NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Vasgevang in jou eie klein wêreld van nuttelose dinge? Stop dit! Net jy kan. Doen iets wat slegs tot eer van die HERE se naam strek, daar is so baie te doen; en sien hoe jou lewe betekenis en vreugde kry.

KOESTER ONS TAAL !

Ds Andrè van den Berg

Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag.  Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid  van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry” (Fil.3:7,8).

Daar is onlangs ʼn woordeboek van handgebare vrygestel vir mense wat in ʼn   wêreld sonder taal leef - dié van dowes en stommes.   Wat ʼn voorreg het ons nie om die Bybel ons eie taal te besit en te hoor nie!  Taal is ʼn gawe van God.  Dink aan die woorde van die pelgrims wat op Pinksterdag in die tempel was toe die Heilige Gees uitgestort is: ”... en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek dan nie Galileërs nie?  En hoe hoor ons hulle elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is? “ (Hand.2:7,8).

Taal is ʼn gawe van God wat Hy vir elke volk op aarde beskik.  Daarom het niemand die reg om ʼn ander een se taal te probeer vernietig nie.  Die huidige aanvalle op ons eie taal is nie net deel van die volksvyand se lae intensiteit oorlogvoering teen gelowiges se beskaafde waardes aan die suidpunt van Afrika nie; maar, in die lig van die Skrif gesien, is dit ook ʼn vergryp teen God se wil!

Die vyandige stryd teen Afrikaans gaan oor meer as net taal.  Dis ten diepste ʼn stryd van die duisternis teen die lig:  “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:12).

Die huidige aanslag teen ons taal het begin toe mense met onversoenbare lewenswaardes in ʼn kunsmatige staatkundige model saamgebondel is.   Hierdie stryd wat in die politieke arena begin het, het spoedig na akademiese instellings oorgespoel en is tans besig om ook na kerke oor te spoel.

Ongelukkig word ons taal nie net deur ander taalgroepe geteiken nie, maar ook deur talle van ons eie volksgenote geskaad; mense wat hul godgegewe erfenis versmaai het net om polities korrek te wees en die volksvyand te beïndruk.  In die proses word al hoe meer van ons volksgenote van die Bybel as die bron van die waarheid afvallig!

Die Bybel sê dat God verskillende volke en tale op die aarde bestem het, ook ons Boerevolk met sy eie taal.   Die vraag is of taal en kultuur enigsins ʼn plek in gelowiges se lewe moet speel?   Is almal dan nie voor God gelyk nie?   Moet gelowiges, gesien in die lig van die teksverse nie t.w.v. die geloof in Christus van alles wat volkseie en kultuurverrykend is afstand doen nie?   Dis wat vandag in talle kerke verkondig word!

Nee, elke kultuur sluit godsdiens sowel as taal in.  Dis gawes uit God se hand.   Deur enigeen van die twee te vernietig, word ʼn persoon van sy Godgegewe eenselwigheid beroof.   God het die Boerevolk deel van Afrika gemaak omdat Hy reg van die volksplanting af ʼn plan met ons volk het, iets waarvan ons  volksgeskiedenis dan ook dankbaar van getuig!

Ongelukkig het ons volk geestelik so ontspoor dat die geloofsekerhede van die verlede vandag nie meer gehuldig word nie.   En waar dit nog bestaan, word dit deur misleidende teoloë skaamteloos bevraagteken.   Daarom wil baie jongmense vandag niks met die tradisionele kerke te doen hê nie.  Hulle is doodgelukkig om, net soos die heidene, sonder God en sy gebod te leef.

Baie jongmense wat in konserwatiewe Afrikaanse huise groot geword en in Protestantse kerke belydenis afgelê het, is vandag by gevoelsgodsdienste tuis  wat nie net die samestelling van die reënboognasie weerspieël nie, maar waarvan die voertaal dikwels Engels is.  Die redes wat aangevoer word, wissel van lekkerder musiek tot gemakliker kleredrag en meer informele kerkgang.  In die proses skuif hulle hul moedertaal en kultuur opsy en spits hul op tekens, wonders en emosionele belewenisse toe.

Luister na die Afrikaans wat jongmense deesdae praat.  Dis ligjare van ʼn suiwer Afrikaans verwyder en so met Engelse woorde deurspek dat dit ʼn mens tot in jou siel hinder!  Ongelukkig val grootmense ook toenemend hierby in; selfs jeugleraars net om jong mense te beïndruk.

Petrus waarsku dat die Satan soos ʼn brullende leeu rondloop en mense soek om te verslind (1 Pet.5:18).  Daarom kry ons die opdrag in die Skrif om te waak en te bid.  Die Bose breek doelbewus ons volk se kulturele- en geesteswaardes af.   Mense het nie meer ontsag vir God en Sy gebod nie.  Dit skep ʼn geestelike- en kultuurarmoede wat mense met elke wind van lering en verandering rond waai.

Nee, taal is nie vervangbaar nie.  Geen mens leef in ’n kulturele lugleegte nie.  Elkeen word in ’n bepaalde kultuur met ʼn moedertaal groot.   God het voor die skepping al besluit dat die mensdom nie uit ʼn vaal, lustelose eenheid van mense sou bestaan nie, maar eerder ʼn ryke y n mensdom op die aarde Hyverskeidenheid van volke, tale en nasies.

Niemand werp God se plan omver nie.  Mense het al probeer maar altyd tweede gekom.  Kyk maar hoe God met die bou van die toring van Babel skouspelagtig ingegryp en mense se ydele strewe na ʼn strukturele mense-eenheid verwar het: “Kom laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.  Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die Here die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die Here hulle oor die hele aarde verstrooi” (Gen.11:7,9).

