NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geduld is nie ‘n doodse berusting om te bly soos wat jy is nie, maar eerder ‘n gewilligheid om te word wat God wil hê.   Geduld is dus die kuns van hoop waarby jy meer baat as by geweld.

OM CHRISTEN TE WEES

Ds AE vd Berg

“Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” - Mt.16:24                               

Wat is ’n Christen?   Mense het verskeie antwoorde op dié vraag.   Sommige glo dat om lidmaat van ’n kerk te wees, van jou ’n Christen maak.   Ander weer dat die doop en aanneming van jou ’n Christen maak.   Die meeste mense glo egter om godsdienstig te wees en sedelik rein te leef, van jou ’n Christen maak.

Ongelukkig is nie een van hierdie antwoorde reg nie!  Jesus waarsku dat nie almal wat sê hulle Christene is, dit is nie: ”Nie elkeen wat vir My sê Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie…” (Mt.7:21).  Wat beteken dit om ’n Christen te wees?    Let op die woord Christen.  Dit beteken letterlik mense wat soos Christus is; ’n benaming wat vir die eerste keer in Antiochië aan die volgelinge van Jesus gegee is: “….en die dissipels is in Antiochië vir die eerste keer Christene genoem” (Hand.11:26).

Om ’n Christen te wees, moet jy soos Jesus leef.   Hoe is dit moontlik?   Jesus sê:“As iemand agter My aan wil kom….” En dis die hart van Christenskap; om Jesus te volg.   Hy stap as ’n herder voor en sy skape volg.   Christenskap is volgelingwees.    Om dit reg te kry, moet jy verander.    Hoe lyk ons normale lewenswandel?   Weg van Jesus af.  “Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop…” (Jes.53:6).

Waarom kom jy kerktoe?   Omdat jy dit as jou plig ag?  Omdat dit ’n goeie gewoonte is?  Ons lees dat Jesus die gewoonte gehad het om op die Sabbat na die sinagoge te gaan.  Kom jy dalk om vriende by die kerk te sien en self gesien te word soos die Fariseërs?   Of gaan jy kerktoe omdat jy lief is vir jou kerkgenootskap?   Hoeveel gaan Sondae kerktoe omdat hulle Jesus liefhet en ’n behoefte het om Hom te aanbid?   Dis die enigste geldige rede vir kerkgang want daardeur sê jy: “Ek wil soos Jesus wees”.

Die kerk bestaan om drie redes

  1. Om God groot te maak: “Laat ons dan gedurigdeur Hom aan God ’n lofoffer bring…” (Heb.13:15).
  2. (ii)  Om die gelowiges geestelik op te bou: “Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op…” (1 Thess.5:11).
  3. (iii)   Om sondaars tot bekering te bring: “…en julle sal my getuies wees…tot aan die uiterste van die aarde” (Hand.1:8).

Wanneer Jesus egter sê: “Kom agter My aan” is baie mense nie daarvoor te vinde nie omdat hulle harte nie reg nie.  Om Jesus te volg, moet jou hart reg wees en daarvoor het jy ’n nuwe hart nodig:  “En Ek sal julle ’n nuwe hart gee….en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee” (Eseg.36:26).   Dit beteken dat God so ’n hart herinstel soos ’n motor waarvan die masjien deurmekaar loop en deur ’n kundige heringestel word.  Ons harte loop van nature verkeerd totdat Jesus dit op Hom instel.

Ons volg Jesus slegs indien ons Hom waarlik liefhet.  En dis ’n daaglikse honger na Hom:” Soos ’n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!  My siel dors na God, na die lewende God…” (Ps.42:2,3).

Jesus se dissipels het alles gelos en Hom gevolg.  Niks is belangriker as die saak van die Here nie. “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word”   (Mt.6:33).   Dis egter nie in die aard van die mens om dit te doen nie; hy wil sy eie hart volg en doen wat hy graag wil doen en volg wie hy ook al wil volg.  Daarom loop sy geestelike masjinerie van meet af deurmekaar!

