Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Miskien het jy vir my gebid; miskien het jy net stil gesit. Miskien het jy terwyl jy werk gehoop ek word weer sterk. Maar altyd is jy iewers daar waar jy vir my 'n tydjie spaar. Met groot verstaan en woorde min bly jy maar my GOUDVRIENDIN.
DIE BELHAR-BELYDENIS EN DIE TOEKOMS (1)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Belhar-belydenis en die toekoms
"By Babel het die goddelose eenheidsdrywers gesê: 'Kom, laat ons vir ons 'n stad bou ... en laat ons vir ons 'n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.' (Gn 11:4). Hier het ons 'n tipiese strewe 'uit die mens en vir die mens en tot die mens.' In ons tyd noem ons dit humanisme - die mens, en nie God nie, bepaal sy eie lot."
1. Die aanloop tot die opstel van die Belhar-belydenis
Die aanloop tot die opstel van die Belhar-belydenis hoef vir die doel van hierdie skrywe nie verder teruggevoer te word as 1978 nie. In daardie jaar het die Ned. Geref. Sendingkerk (NGSK) 'n hele aantal ingrypende besluite rakende die apartheidsdenke in Suid-Afrika geneem en dit verwerp as in stryd met die Bybelse opdrag tot Christelike eenheid.
Die volgende aanduibare stap het gekom van die kant van swart afgevaardigdes wat op 14 Februarie 1980 tydens 'n byeenkoms van die omstrede Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) te Hammanskraal byeengekom het. By daardie geleentheid het hulle 'n ernstige beroep op blanke Christene gedoen om hulle duidelik uit te spreek teen die morele en teologiese regverdiging van die apartheidsbeleid en sodoende die kerk te suiwer van rassisme. In Augustus van dieselfde jaar het die Sentrale Komitee van die Wêreldraad van Kerke (WRK) in Geneve 'n verklaring uitgereik waarin hulle hul lidkerke in Suid-Afrika opgeroep het om hulle onverwyld te distansieer van apartheid en dit nie net as sonde te brandmerk nie, maar as 'n skandvlek op die evangelie.
In Oktober 1981 het ABRECSA (The Alliance of Black Reformed Christians in Southern Africa) 'n konferensie te Hanmmanskraal gehou waartydens dr. Alan Boesak verklaar het: "I indeed believe black Christians should formulate a Reformed Confession for our time and our situation in our own words." (ABRECSA-verslag p.19). By hierdie geleentheid word daar plegtig verklaar dat apartheid sonde is en dat die morele en teologiese regverdiging daarvan nie net 'n aftakeling van die evangelie is nie, maar ook 'n verdraaiing van die Gereformeerde tradisie. Apartheid is toe daar vir die eerste keer as kettery veroordeel en 'n vinger van oordeel na kerke gewys wat hul lidmaatskap spesifiek vir hul eie ras gereserveer het. ('n Staat kan anti-Christelik optree en teen God en mens sondig. Dit kan egter nie kettery pleeg nie. Kettery is die twyfelagtige voorreg van die kerk. Die gevaar van kettery is dat dit altyd geskied onder die dekmantel van Skriftuurlikheid!)
Hierdie siening sou 'n baie belangrike rol speel by die vergadering van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke (WBGK) wat in Augustus 1982 te Ottawa vergader het. Dr. Alan Boesak is ál die ruimte gebied om gal te braak en het by daardie geleentheid apartheid nie net as 'n Bose ideologic veroordeel nie, maar ook as 'n "pseudo-religieuse ideologic" wat geregverdig is vanuit die boesem van Suid-Afrikaanse kerke met 'n Gereformeerde leer. Hierdie hou was duidelik teen die kennebak van die Ned. Geref. Kerk gemik!
Dr. Boesak het kerke wat apartheid ondersteun het, medeverantwoordelik gehou vir die aftakeling van die geloofwaardigheid van die evangelie. Gevolglik het by horn daartoe gedwing gevoel om apartheid as 'n vorm van afgodery te brandmerk wat nie net die samelewing besmet nie, maar ook die liggaam van Christus verontreinig het.
