NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Positiewe mens is altyd ‘n sieraad – oud of jonk.  So ‘n mens besef dat hy nie die lengte van sy lewe kan bepaal nie; slegs die wydte en diepte daarvan.

HET JY JESUS-VREDE IN JOU HART?

Ds Andrè van den Berg

“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie.  Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie”  - Joh.14:27                          

Toe Jesus hierdie woorde gespreek het, het Hy op die drumpel van ʼn bitter lydensweg gestaan; ʼn pad wat met sy kruisiging sou eindig.   Jesus sou sy dissipels wat slegs drie jaar by Hom was, alleen agterlaat.  Hy doen dit egter nie sonder ʼn erfporsie nie.   Jesus laat vir hulle iets na wat nie deur ʼn mens of die natuur geskaad kon word nie; ʼn Jesus-vrede.  Dis ʼn heel ander soort vrede as wat die wêreld mense aanbied: “... nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie”.

Hierdie Jesus-vrede is ʼn gawe wat gelowiges alleenlik ontvang.  Wie met die Vredevors nie vrede maak nie, verkry dit nooit nie.  Gevolglik is hierdie vrede baie skaars.   Gelowiges moet dit bewustelik uitleef vir ongelowiges om te sien sodat hulle tot bekering kan kom.

Die Bybel is vol vredesopdragte: “Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien” (Rom.14:19). “Jaag die vrede na met almal” (Heb.12:14).   In hierdie liefdelose wêreld is dit egter nie maklik nie.   Vrede val nie soos ʼn ryp vrug in ons skoot nie.   Dis ʼn gawe van God wat ons as kinders van God bewustelik moet soek en deeglik moet bewaar omdat dit die enigste egte vrede is. Alle ander vrede is karikature.   Daarom misluk feitlik alle vredespogings.

Hoe lyk die Jesus-vrede?   Een van die basiese eienskappe hiervan is eerbied vir menseverskeidenheid; ʼn gegewendheid wat graag in liberale kringe geminag word.   God het mense verskillend geskape.  Om dit te minag, bring nie vrede nie, maar eerder botsings.  Elke mense-ordening wat God se skeppingsordening nie eerbiedig nie, is tot mislukking gedoem.  Die dwase proefneming met die reënboognasie aan die suidpunt van Afrika is sprekend hiervan!

Die probleem met saamgeflanste mense-eenhede is dat dit kunsmatig is.  Dis almal op die mite gebou dat alle mense eenders geskape is.  Daarbenewens bots dit ook lynreg met die natuur.   God het die natuur geskep vir die mens om sy skeppingsordening te eerbiedig.   Hy leer die mens uit sy Woord en deur die natuur.  Dis die twee maniere waarop Hy Homself aan die mens openbaar.

Die natuur is ʼn goeie leermeester as mense net daaruit wil leer.   Die Griekse filosoof Thales het gesê dat ʼn mens se kennis en begrip van die lewe by sy waarneming van die natuur begin.   Dit wat in harmonie met die natuur verkeer, is vir die mens goed.  En dis baie waar!

In Genesis lees ons dat God die mens- en diereryk geskep het.  Ten einde dit vol te hou, het God ʼn sekere patroon daar gestel deur hulle manlik en vroulik te skep.   Toe God vir Adam ʼn hulp geskep het, het Hy nie nog ʼn man gemaak nie, maar ʼn vrou.  So ook in die diereryk.  Die natuur is Godgegewe.

Satan haat alles wat God gemaak het, ook die natuur.  Daarom het hy van vroeg af 'n teennatuurlike gedrag by die mens gekweek - homoseksualisme.  Daar word so vroeg as Levitikus en Deuteronomium na hierdie sonde verwys wat in die Hebreeus toeva genoem en met gruwel vertaal word.

Paulus skryf in geen onduidelike taal dat homoseksualisme teennatuurlik is nie: “Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in die wat teen die natuur is; en net so het die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand” (Rom.1:26,27).

Let daarop dat die Bybel nie anders praat as wat die natuur ons leer nie.  Leer die natuur dat ʼn hings met ʼn hings of ʼn ooi wat met ʼn ooi paar?   Nee, God het hulle geensins so geskep nie.   Dat die ganse diereryk God se skeppingsorde verstaan, maar duisende mense nie?  En dit sluit kerke in!

