NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

'n Ware vriend staan nooit in jou pad nie – net wanneer jy op die afdraande pad is!

JY'T NET EEN LEWE...

...LEEF DIT REG!

Ds Andrè van den Berg

“ ʼn Psalm van Dawid.  HERE, wie mag vertoef in u tent?  Wie mag woon op u heilige berg?  Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen...” - Ps.15:1,2                                   

Om jou goed van ʼn taak te kwyt, moet jy reg te werk gaan.   Elke taak het ʼn opdrag en ʼn resultaat.  Hoe goed die opdrag uitgevoer word, bepaal dan ook die eindresultaat.   Niemand kry geseënde resultate van verkeerde optredes nie.

Dis ook in geestelike sin waar.  Die Bybel roep sondaars op om die regte dinge te doen omdat daar vir elke mens ʼn dag van rekenskap kom: “Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Kor.5:10).

Ons het net een lewe om in reg te leef.  Daar is nie ʼn tweede kans indien ons sou verbrou nie.   Ons kan baie ander foute in die lewe herstel, maar nie die lewe self nie.   Daarvoor kry ons net een kans.  As dit verby is, is dit verby!

Een van ons gevierde digters het gesê: “Met die water wat verby is, sal jou meul  nooit weer maal nie en uit die assies van jou vuurherd sal jy geen gloed meer haal nie”. Ons is uurglas mense.  Nie een van ons weet hoeveel sandkorrels daar in ons glas oor is nie.  Ons reis almal na ʼn eindbestemming sonder om te weet wanneer ons daar gaan aankom!

In Ps.15 ontmoet ons ook reisigers.  Hulle is pelgrims wat van heinde en verre na Jerusalem gereis het om daar te aanbid.   Pelgrims was ʼn bekende gesig in hierdie indrukwekkende ou stad.  Baie van hulle het selfs so ver as uit Afrika gekom.   Dink aan Simon van Serene wat tydens die Paasfees in Jerusalem was en Jesus se kruis gedra het.  Dink ook aan die duisende mense (14 verskillende nasionaliteite) wat op Pinksterdag in die tempel was toe die Heilige Gees uitgestort is.

Jerusalem was deur die eeue en is tot vandag toe nog ʼn pelgrimstad.  Soos wat Mekka vir die Moslems is, is Jerusalem vir gelowiges en word dit jaarliks deur duisende mense besoek.

In die ou tyd is pelgrims nie voor die voet tot die heiligdom (tabernakel of tempel) toegelaat nie.  Hulle moes eers met die nodige aanbevelingsbriewe by die priesters aandoen.  Wie die heiligdom van die Here wou betree, moes heilig in hul handel en wandel wees.   Daarom het die priesters eers ʼn paar vrae aan hulle gevra en wie onrein geleef het, nie toegelaat nie.

Dis teen hierdie agtergrond dat Ps.15 verstaan moet word.  In ons geestesoog sien ons hoe die pelgrims by die heiligdom opdaag, elk met die selfondersoekende vraag: “HERE, wie mag vertoef in u tent?

Die tabernakel was God se heilige woning en het op ʼn heuwel in die middel van Jerusalem gestaan.  Dit was as die berg Sion bekend.   Die vraag in die teksvers is die vraag: Wie kan opreg voor God verskyn?   Hierdie toetredevraag het mense tot selfondersoek (introspeksie) gedwing.

Omdat ons pelgrims op pad na die Nuwe Jerusalem is, is dit noodsaaklik om gereeld rekenskap van jou lewe te gee: “HERE, wie mag vertoef in u tent?  Wie mag woon op u heilige berg? ...”

God antwoord: “Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen...” Dit beteken nie dat jy sondeloos moet wees om vir God aanvaarbaar te wees nie.   Indien sondeloosheid die toegangskaartjie tot God se heiligdom was, sou dit leeg wees.  Die opregte wandel van Ps.15 beteken om in die regte verhouding met God te leef.   En dis slegs met die heerlike wete en volle versekering van sondevergifnis moontlik. “Ek wat vergifnis Heer ontvang het, sing dankbaar my verlossinglied ...” Geen opregte wandel sonder die regte verhouding nie!

