NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gedurige gebed wat opreg is sal ingekleur wees met die purperkleur van smeking – want smeking is die waarmerk van egte, gelouterde menslike weerloosheid.
Die Fariseër se woorde in die tempel in Lukas 18:11,12 was nie dié van iemand wat smekend bid nie maar van iemand wat beuel blaas en spog
.

ONS KINDERS IS KOSBAAR

Ds Andrè van den Berg

“En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here” - Efes.6:4                                           

In Efes.6 aanvaar Paulus dat daar kinders in die gemeente is.  Kinders is ʼn gawe van God: “Kyk, seuns is ʼn erfdeel van die Here; die vrug van die moederskoot is ʼn beloning.  Soos pyle in die hand van ʼn held, so is die seuns van die jeug. Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! (Ps.127:3,5).

Daarom begin Paulus hoofstuk ses met: “Kinders, julle moet julle ouers gehoorsaam wees, in die Here...” (6:1)   Die woorde in die Here sê dat kinders van vroegs as moet weet dat dit goed is om in God se weë te wandel. “Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord” (Ps.119:9).

Die doel van opvoeding is om eerbare, Godvresende kinders te kweek.  Sulke kinders is juwele in sy koninkryk en ʼn sieraad vir elke gemeenskap. 

 En dis net moontlik indien ouers opreg met God is.  Hierin speel vaders ʼn onvervangbare leiersrol.  As die vadersfiguur verkeerd is, leer kinders baie moeilik God dien.

Daarom begin die teksvers met die woord en.  Paulus koppel vers 1 en 4 aan mekaar omdat die een nie los van die ander staan nie; goeie kinders het godvresende vaders en goeie vaders godvresende kinders.  En dit wat van vaders gesê word, is net so waar vir moeders.

Die woord vertoorn staan in die Grieks in die teenwoordige imperatief geskryf en dui op ʼn verkeerde handeling wat oor en oor herhaal word.    Niks berokken kinders groter skade as onverskillige ouer-opvoedings nie.  As die vader nie priester in sy huis is nie, keer so ʼn huisgesin om.  Net so min as wat ʼn mens heel eiers in ʼn omgekeerde nes kry, vind jy heel kinders in ʼn omgekeerde huis! En ʼn verkeerd opgevoede kind is ʼn verlore kind.

ʼn Mens dink hier aan Eli se twee seuns wat in die Bybel deugniete genoem word omdat Eli hulle nie getug het toe hulle oortree het nie.  Ouers wat bang is om hul voet neer te sit, het gewoonlik kinders wat op hul tone trap.  Ouers het soms brille nodig om te sien wat reg onder hul neuse aangaan

Paulus gee goeie raad: “.... maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here”   Die woord voed staan in Grieks in die positiewe imperatief en dui op gereelde voeding soos maaltye wat gereeld genuttig moet word.   Tug en vermaning moet net soos maaltye nie agterwee gelaat word nie.  Dit sal kinders wat eerbied vir hul ouers het, nooit opstandig maak nie.

Die doel van opvoeding is kennis; nie van feite nie, maar van lewenswaardes In hierdie opsig kan kinderopvoeding met ʼn aflosresies vergelyk word waar atlete aan dieselfde wedren deelneem en op sekere afstande die stokkie vir mekaar aangee.   As die laaste persoon oor die wenstreep hardloop, wen die hele span; nie net die betrokke atleet nie.   Hierdie stokkie verwissel ʼn paar keer van hande, maar aan die einde van die wedloop wen die hele span.   Dis ook van kinderopvoeding waar.   Ouers begin die wedloop en gee die stokkie wat hulle van hul ouers gekry het weer aan hulle kinders.   Hierdie kinders doen later weer dieselfde met hulle kinders en so gaan dit aan.

In die OT lees ons van vaders wat hul seuns geseën.   Daar is destyds baie klem op die seën van die eersgeborene gelê want so is familiewaardes, as die gees van ʼn familie, na die volgende geslagte oorgedra.   Daarom was vaders die middelpunt waaromheen alles in ʼn gesin gedraai het.

Vandag raak vaders al hoe meer afwesig en neem moeders maar noodgedwonge die rol van vaders oor om gesinswaardes te behou.  Vaders gee nie meer die stokkie aan nie.  Gevolglik trek nie net verhoudings skeef nie, maar kring dit ook na alle ander lewensinstansies uit – skool, kerk en gemeenskap.

Wat dra ons aan ons kinders oor?   Hoe lyk ons aangee-stokkie?  Gen.25 vertel van Jakob wat lensiesop gekook en Esau wat sy eersgeboortereg daarvoor verkoop het. “Toe hy klaar was, het hy uitgestap. Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene” (:34).  Esau het nie verstaan dat hy ʼn eerbare stokkie moes aangee nie en ʼn duur prys vir sy onverskilligheid betaal!   Eers nadat Isak vir Jakob in die plek van Esau geseën het, het Esau besef hoe belangrik hierdie stokkie werd was!   Daarom pleit hy  by sy pa: “ .... Het u vir my geen seën oorgehou nie?” (:36).

