NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die verloop van elkeen van ons se geskiedenis berus by die keuses wat ons maak. Ons kan ook kies om NIE ons eie vyand te wees nie – 'n keuse wat ongelukkig deur baie min mense gemaak word.

GOEIE RAAD VIR 2016

Ds Andrè van den Berg

“Pas dan op dat julle nougeset wandel; nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.  Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is” - Efes.5:15-17

Kyk na die wêreld van 2016 – dis ontsettend boos.  Wêreldekonomieë stuur op krisisse af.  Mense verloor hul werk of beleggings.  Alles getuig van ʼn verlies aan lewensgehalte onsekerheid. Mense vra:  “As dit vandag so gaan, wat gaan nie alles môre met ons gebeur nie.

In Efes.5:15-17 gee God vir ons raad hoe om onder moeilike omstandighede reg op te tree.  Gevolglik is dit goeie raad vir ʼn Nuwejaar: “Pas dan op dat julle nougeset wandel; nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.  Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is”. Die Bybel waarsku dat mense, veral gelowiges, net voor die wederkoms van Christus, baie moeilik gaan leef.

Satan besef dat sy dae min is en probeer sy laaste hou op die mens inkry.  Ongelukkig gaan sommige gelowiges ook in sy spervuur beland soos wat destyds met kinders van die Here in Efese gebeur het.  Satan se spervuur kom selfs uit oorde waar gelowiges dit die minste verwag soos die kerk.  Christus se grootste teenstand het juis uit die kerkgeledere van sy tyd gekom.   En as ek my Bybel reg lees, gaan die geskiedenis hom herhaal.

In Efes.5:15-17 leer God ons hoe om reguit treë in krom tye te gee.  En dis raadsaam om na sy Woord te luister omdat die tye al boser word soos wat die  wederkoms van Christus nader beweeg.  Dit wat ons beleef, is egter niks nuuts nie.  God het dikwels in die verlede in mense se lewens ingegryp en dinge vir hulle deurmekaar gekrap net om die legkaartstukke op hul lewensbord te herrangskik.  Gevolglik voel ons soms soos ʼn sweefstokswaaier wat die een stok los en deur die lug na die volgende stok trek sonder enige sekerheid dat daar ʼn veiligheidsnet onder ons is.

Hoe moet gelowiges in moeilike omstandighede leef?  Wat verwag God van ons in 2016?    Hy gee drie rigtingwysers in Efes.5:15-17.

 

(i) “Pas dan op dat julle nougeset wandel; nie as onwyse nie, maar as wyse”. Die woorde nougeset wandel, het ʼn interessante betekenis in die Grieks.  Iemand wat hoog teen ʼn berg op ʼn nou paadjie loop, moet sy oë wawyd oophou.  As hy een verkeerde tree gee, val hy hom dood.  En dis wat nougeset wandel beteken;  hou jou oë oop sodat jy berekende geloofstreë kan gee.

Berekende geloofstreë vra van gelowiges geduld; die geduld om stadiger te leef.  Ons leef heeltemal te vinnig.   Alles is ʼn gejaag.  Ons jaag met ons besluite, maak te vinnig afleidings, praat te vinnig, reageer te vinnig en wil te vinnig regstellings maak en trap gevolglik die versneller van die lewe al hoe dieper in.  Ons het net te veel op ons lewensbord; ons kan nie meer spoed verminder nie.   Dis dan dat ons nie behoorlik sien waarheen ons gaan nie en val.  Satan vang ons vir spoed!

In Ps.46:11 sê God dat gelowiges tot rus moet kom: “... Laat staan en weet dat Ek God is...” Jesus sê:  “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee” (Mt.11:28).   Ons moet die lewe stadiger vat.  Daar is vir Jesus min plek in ʼn gejaagde lewe.  En in baie gevalle geen plek nie.

