NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word." Spreuke 31:30

WAARHEID EN LEUEN

Ds AE van den Berg

“.... as die woord van die profeet uitkom, sal die profeet bekend word wat die Here waarlik gestuur het” - Jer.28:9                                     

Jare gelede was die kerk en die plaaslike teater op ʼn klein plattelandse dorpie  teenoor mekaar in dieselfde straatjie.  Toe die tyd vir die gebruiklike Pinksterbidure aanbreek, het die leraar ʼn reeks opwekkingspreke voorberei ten einde sy gemeente meer betrokke te kry.  Die dienste is oral geadverteer; plakkate, strooibiljette, afkondigings ens.   Die eerste aand was daar baie mense in die kerk, die volgende aand minder en daarna telkens minder totdat net drie mense vir die laaste aand se diens opgedaag het.  Wat het skeefgeloop?

Daardie selfde week het ʼn vermaaklikheidkunstenaar ʼn paar opvoerings in die teater gehad, net een plakkaat opgesit om sy vertoning te adverteer en elke aand meer mense getrek totdat die teater met die laaste vertoning stampvol was.  Toe dominee hom buite raakloop, vra hy die man hoe hy dit met slegs een plakkaat reggekry het.   Hy sê aan die man: “Jý verkondig net fiksie en kyk hoe stroom die mense na jou!  Ek verkondig die waarheid, en kyk na die swak opkomste!” . Die akteur se antwoord het hom uitgeboul: “Ek verkondig fiksie asof dit die waarheid is, maar jy verkondig die waarheid asof dit fiksie is”.

Dis baie mense se probleem met predikers vandag - is dit wat hy preek werklik God se Woord soos Jeremia gepreek het of is dit eerder ʼn Hananja-stem?  Wie praat die waarheid en wie lieg?   Wat is waar en wat is fiksie?   Hierdie soort vrae was in die tyd van Jeremia te sprake.   Hoofstuk 28 skets ʼn spanningsveld tussen twee predikers – Jeremia en Hananja.   Jeremia het ernstige probleme met die sg. heilsprofete van sy tyd gehad: “Julle moet dan nie luister na julle profete en na julle waarsêers en na julle dromers en na julle goëlaars en na julle towenaars nie, wat met julle spreek en sê: Julle sal die koning van Babel nie dien nie.  Want hulle profeteer leuens vir julle .... Want Ek het hulle nie gestuur nie” (Jer.27:9,10,15).

In ons gelese gedeelte ontmoet Jeremia een van die mooiweersprofete teen wie hy die volk gewaarsku het.  Al sy voorganger-profete het voorspel dat die Israeliete weens hul afvalligheid in ballingskap sou gaan.   Die heilsprofete het gesê dat dit onsin-prediking was.   Israel was God se uitverkore volk en Hy sou hulle teen enige vyandelike mag beskerm.  Sulke prediking het mense verwar.  Wie op die kansel kon geglo word?   Jeremia profeteer God se straf en Hananja en die ander profete God se redding!

In teenstelling met Jeremia wat 70 jaar van ballingskap as straf verkondig het, was Hananja se preek vol hoop en troos.   Die Bondsvolk moes net vir twee jaar vasbyt waarna God die juk van Babel van hulle nek sou verwyder.  Dis die boodskap wat die volk wou hoor!  So ʼn bek moes jam kry!   Dinge sal weer soos in die goeie ou dae wees.  Het profete soos Jesaja dan nie dieselfde ding verkondig nie?  Hananja preek in lyn met die profete want hy bevestig God se genadige handelinge met sy volk.  Wie is reg?  Iemand lieg.  Die ergste leuens is daardie waarvan die handvatsel eg is, maar die lem vals!

Terwyl die skare in vervoering oor die preek is, staan Jeremia nader.  Dit het hom nie gepla as mense niks van sy boodskappe gehou het nie.   Hy het ʼn taak gehad – God het hom geroep om die volk uit hul droomwêreld wakker te skud.  Hananja het sy eie wense en begeertes op God oorprojekteer en as Godswoord verkondig en gepreek wat die volk wou hoor, maar nie wat God gesê het nie.

Jeremia wou allermins sy volk ten gronde sien gaan met ʼn houding van: “Ek het julle mos gesê! ".  In vers 6 wens hy selfs dat hy ter wille van sy volk verkeerd en Hananja reg kon wees.  Dit sou nie gebeur nie!   Die geskiedenis sou bewys wie reg is.   Die leuen word nooit ʼn waarheid omdat baie mense dit glo nie.  Nog minder word die waarheid ʼn leuen omdat baie mense dit verag.

Om sy woorde te bekragtig, breek Hananja die hout-juk wat Jeremia as teken van sy volk se swaarkry gedra het voor die oë van die aanwesiges.   Dit was so indrukwekkend dat Jeremia niks verder kon sê nie en soos die plattelandse dominee maar pad gegee het.   Jeremia se wind was egter nie vir lank uit sy seile nie toe God hom laat omdraai om erger straf aan te kondig.  In plaas van hout-jukke sal Hananja en die volk yster-jukke dra – God se oordeel het nie afgeneem soos voorspel is nie, maar eerder skerp toegeneem.  Om die waarheid te bevestig sou Hananja voor die einde van daardie jaar sterf.

Ek glo dat jy ʼn speld in daardie tempelhof kon hoor val.  Wie moes hulle glo?  Hananja of Jeremia, want elkeen sê: So spreek die Here!  Wat is waarheid en wat is leuen?  Wie spreek eg en wie vals?   In vers 17 lees ons dat Hananja in die sewende maand van daardie jaar oorlede en die voorspelling bewaarheid is. Jeremia was die ware en Hananja die valse profeet.  Ja, wie die leuen glo, word deur die waarheid veroordeel.

