NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

En Ek het vir julle gesê…..Ek is die Here julle God wat julle van die volke afgesonder het” (Lev.20:24).

HET JULLE MEKAAR LIEF?

Ds Andrè van den Berg

“Het jy My lief?.... Laat My lammers wei” Joh.21:15-19

As ʼn mens aan een van Jesus se dissipels dink, kom die naam van Petrus gewoonlik eerste in die gedagte op.  Hy was ʼn uitsonderlike mens met wie sondaars hul kan vereenselwig.  Petrus was tipies mens met baie foute, maar wat nooit van die genade verval het nie.  Sy lewe onderstreep een baie groot Bybelse waarheid – eenmaal kind van God, altyd kind van God!

Petrus was ʼn voortvarende mens; die maak-en-breek soort.  Hy het maklik gepraat, maar nie altyd gedoen wat hy gesê het nie.  In Joh.13 sê hy: “Here, waarom kan ek U nie nou volg nie?  Ek sal my lewe vir U gee” (:37).  En kyk wat gebeur by Getsemane – al die dissipels vlug en verlaat Jesus.

Om alles te vererger eien ʼn diensmeisie hom as ʼn dissipel en hy vrees vir sy lewe: “Toe begin hy homself te verwens en te sweer: Ek ken die man nie” (Mt.26:57).

 

Wat ʼn ommeswaai van  “Ek sal my lewe vir U gee” na “Ek ken die man nie”. Dis ʼn droewige verhaal – hy het sy Meester verloën.   Wat nou?  Waarheen nou?  Het hy nog plek onder die dissipels gehad?

Toe Petrus van die opstanding hoor, was hy bly.  Hy moes egter op een of ander stadium Jesus in die gesig kyk; iets wat soos ʼn berg voor hom was wat hy nie kon systap nie.  Sou Jesus en die ander dissipels hom wegjaag?  Hy sou hulle nie kon verkwalik nie!   Al uitweg was om maar op die agtergrond te bly en te wag en sien wat gaan gebeur.

Petrus het maar op die agtergrond gebly en ʼn lae profiel gehandhaaf.  Jesus het na hom gekyk, maar niks gesê nie.  En dit het Petrus stukkend gemaak.  As Jesus maar net wou praat, al was dit net om hom weg te jaag, maar Hy swyg!  Hoe ondraaglik is ʼn skuldgevoel nie!  Jesus sou weldra met hom praat.

Ná die wonderlike visvangs was die tyd ryp vir ʼn gesprek met Petrus.  Hy was op daardie stadium alreeds in ʼn proses van verandering.  Dit het gebeur toe Jesus die Heilige Gees oor hulle vaardig gemaak het: “En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees” (Joh.20:22).  Van toe af het die Gees in Petrus se lewe begin werk om hom vir sy groot taak wat vir hom voorgelê het, voor te berei.

Wat ʼn verligting toe Jesus direk met hom begin praat!  Ja, baie gepraat kan ʼn steurnis vir die oor wees, maar ʼn stilte kan ook oorverdowend wees.  Daarom die verligting toe Jesus hom vra: “Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief?” Waarom het Jesus hom as Simon aangespreek terwyl Jesus self vir hom die naam Petrus gegee het?  “Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou” (Mt.16:17).  Miskien het Petrus sleg gevoel dat Jesus hom op sy ou naam aanspreek.  Kon dit moontlik ʼn aanduiding wees van genade wat verval het?  Jesus voeg ook iets by sy vraag na Petrus se liefde – “... meer as hulle hier...” Waarom voeg Jesus dit toe?  Toe hulle kort voor die kruisiging vir die eerste nagmaal byeen was en Jesus van sy naderende dood gepraat het, was Petrus baie gou om te sê: “Al sal almal ook aanstoot aan U neem, ek sal nooit aanstoot neem nie”. Petrus laat Jesus verstaan dat hy Hom liewer het as al die ander dissipels.   En toe dop hy die toets!  Die agtervoegsel aan Jesus se vraag het hom dus aan sy voortvarendheid aan die nagmaaltafel herinner.

Jesus vra Petrus ʼn tweede en derde keer na sy liefde vir Hom.  En sy reaksie? “Petrus het baie bedroef geword”. Waarom vra Jesus hom drie maal die vraag?  Omdat Petrus hom drie maal verloën het; drie maal nie die verskuldigde liefde teenoor Jesus betoon het nie.

