NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Bekommernis is die sinlose proses van toelaat dat gister se probleme jou aandag van vandag aftrek en more se geleenthede vertroebel.

WONDERBAAR!

Ds AE van den Berg

“Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige vader, Vredevors" - Jes.9:5

In die Bybelse tyd het voorname betekenis gehad; vandag nie meer nie.  Byname vertel ’n mens in werklikheid meer van ’n persoon.   So het ek aan die Weskus ’n omie geken wat net hier en daar ’n tand in die mond gehad het.  Almal het hom as vendusie-klavier geken!

In die Bybel lees ons ook van mense wat benewens hul eie name ook byname gehad het.   Volgens die Bybel het ons Here Jesus 256 byname gehad!   Die rede daarvoor is dat een naam te kort geskied het om Hom te beskryf.  Van al die name wat Hy gehad het, wil ek by een stilstaan – Wonderbaar; voorwaar ’n gepaste naam wat 800 jaar voor sy geboorte deur ’n profesie aan Hom gegee is.

Wonderbaar beteken voortreflik , d.w.s. anders as die normale; so gepas by Jesus.   Alles van Hom was wonderbaar.   Let maar net op sy geboorte.  Dit was wonderbaar omdat daar nog nooit so ’n geboorte op aarde was nie.   Jesus het so anders as gewone mense net een mense-ouer naamlik Maria gehad.  Het u al gewonder waarom?  Sodat Hy ’n menslike en goddelike natuur kon hê.

Al is daar nie na sy geboorte uitgesien soos wat daar na koninklike aankomelinge uitgesien word nie, het Jesus die Prins van prinse en Koning van alle konings geword.    Sy geboorte is wel met vreugde uit die hemel aangekondig, wel nie aan die elite van Israel nie, maar aan herders, die vodde van die gemeenskap.   Jesus het alle wêreldse glorie prysgegee toe Hy in ’n stal uit ’n arm vrou gebore is.  Daar was selfs nie eens vir Hom plek in ’n herberg nie.  Wonderbaar, ja, baie anders as die normale gang van sake.

Die rede waarom Hy aarde toe gekom het, is ook wonderbaar.  Hy het kom seën en nie om die Romeinse onderdrukkers te vervloek nie; wel om mense op te help en nie te vertrap nie.  “Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was” (Luk.19:10).   Hy het siekes genees en vermoeides rus gegee.   Nogtans was daar in die meeste mense se hart geen plek vir Jesus nie.

Jesus se geboorte was ook vir sekere heidene wonderbaar.   Sterrekykers het uit die Ooste gekom omdat geen ster nog ooit die geboorte van iemand aangedui het nie.  En toe Jesus se geboorte rugbaar word, het Herodes met die slagting van seuntjies Hom probeer dood.  Babatjies was die eerste Christenmartelare!

Jesus se karakter was wonderbaar.   Niemand het in vergelyking daarmee ooit naby aan Jesus se karakter gekom nie.    Hy was die grootste karakter wat ooit op aarde was.  Al het Hy uit ’n onaantreklike agtergrond gekom, het Hy die grootste mens in die geskiedenis geword.

Sy lewe was wonderbaar omdat Hy sondeloos, onselfsugtig en diensbaar was; altyd besig om mense te help sonder om sy eie belange te bevorder.   By geleentheid moes Jesus wegkom toe teenstanders Hom wou doodmaak.  Toe Hy ’n man wat blind van geboorte was sien, het Hy eers gaan stilstaan om hom sig te gee.

Dit wat Jesus geleer het, was wonderbaar omdat dit eenvoudig, duidelik en prakties was.   Jesus het nooit die kollig gesoek nie.   Al het Hy telkens vir skares gepreek, het Hy nooit die enkelinge vergeet nie.   Dink aan die vrou wat aan bloedvloeiing gely en genees is deur net die soom van Jesus se kleed aan te raak.

Mense het verstaan wat Hy geleer het en graag na Hom geluister.  Hulle het nie ’n woordeboek nodig gehad om dit wat Hy gespreek het te verstaan nie.   Hy het graag van beeldspraak gebruik gemaak ongeag wat die kerklui daaroor te sê gehad het want Hy wou hê dat mense moes verstaan wat Hy sê. ’n Prediker wat nie verstaan word nie, moenie ’n kansel bedien nie.   Jesus het die vermoë gehad om die waarheid op ’n baie interessante manier aan mense voor te hou sodat mense dit kon insien.