Dawid plaas in Ps.15 ʼn hele paar sondes op die lys; nie growwe sondes soos moord, owerspel of aanranding nie, maar eerder kleiner sondes wat mense meen nie so erg is nie.   Dawid se sondelys van 10 het alles met liefde tot God en die medemens te doen.  Kom ons toets onsself aan hierdie 10 vereistes vir toetrede tot God se heiligdom.

  • Eerstens “en geregtigheid doen”. Dit beteken om te doen wat reg is.  Ons doen so maklik verkeerde dinge.  God vra van ons om altyd die regte ding te doen.  Die Heilige Gees help ons om tussen goed en kwaad te onderskei.
  • Tweedens “en wat met sy hart die waarheid spreek”. Satan is die vader van die leuen en vergiftig die wêreld daarmee.  Jesus leer gelowiges in die Bergpredikasie dat hulle ja ja en hulle nee nee moet wees.
  • Derdens “wat nie rondgaan met laster op sy tong nie” Hy wat in gehoorsaamheid aan die negende gebod nie kwaad spreek nie.
  • Vierdens “sy vriend geen kwaad doen”. Altyd die beste vir sy vriende soek.
  • Vyfdens “geen smaadrede uitspreek” dit beteken om niemand met die tong by te kom nie.  Gelowiges plaas ʼn wag voor hul mond.
  • Die sesde heilige voorskrif lui: “in wie se oë die verworpene veragtelik is.” Gelowiges het nie gemene sake met Satan se dienaars nie.  Koning Dawid skryf “Here, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ʼn afsku hê van die wat teen U opstaan nie?  Ek haat hulle met ʼn volkome haat; vyande is hulle vir my!” (Ps.139:21,22).
  • Die sewende heilige voorskrif lui: “Maar hy eer die wat die Here vrees”.  Die gelowige voel hom tuis onder medegelowiges.  Daarom bely ons dat ons in die gemeenskap van die gelowiges glo en bewustelik opsoek.
  • Die agtste heilige voorskrif lui: “hy verander nie”.  Hy hou sy woord al kos dit hom.  Hierin volg gelowiges Christus se voorbeeld wat nooit op sy woord terug gegaan het nie.  So ʼn gelowige is eerbaar.
  • Die negende heilige voorskrif lui: “wat sy geld nie gee op woeker nie”. In die OT lees ons van hartelose mense wat arm en weerlose mense uitgebuit het; iets wat vandag nog gebeur; dink maar net aan die duisende loan sharks! Nee, gelowiges slaan geen onregverdige munt uit ʼn medemens nie.
  • In aansluiting hierby lui die tiende heilige voorskrif: “en geen omkoop geskenk aanneem nie”. Dit was ook ʼn lelike ding wat in tye van verval sy kop by die Bondsvolk uitgesteek het, selfs in die regspraktyk!  Omkoop is korrupsie en korrupsie onreg; iets wat God haat!

Hierdie 10 heilige voorskrifte moet vir elke kerkganger die basiese riglyn vir kerkgang wees.  Wie nie hiervolgens leef nie, betree die huis van die Here onregmatig.  Wie hierdie voorskrifte volg, van hom sê vers 5: “... sal nie wankel in ewigheid nie”.

Staan jy eerbaar en opreg voor God?  Of het jy dalk ʼn masker op?   Koning Dawid skryf in Ps.139 dat God alles van ons weet – soos wat ons werklik is; maskers af.   Ons is pelgrims na die Nuwe Jerusalem en ons smag om in God se ewige heiligdom toegelaat te word.  Hoe lyk jou aanbevelingsbrief?

Ons het net een lewe om reg te maak wat verkeerd is.  Wat wil jy van Jesus, die ewige Hoëpriester hoor: “Mooi so goeie en getroue dienskneg, gaan in in die vreugde van jou heer” of “gaan weg van My, jy wat die ongeregtigheid bewerk”? Dis jou keuse!

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2482 gaste aanlyn