God het verskeidenheid in die skepping ingebou om daardeur verheerlik te word:  “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hul woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek...” (Hand.17:26,27).

God se volkeverskeidenheid sal bly totdat Jesus op die wolke kom: “ ...want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie” (Openb.5:9). Let op - stam, taal, volke en nasies.  Kyk wat sien Johannes met die Openbaring in die hemel: “Na hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ʼn groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale...” (Openb.7:9). Weereens stamme, tale, volke en nasies.  God se wil sal geskied!   Daarom staan alle pogings om mense in kunsmatige eenhede saam te smee, in die teken van opstand teen God en ontvang hulle hul verdiende straf.

Die geestelike eenheid wat  God vereer, is iets anders as ʼn strukturele mense-eenheid – dis geestelik: “...en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede” (Efes.4:3).   Ons is eerstens kinders van God en tweedens deel van die Boerevolk.  Volkskap is aan die toets van die Bybel ondergeskik:  “Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus , my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry” (Fil.3:7,8).

Dit beteken egter nie dat volkskap en taal onbelangrik is nie.   Ons leef onder die Boerevolk wie se taal ons praat.  Die Bybel wat ons lees, is in Afrikaans geskryf.  As ons tot God bid, doen ons dit in Afrikaans.  As taal onbelangrik was, sou sendelinge nie die moeite gedoen het om die taal van die plaaslike bevolking aan te leer nie.   Die Bybelvertalers sou hulself ook baie moeite gespaar het deur die inboorlinge eerder die hooftale aan te leer sodat hulle die sendelinge se Bybels kon lees.  Maar hulle het nie en t.w.v. hul liefde vir Christus en hul tere besorgdheid oor verlore siele, hul eie taal opsy geskuif en die inheemse taal aangeleer.  Hulle het egter nooit hul eie taal geminag nie.

Taal en kultuur is vir gelowiges belangrik.   Dis die kanaal waarbinne ek myself as unieke skepsel van God uitdruk.  Afrikaans is die kanaal waarin ek my eie mense liefhet en my gemeenskap dien.   Die 2011 sensus het getoon dat Afrikaans die derde grootste taalgroep in Suid-Afrika is met byna 6,000,000 moedertaalsprekers.   Xhosa was tweede en Zoeloe bo aan die lys.  Desondanks word mense wys gemaak dat Afrikaans aan die kwyn is!

Die 2011 sensus het wel ’n beduidende toename in Engels as gebruikstaal getoon.   Afrikaans het ʼn geringe toename getoon en Afrikatale ’n redelike afname.   Dis alles aan taalverskuiwing te wyte wanneer mense van ’n sekere taalgroep binne ʼn sekere konteks hul eie taal vir ’n ander taal laat vaar soos bv. wanneer Afrikaanssprekendes met inkopies Engels praat, maar tuis Afrikaans.

Dis hartseer om te sien hoeveel Afrikaanse ouers hul kinders in Engelse skole laat onderrig terwyl Afrikaanse skole om voortbestaan veg.  Dis nasionale selfmoord!   Die verskoning dat kinders met ’n Afrikaanse opvoeding ’n agterstand teenoor Engelse in die sakewêreld sal hê, is onsin.  Suksesvolle Afrikaanse sakelui het nog nooit in die sakewêreld teruggestaan nie!

Ons voorsate het hoofsaaklik uit Nederland, Duitsland en Frankryk gekom om deur God se beskikking ’n nuwe volksverband aan die suidpunt van Afrika te vorm.  Benewens ons taal wat in Afrika ontkiem het, deel ons ook in ’n gemeenskaplike godsdiens erfenis van ons Europese voorsate – Protestantisme.

Die Franse Hugenote (1678) het juis vir hul geloof Kaaptoe gekom.  Die Groot Trek het net so ’n belangrike rol in die vormingsjare van ons volk gespeel.  Gedurende hierdie trek was die Bybel die trekkers se enigste handboek waarmee die Christelike waardes diep in die siel van ons volk gegraveer is.  Dit was vir baie jare die enigste norm vir ʼn beskaafde lewe.

Afrikaans is in 1925 as amptelike kerktaal sowel as ’n landstaal met gelyke status erken.  Daarna het die eerste Afrikaanse Bybel in 1933 verskyn; ʼn duidelike bewys dat God die Boerevolk aan die suidpunt van Afrika beskik het.  Vandag is dieselfde volk weens politieke en kerklike verraad van sy regeermag gestroop en geestelik verwar.  Is dit ons lot?  Moet ons daarin berus?  Nee, om Christus ontwil, nooit!  Die Boerevolk moet die waardes van sy godsdienstige erfenis herontdek, herstel en daarvolgens leef.   Ons ag ons nie beter as ander volke nie.  Ons is wel anders omdat God ons anders gemaak het.

Beskou dit as jou goddelike roeping om saam met medestryders die geestelike waardes van weleer hervestig te kry.  Dit moet op alle vlakke van die samelewing hervestig word; in die onderwys, gesondheidsorg, politiek en ekonomie.  Heidenwaardes moet vir God se waardes pad gee!

Om dit gevestig te kry, sal die vrug van die Gees ons volkslewe moet kenmerk: Krag, liefde, selfbeheersing, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid, sagmoedigheid, verdraagsaamheid, eerlikheid, opregtheid, betroubaarheid en hardwerkendheid (Gal.5).  ʼn Boom word aan sy vrugte geken.  Laat ons goeie vrugte dra en God bid om ons land genadig te wees.

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2373 gaste aanlyn