NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die Ou Testament leer ons dat God reguit houe met krom stokke slaan.   Die Nuwe Testament leer ons dat God gelowiges help om reguit tree op krom paaie te gee.  Sodra ’n mens tot bekering kom, wil jy geestelik groei, die Bybel leer ken en diensbaar in God se koninkryk wees – en daarvoor moet jou geestelike vuur hoog brand.

WORD GROOT IN GOD SE OË

Ds Andrè van den Berg

“...en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap  - oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe” - Fil.1:4,5                                      

Paulus was nie net ʼn wonderlike prediker nie, maar ook ʼn begeesterde skrywer.  Baie van sy briewe is dan ook in die Bybel opgeneem omdat dit duidelik deur die Heilige Gees geïnspireer was.  Gelowiges het nooit getwyfel dat dit briewe van God aan die mensdom is nie; ook vir my en vir jou.

Die meeste van Paulus se briewe is aan spesifieke gemeentes gerig met die doel om aandag aan die verkeerde dinge wat daarin voorgekom het te gee sodat die gemeente tot eer en verheerliking van God kon leef.  Die gemeente in Filippi was egter die enigste uitsondering op hierdie reël want nêrens in Paulus se brief aan hulle is daar enige vermaning, kritiek of teregwysing soos by al die ander  gemeentes nie.  Vir Filippi het Paulus slegs woorde van waardering gehad.

Filippi was ʼn klein gemeente maar ʼn geestelike reus.  Wat was hulle wenresep?   Hulle uitsonderlike belewenis van die gemeenskap van die gelowiges; ʼn  belewenis wat uit twee elemente bestaan het - ʼn opregte liefde vir Christus en ʼn opregte verbondenheid aan mekaar.  Die gemeente in Filippi het aan Christus se opdrag gehoor gegee: “ ʼn Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê...  Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (Joh.13:34,35).  Hulle liefdesgemeenskap het almal opgeval.

In Fil.1:6 verheug Paulus hom oor hierdie opvallende gemeenskap.   Die Griekse woord vir hierdie gemeenskap is koinonia en beteken om iets kosbaars met mekaar te deel.   Die teendeel van koinonia is verdeeldheid, iets waaroor Paulus ernstig met die Korintiërs oor praat; ʼn groot gemeente met ernstige verdeeldheid: “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis” (2 Kor.6:14).

ʼn Gemeente ervaar alleenlik koinonia as lidmate gemeenskaplike geestelike dinge geniet en koester.   Alhoewel gemeentelede uit verskillende agtergronde kom, is daar genoegsame geestelike skatte waarin hulle kan deel.  Daar is sekere basiese waarhede wat, as ons daaraan vashou, ook van elke gemeente ʼn grootse gemeente soos Filippi kan maak.   Wat bind ons as gemeente aan mekaar?   Die selfde dinge wat Filippi aan mekaar gebind het.   Ons kyk biddend daarna.

Die gelowiges in Filippi was in die eerste plek deur ʼn gemeenskaplike geboorte aan mekaar verbind - die wedergeboorte. “... as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie” (Joh.3:3).   Waar dit ontbreek, bestaan geen geestesgemeenskap nie omdat daar geen plaasvervanger vir die wedergeboorte is nie.

Let op aan wie Paulus sy brief aan die Filippense spesifiek rig - “... aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filippi is...” (Fil.1:1).  Aan die heiliges.  In die Roomse Kerk is heiliges almal dooie mense wat lank na hul sterwe vereer word.  Dis totaal onbybels!    Nee, heiliges is lewende mense wat die wedergeboorte gesmaak en vir Christus en sy saak opsy gesit is.

Maar om ʼn heilige te wees moet jy in Jesus wees: “... aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filippi is...” Nie almal in die gemeente van Filippi was in Jesus nie.    Daar was ook ongelowiges wat hul as gelowiges voorgedoen het; mense met die skyn van godsaligheid, maar sonder die krag van die Heilige Gees.   Hulle was dood vir Christus: “Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie” (1 Joh.5:12).  Jesus werk slegs  met lewende lidmate wat deur die wedergeboorte nuut geword en deur die Heilige Gees tot ʼn hegte eenheid saamgebind is.

Gelowiges deel nie net in ʼn gemeenskaplike geboorte nie, maar dra ook ʼn gemeenskaplike las.  “... omdat ek julle in my hart dra...” (:7).  Paulus verkeer in Rome in die tronk en i.p.v. sy eie lot te bekla, dink hy aan die gelowiges in Filippi.   Hier is ʼn baie groot waarheid ter sprake - die plek wat medegelowiges in jou lewe inneem, bepaal waar jy met Christus in jou lewe staan.  “Dra mekaar se laste en vervul so die wet van God” (Gal.6:2).

Wat eis die Wet van God van gelowiges benewens ʼn liefde vir God?  ʼn Liefde vir die naaste.  En dit word in ʼn geestelike gemeenskapslewe sigbaar wanneer ons o.a. ook mekaar se laste dra.   Ten opsigte van die gelowiges in Filippi het Paulus ʼn viervoudige las gedra waaraan ons vanoggend aandag gaan gee sodat Jesus ons kan leer hoe om as wedergeborenes teenoor medegelowiges op te tree.

