NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons weet dat 'n testament deur 'n persoon opgestel word wanneer hy nog leef, en dat dit eers in werking tree wanneer die testamentmaker te sterwe kom. Ook in die Bybel het sterfte met bloed 'n verband; daarom het ook die 1e Testament (die OT) met bloed gepaard gegaan toe diere geoffer is en hulle bloed vir mense as boetedoening moes dien. Die Nuwe Testament het ook met bloed gepaard gegaan toe Christus se bloed vir ons gevloei het. En die erfenis wat ons uit sy Testament ontvang, die ewige lewe, is die grootste nalatenskap wat enigiemand kan erf!

WAT JY SAAI...

...SAL JY MAAI

Ds Andrè van den Berg

“Moenie dwaal nie; God laat hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai” - Gal.6:7

Die wet van die natuur leer dat as jy mielies plant, daar nie koring sal opkom nie.  Jy oes wat jy plant.  Paulus gebruik hierdie grondstelling om die gelowiges in Galasië ʼn belangrike les te leer:  “Moenie dwaal nie; God laat hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai” (Gal.6:7).  Moet jouself nie bluf nie, so seker as wat ʼn boer een soort saad saai en van dieselfde soort oes, so seker sal die mens dit wat hy tydens sy aardse lewe saai, ná sy dood oes.

In die tyd van Paulus was daar baie dwaalleraars wat onkundige mense met hul slimpraatjies meegevoer het.

  Dit het die waarheid en die weg van verlossing baie skade aangedoen.  In die teksvers waarsku Paulus egter teen selfmisleiding.   Wie dwaal, word nie altyd deur ʼn misleier van stryk gebring nie.  Jy kan jouself mislei.  Is die mees oortuigende leuen dan nie juis daardie een wat jy vir jouself vertel nie?  Mense trap so maklik in die strik van selfmisleiding!

 

Paulus waarsku: “ ... God laat hom nie bespot nie ...” Die woord bespot beteken in die Grieks om jou neus op te trek, d.w.s. om iets met afkeur te behandel.  Ons kan mense met ʼn mooi voorgee bedrieg maar nie vir God nie.   Geen mens kan sy lewensweg vir God verberg nie.  Adam en Eva het dit in die tuin van Eden probeer totdat God hulle geroep en hulle noodgedwonge na vore gekom het.  Lees gerus Ps.139 waar Dawid sê dat niks God se alsiende oog ontglip nie.

Dis belangrik dat ons opreg voor God en ons medemens sal leef.  Ons verlang almal na ʼn wonderlike hiernamaals saam met Jesus en die ontslape gelowiges.  Maar dan moet ons reg saai want die vrug wat ek oes in die hiernamaals kom van die vrug van die saad wat ek op die aarde gesaai het af.   Ek kan nie op aarde sleg leef, maar ʼn mooi hiernamaals ontvang nie.  Wat jy saai, gaan jy maai!

Toe die satanis-sangeres Amy Winehouse ʼn paar jaar gelede aan ʼn oordosis dwelms dood is, het ʼn vriend op haar begrafnis gesê: “May her troubled soul find peace”.  Hy het duidelik niks van God se Woord geweet nie.  Vrede is die laaste ding wat sy in die hiernamaals sou vind.

Op baie grafstene pryk die woorde Rus in vrede. Ek wonder van hoeveel mense op wie se grafstene dit staan dit waar is?   Beslis nie van onbekeerdes nie!  Luister wat sê ʼn man wat na sy dood nie in vrede gerus het nie: “... Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam” (Luk.16:24).  Pas op vir selfbedrog; dit laat jou in die hel beland!

Paulus voltooi in Gal.6:8 die belangrike les: “Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai”. Hy praat van twee tipes saaiers – hy wat in die Gees en hy wat in die vlees saai.  Die een maai die ewige vreugde en die ander ʼn ewige straf!

Dit word deur ʼn opdrag vooraf gegaan: “Maar laat hom wat in die Woord onderwys ontvang, meedeel aan hom wat onderwys gee” (:6).  Die gedagte is om die goeie kennis wat jy het met ander te deel.  Wie skatte vergader net om sy stoflike verlangens te bevredig, saai in die vlees.  En wie in die vlees saai, maai die ewige verderf!