Jesus se oproep in die teksvers is om ons harte op Hom te rig en te gaan waar Hy ons lei.   Kortweg: Om nie agter ons eie hart aan te loop nie, maar agter die hart wat Jesus ons gee. “My hart is gerus, o God!  Ek wil sing en Psalmsing…” (Ps.108:2).  “Een ding het ek van die Here begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die Here, om die lieflikheid van die Here te aanskou en te ondersoek in sy tempel” (Ps.27:4).  Hoe lyk jou hart?   Net Jesus bring ons by die punt waar niks vir ons belangriker as Hy is nie en ons waarlik volgelinge van Hom word.

Christenwees beteken egter nie net volg nie; ons moet ook iets neersit en iets optel.   Wat sit ons neer?   “…. As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” Ons sit onsself neer. Die teks praat van verloën, ’n sterk woord in Grieks wat letterlik beteken om jou van iemand los te maak.   Dieselfde woord word ook gebruik by Petrus se ontkenning van Jesus in Mt.26.  Ware Christene maak hulle los van wêreldse dinge en sit hul daardeur vir Jesus neer. “So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here” (Rom.6:11).   Dis soos om ’n kledingstuk uit te trek: “Maar beklee julle met die Here Jesus Christus en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie” (Rom.13:14).   “Ek is met Christus gekruisig en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my…” (Gal.2:20).

Volgelinge van Jesus sit hulself neer maar tel ook iets op - ’n kruis.  “….As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” Eers neersit, dan optel.

Toe Jesus dit sê, het sy gehoor presies geweet waarvan Hy gepraat het.  Dit word bereken dat in Jesus se leeftyd soveel as 30,000 Jode gekruisig is!   As Jesus sê dat gelowiges die kruis moet opneem, sê Hy dat ons soos dooie mense moet leef.   Ons begin ons eie dodemars, ’n proses waaraan ons nie kan onttrek of terugdraai nie.   Om jou kruis op te neem, is om die dood tegemoet te stap.  Dis uiteraard wat Jesus op aarde kom doen het:  “Want die Seun van die mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ’n losprys vir baie” (Mark.10:45).

Hoe lyk hierdie kruis wat ons opneem?  Hieroor is daar baie misverstand.   Kom ons kyk eers wat die NIE is nie.   Dis nie moeilikhede of slegte situasies soos ’n moeilike wederhelf, onmoontlike kinders, slegte werksomstandighede of watter ander probleemsituasie ook al nie.   Dis om ter wille van jou geloof gesmaad en selfs gedood te word.

Diegene wat gekruisig is, is bespot.  Dink maar hoe die soldate en Jode vir Jesus op pad na Golgotha bespot het.   Om jou kruis op te neem, is om jou met Jesus te vereenselwig ongeag die koste.  Al moet jy ook vriende, aansien of selfs geld verloor.   Jesus is die belangrikste.  Jy gee nie jou Bybelse beginsels prys nie!  Christenskap is opoffering, veragting, ongewildheid, lyding en selfs die dood.

Ons moet iets neerlê (onsself),  en ons moet iets optel (’n kruis).  Laastens moet ons iets uitleef: “…en volg My”.  Ons draai nie om nie.  Satan sê: Tel jouself op en lê die kruis neer.  Jesus sê:  Lê jou self neer en tel die kruis op.   Wie dit doen, is ’n Christen.  “As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer” (Joh.12:26).

Jesus is as ’n uitgeworpene buitekant Jerusalem gekruisig, ’n beeld van veragting vir die beginsels van God se koninkryk.  Kom ons ly ook buitekant die aansien van die wêreld vir Jesus.  “Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra” (Heb.13:13).   “Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele” (Mark.8:38).  Sit jouself neer, tel die kruis op en volg Jesus!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

.

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2599 gaste aanlyn