Om ʼn las te dra is nie noodwendig ʼn negatiewe ervaring nie, veral nie as hierdie las geestelik van aard is nie.  Dan dra ons dit met vreugde en dankbaarheid.  Die eerste las is juis dankbaarheid: “Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink” (:3).   Dink ons genoegsaam aan medegelowiges of is ons te besig met ons eie dinge?   Mag God ʼn swaar las op elkeen van ons lê om hierdie jaar baie meer aan mekaar en minder aan onsself te dink!

Die tweede las is gebed: “...en ek bid altyd in al my gebede vir julle...” (:4).   Paulus dink nie net aan sy medegelowiges in Filippi nie, maar dra hulle by die naam aan God op.  Net iemand wat genoeg vir ʼn ander omgee bid opreg vir hom/haar.

Die derde las is geestelike vennootskap. “...oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe”(:5).  Paulus juig oor sy vennote in Filippi wat hom help om die Evangelie uit te dra.  Hierdie mense het in tye van nood baie sterk by Paulus gestaan.

Die vierde las is samesyn.  “Want God is my getuie hoe ek na julle almal verlang...” (:8).  Paulus verlang om by hulle te wees.  Die gelowiges in Filippi is sy geestelike familie.   En waar ontmoet hy hulle?  By die kerk.   Wat sê Paulus vir hulle in vers 8? “Ek wens ek kon saam met julle in die kerk wees!”

As iemand sê dat sy siel gered is maar hy het geen behoefte aan kerkgang nie, is daar ʼn bitter groot skroef in sy siel los!   Die Bybel beveel gelowiges om gereeld saam te kom: “...en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie...” (Heb.10:25).  Die mens wat sê dat hy nie die kerk nodig het om in die hemel te kom nie, se siel is waarskynlik nie gered nie!

Ons het gesien hoe ons gemeenskaplike geboorte ook ʼn gemeenskaplike las in die hand werk.   Dit bring ons by ʼn derde ding wat gelowiges met mekaar deel;  ʼn gemeenskaplike seën: “...omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ʼn goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus” (:6).

Paulus stel sy lesers gerus dat God die werk wat Hy deur hulle begin het, nie sal laat vaar nie maar sal volbring totdat Jesus weer kom.  Hy begin nie ʼn ding en los dit later nie.   Dit wat in hierdie gemeente in die Naam van Jesus Christus begin is, sal tot en met die wederkoms van Christus bestaan.   Dis deel van ons gemeenskaplike hoop en vertroosting.

Kom ons geniet dit om baie meer saam te verkeer want as wedergebore kinders van God gaan ons vir ewig saam met mekaar in die hemel wees.  Ons kan nou al ʼn voorsmakie daarvan geniet want dis ʼn gemeenskaplike seën.

Ons het gesien dat ʼn gemeenskaplike geboorte, ʼn gemeenskaplike las en ʼn gemeenskaplike seën ons deel is.   Laastens deel ons ook in ʼn gemeenskaplike diens.  Ons is as wedergebore kinders van God werkers in God se wingerd. Ons liefde vir die werk en vir mekaar behoort ons saam te bind.  Ons het ʼn baie duidelike opdrag in hierdie verband: “Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies...” (Mt.28:19).

Hierdie wingerd-opdrag het egter ʼn baie belangrike voorwaarde – sulke werk vir Christus moet in die teken van die waarheid staan: “...om die dinge waarop dit aankom te onderskei” (:10).   Die gemeente van Filippi moes mense liefhê, maar die waarheid meer as mense.   Daar was erge dwaling in die vroeë kerk, veral in gemeentes naby Filippi!

Baie kerke maak hul deure te wyd oop vir alles en almal om in te kom.  En dis ʼn fatale fout.  Die kerk is nie ʼn humanitêre klub vir sosiale samesyn nie, maar die vergadering van heiliges met ʼn gemeenskaplike roeping en taak.  ʼn Kerk wat nie selektief met lidmaatskap te werk gaan nie, gaan kort voor lank ten gronde!

Daar is maar net een manier van kerkwees – die ou manier:  “So spreek die Here: Staan op die weë en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin.  En julle sal rus vind vir julle siel...” (Jer.6:16).

Paulus se gebed vir die gelowiges in Filippi is om baie vrugbaar in God se wingerd te wees: “...vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus...” (:11).  In Joh.15 eis Jesus van ons om vrug te dra.  Daarvoor moet ons in die wynstok ingeplant wees.  Ons sal nooit sukkel om vrug te dra nie.  Dit sal vanself kom.

Soos wat ons vrug dra, moet ons vir een ding baie versigtig wees – om nooit die aandag op onsself vestig nie.   ʼn Vrugteboomtak maak mos nie geraas as dit vrugte dra nie.  “Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik” (Mt.5:16).

Die gemeente in Filippi was geseënd omdat hulle in vier dinge gedeel het – die wedergeboorte, geestelike laste, God se seën en ywer vir die saak van Christus.   Dis die grondslag van die geestelike gemeenskap van enige gemeente.  As een van hierdie vier elemente ontbreek, kom die gemeenskap van die gelowiges op losse skroewe te staan.  Kom ons beoefen vanjaar hierdie vier basiese dinge dat ons in God se oë groot kan wees.

Amen.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2458 gaste aanlyn