Dr. Boesak laat sedertdien geen steen onaangeroer om kerke en Christen in Suid-Afrika te beskuldig van rassisme en medepligtigheid aan die afbreking van sekere mense nie. Daarmee saarn word hulle ook beskuldig van 'n onopregte naasteliefde en kom by tot die gevolgtrekking dat die tyd aangebreek het vir drastiese kerklike besinning oor die "medepligtigheid" van veral die Ned. Geref. Kerk. "For Reformed Churches this situation should constitute a status confessions." ("He made us all, but...", A Boesak p.1.)
Op 25 Augustus 1982 het die WBGK 'n breedvoerige verklaring uitgereik oor rassisme in Suid-Afrika en verklaar dat hulle verplig is om die stem te verhef en hul openlik aan die kant van die verdruktes te skaar. Hulle het geoordeel dat die tyd aangebreek het dat 'n duidelike streep getrek moes word tussen waarheid en dwaling. Paragraaf 11 van die verklaring het alles soos volg saamgevat: "Daarorn verklaar die Algemene Vergadering dat hierdie situasie 'n status confessionis vir ons kerke bewerkstellig wat beteken dat ons hierdie saak as 'n aangeleentheid beskou waaroor dit onmoontlik is om te verskil sonder om die integriteit van ons gemeenskaplike belydenis as gereformeerde kerke ernstig in gevaar te stel.”
Toe die sinode van die NGSK op 1 Oktober 1982 in Belhar vergader het, het hulle hierdie besluit van die WBGK oor rassisme aanvaar. Ná vele bespreking het hulle soos volg besluit: "Omdat die sekulêre evangelie van apartheid ten diepste die versoening in Jesus Christus en die eenheid van die kerk van Jesus Christus in sy wese bedreig, verklaar die NGSK in SA dat dit vir die kerk van Jesus Christus 'n status confessionis daarstel." Daarna volg die verduideliking en word die tweede deel van die besluit van die WBGK woordeliks herhaal.
2. Die afkondiging van 'n status confessionis
Die afkondiging van 'n status confessionis (staat van belydenis) beteken niks anders nie as dat 'n betrokke kerk oordeel dat 'n oomblik van waarheid aangebreek en 'n situasie ontstaan het waarin die evangelie volgens hulle mening op die spel geplaas word. Die afkondiging hiervan impliseer nie noodwendig die opstel van 'n nuwe belydenisskrif nie, maar dit kan wel. daartoe lei, soos gebeur het met die opstel van die Belhar-belydenis deur die NGSK. Die kerk het tot hierdie buitengewone stap oorgegaan omdat hulle in die lig van Suid-Afrikaanse politieke bestel die behoefte gevoel het om opnuut hulle geloof te bely. Hulle het geoordeel dat die hart van die evangelie self op die spel was en dat die kerklike en politieke situasie in SuidAfrika, veral binne die NG Kerk-familie, so 'n beslissing geregverdig het.
Die uitdrukking status confessionis is uiteraard geen nuwigheid nie. In die sestiende eeu het hierdie saak vir die eerste keer ter sprake gekom in debatte oor die vraag of sekere reëlings in die kerk neutrale sake was en of die evangelie nie dalk op die spel was nie. Hierdie term het later weer gewild geraak veral in die kerklike en teologiese verwerping van rasseskeiding waarvan die Belhar-belydenis 'n tipiese voorbeeld is.
Die ampsleiers van die Belhar-belydenis gee toe dat die Christen in normale omstandighede uiteenlopende politieke menings kan hê. Tog kan dit gebeur dat maatskaplike strukture so onderdrukkend word dat kerke genoodsaak word om hul stem te verhef en by wyse van 'n belydenis hulle teenkanting openlik te kenne te gee. Die gevaar is egter dat 'n misplaaste belydenis die betrokke kerk in 'n politieke drukgroep kan verander ten einde politieke en maatskaplike verandering te bewerkstellig!
