NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Here, ek bid nie vir ‘n algehele kalmte van gees of dat my swaarkry dadelik einde sal kry nie.  In hierdie wêreld sal daar altyd pyn en probleme wees.  Ek bid slegs dat u Gees, u liefde en u genade my met soveel uithouvermoë sal vul, dat ek enigiets wat oor my pad mag kom, sal kan geniet of verdra”.

NABOT SE WINGERD

Ds Andrè van den Berg

“Maar Nabot het vir Agab gesê: Mag die Here my daarvoor bewaar dat ek die erfdeel van my vaders aan u sou gee!” - 1 Kon.21:3

Nabot beteken in Hebreeus vrug en om volksgrond te erf, was ʼn groot voorreg.  Die wynplaas wat hy geërf het, was op daardie tydstip toe al baie lank in sy familie se besit, ja, vandat Israel in Kanaän gekom en God aan elke stam sy eie grondgebied afgemeet het.  Omdat Nabot se plaas uitsoekgrond was soos niemand anders in Samaria gehad het nie, het die koning dit begeer.

Nabot was ʼn gelowige en het hard op die familieplaas gewerk.  Hy was altyd daarvan oortuig dat hierdie spogplaas nooit werklik sy eie was nie en dat hy maar net die rentmeester daarvan was.  Dit was net vir ʼn tyd lank sy grond om te bewerk, maar nog belangriker om dit te beskerm sodat dit in familiebesit bly.  Nabot het ʼn verantwoordelikheid teenoor sy kinders en ook sy kleinkinders gehad.  As hy dit nie beskerm het nie, het hy niks gehad om aan sy nageslag te gee nie.

By geleentheid het Nabot ʼn besoeker op sy plaas ontvang – koning Agab.  Die koning het hom ʼn aanbod vir sy plaas kom maak.  Omdat mense dit nie maklik sou waag om hul koning teen te gaan nie, kon Nabot dié aanbod strenggesproke nie weier nie!   Agab wou die wingerd hê.  Dit was langs sy paleis-grond en hy wou ʼn kruietuin daar aanlê.   Daar was niks met so ʼn aanbod verkeerd nie.  Dit kon, om die waarheid te sê, Nabot se lewensomstandighede baie verbeter het.

Oppervlakkig beskou, sou dit sin maak om Agab se aanbod te aanvaar en die plaas te verkoop.  Nabot het egter dieper gekyk en gesien wat werklik aan die gang was - Agab wou sy erfenis uitwis!   Daarom het Nabot geweier en sê vir Agab: “Hierdie grond sal in die familie bly!”

Nabot se ferm besluit sê iets van sy karakter.   Hy was ʼn gelowige.  Die Woord van God was sy rigtingwyser in die lewe en dit het hom verbied om erfgrond te verhandel.  Daarom sê hy vir Agab: ”... Mag die Here my daarvoor bewaar... “ Dinamies vertaal, sou dit lui: “Die Here behoed my dat ek so ʼn iets sal doen!”

Nabot het geweet wat God se Woord oor die handel van erfgrond sê: “...sodat die erfdeel van die kinders van Israel nie van stam tot stam oorgaan nie; want die kinders van Israel moet elkeen die erfdeel  van die stam van sy vaders vashou” (Num.37:7).   Daarbenewens mag geen koning se onderdane se erfgrond gekoop het nie: “En die vors mag niks neem van die erfdeel van die volk om hulle uit hul besittings te verdring nie ...” (Eseg.46:18)

Elke gelowige het ʼn heilige plig om God se Woord te gehoorsaam.  Toe hierdie aanbod kom, het Nabot hom deur die Woord van God laat lei.  In sy woorde “Mag die Here my daarvoor bewaar dat ek die erfdeel van my vaders aan u sou gee!” hoor ons ook sy renons in die koning.  Nabot ag Agab onwaardig om die erfenis wat hy van God ontvang het, te bekom.

Agab was ʼn slegte koning.  Sy eie mense het geen eerbied vir hom gehad nie. Boonop was hy met ʼn heidenvrou getroud waarna volksvreemde vennootskappe die gevoelens vir sy eie volk so afgetakel het, dat hy met afgodery begin heul het.  Agab het selfs so ver gegaan as om vir Baäl ʼn tempel in Jerusalem te laat bou en die afgodspriesters uit die staatskas te vergoed!   Dit het hom die veragting van ware gelowiges op die hals gehaal soos Nabot se antwoord van getuig.

