NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Langenhoven het goeie raad oor hoogmoed en nederigheid: jy mag maar hoogmoedig wees onder jou meerdere maar jy moet nederig wees onder jou mindere; só sal jy minstens nie jou eie waardigheid of ander s'n kwes nie. Hy herinner ons ook dat nederigheid nooit kan val nie...

IS DIT VERBY MET SUID-AFRIKA?

Ds Andrè van den Berg

“Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie” - Jes.43:18

In tye van droefheid toon God Hom al vir baie eeue lank aan gelowiges as ʼn versorgende God.   Ongeveer 700v.C. sê Hy vir Juda wat in  nood verkeer het: “As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie....” (:2).   God is by almal wat Hom eer, betrokke of dit volke of enkelinge is: “Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe” (:4).

Die afgelope paar jaar het daar met talle gelowiges bitter onaangename dinge gebeur wat hulle hul toevlug opnuut na God laat neem het.  Onmin, eerloosheid en geweld was deel van die pakket.  Moord en roof het die hoogte ingeskiet.  Korrupsie deur hooggeplaastes en hul politieke kaders het ons ekonomie vir die soveelste keer sedert die aanvang van die skrikbewind lamgelê.  Berigte van opstand, geweld en burgerlike ontwrigting het mediaberigte oorheers.

 

Hierdie ontwrigting sal nie iewers in die nabye toekoms verdwyn en voorspoed soos ʼn lig wat aangeskakel word die staatkundige duisternis verdryf nie.  Ontwrigting is en bly deel van heidene se politieke mondering.   Wat kan ons as gelowiges daaraan doen?  Daar is twee moontlikhede.  Ons kan iewers in ʼn hoekie gaan sit en maar net hoop en bid dat hierdie plaaslike skrikbewind spoedig einde sal kry.

Die ander moontlikheid is om ons soos rugbyspelers vir die geloofswedstryd wat binne ʼn paar minute gaan afskop, gereed te kry.  En dis net moontlik indien ons bo-oor die trauma van die verlede gaan kyk en sy negatiewe ervarings agter ons laat.  Ons kan dus of terugkyk of vorentoe kyk.

Die gelowiges in Juda het gesukkel om vorentoe te kyk.  Hulle verlede was so traumaties, dat die toekoms vir hulle net een kleur gehad het - swart!  Juda het hul vryheid verloor en aan heidene ondergeskik geraak; presies dieselfde wat met ons volk gebeur het!  Al verskil is dat Juda in gedwonge krygsgevangeskap beland het en die Boerevolk in selfopgelegde gevangenskap.

Babilon was in die dae van Jesaja so magtig dat daar vir haar krygsgevangenes geen hoop op bevryding was nie.  Geen volk kon Babel se wêreldheerskappy  beëindig nie.  Gevolglik het Juda op die walle van die onheilsame Kebarivier baie mismoedige in hul slawe-tente gesit en wonder wat die toekoms vir hulle sou oplewer.  Al waaraan hulle kon dink, was die verlede.  Hoe droewig!   As ʼn volk nie meer ʼn toekomsvisie het nie, hou hy eintlik op om te bestaan.  ʼn Volk sonder ʼn toekoms is slegs ʼn karikatuur van ʼn volk.

Wanneer Juda daar in die vreemde aan hulle verlede dink, dink hulle aan hul voorouers se uittog uit Egipte na God se ongelooflike ingryping.  God het vir ʼn volk wat menslik gesproke geen toekoms gehad het nie, in hul donkerste nag ʼn toekoms geskep.  Ongelukkig was dit alles net soete herinnerings.  Die tyd het intussen eeue aangestap en die situasie baie verander.

Miskien het Juda daar in Babel gewonder of die God wat Moses en sy mense uit Egipte bevry en na die beloofde land laat optrek het, nog in staat was om sulke verlossingswerke te doen?  Juda was net werklikheidsbewus want tussen die volk op die walle van die Nyl en dié op die walle van die Kebarivier het immers  800 jaar verloop; ʼn baie lang tyd!

Die heidene van die Ou Nabye Ooste het geglo dat gode by wyse van oorloë die toekoms van volke bepaal.   Dat Juda oorwin is, was aan Marduk, die god van Babel, te danke.  Hy was te sterk vir die God van Juda.  Altans, so is geglo.    Miskien was daar van die krygsgevangenes wat self begin wonder het of daar nie tog waarheid in hierdie heidense geloof gesteek het nie.   Die ongunstige omstandighede waarin hulle was, het nou nie juis die geloof in die God van die Bondsvolk bevorder nie!

Dan sê Jesaja vir die krygsgevangenes dat dit goed is om na die verlede terug te kyk.  Dit help gelowiges om te onthou wat God al vir hulle gedoen het en so ʼn geloofsgeheue maak gelowiges dankbaar.  Desondanks durf gelowiges nooit so in die verlede vasval, dat hulle nie met die lewe kan aangaan nie. “Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie” (:18).