Watter seën dra ons aan ons kinders oor?  Hoe lyk die stokkie wat ons aan hulle gaan oorgee?   Die Bybel sê: Seën jou kinders.  Hoe doen ʼn mens dit?  Deur in ʼn gesonde verhouding met hulle te staan, sodat as hulle eendag daardie stokkie wat jy aangee, sal wil vat!

Ouers se eerste verantwoordelikheid is nie om kinders gelukkig te maak nie, maar om vir hulle ʼn goeie waardestelsel te leer.   Kinders wil jou graag laat verstaan dat hulle groot is en die stokkie kan hanteer.   En dan laat val hulle dit.   Hou maar aan te gee; daar kom ʼn dag dat hulle dit nie sal laat val nie.

Leer jou seun van kleins af om waarlik man en jou dogter om waarlik vrou te wees.   Daar is niks so lelik soos ʼn vrou wat ʼn man probeer wees of ʼn man wat ʼn vrou probeer wees nie.   God het niemand so geskape nie.

Kinders is nie vir altyd in ons huis nie, maar tydelik aan ons geleen sodat ons as ouers vir hulle ʼn gesonde waardestelsel vir die lewe kan leer.   Daarom hang die voorspoed van ʼn gemeenskap ten nouste van die gehalte van kinderopvoeding af.   Ouers se lewens is die handboek waaruit kinders moet leer hoe om te leef.  Kinders kyk na ons.   Jy kan ʼn kind net op die regte pad lei as jy self daarop stap.  As hulle nie in ons teleurgesteld is nie, sal ons nie eendag in hulle teleurgesteld wees nie.

Ons as ouers is soos ʼn Moses van ouds.  Moses het nooit die beloofde land ingegaan nie; net sy kinders.   Ouers berei hul kinders vir ʼn lewe voor wat hulle self nie gaan sien nie.   Kinders is die lewende boodskappe wat ons die toekoms instuur vir ʼn tyd wat ons self nie gaan beleef nie.   Daarom moet ons kinders betyds losmaak anders gaan hulle vir te lank van ons afhanklik wees en sal ons verplig wees om vir twee geslagte verantwoordelikheid te neem.

God help ouers om ʼn skoon stokkie aan te gee.   ʼn Skoon bron het altyd skoon stroompies.  Modderige bronne daarenteen vertroebel alle stroompies.  As jy rook, gaan jou kinders waarskynlik ook rook.  As jy jou aan drank vergryp, gaan hulle dit waarskynlik ook doen.  As ouers gedurig baklei, gaan kinders dit ook eendag doen.   Dis moeilik vir kinders goeie gewoontes aan te leer as hulle niks daarvan tuis sien nie.  Lelike dinge wat in ouerhuise gebeur, word nie maklik daarbuite reggestel nie.

As jy egter ʼn Godvresende lewe lei, sal jou kinders soortgelyke lewens lei.    ʼn Mens is soos ʼn aap – hy leer deur sy ouers dop te hou.   Goeie sowel as slegte lewenswaardes word van die een geslag na die ander oorgedra.  Ja, kinders wat verkeerd loop, word nie so gebore nie maar so grootgemaak!

Leer kinders dat menswees ook sy kwota emosies, spanning en teleurstellings het.   Niemand is volmaak nie.   Leer hulle van kleins af om hul harte aan Jesus te gee.  ʼn Kind sal God baie makliker as sy hemelse Vader aanvaar indien hy iets van Hom in hul eie vader raaksien.  Goeie ouers is padwysers na die hemel.  En so van die hemel gepraat – ons kan niks op aarde saam met ons hemel-toe vat, behalwe ons kinders nie!

ʼn Mens hoor soms mense sê: “Ek wil alles wat my as kind ontbreek het, vir my kinders probeer gee”. Dit klink miskien goed.  Maar pasop dat jy so besig raak om vir kinders stoflike dinge te gee wat jy as kind nie gehad het nie, dat jy vergeet om hulle die geestelike dinge wat jy wel gehad het te gee.  Opvoeding het min waarde indien ouers nie tot kinders se harte deurdring nie

Dra groot sorg vir jou kinders.   Ons skuld ons kinders baie meer as wat ons hulle ooit kan bied.   Die wedloop van die lewe is vir ʼn godvresende gesin ʼn taai wedloop.  As jy derhalwe God vrees en ʼn eerbare stokkie aangee, sal jou nageslag in goeie hande wees – God se hande!

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2439 gaste aanlyn