NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die volk in 1 Kor 10:6 se ondankbaarheid vir God se genadegawes het dit laat verander in oordeel. Dit verskil nie van ons volk vandag nie – in plaas van gehoorsaam te lewe uit dankbaarheid sondig ons volk steeds voort met dobbel, huweliksontrou, aborsie en alles wat die godlose owerheid aan ons voorhou as veroorloof.

BAKPOEIERBLIKKIE- GELOOF

Ds Andrè van den Berg

“Die geloof dan is ʼn vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ʼn bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Heb.11:1).

Die mens is van nature verlore en sal eerder Satan as God volg. Daarom is sy natuurlike eindbestemming die hel. Jesus sê self: “ ... want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan” (Mt.7:13).   Nogtans wil niemand graag hel toe gaan nie. Hoe kan ʼn mens dit verhoed en jou ewige eindbestemming verander? Jy moet gered word. En dis iets wat jyself nie kan doen nie. As jy in diep water in die moeilikheid raak, kan jy jouself nie aan die hare beetkry en wal toe sleep nie. Iemand sal dit vir jou moet doen. En daardie Iemand is Jesus Christus. Daarvoor moet ons geloof hê.

Maar, wat is geloof?

Dis die hand uitsteek en die hand van Jesus aangryp wat verlossing bied. Geen mens is so verlore dat Jesus die desperate hand wat na Hom uitsteek, nie raaksien nie.   Dink aan die misdadiger langs Jesus wat met ʼn desperate hand en laaste asemteue sê: “Here, dink aan my” . Nog nooit het redding so ver gelyk; nog nooit was dit so naby nie! Jesus vat sy hand vas: “Vandag sal jy saam met My in die paradys wees” Hoe wonderlik is redding nie – net ʼn hand na Jesus uitsteek en Hy gryp dit vas!

In die musiekblyspel Paint Your Wagon sing Lee Marvin: “I’m so lost not even God can find me”. Dis natuurlik ʼn leuen! In Jesus Christus red God tot die uiterste toe. As n ter dood veroordeelde genade kon vind, kan enigeen! In Hand.16 lees ons van die tronkbewaarder van Filippi wat bewend voor Paulus en Silas neerval en vra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Hierdie harde, ongenaakbare man verkrummel voor God en word gered. Geen mens is so sleg dat God hom nie kan red nie!

Al wat ons benodig, is geloof, en dis ons kaartjie na die hemel. Dis soos ʼn treinreis. Die kondukteur vra jou kaartjie. Het jy dit, ry jy; het jy dit nie, bly jy!   Ons hemelse Kondukteur vra ook na ʼn kaartjie – die geloofskaartjie in Jesus. Daarmee gaan jy hemel toe. Daarsonder, hel toe.

Maar hoe lyk geloof? Dit word vertel van ʼn man wat in ʼn woestyn verdwaal. Sy water was op, tong geswel en lippe gebars. So strompel hy in die woestyn voort met aasvoëls wat bokant hom sweef. Dis net ʼn kwessie van tyd! Net voordat hy moed opgee en maar gaan lê, kom hy op ʼn verlate waterpomp af met ʼn bakpoeierblikkie met ʼn draad daaraan vasgebind en ʼn brief binne-in:

“Hierdie pomp is reg en werk goed. Ek het ʼn nuwe suigwaster ingesit wat jare lank sal hou. Die waster droog egter uit en die pomp moet van voor af gevoer word. Onder die wit rots hier links het ek ʼn bottel water in die koelte begrawe met die prop na bo. Daar is net genoeg water in die bottel om die pomp mee te voer. Maar nie as jy daarvan gaan drink nie!   Gooi ʼn kwart van die bottel water op die waster en laat dit vir ʼn minuut of twee week. Gooi daarna die res van die water in die pomp en pomp vir die vale.   Jy sal meer as genoeg water kry. Die boorgat het nog nooit droog geloop nie. Glo my net. As jy genoeg water gedrink het, maak die bottel vol water en begrawe dit vir die volgende reisiger onder die rots, prop na bo. Voorspoed!” Geteken: Woestyn Piet.

Wat sou jy doen as jy in daardie man se skoene was?

Hierdie verhaal bevat drie belangrike geloofselemente

(i) Die woestynreisiger moes iemand vertrou wat hy nog nooit gesien het nie; (ii) Hy moes waagmoed aan die dag lê;

(iii) en hy moes pomp vir die vale!

i.   Hy moes iemand vertrou wat hy nog nooit gesien het nie.

Hierdie woestynreisiger het Woestyn Piet nog nooit ontmoet of gesien nie. Die vraag was: Kon hy hom vertrou? Was hy nie dalk ʼn poetsbakker nie?   Was hy nie dalk iemand met ʼn makabere humorsin nie; ʼn besetene wat dit geniet het om iemand in die woestyn te sien sterf nie?   Al sekerheid wat die woestynreisiger gehad het, was die briefie in die bakpoeierblikkie.