3. Die NGSK se siening van apartheid
Die NGSK sien apartheid veel meer as 'n politieke stelsel en implementering van sekere ingrypende politieke maatreëls. Dit is vir hulle veeleer 'n duidelik omlynde lewens- en wêreldbeskouing, 'n godsdienstig gemotiveerde lewenstyl, 'n wyse van dink oor mense en menswees. Hulle beskou dit as die ordening van die samelewing in al sy fasette volgens 'n ideologie wat histories asook bewustelik of onbewustelik by baie mense vanuit die Bybel begrond, gemotiveer en gepopulariseer word.
Die Belhar-belydenis rig horn uitsluitlik teen die "dwaalleer" van apartheid en die gevolge daarvan. In drie artikels word duidelik aangetoon waaraan hulle apartheid as dwaalleer herken.
Ten eerste word dit gekenmerk aan die verskeuring van die kerk op grond van ras en kleur op so 'n wyse dat die geloof in Jesus Christus nie meer bepalend is vir lidmaatskap van 'n kerk nie soos bv. in die geval van die Ned. Geref. Kerk (Let wel, dit was vóór die Ned. Geref. Kerk in Oktober 1986 voor die liberale druk geswig en sy lidmaatskap oop verklaar het.)
Tweedens bring apartheid die evangeliese boodskap van versoening tussen mense onderling in gedrang, asook die geloofwaardigheid van die evangelie.
Derdens skep dit in weerwil van die Bybelse boodskap van geregtigheid ruimte vir die uitbuiting van die magtelose deur die maghebber.
Die opstellers van die Belhar-belydenis spreek hierdie belydenis uit omdat hulle aandeel dat allerlei teologiese argumente daartoe bygedra het om aspekte van die waarheid so eensydig te beklemtoon dat dit in die leuen verander het. Alhoewel die term apartheid nêrens in die belydenis self voorkom nie, is dit baie duidelik die skyf waarop die opstellers konsentreer. Die rede waarom hulle die "sonde" nie by die naam wou noem nie, was omdat dit volgens hulle in die eerste instansie gegaan het om die kerklike dwaalleer wat die apartheidstelsel ten grondslag gelê het. Baie naïef bely hulle dat dit vir hulle alleenlik gaan om die persoon en kerk wat van die dwaalweg moet afsien. Gevolglik bestempel die opstellers hulle optrede as 'n "kreet uit die hart" en dwang wat hulle opgelê is.
4. Verwydering tussen lede van die Ned. Geref. Kerk-familie
Dat die opstel van die Belhar-belydenis verreikende komplikasies sou hê vir die beoogde sigbare kerkeenheid in die geledere van die Ned. Geref. Kerke, was 'n voldonge feit. Die opstellers van die Belhar-belydenis het geweet dat hierdie belydenis een van twee gevolge sou hê: die "suiwering" òf vernietiging van die kerk. Die NGSK het egter geoordeel dat 'n baie ernstige situasie ontstaan het, ja, 'n oomblik van waarheid aangebreek het waarin niks minder as die evangelie self op die spel was en die risiko derhalwe geneem moes word.
Toe die Belhar-belydenis die lig gesien het, was dit onvermydelik dat spanning sou ontstaan tussen die voorstanders van die belydenis met sy bindende beslissings en die res van die Ned. Geref. Kerk-familie. Die besondere band wat vir soveel jare tussen die onderskeie Ned. Geref. Kerke bestaan het, het 'n aansienlike knou gekry en dinge sou (vir 'n tyd lank?) nooit weer dieselfde wees the.
Toe hierdie belydenis in 1986 ná 'n sinodebesluit 'n volwaardige vierde belydenisskrif in die NGSK geword het, het die kloof tussen hierdie kerk en die "moederkerk" aansienlik vergroot. Aan die een kant was daar nou 'n kerk met vier belydenisskrifte en aan die ander kant een met slegs drie (Drie Formuliere van Eenheid).
5. 'n Waagstuk?