Jesaja het egter vir Juda goeie nuus: God gaan in hul lotgevalle ingryp!  “Kyk Ek gaan iets nuuts maak... Ek maak ʼn pad in die woestyn en riviere in die wildernis” (:19).  Jesaja se boodskap getuig van ʼn geesdriftige opbou na ʼn vrylating - die een goeie ding word deur ʼn volgende een opgevolg.   Juda moes  een ding doen - God op sy Woord neem.  Daar was lig in die donker tonnel!

Kort hierna het dinge skielik begin verander.  Die leër van koning Kores die Pers, het teen alle verwagting in die Babiloniërs op hul baadjie gegee en Persië die nuwe wêreldheerser laat word.  Geskiedkundiges sê almal dat dit totaal onverwags was.   Die Perse het net nie daardie slaankrag gehad nie.  Wat het hier gebeur?   Kores het ʼn instrument in God se hand geword.  Soos wat God vir Babel as ʼn tugroede in sy hand teen Juda gebruik het, het Hy deur Kores van hulle ontslae geraak om Juda te bevry.

Tereg sê Jesus vir die dissipels dat alle mag in die hemel en op die aarde aan Hom gegee is.  Al is die vyand ook hoe sterk; God bepaal die oorwinning.  Kyk wat Hy met Gideon en sy 300 man teen 135,000 Mideaniete gedoen het!    God het Kores die wêreldheerskappy gegee om vir Juda en Israel wat al 130 jaar voor Juda na Assirië in ballingskap weggevoer is, te laat terugkeer.  Die ryk wat in die tyd van Salomo geskeur het, het weer een geword.   Hoe verrassend werk God nie met sy kinders nie!

God se wonderverlossing van Juda word in Jes.43 met ʼn groot dors vergelyk: “.... Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink” (:20).   Om sonder water te voet na Jerusalem te stap, sou ʼn gewisse dood  in daardie woestynagtige gebied beteken het.  God het soos met die uittog uit Egipte vir sy volk voorsien deur vir Juda selfs riviere te laat ontspring waar daar geen riviere was nie.

Wat leer ons hier uit Jes.43?  Dat God vir elke gelowige lewensreisiger sorg.  Ook vir my en jou.  Geloof daag ons uit om vorentoe te kyk en God se riviere en fonteine in hierdie geestelik barre land van ons raak te sien en te geniet.

In die geestesoog sien ons ʼn moeë woestynreisiger aan die einde van sy fisiese kragte oor ʼn duin strompel.  En ewe skielik is daar ʼn oase met die koelste water reg voor hom; ʼn oase waarvan hy nie geweet het nie omdat dit nooit vantevore daar was nie, sprekende van God se genadige ingryping!

Soos vir Juda, wil God sy kinders wonderlik versorg. “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!  Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word.  Die Here is naby.  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.  En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en sinne bewaar in Christus Jesus” (Fil.4:4-7).

Die Boerevolk is net soos Juda ook in krygsgevangeskap.  Die enigste verskil is dat ons geografies nog dieselfde grondgebied bewoon.  Ideologies is ons egter in Babilon met heidene wat oor ons heers.  Kyk maar net hoe skiet die heidensimbole nie soos paddastoele op nie, self op mense se arms, bene en lywe.  Dis demone, skedels en doodbeendere.   Alles getuig van die dood en ʼn skrikbewind in ons volksgeledere!

Is dit verby met Suid-Afrika?  Isa dit klaar met Kees?  Nee, God laat vaar nie die werke van sy hande nie!  Hy het nie ʼn Christenvolk aan die suidpunt van Afrika kom plant net sodat heidene dit later kon verwoes nie.  Die ooreenkoms tussen die geskiedenis van oud-Israel en dié van die van die Boerevolk kan nie geminag word nie.  Dis ooreenkomstige geskiedenisse!

Ons redding is naby.  God het die Boerevolk lief soos wat Hy Juda liefgehad het: “Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe” (:4).  Ja, ons gaan al lank deur baie diep waters.   Ons volk is nie net verraderlik polities ontwortel nie, maar ook verraderlik kerklik mislei.   Desondanks het God ons nie verlaat nie.  Hy het ons met ʼn heiden karwats hard geslaan maar nooit afgeskryf nie.

God gaan wonderbaarlik in ons toekoms ingryp.  Siener van Rensburg sien dat hierdie ingryping so groot gaan wees, dat dit die wêreld verstom sal laat.   God gaan die genade wat Hy aan Juda bewys het, ook aan die Boervolk bewys sodat ons getuies vir Hom sal wees: “Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig” (:21).

Ons sal egter een ding moet doen - die onaangename dinge van die verlede in die verlede laat.  Jy kan nie vir die toekoms voorberei deur aan die verlede vas te klou nie.  Ons is almal produkte van ons verlede.  Moet nooit ʼn gevangene daarvan wees nie!  Laat die verlede gaan ten einde die toekoms te gryp want dan sal 2016 vir ons ʼn krag jaar vir God en ons volk wees.

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2577 gaste aanlyn