening bestem.   Nie net as leraars of evangeliste nie, maar ook as doodgewone mense wie se lewens in Jesus nuut geword het.   Die Heilige Gees bemagtig ons om God se taak suksesvol te verrig.   Die Bybel noem minstens 40 dinge waarvoor gelowiges gesalf is.  Kom ons let net op 10 daarvan:

  1. Gesalfdes kan die waarheid van die leuen onderskei: “ En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie…” (1 Joh.2:27).

 

  1. Gesalfdes getuig van die waarheid: “….en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid” (1 Joh.5:6).

 

  1. Gesalfdes bid vurig: “terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid…” (Efes.6:18).

 

  1. Gesalfdes leef reg: “sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees” (Rom.8:4).

 

  1. Gesalfdes ontvang innerlike krag: “….om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens” (Efes.3:16)

 

  1. Gesalfdes word deur God gelei: “…julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon” (Rom.8:9).

 

  1. Gesalfdes ervaar innerlike vreugde:  “Hy wat die dag waarneem, neem dit tot eer van die Here waar…en wie eet, eet tot eer van die Here…” (Rom.14:6).

 

  1. Gesalfdes leef met hoop:  “En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees” (Rom.15:13).

 

  1. Gesalfdes ontvang geestelike gawes:  “Daar is wel verskeidenheid van gawes, maar dit is dieselfde Gees” (1 Kor.12:4).

 

  1. Gesalfdes dra geestelike vrug: ”Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing” (Gal.5:22).

Mag die Here ons elke dag van hierdie salwing met die Heilige Gees bewus maak.   Laat ons met die heerlike wete leef: “Ek is ’n gesalfde van die Here”.   Alles wat ek in sy Naam vra, sal Hy gee as dit sy wil is.  Ook genesing as ek vir ’n geliefde bid.   Ek hoef nie geen middels te gebruik nie.  Ek is met die Heilige Gees gesalf en dit is genoeg.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2361 gaste aanlyn