Die opstellers van die Belhar-belydenis erken ruiterlik dat die opstel daarvan 'n waagstuk was wat doodeenvoudig net geneem moes word omdat daar vir hulle geen alternatief was nie. Tog beroem hulle hul daarop dat slegs die Skrif as basis vir hierdie waagstuk gebruik is (vgl. begeleidende brief by die konsepbelydenis).
Verder stel hulle dit baie duidelik dat hulle enigste dryfveer geleë is in hulle vrees dat die waarheid en krag van die evangelie in 'n politieke situasie soos dié in Suid-Afrika bedreig kon word. Hulle verklaar egter plegtig dat hulle met die opstel van die Belhar-belydenis .geen groepbelang dien, partyskappe of teologie bevorder of watter bymotiewe ook al wil verwesenlik nie. Hulle spreek hulle slegs uit teen 'n valse leer en ideologiese verdraaiing van die evangelie in sekere Suid-Afrikaanse kerke. Hul versugting is dan ook dat niemand hom sal vereenselwig met hierdie verwerplike leer nie en diegene wat heeltemal of gedeeltelik daardeur verblind is, hulle onverwyld daarvan sal afkeer.
Hulle erken dat hierdie bevryding en versoeningsproses veel pyn sal meebring, nl. die pyn van bekering, berou en skuldbelydenis. Hierdie belydenis en bereidheid tot bekering in die naam van Christus. Die Belhar-belydenis roep mense op om nie alleenlik hul denkstrukture te verander nie, maar veral hul kerk- en samelewingstrukture te ondersoek wat oor baie jare heen gevorm is. As die nodige berou en "bekering" plaasgevind het, sien die NGSK dit as 'n gulde geleentheid om saam met die ander "familie" 'n nuwe begin te maak.
6. Is die Belhar-belydenis Skrifgetrou?
Die opstellers van die Belhar-belydenis gaan sover om drie kernterreine te identifiseer waarop daar deur die voorstanders van die "apartheidsideologie" van die Bybelse leer afgewyk word nl. kerkeenheid, versoening en geregtigheid. Maar wie dwaal in werklikheid? Kerke en gelowiges wat hulle op grond van God's Woord van die Belhar-belydenis distansieer of die NGSK en sy magdom van simpatiseerders binne sowel as buite die Christendom? Vir die res van hierdie publikasie gaan daar indringend gelet word op wat die Bybel sê oor kerkeenheid, versoening en geregtigheid sodat die Belhar-belydenis op grond hiervan na reg beoordeel kan word.
6.1 Kerkeenheid
6.1.1 Enkele wanopvattings aangaande kerkeenheid
Wat leer die Bybel ons aangaande kerkeenheid? In baie opsigte net die teenoorgestelde as wat talle toonaangewende kerklikes vandag leer! Neem maar net die onverantwoordelike uitlating van die omstrede Anglikaanse kerklike, Michael Cassidy, inisieerder van die Nasionale Inisiatief vir Versoening (NIV), toe by gesê het: "Renewal and division are ultimately antithetical because ... renewal is bound up with Christian unity. To divide the church in the cause of renewing it is no more feasible than cutting off the parts of a body so as to improve health" (Renewal, Oktober 1987, p .12) .
Cassidy is maar net een van die talle kerklikes wat sy stem voeg by diegene wat voorstaanders is van 'n ekumeniese teologie wat teen alle vorms van verdeling gekant is.
Deur sy toedoen is die volgende berou tydens die NIV uitgespreek: "Ons het berou oor die wyse waarop ons die eenheid van die kerk geskend het, sowel binne ons eie kerke ... as in breër ekumeniese verband in SuidAfrika." Hierdie mense het 'n onverbloemd-humanistiese siening van die toekoms van kerk en wêreld en streef na die ideaal van 'n wereld waarin die mensdom verenigd sal wees. Om hierdie ideaal te bereik, moet daar begin word deur oorlog te verklaar teen alle bestaande verdelingsmaatreëls.
