NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Almal wonder een of ander tyd wat beteken die begrip liefde tussen mense werklik. 1 Kor 13 vertel dit vir ons en in alledaagse idioom beteken dit: toe ek waardeloos gevoel het, het jy tyd gehad om na my te luister; toe ek nie kon bid nie, het jy saam met my gebid; toe ek bang was, was jy teer met my; toe ek suksesvol was, het jy jou verheug in my prestasies; omdat jy jou eie beperkinge kon aanvaar, het ek geleer om myne te aanvaar; toe ek 'n klankbord nodig gehad het, was jy objektief; toe ek fouteer het, het jy gewag en gehoop ek kom tot myself; toe ek jou seergemaak het, het jy my vergewe; toe ek eensaam was, het jou geloof my ondersteun.
Slotsom: Vanweë jou teenwoordigheid in my lewe, het ek gegroei in my liefde vir Christus: hierin is jou liefde onsterflik.

LEEF HEILIG

Ds Andrè van den Berg

“Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig wees” - 1 Pet.1:15                             

Is jy heilig?   Die meeste mense sal sê: “O, nee, daarvoor sondig ek te veel!” Nee, heilig beteken nie sondeloos nie, anders sou die oproep in die teksvers baie onbillik gewees het.  Heilig beteken om afgesonder of opsy gesit te wees; dit wat God van gelowiges verwag.  Ons moet anders as die wêreld wees; vir God afgesonder en opsy gesit.  “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed...” (Rom.12:2).

God is heilig en wil soos ʼn goeie vader dat sy kinders in sy voetspore volg.

God se heiligheid het nie net Israel se godsdiens, maar ook hul volkslewe oorheers. Hulle het in hul godsdiens daarna gestreef om heilig te wees omdat hulle geweet het dat ʼn onheilige nie voor God kon staan nie en sy onguns te wagte was.

God het Hom dwarsdeur die Bybel as die Heilige laat ken.  Hy was nie soos Baäl, Dagon of een van die ander afgode nie, maar heilig en sy heiligheid was vreesaanjaend.  In Exodus waarsku Hy die Israeliete om nie op die berg Sinai te klim nie omdat Hy daar teenwoordig was en dit vir Hom afgesonder het.   Hulle mag dit nie eens aangeraak het nie.  Oortreders het onmiddellik gesterf.

God se heiligheid was ook in die tabernakel en later baie duidelik in die tempel sigbaar.  Daar was ʼn heilige en allerheiligste plek.  God se heiligheid was so omvangryk dat hy selfs streng voorskrifte vir die destydse verskuiwing van die tabernakel gegee en die Koragiete daarmee belas het.  Aäron moes toesien dat die heilige voorwerpe van die tabernakel so sorgvuldig verpak word, dat die verpakkers dit nie aangeraak het nie.

Maar waarom al hierdie sorgvuldigheid?  Juis om God se heiligheid mee te beklemtoon.  Die Israeliete het gereeld geoffer, maar terselfdertyd ook geweet dat geen offer, hoe genoegsaam dit ook al was, hulle heilig genoeg kon maak om God te sien nie.  Hulle kon maar net soos Jesaja voor  sy heiligheid bewe!

Heiligheid is nie ʼn eienskap van God soos liefde, lankmoedigheid of goedheid nie.  Dit is God self en omvat Hom in sy geheel.   Alle ander eienskappe word van sy heiligheid afgelei.  God doen niks onheilig nie, selfs nie eens die talle banvloeke waarvan ons in die OT lees nie want daarmee het Hy die spottende heidene gestraf:  “U sal hulle verpletter met ʼn ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ʼn erdepot” (Ps.2:9).

So anders as wat die Roomse Kerk leer, kan geen mens deur sy eie toedoen heiligheid verwerf nie.  Dis ʼn gawe van God.  Hy is die Een wat ons heilig maak en ons tot  heiligmaking oproep: “Wees heilig want Ek is heilig” (vers 16).   Daarmee eis God dat ons aan sy heilige doel vir ons lewe beantwoord.   Dit kan ons nie op ons eie, sonder Jesus doen nie – daar is geen eie verdienste nie!   Daar moet ʼn verandering (transformasie) plaasvind. ” En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ʼn spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is” (2 Kor.3:18).

Goeie gewoontes soos gereelde kerkbywoning en Bybelstudie sal ons geestelik niks in die sak bring as dit nie bydra om ons vir God en sy kerk af te sonder nie.  Waarom kom ons kerk toe en doen ons Bybelstudie?  Sodat die Here ons al hoe meer vir Hom en sy saak opsy kan sit.  Dis wat heiligmaking beteken – God maak my al hoe meer soos Hy.

Die vraag is: Hoe word ons heilig?   Net op een manier - deur gehoorsaamheid.  Soos wat ʼn vader verlang dat sy kinders aan hom gehoorsaam moet wees, verlang God dit van ons.  Gehoorsaamheid is die pad van heiligheid.   Maar wat is gehoorsaamheid?  Om die regte dinge te doen.  Wie die regte dinge doen, voer ʼn regverdige lewe.  God plant iets van sy heiligheid in die gees van elke regverdige.  En dis waaraan ons land mank gaan; regverdige mense – mense wat die regte dinge doen!