Sy onderwysing was nie net wonderbaar weens die manier waarop Hy dit oorgedra het nie; dit wat Hy oorgedra het (die inhoud) was wonderbaar.  Toe Jesus by geleentheid vir die kerklui van sy tyd sê dat Hy groter as Moses is, was hulle baie verontwaardig omdat hulle Moses byna as goddelik beskou het.  Daarna het Hy vir hulle gesê dat Hy en God dieselfde was.  “Wie my haat, haat ook my Vader” (Joh.15:23).

Jesus het veral in Kapernaum baie teenstand van die plaaslike sinagoge gekry omdat Hy die rabbi’s in die skadu gestel het deur soos ’n gesaghebbende te leer.  Die Bergpredikasie sluit met die volgende woorde af: “...want Hy het hulle geleer soos een wat gesag gehad het en nie soos die skrifgeleerdes nie” (Mt.7:29).

Dit wat Jesus van Homself voorspel het, was ook wonderbaar.  Hy het voorspel dat Hy verloën sou word, ’n bittere lyding sou smaak en grusaam sterf.   Ja, Hy het selfs die tyd van sy dood voorspel – Paastyd, toe duisende mense in Jerusalem vir die Paasfees was.   Die Paasfees wat eeu lank gevier is, was ’n heenwysing na Jesus, die ware Paaslam!

Jesus se opstanding was ook wonderbaar.   Telkens as Hy met sy dissipels oor sy dood gepraat het, het Hy dit ook voorspel.   Hy sou nie net sterf ten einde van die storie nie, maar uit die dood opstaan – wonderbaar!    Sy opstanding was inderdaad goddelik wonderbaar!  Geen mens sou hom ooit so ’n toneel kon indink nie – ’n engel wat die klip wegrol en die vroue wat later die dag die graf besoek en dinge nie in 'n warboel vind nie, maar ordelik, selfs die grafklere netjies opgevou.  Kort daarna het Jesus aan elkeen van sy vriende maar nie aan een vyandige verskyn nie.

Die gevolg van Jesus se leer is ook wonderbaar.   Hy het die Evangelie aan ’n paar eenvoudige vissermanne toevertrou en dit het wêreldwyd bekend geword.  Jesus het nooit ’n boek geskryf nie, nogtans gryp sy leerstellings ná 2000 jaar sondaars nog steeds aan!    Dit het talle volke uit die duisternis opgehef en wet en orde in staatkundige chaos gebring.

Toe Jesus sy bediening begin het, was die Romeine die wêreldheersers.   Israel was aan Rome onderhorig en vol Romeinse soldate.  Desondanks het die eenvoudige leer van ’n Galileër wat deur Romeine tereggestel is, bly staan en lewe dit vandag nog wêreldwyd op terwyl die Romeinse ryk al eeu lank dood is.

Toe Jesus by twee geleenthede ’n skare met min kos gevoed en siekes genees het, was daar geen kerk, hospitaal of weeshuis in die wêreld nie.  Vandag is daar etlike duisende weens Jesus se leer.   Is Hy nie wonderbaar nie?

Jesus is veral wonderbaar omdat Hy ’n wonderlike Verlosser is.   Sondaars moet maar net hul oë ophef en na die Gekruisigde op Golgotha kyk.    Jesus het selfs mense wat met die dinge van Satan besig was se lewens omgekeer;  dink maar aan Paulus.  Jesus is by magte om tot die uiterste toe te red!

Baie mense glo dat die Christendom besig is om dood te loop.   Ek verskil radikaal van hulle!   Daar was nog nooit ’n tyd wat die liefde van Christus mense so aangegryp het soos vandag nie!   Mense kom daagliks tot bekering.   Niemand is te sleg om gered te word nie.  “Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie” (Joh.6:37).

Jesus is ’n wonderbare Redder.  Daarvoor het Hy aarde toe gekom.   Maar dit sal niks beteken as Hy nie ook jou Redder is nie!   Ken jy Hom so?  Jesus red deur die eeue.  Dis wonderbaar om te weet.  Maar weet u wat nie wonderbaar is nie?  Om geestelik onverskillig teenoor so ’n Redder te staan!  Waarom wil mense in die hel beland as verlossing gratis is!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2429 gaste aanlyn