Die gelykskakelingsideologie van die Marxisme is vir talle ontspoorde kerklikes onweerstaanbaar en sleep hulle ooglopend mee. Hulle bel.y dat hulle voorstanders is van een wêreldgemeenskap waarin alle verskille tussen volke moet verdwyn. Daar word derhalwe openlik oorlog verklaar teen etnisiteit ongeag of die Bybel dit as 'n grondwaarheid huldig waarvan daar nie afgewyk mag word nie. By Babel het die goddelose eenheidsdrywers gesê: "Kom, laat ons vir ons 'n stad bou ... en laat ons vir ons 'n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie." (Gn 11:4). Hier het ons 'n tipiese strewe "uit die mens en vir die mens en tot die mens." In ons tyd noem ons dit humanisme - die mens, en nie God nie, bepaal sy eie lot.
Biskop Tutu skryf in sy 1986-Kersboodskap: "If we recognize our common humanity, that we do belong together, that our destinies are bound up with one another's, that we can be free only together, that we can be human only together, then a glorious South Africa will come into being where all of us live in harmony together as members of one family, the human family, God's family ... brothers and sisters under God." (Reader's Digest, Desember 1986).
In teenstelling met hierdie siening is daar inderdaad verdelings en skeidingsmaatreels wat goed is. Die ou dwaling van Platonisme (vandag Holisme genoem) leer dat alle verdelings boos is. Die Christendom leer weer anders nl. dat daar skeidingsmaatreels is wat inderdaad gesond is net soos die afsit van 'n ledemaat soms nodig is om die liggaam gesond te kry (Mt 18:9; Rm 16:17; 1 Jn 2:18 e.v.). As dit nie waar is nie, sou daar vandag geen Kerkhervorming en Protestantse kerke gewees het nie!
Christus het nie na die aarde gekom om 'n kerkeenheid tussen 'n massa van individue te skep op grond van 'n "gemeenskaplike mensheid" waarin almal deel nie. Almal is the broeders nie omdat almal nie dieselfde vader het nie. Die waarheid skei ook mense van mekaar. Jesus, as die Waarheid, het dan juis verdeeldheid op aarde gebring (Mt 10:34 e.v.)!
Leer die Skrif dan the ook dat daar 'n ewige skeiding bestaan tussen die kaf en die koring nie? (Mt 13:24 e.v.) Volgens Op 18 en 19, bestaan daar 'n pennanente staat van oorlog tussen die onsigbare, verenigde kerk van Christus (ware gelowiges) en die wereld net sy kunsmatige eenheid (god‑
vyandiges). Hierdie twee mag nooit saam in een juk trek the (2 Kor 6:1416). Die Bybel waarsku telkens teen enige vorm van versoening tussen hierdie twee teenpole omdat die kerk van Christus juis opgeroep is om oor die godvyandige wereld te triomfeer!
Christus het ook nooit van 'n wereld-kerkeenheid gebid nie. In Jn 17 (wat deur die Belhar-belydenis uit verband aangehaal word!) bid Christus beslis nie vir 'n verenigde wereld-familie van God nie. Wie dit beweer, doen die Skrif geweld aan. Voorstanders van wereld-kerkeenheid word dikwels deur die praktyk aan die kaak gestel as oortuigde humaniste wat maar net een (af)god Bien - die mens self!
Hulle is gewoonlik uiters rewolusioner in hulle optrede en poog te alle tye om 'n strukturele eenheid in 'n gesentraliseerde, verenigde w6reldkerk daar te stel. Kerklike' integrasie gaan beslis the daarin slaag om die kwaad te verwyder nie. Dit sal dit eerder net sterk omdat daar nie rekening gehou word met eksterne faktore soos Godgegewe ras- en kultuurverskille in die mens self nie.
