NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Optimisme is om te glo in wat mense dalk kan uitrig; hoop is om te vertrou op wat God reeds vermag het, en wéér kan. Hoop is die heel laaste ding waarmee alle mense uiteindelik oorbly.

MOENIE WEGDRYF NIE!

Ds Andrè van den Berg

“Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdryf nie” - Heb.2:1                             

Ons weet nie wie Hebreërs geskryf het nie.  Wat ons wel weet, is dat hy ʼn gelowige was wat besorgd was oor die verkeerde verloop van sake in die vroeë kerk. Daarom rig hy sy brief aan die Joodse leiers van die kerk (die Hebreërs).  Dis ʼn brief aan die kerk deur die eeue.

Die skrywer herinner die kerk aan die twee groot redes vir haar bestaan:

 

(i)                 om bekeringboodskappe aan ongelowiges te bring en;

(ii)               om gelowiges geestelik op te bou.  Die kerk het ʼn taak na buite en na binne. 

Die skrywer was besorgd oor die kerk se taak na binne.  Sake het nie na wense verloop nie.  Pleks dat gelowiges Satan saam teenstaan, val hulle mekaar aan.  Jakobus is net so bekommerd hieroor: “Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle?  Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? (Jak.4:1).  Petrus was ook besorgd: “...ek vermaan julle ... om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel” (1 Pet.2:11).

As kerkmense mekaar takel, kry Satan lekker tot in sy kleintoontjies! Dis sy oeroue taktiek -  om die oë van die kerk van die werklike vyand af te hou.   Daarom is binnegevegte die doodsklok vir ʼn kerk. Die Russies-Ortodokse kerk is ʼn klassieke voorbeeld hiervan.  Terwyl die kerk in 1917 oor die kleur van die dominee se das gestry het, het Kommuniste die land onder hulle neus verower!   

ʼn Kerk wat die stryd teen Satan los, val. Daarom roep Paulus die kerk op: “Trek die volle wapenrusting van God aan sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie...” (Efes.6:11,12).  Petrus was net so besorgd oor die verloop van kerksake: “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God” (1 Pet.4:17). 

Die kerk word nie opgeroep om net te bid nie, maar ook te waak en baie seker te maak waar Satan is want hy kom nie altyd met weermagstewels op die kerk afmarsjeer nie, maar dikwels onopsigtelik op die punte van sy tone.  En ʼn kerk wat nie waak nie, dryf weg. 

Dis soos ʼn skip voor anker.  Solank as wat dit aan die anker vas is, is dit veilig.  As dit los, kan dit sy einde beteken. Gelowiges moenie van hul geestelike anker, Jesus Christus, wegdryf nie.  Jesus maak ons vas; Satan maak ons los. 

ʼn Kerk dryf op drie maniere weg

(i) As dit die waarheid los en die leuen dien;

(ii) As haar getuienis dat Jesus die enigste weg na God is, opdroog en

(iii)        As haar lede nie meer na mekaar omsien nie.

Ons kyk na elkeen van die drie.

ʼn Kerk dryf weg as sy die waarheid los en die leuen dien soos wat met die NG Kerk gebeur.  Om te voorkom dat sy wegdryf, moet ʼn kerk aan ʼn Skrifgetroue kerkleer geanker wees.   Dis haar redding in die stormsee van afvalligheid.   Baie jongmense wat tydens hul belydenisaflegging trou aan die kerk se leer beloof het, is nie meer in hul kerk nie.  Dis jongmense wat in konserwatiewe huishoudings grootgeword het, maar die waarheid vir die leuen verruil het en in kerke beland het wat selfs die samestelling van die reënboognasie reflekteer!

Die waarheid het bitter skaars geword.  Dominees preek nie meer daaroor nie.  Hulle is bang dat dit lidmate aanstoot sal gee!  En dis waar ontsporing intree.  As jy die waarheid los, los jy die anker en dryf jy weg!