Ons het Jesus ook nie gesien nie. Al wat ons het, is sy briefie – die Bybel. En op grond daarvan moet ons glo. Jesus sê vir Thomas: “Gelukkig is die wat nie gesien het nie en tog glo” (Joh.20:29). Geloof is om Jesus onvoorwaardelik op sy Woord te neem. Wat was Paulus se raad aan die tronkbewaarder? “Glo en jy sal gered word” Dis die enigste kaartjie!

Ons is almal reisigers in die woestyn van sonde. Daar is ʼn fontein van lewende water. Ons moet net glo dat hierdie fontein ons dors kan les. Jesus sê vir die Samaritaanse vrou: “ ... Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry, maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie” (Joh.4:13,14). Maar die mens doen dit nie. Hy wil soos Thomas eers sien en voel en wanneer hy dan met die lewende God gekonfronteer word, dan sak hy skaam op sy knieë en sê: “My Here en my God!”

ii Hy moes waagmoed aan die dag lê

Daardie woestynreisiger moes die enigste bottel water waag! Sê maar nou net die pomp werk nie?! Kon hy dit wat tussen hom en ʼn gewisse dood gestaan het, waag? Moes hy nie maar die bottel water drink en hoop en bid vir die beste nie?   Ja, ʼn mens se lewe is vir hom kosbaar.   Vertrou jy Jesus daarmee?

Jare gelede stap die Franse staaldraadloper Blandon met sy broer op sy rug oor die Niagra-waterval.   Toe ʼn verslaggewer hom vra waarom hy nie iemand anders op sy rug oordra nie, sê Blandon vir hom: “Kom, klim op my rug”. Toe hy sy oë uitvee, was die man skoonveld!  

Hy het geglo Blandon kon dit vir ander doen, maar nie vir hom nie.   Is dit nie maar ook ons probleem nie? Jesus kan ander mense red maar nie vir my nie.   Vir Jesus moet jy jou lewe waag; dis nou te sê as jy glo dat Hy werklik ʼn kragtige Verlosser is. Ja, waagmoed vereis ʼn lewende geloof!

iii.   Hy moes gewillig wees om te pomp vir die vale

Indien daardie woestynreisiger nie ywerig gepomp het nie, het hy van dors omgekom. Dit beteken egter nie dat ons vir ons saligheid kan werk nie. Om dit anders te siel – ons kan nie ʼn plek in die hemel verdien nie.   Jesus het reeds alles gedoen wat vir ons redding nodig is. Ongelukkig kom baie mense nie verder as dit nie. Hulle is passief terwyl die Bybel sê dat ons die heiligmaking moet najaag.   Wat is heiligmaking? Geloof met opgerolde moue.

Meer as ʼn eeu gelede beland die prediker DL Moody op ʼn skip waarop ʼn brand ontstaan het. Die passasiers het ʼn ketting gevorm en emmers water aangegee om die brand te blus. ʼn Vrome man vra hom toe: “Sal dit nie eerder beter wees om te bid nie?” waarop Moody hom antwoord: “Bly maar net in die tou en bid terwyl jy emmers aangee”. Geloof versit berge. En waar dit nie kan nie, grawe dit ʼn tonnel dwarsdeur!

In Heb.11 word Abraham die vader van gelowiges genoem omdat hy ʼn onwrikbare geloof in God gehad het. Hy het die bekende vir die onbekende verlaat. Toe God hom geroep het om Ur te verlaat, het hy sy lewe, familie en alles wat vir hom kosbaar was op die spel geplaas om God se wil te doen. Hy was selfs bereid om Isak, sy enigste seun, nie te spaar nie maar hom op die berg Moria vir God te offer. En hy sou dit doen as God hom nie gestop het nie!

Miskien is jy ʼn swerwer in die woestyn van sonde; ʼn verlore seun, baie ver van jou hemelse vaderhuis en jy smag na die water van die lewe. Maar, terug by die verhaal van die woestynreisiger. Wat het toe van hom geword? Hy het die water gewaag soos Woestyn Piet vir hom geskryf het en al die water gekry wat hy nodig gehad het. Dit het vir hom nuwe lewe beteken, want hy was so goed as dood. En sy redding? Hy het iemand vertrou wat hy nog nooit gesien het nie, waagmoed aan die dag gelê en gepomp vir die vale! Dis die drie komponente van geloof.

Wat van jou? Is jy gewillig om dieselfde te doen – ʼn bakpoeierblikkie-geloof te hê? Dis al wat tussen jou en ʼn gewisse sonde woestyndood staan. Moenie dom wees nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2433 gaste aanlyn