6.1.2 Die aandrang tot strukturele eenheid
Die aandrang tot strukturele kerkeenheid is nie so onskuldig sons dit vir b'aie goedgelowiges voorkom nie. Daar sit iets totaal anders as die Bybel daaragter - die misbruik van die kerk in belang van Marxisme! Om strukturele eenhede te probeer daarstel met miskenning van Godgegewe eiesoortigheid, is 'n vrugtelose en teenproduktiewe eksperiment sons om yster en klei te proheer meng (Dn 2:37-43). Eenheidsdrywing is die gevaarlikste vervoenniddel waarmee Marxisme vandag die kerk van Christus binnegedra word. Die uitsluitlike doel van hierdie eenheidsdrywing is om die kerk in te span as 'n kragarm om te help bou aan die wereldstaat waaroor die antichris aan die einde van die tyd sal beers.
Die gelowige aanskou vandag met afgryse hoedat daar op kerklike terrein vir hierdie°ideaal geywer word. Die aandrang op strukturele eenheid tussen verskillende denominasies sowel as die ekumeniese beweging wat verskillende godsdienste bymekaar wil bring ter wille van die Marxistiese bevrydingstryd, is genoeg bewys hiervoor!
6.1.3 Die ware kerkeenheid
Maar hoe lyk die onvervalste kerkeenheid waarvan Christus in Jn 17 melding maak? Ten eerste staan Christus nie 'n absolute kerkeenheid voor wat alle onderskeid transendeer nie. As dit waar was, sou Hy ontken het dat Hy en die Vader een is met interafllanklike persoonlikhede. Nee, God bestaan van alle ewigheid of as "Ware-Onderskeid-in-Werklike-Eenheid".
En omdat God vir ewig Drie-enig is, kan nòg die beginsel van eenheid, nòg die van onderskeid die belangrikste wees. Indien mense beweer dat daar geen ware onderskeid in God is nie, verval hulle in die dwaling van die Modaliste wat van die standpunt uitgegaan het dat God in werklikheid net een persoon is wat slegs voorkom as drie. Indien net die teenoorgestelde beweer word nl. dat daar geen werklike eenheid is nie, duik die dwaling van die Triteïste op wat sê dat daar drie gode is, soos wat die Jehowagetuies en Mormone vandag nog leer.
Die kerk is die liggaam van Christus en vertoon die meeste van sy besondere eienskappe. Daar mag geen uniforme eendersheid of absolute verskeidenheid (dat mense geen kontak met mekaar mag hê nie) in sy midde wees nie. Eenheid sowel as verskeidenheid is ewe belangrik. Die een is nie die konkurrent van die ander nie. Die bestaanswyse van die kerk kan ten beste omskryf word as: ware, selfbepalende onderskeid in opregte geestelike eenheid. Christus se gebed om kerkeenheid mag derhalwe nooit afgeskaal word tot die afbreek van ware selfbeskikking en groepsonderskeid in die kerke wat Horn opreg dien nie. Wie horn hiermee besig hou, bevind horn buite Gods waarheid.
6.1.4 'n Valse kerkeenheid versus patriotisme
Diegene wat 'n eenheidskerk bo enige vorm van verskeidenheid voorstaan, moet uit die aard van die saak ook verkondig dat geen Christen patrioties teenoor enige volk mag wees, sy moedertaal mag eer of enige volkstradisies en kulture mag aanhang nie omdat elkeen van hulle die "kiem" van onderskeid in hulle omdra.
Prof. D Bosch, 'n prominente teoloog van die Ned. Geref. Kerk aan UNISA, het by geleentheid gesê: "It may be true that men like to become Christians without crossing ethnic and social barriers ... but that is irrelevant. Membership in the body of Christ is not a question of likes or dislikes, but a question of incorporation into a new humanity under the lordship of Christ. Whether one likes it or not, the same act that reconciles one to God simultaneously introduces the person into a community where people find their identity in Jesus Christ rather than in their race, culture, social class or sex." (Apartheid, Change and the NGK, p.258). Hier het ons baie duidelik 'n onverbloemd-holistiese benadering van die evangelie! Wil prof. Bosch dan voorgee dat "groep" 'n kiem is wat die liggaam van Christus sal besmet? En indien wel, waar staan dit in die Bybel?