God gebruik oral mense in sy diens.  So het Hy bv. die profeet Obadja in die paleis van die goddelose koning Agab as ʼn goddelike raadgewer laat optree.  God gebruik weer vir Nabot, Agab se buurman as ʼn getuienis.  Net jammer dat Agab eerder Nabot se wingerd i.p.v. sy geloofslewe dopgehou het!

Omdat die Woord van God geëis het dat erfgrond nie verkoop mag word nie, het Nabot sy hemelse Koning meer as sy aardse koning gevrees.  Wat hom betref, het sy grond aan God behoort.  God het dit aan sy voorsate in trust gegee en Nabot moes dit weer aan sy nasate besorg.  Dit was soos ʼn stokkie wat tydens ʼn aflosresies van die een na die ander aangegee word.  Nabot se besluit was dus ʼn godsdienstige besluit  - die grond was ononderhandelbaar!

Sommige sou Nabot ʼn dwaas noem omdat hy aan ʼn ou wet vasgehou gehou het waaraan min mense hulle toe nog gesteur het.  Nabot het egter geweet dat dit die regte ding in God se oë was om te doen.   Hy laat ʼn mens in ʼn mate aan Maria van Betanië dink.  Beide sy en Nabot het geen begeerte gehad om hulself te verryk toe dit by die dinge gekom het wat vir die Here waardevol was nie.  Nabot het reg opgetree deur aan sy wingerd vas te hou.  Maria het reg opgetree deur haar salf prys te gee.

Dit sou so aangenaam gewees het indien die verhaal van Nabot se wingerd ʼn gelukkige einde gehad het.  Ongelukkig het dit nie.  Ons lees dat Isebel, Agab se heidenvrou, ʼn valse aanklag teen Nabot aanhangig gemaak het en valse getuies teen hom ingespan het.   Dit het sy lewe gekos.  Hy is gestenig, waarna Agab die wingerd in besit geneem het.

Klink dit vir u asof Agab gewen en Nabot die stryd verloor het?  Moenie glo nie, dis net anders om!  Nabot het in vele opsigte gewen.   Hy het eerstens inbors getoon, soos dit gelowiges betaam.   Nabot het met die gemoedsrus geleef en gesterf dat hy die regte ding gedoen het.  Inbors kan nie gekoop word nie.  Dit besorg ʼn rein gewete; en dis die sagste kussing om op te slaap.

Tweedens is Nabot se siel toe hy sterf na God toe.  En dis al wat werklik saak maak.  Baie mense leef goed en mooi op die aarde, maar kom nooit voor hul dood tot bekering nie.  Wat is goed aan ʼn mooi lewe indien jou siel die ewige verdoemenis betree sodra jy jou laaste asem uitblaas?

God laat onreg nie vir altyd seëvier nie.  “Want die Here is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien” (Ps.11:7).  Kort ná Nabot se dood het ʼn oorlog uitgebreek waarin Agab gesneuwel het.   Kyk weer na die wen-verloor situasie - Nabot het sy grond verloor, maar sy siel gewen.  Agab het sy grond gewen, maar sy siel verloor!

In hierdie verhaal het twee mans met verskillende oë na grond gekyk.  Die een kyk met oë van geloof daarna en dit kos hom sy lewe.   Die ander een kyk met gierige oë daarna en dit kos hom sy siel!  Jesus sê: “Want wat baat dit ʼn mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly?  Of wat sal ʼn mens gee as losprys vir sy siel?” (Mt.16:26).

1 Kon.21 leer ons die verband tussen geloof in God en volksliefde.  Nabot was met beide die geloof in God en ʼn liefde vir sy eie mense besiel.   Agab was weer ʼn verraaier wat sy rug op beide God en sy volk gedraai het.   Nabot het geweier om sy seile in die verraderlike winde wat in Samaria gewaai het te ontplooi.   Soos ʼn goeie landsburger het Nabot sy volk se eer sy eie eer gemaak al het die heidendom hulle ook verwar.

Die geskiedenis getuig van mense wat weens hul geloof in God en liefde vir hul volk uitsonderlike instrumente in God se hand was.   God het in hul gees so ʼn hartstog vir die waarheid en ʼn sin vir reg en geregtigheid gegee, dat hulle nooit die stryd vir hul volk se vryheid gewonne gegee het nie.

ʼn Volksliefde wat op eerbare beginsels gebou word, kan nie anders as om God te verheerlik nie.   Laat ons liefde vir God en ons volk net te belangrik wees om ons toekoms ooit aan volksvyandige agendas oor te laat.   Kom ons sê vir die volksvyand: “Hierdie grond aan die suidpunt van Afrika is nie te koop nie; dit sal in die familie bly! “

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2531 gaste aanlyn