Die natuur leer ons niks anders as wat die Bybel ons leer nie.  Dit leer ons ook dat God ʼn Skeidingmaker is deur duidelike onderskeid tussen mense en diere te maak.   Let gerus op die voëleilande by Lambertsbaai waar etlike duisende kormorante en malgasse sit.   Hulle sit opvallend nie deurmekaar nie, maar in twee afsonderlike groepe.  Waarom?  Is hulle miskien kwaad vir mekaar?   Nee, hulle sit afsonderlik omdat God ʼn geneties natuurlike afsonderlikheid vir hul voortbestaan bepaal het.  Dit wat vir diere geld, geld ook tot aan die voleinding van die wêreld vir mense.

God het al die verskillende rasse op die aarde geskep en aan hulle verskillende karaktereienskappe en vermoëns gegee.  Die OT lê sterk klem op rassuiwerheid.  Die OT handel hoofsaaklik oor die geskiedenis van een ras nl. Israel, wat gereeld met ander Midde-Oosterse volke gebots het.   Die OT benadruk gedurig Israel se afkoms en roep haar herhaaldelik op om haar gene nie te vermeng nie.   Israel was nie rassehaters nie, maar wel sterk rasbewus.  En dis nie sonde nie!

Rassevermenging is in stryd met beide die Bybel en die natuur.   Dit lei gedurig tot wrywing en onmin.   Ongelukkig word die AP Kerk dikwels van rassehaat beskuldig.  Dis nie waar nie.   Die AP Kerk is teen geen ras op aarde gekant nie, maar wel teen rassevermenging.  Behalwe dat rassevermenging geen Skriftuurlike rugsteun het nie, werk dit nêrens ter wêreld nie; ook nie in kerke nie.

Jesus sê: “Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie.  Ek moet hulle ook lei en hulle sal na My stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder” (Joh.10:16).  In die AP Kerk sê ons: Verskillende skape, verskillende stalle.

God se resep vir blywende vrede is baie duidelik in die Bybel sowel as in die natuur waar te neem.  As die mens maar net God se skeppingsordening wil eerbiedig!    Om vrede te hê, moet ons in lyn met die Vredevors wees.

God eis van gelowiges om vredemakers te wees.  Jesus sê in ʼn saligspreking:  “Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word” (Mt.5:9).   Dis ʼn baie groot taak in hierdie deurmekaar wêreld.  Om vrede te vestig, kos groot geloof.

Toe Jesus vir die dissipels sê: “Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie”, ontvang hulle ʼn erfporsie kosbaarder as geld.  Hierdie erfporsie het vir hulle in ʼn tyd van staatkundige ontwrigting rustigheid in hulle lewe gebring.

Om Jesus se vrede in hierdie deurmekaar wêreld te ervaar, moet sondaars hul eerstens tot Jesus bekeer.  Dis al manier hoe siele gered kan word.   Redding gee aan gelowiges die versekering dat niks hulle van die liefde van God skei nie;  selfs nie eens die dood nie (Rom.8).   En dis, soos die Heidelbergse Kategismus sê, jou enigste troos in lewe en dood; dat jy met liggaam en siel nie aan jouself behoort nie maar aan Jesus Christus.

Sonder bekering, is geen vrede moontlik nie.   Een nag kom Nikodemus na Jesus.  Hy is baie bekommerd oor sy siel en smag na vrede. Wat moet hy doen? “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk nie sien nie” (Joh.3:3).

Die vrede van Jesus begin by die bekering.  Daarna volg ʼn kennis van die waarheid.   Leuens maak mense dom en hou hulle gevangenes van Satan.   Die waarheid maak mense wys en daarna vry.

Die dissipels was op daardie tydstip nog lidmate van die Joodse Kerk wat die Skrif verdraai en talle leuens gehuisves het.  Die Heilige Gees het die dissipels egter geleer om die waarheid van die leuen te onderskei en dit hartstogtelik te verkondig.  Daarom het hulle ná die uitstorting van die Heilige Gees ywerig aan die werk gespring om die nuwe kerk aan die gang te kry.  Hulle het die Jesus-vrede ervaar.

Mag die Here ons met hierdie vrede seën, mense dit sien en God verheerlik.  “Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik” (Mt.5:16).

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2236 gaste aanlyn