Die NT is oorspronklik in Grieks geskryf, ʼn mooi taal wat net een woord vir elke begrip het.   Neem maar net die Afrikaanse woord liefde.   Ek sê dat ek my vrou liefhet, of my broer of God; altyd dieselfde woord.  Jy kry dit nie in Grieks nie.  Die Grieke onderskei drie tipes liefde – eros (eroties), agape (broederlik) en filei (goddelik).  Jesus vra Petrus twee keer of hy Hom soos ʼn broer liefhet (agape) en laastens as sy God liefhet (filei).

Wanneer Petrus bevestigend antwoord, voel hy verlig soos ʼn afgesnyde lidmaat wat op die vrae van die Formulier vir Heropname antwoord.   Jesus herstel Petrus in sy amp en gee hom opdrag om sy skape te laat wei.  Dit was nie ʼn sending opdrag nie, maar eerder om sorg te dra vir die plaaslike gemeente wat op die naderende Pinksterfees sou ontstaan.

Waarom praat Jesus eers van lammers en dan van skape?  Lammers dui op nuwelinge in die geloof – hulle wat op Pinksterdag en daarna tot bekering sou kom.  Skape is die sterkeres wat al ʼn tyd lank saam met Jesus en die dissipels was.  Of jy ʼn skaap of lam is, almal kan afdwaal.   Jesaja profeteer tereg: “ Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen ons eie pad geloop...” (53:6).

Petrus het geval en was sy amp onwaardig.  Hy kon homself nie aan sy eie skoenrieme optrek nie.  Jesus moes sy hand na hom uitsteek soos een nag op die See van Galilea toe Petrus sy oë van Jesus weggeneem en hy begin sink het.   Petrus het op ʼn ander manier geleer dat daar geen herstel sonder ʼn goddelike ingryp moontlik is nie.

En Petrus het opgestaan. Wat ʼn verandering was daar nie in sy lewe te bespeur nie!  Hierdie man word een van die kragtigste instrumente in God se hande, plaaslik en later ook in die buiteland.  Die Sendbriewe wat hy geskryf het, is ook in die Bybel opgeneem vir Christene deur die eeue om te lees en te leer.

Toe Petrus daardie oggend op die oewer van die See van Galilea bevestigend op Jesus se vrae antwoord, was sy ja werklik ja soos dit ʼn ampsdraer wat Jesus waarlik liefhet, pas.  Hy het gedoen wat hy belowe het; ʼn les vir elkeen wat onverantwoordelik met ʼn kerkamp omgaan.

Uit Petrus se lewe leer ons dat geen mens so ver van God kan verval dat hy buite God se sig is nie.  In Ps.139 skryf koning Dawid:

Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?  Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!  Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou” (:7-10).

Niemand ontval God se genade nie.  Waar sien ons dit beter as op Golgota waar ʼn misdadiger wat reeds gekruisig is, genade ontvang as Christus hom verseker dat hy in die paradys sal wees.   Kyk ook na God se genade in die Nagmaal waar die tekens van pyn en lyding spreek – die volmaakte versoeningsoffer.

Wat vra God van ons?  Om vir sy skape te sorg.  Dit beteken nie dat ons predikante of evangeliste moet word om uitvoer aan hierdie opdrag te gee nie.  Christus verwag van ons om sorg vir mekaar te dra.  Paulus skryf: “Dra mekaar se laste en vervul so die wet van God” (Gal.6:2).

Om dit te kan doen, moet ons liefde onder mekaar hê.  En dis ʼn ding wat nie net onder wêreldlinge skaars geword het nie, maar ook kerkgangers.   Ons leef in ʼn wêreld waar ek in my klein hoekie en jy in joune leef.   Wie so leef, kan nooit Jesus se skape laat wei nie.

Christus roep gelowiges nie tot selfverheffing op nie, maar tot selfverloëning. Hoe kan iemand vol van God se genade en tegelykertyd vol van homself wees? Hoe verskriklik om God se gawes te ontvang en nog steeds selfsugtig te wees! Paulus skryf aan die Korintiërs: “ ... En wat het jy wat jy wat jy nie ontvang het nie? ...” (1 Kor.4:7).  Ons bestaan nie vir onsself nie, maar ook vir ander.

Kom ons gee uit dankbaarheid uitvoering aan Jesus se nuwe gebod: “ ʼn Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.  Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (Joh.13:34,35).

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2445 gaste aanlyn