6.1.5 Valse kerkeenheid en identiteitloosheid
Holistiese kerklikes poog toenemend om gelowiges te stroop van enige aanduibare identiteit sodat hulle deel kan word van 'n nie-onderskeibare Nuwe Mensheid. Elke mens moet eers sy identiteit prysgee om vir God aanvaarbaar te wees en dan op te gaan in 'n identiteitlose "gelowige" massa wat dan bekend sal staan as "die kerk van Christus".
Hierdie dwaalleer van die holisme het tot onlangs toe slegs by sektes soos die Kwakers en Anabaptiste voorgekom en is deur evangeliese kerke verwerp as strydig met die Woord van God. Op die keper beskou, is holisme in werklikheid niks anders as 'n Westerse vorm van sekere Oosterse godsdienste soos Boedisme, Hindoeïsme en Tadoïsme nie. Elkeen van hierdie godsdienste bepleit ook die "groot eenheid" wat mense moet nastreef. (New Age?)
Die kerk in die Bybel vertoon 'n groot verskeidenheid van mense met hulle eie afsonderlike tale, kulture en tradisies. Nêrens, maar nêrens, trek Christus of die apostels te velde teen die handhawing van die "eie" nie! Die boek Handelinge toon dat Jode, Samaritane, Romeine en selfs heidene in die "uithoeke van die aarde" in die liggaam van Christus opgeneem is. Die apostels laat ook onderskeid in die eerste Christelike kerk toe (Hd 15). Hierdie onderskeid was nie iets uit die bose nie! Hulle was in gemeenskap met mekaar en het die Bybelse gronde vir kerkeenheid gehuldig.
6.1.6 Die middelmuur van skeiding
"Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vices die vyandskap tot niet gemaak het ..." (Ef 2:14-15).
Wie hierin 'n oproep tot 'n identiteitlose kerkeenheid sien, ontspoor eksegeties. In hierdie gedeelte gaan dit uitsluitlik om die seremoniële wet op grond waarvan die Jode nie toegelaat het dat heidens-etniese groepe (ta ethne in die Grieks en goyim in die Hebreeus) volle medeburgers van die verbond (koninkryk van God) kon word alvorens hulle nie hul eie onderskeie kulture prysgegee het nie. Met die koms van Christus het die heidene wat eens ver van die genade van God gestaan het as gevolg van hierdie strenge opvatting, nou naby gekom en begin leef in 'n nuwe verbondseenheid met God in Christus. Ef 2 bevestig dat die seremoniële wet, as middelmuur van skeiding in Christus afgebreek is en dat almal, ook die nie-Jode, deel kan word van God se huishouding. Die kerk is wel onsigbaar, maar nie anti-etnies en individualisties nie. Dit is veel carder multi-etnies en multigroeps!
6.1.7 Kerkeenheid is Christus-onderworpenheid
Aan Christus is alle gesag in die hemel sowel as op aarde gegee (1 Kor 15.75-771 en Hy sal heers totdat Hy alle vyandige magte aan Horn onderwerp het (Dan 7:14 e.v.). Daarna sal Christus Homself onderwerp aan die Vader wat aan Hom die onderwerpingsmag gegee het (1 Kor 15:28).
Dieselfde gedagte kom ook in Ef I voor en het direkte betrekking op die gemeente/kerk. Die kerk vind haar eenheid slegs in die onderwerping aan Christus. Elke gelowige wat tot bekering gekom het, vind in sy onderworpenheid aan Christus die ware eenheid met ander gelowiges, ongeag etniese, kulturele of watter ander verskille ook al.
Hierdie besondere eenheid verskil grootliks van ander en kan nie tydens die aardse bedeling sigbaar gemaak word nie. Dit wag vir die Nuwe Jerusalem waar almal in volle harmonie met mekaar sal verkeer en nog steeds hulle eie identiteit tot in ewigheid behou! Die boek Openbaring spel dit duidelik uit wanneer daar telkens na nasies, volke, stamme en selfs tale in die Nuwe Jerusalem verwys word, vgl. Op 5:9; 7:9; 21:24.
Versoening...vervolg