Die teksvers lui:  “ ... des te meer ag gee op wat ons gehoor het ...” Bly by verantwoordelike Woord-onderrig.  Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het” (2 Tim.3:14). Moenie van die waarheid wegdryf nie.  Jy gaan op die rotse beland en al wat van jou gaan oorbly, is ʼn onooglike geroeste wrak wat niks verder beteken nie.

ʼn Tweede rede waarom ʼn kerk wegdryf, is as haar getuienis opdroog.  God het die kerk die wêreld ingestuur om mense te verander.  Johannes die Doper som hierdie taak op: “Ek is die stem van een wat roep in die woestyn, maak die pad van die Here reguit” (Joh.1:23).   En wat gebeur vandag?  Die wêreld het in die kerk ingaan en van krag ontneem. 

Gelowiges het ʼn groot getuienis: Maak die krom paaie vir Jesus reguit!   Te veel mense in die kerk is gepoleer en gestryk, maar nooit in die bloed van Jesus gewas nie!   Die Kerk is nie ʼn Sondagklub vir godsdienstige mense met konserwatiewe lewenswaardes nie.  Dis ʼn gemeenskap van sondaars wat vergifnis deur die bloed van Jesus ontvang het!

Kerke preek nie meer bekering nie.  Die Evangelie van verlossing is met die evangelie van maatskaplike opheffing vervang - draai maar net die liefdadigheidsmallemeule en jy sal gered word. Nee, ons word nie deur werke nie maar deur die bekeringsgeloof in Jesus Christus alleen gered!

ʼn Derde rede wat ʼn kerk laat wegdryf, is ʼn gebrek aan omgee.  Ten spyte van die belydenis dat ons in die gemeenskap van die gelowiges glo, gee ons nie meer vir mekaar om nie.  Is ek my broer se wagter?  Ja, ek is want die Bybel sê so; dra mekaar se laste, sorg vir mekaar, bemoedig mekaar, vermaan mekaar, bid vir mekaar ens.   Dis alles opdragte om te verhoed dat ons wegdryf!

Baie van die vroeë Christengemeentes het weggedryf en ophou bestaan. Efese is een van hulle: “Onthou dan waarvan jy uitgeval het en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie” (Openb.2:5).  Efese was die grootste Christengemeente buite Jerusalem.  Sy het ongelukkig nie geluister nie en God het haar lamp geblus. Dis vandag ʼn bouvalstad met baie toeriste, maar sonder ʼn greintjie getuienis dat Jesus die Here is!   

Ek is besorgd oor die Kerk.  Satan maak amok!

Wat moet 'n gemeente doen om dit te verhoed?  Baie nader aan mekaar beweeg.  Ons sal ʼn nuwe liefde vir die Kerk van Christus moet kweek en by ons kinders baie dringend ʼn liefde vir konserwatiewe lewenswaardes inprent.  Konserwatisme is om aan ou waardes vas te hou omdat die nuwes geen oplossing bied nie.   As dinge in ons huise nie gaan regkom nie, is dit Ikabod met die Kerk!

Die ou Jode het ook met afvalligheid in volksgeledere te kampe gehad. Daarom het God baie sterk op hul toewyding aan die verbond gehamer: “Hoor, Israel, die Here onse God is ʼn enige Here.  Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.  En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan” (Deutr.6:4-5).

ʼn Tweede ding wat sal verhoed dat ons van mekaar wegdryf, is sterk getuienis.  Ons moet by verlore volksgenote aandring om hul te bekeer.  Want ons eie mense is met die selfde onderduimse dinge as die heidene besig!   Hulle moet hulle bekeer! Daarvoor sal daar hard en duidelik gepraat moet word, ook vanaf kansels. 

Derdens sal ons baie meer vir mekaar moet omgee.  Wees egter gewaarsku - onverskillige liefde en haat eindig eenders.  Neem die skrywer van Hebreërs se raad ter harte: “... dat ons nie miskien wegdryf nie”. 

Amen

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2469 gaste aanlyn