Wat moes die ontnugterde mense wat goedgelowig aan Hananja se boodskap van hoop en verlossing vasgeklou het nou dink?  Hulle het mos nie geweet dat Hananja vals was nie.   Ja, oral waar die tempel van die waarheid verrys, rig die Satan sy kapel van misleiding op!   Omdat die Satan graag agter ʼn kruis skuil, volg mense leuens wat vanaf kansels verkondig word so geesdriftig!

Dit bring ons by ʼn baie aktuele vraag:  Hoe weet ʼn mens of ʼn prediker die waarheid preek?   Deur dit aan die Bybelse waarheid te meet.  By geleentheid vra die kerkleiers vir Jesus:”... Deur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U die gesag gegee om dit te doen?” (Mark.11:28).  Israel het op daardie stadium ʼn groot probleem met ware en valse profete gehad.  Mense het nie geweet wie om te glo nie – Jesus of die Fariseërs?  Soos ʼn Jeremia van ouds het Jesus ook dinge gesê wat lynreg met die opvattings van die kerkleiers gebots het.   Dit het, soos met Jeremia, gelyk asof die ware Profeet die valse een was.

In Jesus se geval het sy opstanding uit die dood hierdie vraag beantwoord.  Daarom is die opstanding so ʼn kardinale leerstuk van die Christendom - daardeur het Jesus bewys dat Hy die ware profeet was.   Dit wat ʼn profeet profeteer, moet bewaarheid word. “.... as die woord van die profeet uitkom, sal die profeet bekend word wat die Here waarlik gestuur het”.  Jesus het sy eie dood en opstanding aangekondig wat dan ook so gebeur het.   Een ding moet ons almal moet weet: dat alles wat Jesus verkondig het, die waarheid is en dat al sy beloftes wat nog nie verwerklik is nie, eendag bewaarheid sal word.

Daarom moet elke prediker, soos Paulus, op hierdie beloftes voortbou:  “...want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde” (1 Kor.2:2).   As leraars dit doen, sal hul prediking nie na fiksie klink en lidmate nie na lekker kerke wegloop om die waarheid daar te gaan soek net om hulle in ʼn spul leuens vas te loop nie.   Niks is vir die saak van die Here so skadelik soos die flou stem van ʼn sieklike Christendom nie.

Daarom moet ons versigtig wees wat ons hoor.   Mense is al te geneig om net te hoor wat hulle wil hoor.  Ons moet na die volle waarheid van die Skrif luister, veral die waarskuwings.   Die vraag moenie wees of ’n leerstelling mooi klink nie, maar of dit die waarheid is?   Daar is niks so misleidend soos ʼn welsprekende leuenaar nie.  Mense verwar dikwels die vurige betoog van ʼn ekstrovert met die krag van die Heilige Gees.

Israel het hul in die tyd van Jeremia blind en doof vir die waarheid gehou; iets wat nog steeds gebeur.  Mense hou hul doof vir die verlossingsboodskap dat jy alleenlik in die hemel sal kom indien jy deur die bekering in ʼn persoonlike verhouding met Jesus verkeer.   Daarbenewens gaan daar al hoe meer stemme vir godsdienstige verdraagsaamheid op.  Baie mense glo dat die pad na die hemel nie net oor Christus alleen loop nie, maar dat daar ook ander paaie is.  En dis ʼn leuen!   "Ek is die weg en die waarheid en die lewe.  Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6).  Dwase glo aan ʼn alternatiewe roete  “Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God” (1 Kor.1:18).

In Mt.24 waarsku Jesus dat soos wat sy wederkoms nader kom, misleiding oorhand gaan toeneem.   In hierdie tyd sal die valse kerk, soos in die tyd van Jeremia, groter en onsuiwerder en die ware kerk kleiner maar suiwerder word.   Leer uit die geskiedenis: Al lyk dit asof die Christendom sterf, herleef dit telkens.  Christene glo immers aan ʼn Verlosser wat die pad uit die graf ken!

In hierdie tyd van kerklike afvalligheid sal dit wat die ware kerk verkondig deur moderne Hananja’s as leuens afgemaak word.   Mense wat nie vir hulself dink nie sal hierdie profete blindelings volg omdat hulle gemakliker met die leuen as met die waarheid is.

Gelowiges se liefde vir Christus en die waarheid sal hulle egter soos ʼn Jeremia van ouds sterk laat optree en hulle vir baie mense ʼn steen des aanstoots laat word.  Ja, niks prikkel die vel van godsdienstige ydelheid soos ʼn harde waarheid nie.  Maar ʼn waarheid wat seermaak, is dikwels ʼn waarheid wat genees.  Gelowiges maak eerder iemand met die waarheid seer as om hom met ʼn leuen gelukkig te maak.  En as hulle in die proses vyande word, getuig dit dat hulle vir die waarheid opgestaan het.  Hy wat weens beginsels verloor, wen meer as hy wat deur leuens wen!

Ons verkeer in die eindtyd.  Jesus is op pad.   Daarom moet ons liefde vir die waarheid en geregtigheid in hierdie dae baie sterk van God se beeld in ons getuig.  Om jou in Jesus te verbly, is om jou in die waarheid te verbly.  Moenie dat iemand ooit wonder waar jy staan nie.   Hou aan die waarheid vas soos ʼn drenkeling aan ʼn plank.   Laat ons liefde vir die waarheid met onsigbare klinknaels aan ons siele vassit.

Mag die prys vir die stryd om die waarheid vir die AP Kerk nooit te hoog word nie.   Kom ons beskou die soeke na en wandel in die waarheid as ʼn lewenslange verpligting want Jesus is die weg en die waarheid.   Laat ons geen pad neem wat nie na Hom toe lei nie.

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2366 gaste aanlyn