Wie egter spoed verminder en Jesus in sy lewe inlaat, staan dikwels verbaas oor hoeveel meer Jesus vir hom doen as wat hy op sy eie kon regkry.  Jesus maak ʼn belofte: “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Mt.6:33).   Die eerste rigtingwyser sê:  Maak jou oë oop; leef rustiger.

(ii) Die tweede rigtingwyser in Efes.5 is in vers 16: “...en koop die tyd uit, omdat die dae boos is”. Die woorde “en koop die tyd uit” beteken in die Grieks om iets wat kosbaar is vir eiegebruik aan te koop.  Tyd is kosbaar.   God gee dit.  Gebruik dit derhalwe omsigtig.

Paulus volg dit op met die woorde: “ ... omdat die dae boos is”. Toe hy die brief aan die Efesiërs geskryf het, was hy in Rome in ʼn tronk.

Efese was een van die hoofsetels van Romeinse bewind in Klein Asië (vandag Turkye).  Die inwoners van Efese het die godin Artemis, wat ook Diana genoem is, aanbid.   Sy was die simbool van seksuele losbandigheid wat hoogty in die plaaslike afgodsdiens gevier het.   Satan het Efese in ʼn dodelike greep gehad!

In tye van onophoudelike boosheid voel ʼn mens soms om in sak en as te gaan sit.  Satan geniet dit!   In sulke tye word mense se harte koud en hits die Satan mense aan om die saak van God op aarde te vernietig.   Gevolglik ervaar gelowiges teenstand uit alle oorde. God gebruik egter ook hierdie beproewing om gelowiges te suiwer.  Die boek Openbaring is vol daarvan.   Beproewinge is soms vermomde seëning wat gelowiges die gulde geleenthede vir getuienislewering bied.   Wanneer die wêreld om ons die kluts kwytraak, is dit juis die tyd om die lewensveranderende krag van Jesus ten toon te stel.  Hoe donkerder die nag, hoe helderder brand die gelowige se lig!  Die eerste aanwyser sê: Maak jou oë oop; leef rustiger.  Die tweede sê:  Spandeer jou tyd reg (koop die tyd uit).

(iii) Die derde aanwyser is in vers 17: “Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is”. In bose tye verloor mense maklik kop.  Hulle neem soos ʼn Petrus van ouds die oë van Jesus af weg.    Dit gebeur wanneer jy joú wil laat geskied en nie dié van God nie.  En sy wil staan duidelik in die Bybel.  Mense moet dit net bestudeer.   Bitter min doen dit!

Bybelstudie is soos ʼn drilsessie op ʼn skip.  Sodra ʼn passasierskip begin vaar, word almal aan boord gewys hoe om die reddingstoerusting vir ʼn noodgeval te gebruik.  Wie nie gehoor gee nie, kan sy lewe in ʼn noodgeval verloor.  Met God se Woord is dit presies dieselfde!

Vir sommige van ons gaan 2016 ʼn opwindende jaar wees en vir ander miskien teleurstellend.  As dit hierdie jaar nie met jou goed gaan nie en dit voel asof alle boosheid op jou afkom, hou Jesus se woorde in gedagte: “Laat julle harte nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My” (Joh.14:1).

 

Kom ons som die drie rigtingwysers van Efes.5:15-17 op:

Laat ons (i) nougeset wandel (:15).  Ons is inderdaad op ʼn baie nou paadjie hoog teen die berg van die lewe.   Baie van ons volksgenote het al skeef getrap en geval.   Baie het seer gekry.  Sommige is selfs dood.   Bid God dat Hy jou oë sal oopmaak dat jy nie ʼn verkeerde tree sal gee nie.

Laat ons (ii) die tyd wat God ons nog op aarde gun, sinvol gebruik.  Kom ons los die gejaag na rykdom en eer.  Dit is ydelheid.   Laat die saak van die Here en die geluk van jou gesin voorkeur geniet.

Laat ons (iii) nie kop verloor nie, maar die wil van God in hierdie nuwe jaar soek.

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2605 gaste aanlyn