Wat verhoed ons om heilig voor God te leef en sodoende aan ons goddelike doel op aarde te beantwoord?   Sonde; want sonde is ongehoorsaamheid!   En dis ʼn lewenslange stryd.   Dit versteur nie net ons onderlinge gemeenskap met mekaar nie, maar ook met ons hemelse Vader.

Is dit derhalwe ʼn hopelose stryd?  Nee, God het ook daarvoor voorsiening gemaak.   Gelowiges ontvang vergifnis van sonde indien dit in ware berou voor God bely word.   Die mens wat weens sonde vuil voor God staan, word deur vergifnis skoon.

Dit was die groot beweegrede met elke offer wat in Israel gebring is.  Die offersisteem was ʼn poging om van vuil mense skoon mense te maak deur hulle met ʼn heilige God te versoen.  Jy kan nie met ʼn heilige God versoen, sonder die begeerte om self heilig te leef nie.  Mense wat die huis van God betree sonder hierdie begeerte, ontheilig dit!

Die Skrif sê dat ons liggame ʼn tempel van God is.  As ons dit gevolglik vir onheilige doeleindes gebruik, verwoes ons daarmee die tempel van God.  Daarom pleit Paulus by die Korintiërs om van sedeloosheid te vlug.   Die heidenwêreld het ʼn geweldige houvas op die mensdom.  Daar is net een uitweg: “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed...” (Rom.12:2).

Die ellende en spanning wat ons in ons land beleef, is die gevolg van onheilige lewens.  Haat is aan die orde van die dag en maak mense bitter.  Hebsug vreet soos kanker aan ons volksiel.  Liefde word vertrap, vertroue word vernietig, rykes onderdruk armes.  Die armes begeer weer om rykes te onttroon ens.  Hierdie geestelike duisternis weerspieël in werklikheid die geestelike donkerte in ons volk se harte.  Die gevaar is dat ons soos grotdiertjies aan die donker gewoond begin raak!

Daar is geen groter duisternis as die duisternis van ʼn verlore siel nie.   Dit maak dat mense uit pas met God se heilige plan vir hul lewe raak; ook gelowiges wat daagliks deur die verworde kultuur van ʼn gevalle wêreld gekonfronteer word.

Wat verwag Jesus van ons?  Om onder alle omstandighede heilig/afgesonder, ja, anders te leef.   Dis wat Henog gedoen het.   In sy tyd het die sonde so groot geword, dat God later besluit het om die mensdom, op agt na, almal uit te wis.  En wat doen Henog?  Hy wandel met God!  As ons die geloof in Jesus nie in hierdie dae uitleef nie, glo ons werklik nie in Hom nie!   Heilige lewens daarenteen, het groot trefkrag: “...en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon....” (1 Pet.2:12).  Heilige lewens sorg ook dat orals in die wêreld kragtige geloofsgemeenskappe tot stand kom.

Dis goed om geestelik optimisties te wees en die hele wêreld vir Christus te wil wen.   Daarvoor moet ons Jesus uitleef.  Ons moet vir die wêreld wys hoe ʼn heilige lewe lyk.  Mense moet in ons lewens kan sien hoe ons die voordele van die geloofslewe geniet, en jaloers word – dis wanneer Christus in ons lewens sigbaar word!

Blote Bybel lees en kerk toe gaan, maak nie van mense sondermeer heilige mense nie.  Ons moet geestelik werk-effektief raak!   Vandag word daar soveel kursusse aangebied om mense meer werk-effektief te maak.  Die Evangelie skrywer Lukas het nie toevallig alles wat Jesus gedoen en geleer het beskryf nie.  Dit was om sy lesers geestelik werk-effektief te maak.  Jesus het nooit iemand gevra om iets te doen alvorens Hy nie self gewys het hoe dit gedoen moet word nie.   Wys eers vir ʼn mens hoe dit gedoen moet word alvorens jy van hulle verwag om dit self te doen.

Daar is net een ding wat die ellendevaart in ons land kan stuit en dis nie ʼn kruisie vir die regte kandidaat by ʼn stemlokaal of wat ook al te maak nie, maar om heilig te leef.   Ons moet so anders en opsygesit leef, dat ongelowiges na ons sal kyk en hul tot Jesus wil bekeer.   Dis die metode wat Jesus gebruik het om die wêreld van sy tyd om te keer.   En hoe het Hy nie daarin geslaag nie!   Sy leefwyse het krag aan sy boodskap gegee.   Daarom het sy dissipels van Hom geleer.   Dit wat Hy gesê het, het Hy uitgeleef.

Ons verlang na ʼn ingrypende verandering in ons land.  Moenie vir ʼn nuwe regeringsparty of ander leiers wag nie.  Ons het die oplossing voor hande;  heilige lewens!  En daarvoor het God ons ʼn handleiding gegee - die Bybel.   Die Bybel is die handleiding hoe om heilig te leef.

Ons moet Jesus deur ons heilige lewens in ʼn verlore wêreld bemark.   Dis uiteraard wat mense destyds na Jesus getrek het : Sy heilige lewe!   Daarmee het Hy hul vertroue gewen en die pad na die redding van hulle siele oopgemaak.  Wat van jou?  Maak plan met die onheiligheid  in jou lewe; jy lewe net eenmaal op aarde. Leef dit uit dankbaarheid vir Christus!

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2453 gaste aanlyn