Wat doen jy met jou besittings?  Wend jy dit tot die eer van God aan? “Maar dink daaraan: Wie spaarsamig saai, sal ook spaarsamig maai; en wie volop saai, sal ook volop maai” (2 Kor.9:6).  Hoe vergelyk dit wat ek in die lewe saai met die oes wat ek na my dood verwag?  Is dit realisties of bedrieg ek myself?

Gal.6:7 is ook ʼn waarskuwing om deeglik te let op die saad wat ons saai omdat ons dit aanhoudend saai: dag vir dag.   Ons kan een van twee lewens lei; of in die Gees of in die vlees.   Daar is nie ʼn middelpaadjie nie.  Net so min ook nie  neutrale saad nie.   Dis òf vleeslik òf geestelik; of-of en nie en-en nie!

Die beginsel van Gal.6:7 kom ook in die OT in Hos.8:7 voor: “Want hulle saai wind, maar hulle sal storm maai...” Hosea was besorg oor sy volk.  Afgodery en sedeloosheid het so skerp gestyg, dat Israel op ʼn onvermydelike breuk met God afgestuur het.  Die ergste van alles was dat Israel geglo het dat sy nie gestraf sou word nie.  As God vir hulle kwaad was, moes Hy maar net weer goed word. Hulle selfbedrog het hulle ʼn 130 jaar se ballingskap gekos!

Paulus waarsku die gelowiges in Galasië om met God se oordeel rekenskap te hou:  “Moenie dwaal nie; God laat hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai”.

Ons is die somtotaal van ons optrede.  Dit wat ons vandag is, is die gevolg van wat ons gister gedoen het.  As dinge in die lewe nie na wense verloop nie, kan ons nie ons herkoms, die omgewing of ons ouers die skuld daarvoor gee nie.   Dit het wel ʼn invloed op ons lewe MAAR net sover as wat ons dit toelaat om ʼn houvas op ons te verkry.

 Elke mens is verantwoordelik vir sy eie dade.  Christus gaan verantwoording van ons almal eis: “Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Kor.5:10).

 Wat ons more gaan wees, hang van dit wat ons vandag doen af.   Wie nie reg saai nie, kan ʼn ommekeer maak en reg begin saai soos Paulus self ondervind het.  Hy skryf aan die Korintiërs dat by elkeen wat in Christus nuut geword het, die ou dinge verbygegaan het.

 Die mens is dit wat hy doen.  Of hy saai in die Gees of in die vlees en dra die gevolge van sy werke.  Hoe lyk die werke van die vlees?  “En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid, afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap, afguns, moord, dronkenskap, brasserye ... (Gal.5:19-21).  Hy skryf aan die Efesiërs: ” Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ʼn afgodedienaar is, ʼn erfdeel het in die koninkryk van Christus en God nie (Efes.5:5).

 Hoe lyk die werke van die gees?  “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.  Teen sulke dinge is die wet nie” (Gal.5:22,23).

 In Gal.6:10 versoek Paulus gelowiges om goed aan mense te doen. “Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof”".  Medegelowiges moet egter eerste gehelp word.  In die tyd van Jesus was daar groot armoede. “ ... Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie... Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ʼn skat in die hemel wat onuitputlik is... Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees” (Luk.12:15,33,34).

 Om ʼn goeie oes te verkry, moet gelowiges aanhou goed doen: “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie” (Gal 6:9).  Om vir God te werk, is nie tydmors nie: “Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie” (1 Kor.15:58).

 Die oes wat God vir ons bestem het, kom op die regte tyd: “Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here.  Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en laat reën ontvang het” (Jak.5:7).

 Kom ons leer van die boer.   Kom ons hou geloof soos ʼn boer.  Die salige lewe wat in die hiernamaals op gelowiges wag, is hulle wat aanhoudend saai, beskore.  Wat saai jy?  Watter oes verwag jy?

 

Amen!

 

 

 

 

 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2609 gaste aanlyn