NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die woorde "versoening" is geensins wat die kommunistiese regering in hierdie land wil tuisbring met integrasie tot 'n reënboognasie nie. VERSOENING is eerstens ons verhouding met God; ons moet in die eerste plek met Christus versoen word, dan sal die versoeningswerk tussen mense self volg.

JY KÁN OMDRAAI, ONGEAG!

Ds Andrè van den Berg

“En hy het opgestaan en na sy vader gegaan...” - Luk.15:20                            

Wat is die beste ding om te doen indien jy jou in die lewe vasloop en in ʼn doodloopstraat bevind?  Om óm te draai.  Daar is egter ook ʼn voorwaarde aan verbonde: Jy moet dit betyds doen!   Die Gelykenis van die Verlore Seun is een van die bekendste van Christus se gelykenisse omdat dit die verlore toestand van sondaars so treffend beskryf.   Dis ʼn evangelie binne in die Evangelie.

Jesus vertel hierdie gelykenis sodat mense tot besinning moet kom en deur die bekering hul toevlug na God neem.   Bekering beteken om ʼn geestelike u-draai te maak; terug na vanwaar jy gekom het – van God wat jou aarde toe gestuur het om Hom deur jou lewe te gaan verheerlik.   Vers 18 praat van hierdie u-draai waar die jongman sê: “Ek sal opstaan en na my vader gaan”.

Hy loop hom lelik in die lewe vas en gaan sit.

Let op die drie werkwoorde in Ps.1:1: “Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie” Wandel, staan en sit.  Eers wandel die man, dan gaan staan hy en daarna gaan hy sit.   Dis wat die wêreld met mense doen – dit laat diegene wat loop staan en daarna gaan sit om soos wat ʼn siek bees wat gaan lê het nie weer op te staan nie!

Waar vind ons die verlore seun?   Hy sit alreeds.  Waar sit hy?  In ʼn varkhok!  Dit was vir Jode die weersinswekkendste plek om te wees omdat hulle varke as onrein geag het en gevolglik so ʼn werk as veragtelik beskou het.   Wanneer daardie jongman daar sit, neem hy sy lewe in oënskou.  Waarvandaan het hy gekom?  Uit ʼn vaderhuis met oorvloed.   Dit gaan met hom soos die kinderrympie lui: Huis, paleis, pondok, varkhok!

Maar hierdie gelykenis handel eintlik oor twee verlore seuns.  Die jongste was openlik: “Hier kom ek wêreld, vang my!” Die oudste was tuis in die vaderhuis maar sprekend Fariseër, selfgesentreer en selfgeregverdig.   Maar in werklikheid staan hy geestelik buite die vaderhuis soos ʼn kerkganger wat jare lank kerktoe kom maar hom nooit bekeer nie!   Wat ʼn oordeel wag daar nie op hulle wat binne-in die vaderhuis verlore gaan nie; hulle wat die weg ken, maar dit nie bewandel nie, ja, wat God se oordele ken, maar dit nie vrees nie!  Tot en met vers 17 is beide seuns verlore.  Wie gaan terugkeer?  Wie gaan gered word?

Die ou Joodse tradisie was gesteld daarop dat die oudste seun sy pa se werk oorneem terwyl die jongeres vry was om te doen wat hulle wou.   Gevolglik het die vader sonder om te murmureer die jongste seun se erfdeel aan hom gegee toe hy hom daarom vra.

Die Joodse wet het bepaal dat die oudste seun twee derdes van ʼn erfdeel kry en die res van die kinders die ander derde.   Gevolglik het die jong seun een derde van die erfporsie ontvang.  Hy het gebrand om die vaderhuis te verlaat want die wêreld het hom getrek soos ʼn kersvlam ʼn mot.   So gebeur dit toe dat hierdie mot sy vlerke brand en hard aarde toe kom met niks; nie eens vriende nie omdat hulle saam met sy geld opgedroog het.   Hy was alleen en moes werk om te oorleef; iets wat hy nie in sy vaderhuis geken het nie.  Daar is hy soos ʼn prins behandel met diensknegte wat voor hom buig.   En nou buig hy voor varke om hulle kos te gee!   In sy vaderhuis het hy net die beste klere gedra en die beste kos geëet.  En kyk waar sit hy nou – tussen varke!  Wat ʼn verval!

Die finale druppel in die bitter beker van sy vermorste lewe was dat hy honger was, ja, so honger dat hy na die varke se kos verlang het om te eet.  Selfs die varke het beter as hy geëet!   Dit is hom nie toegelaat nie.  Kan jy jou ʼn laer vlak van menswees as dit indink?

Die draaipunt kom in vers 17: “Maar hy het tot homself gekom...” Hy het soos iets wat te vinnig beweeg tot stilstand gekom en homself afgevra: “Waarheen is ek op pad?” Dis hoe bekering werk – jy hardloop met ʼn spoed weg van die hemelse Vader totdat iets in jou lewe gebeur en jou geestelike ABS-remme in werking tree.   Jy besef dat jy ʼn fout gemaak het en jou lewe ʼn gemors is.   Watter opsie het jy in so ʼn situasie?   Bly hardloop of draai om - terug na die vaderhuis.   Wat besluit hy? “En hy het opgestaan en na sy vader gegaan...”

Hy neem hom voor om eerlik met sy vader te wees en geen verskonings vir sy verkeerde optrede aan te bied nie.   Dis wat ons as sondaars moet doen wanneer ons in berou voor God staan – geen verskoning of ander mense vir ons situasie blameer nie. “Here, dis alles my skuld.  Ek kan niemand anders vir my mislukking blameer nie.  Ek het oortree!”

So ʼn belydenis van berou voor die hemelse Vader lei altyd tot ʼn geseënde, saligmakende gesindheidsverandering.  “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig” (1 Joh.1:9).   En dis wat hierdie jongman doen.  In vers 12 hoor ons hom sê: “Vader, gee my....” In vers 19 smeek hy: “Vader, maak my soos een van u huurlinge” Berou maak mense nederig!

Op pad huistoe gewaar die vader hom eerste.  Hy het geweet dat hierdie seun sy kop gaan stamp.   Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en gee hom sy ereposisie terug.  Van prins tot varkoppasser was sy verdiende loon.  Van varkoppasser na prins was sy genadeloon!   Hy het absoluut niks van sy vader se goedheid verdien nie.   Hierdie vader gee sonder verdienste.  En dis wat genade is – onverdiende guns!

Hoe treffend skets Lukas die verhouding tussen God en die verlore mens.   Die mens vlug van God af weg en loop hom lelik in die lewe vas.  Waarom?   Omdat die wêreld so anders is as wat mense dink.  Hierdie jongman wou graag vry wees om te maak soos wat hy wou.   Toe maak hy ʼn fout wat biljoene mense maak - hy het gedink dat al die lekker dinge van die lewe buite die vaderhuis lê.    Eers toe hy hom vasloop, besef hy dat hy hom lelik misgis en sy erfporsie verkwis het.  Die beste ding om te doen, was terug na die vaderhuis!

Ons maak almal foute in die lewe en dra die gevolge daarvan.  Niemand is volmaak nie.  Ons het egter ʼn keuse – draai om of gaan voort.  Wat wil God hê moet ons doen?  Omdraai!  Ons hoor dit in die Gelykenis van die Verlore Seun uit Jesus se eie mond.   Draai om; die Vader sal jou terugneem!   Dis ʼn baie ou waarheid wat ook in die OT opgeteken word: ” Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer....” (Eseg.33:11).

Maar wat van die ander seun in die gelykenis?  Hy is nie die wêreld in soos sy broer nie.  Desondanks alles was hy ook verlore, en dit in die vaderhuis!   In sy uitbarsting teen sy verlore broer sien ons geen gesindheidsverandering nie en is hy op die ou einde die eintlike verlore seun!

Die Gelykenis van die Verlore Seun is in Luk 15 opgeteken sodat ons lesse daaruit moet leer.   Een van die belangrikste lesse is dat ʼn mens moet omdraai terwyl jy tyd het.  Net een hoofstuk verder lees ons in Luk.16 van nog ʼn jongman wat ook wou omdraai, maar hy nie kon nie .... want hy was dood!

Hoor hoe pleit hy vir sy broers: “... Ek bid u dan, vader.  Om hom (Lasarus) na my vader se huis te stuur – want ek het vyf broers – om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie” (:27,28).   Om te kan omdraai, moet jy lewe.  Jy kan dit nie na jou dood doen nie.  Jy moet dit doen terwyl jy lewe (tyd aan jou kant het).  Bekering geskied net in die tyd.

As jy in slegte lewensomstandighede beland, moenie dat Satan jou laat twyfel wat om te doen nie.  Terug na die Vader!   Wie deur Hom in Christus gevind is, kan nooit verlore raak nie.   Hulle wat verlore is, word gevind om nooit weer verlore te gaan nie.   Ons kan hierdie lewe nie van vooraf begin nie.  Ons kan slegs deur die bekering ʼn ander eindbestemming bereik.  Een enkele besluit maak die verskil tussen hemel en hel.  Draai om terwyl jy tyd het!

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2418 gaste aanlyn