NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

U hoor my stem; verberg u oor nie vir my ontboeseming, vir my hulpgeroep nie. U kom nader die dag as ek U aanroep, U sê: Wees nie bevrees nie! - Klaagliedere 3:56-57

BABILON EN ROME

DIE VERHAAL VAN TWEE BOSE STEDE

Ds Andrè van den Berg

1.   Verborgenheid

Babilon het sedert die Bybelse tyd ʼn ongunstige betekenis gehad. Vanaf die bou van die toring (Gen.11) tot in Openb. 18 staan dit in die teken van opstand teen God.   Die Babiloniërs was almal afgodsdienaars met ʼn godsdiens wat om die as van verborgenheid gedraai het.   Priesters het mense hierin onderrig en is slaafs nagevolg. Wie kennis van die verborgenheid wou bekom, moes ter voorbereiding ʼn geheime drank drink wat hulle in die mag van die priesters geplaas het. Daarna is hulle stapsgewys in die geheimenisse onderrig.

Die profeet Jeremia verwys hierna as hy sê dat Babel ʼn goue beker is wat die aarde dronk en nasies rasend maak (Jer.51:7).   Johannes praat ook in simboliese taal hiervan:

“… en sy het in haar hand ʼn goue beker gehad, vol van gruwels ... omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery …” (Openb.17:4; 18:3).

Die Babiloniërs se begeerte na ʼn kennis van geheimenisse het hulle aan die mag van die priesters uitgelewer. Die priester-orde is as die enigste vertolkers van die geheimenisse beskou en wat mense in die verborgenhede kon onderrig. Sonder hulle het geen Babiloniër êrens in die lewe kom nie.      

Om by die verborgenhede ingelyf te bly, moes mense gereeld na ʼn priester gaan om hul persoonlike lewe aan hom te ontboesem. Die Roomse bieg is hierop geskoei.   Sulke ontboesemings het mense aan die mag van die priesters oorgelewer. Hulle het egter nie nodig gehad om teenoor mekaar te bieg nie en godsdiens-despotisme ontketen.

Dit gebeur ook in die Roomse Kerk.   Priesters verleen nie alleen vryspraak na sondebelydenis nie, maar oefen indirek gesag oor die persoon uit. Daarenteen leer gelowiges dat sondaars hul sonde op grond van Christus se soenverdienste sonder ʼn tussenganger aan Hom bekend maak.   Daarom maak die Nuwe Testament geen voorsiening vir die bieg nie. Dis ook nie in die vroeë kerk beoefen nie, maar eerder ʼn bedenklike Babiloniese ritueel waardeur priesters mense se siele en verstande as’t ware op ʼn altaar offer!

Babiloniese priesters het hul koppe kaal geskeer of net ʼn kaalte bo-op gemaak. Dis ʼn kroonskeer genoem en het later ook onder die Romeinse heidenpriesters en daarna in die Roomse Kerk ʼn gebruik geword. Omdat dit heidens van oorsprong was, is Jode dit verbied:

Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak …” (Lev. 21:5).

 

2. Dieselfde godin

Babilon het slegs ʼn godin, Semiramis, aanbid. Dieselfde godin is eeue later in die Roomse Kerk Maria genoem en hartstogtelik aanbid. Die befaamde komponis Franz Schubert het in 1825 selfs ʼn gebed aan haar gekomponeer – die Ave Maria; die mooiste melodie met die hinderlikste woorde denkbaar!

Semiramis het talle bose gebruike gevestig soos bv. die selibaat wat in die teken van opstand teen God se instelling van die huwelik staan (Gen. 2).   Die Griekse geskiedskrywer Siculusskryf dat sy baie verleidelik was en magshebbers betower het. Daarbenewens het sy haar onderdane deur middel van godsdiens in ʼn blinde onderdanigheid aan haar onderwerp.

Nadat haar man Nimrod vermoor is, het ʼn priester ʼn seun,Tammuz, by haar verwek.    Sy het haar onderdane egter laat glo dat Nimrod een nag uit die dood teruggekeer en haar bevrug het. Gevolglik het die Babiloniërs Tammuz as ʼn reïnkarnasie van Nimrod beskou en vereer.   Daarna is talle beelde van die moeder-en-kind opgerig waarna haar aanbidding wêreldwyd versprei het. Die Roomse Kerk is al vir eeue lank die sentrum van hierdie verspreiding.

ulle Hulle Semiramis is as die hemelkoningin aanbid en aan haar geoffer.

“En as ons vir die hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drankoffers uitgiet …” (Jer. 44:19).

By sekere geleenthede is daar selfs bloedoffers (diere) aan haar gebring. Die gewildste offer was egter die onbloedige broodjie-offer wat soos ʼn wafeltjie gelyk het:

“ … is dit dan sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld en drankoffers vir haar uitgiet?” (Jer. 44:19).  

Net toegewydes is toegelaat om dit te nuttig. Die Roomse Kerk het dit later voortgesit.  

Semiramis het haar priesters en tempelmaagde verbied om te trou omdat sy die weerhouding daarvan (selibaat) as bevorderlik vir kennis van die verborgenhede beskou het. Dit het egter rampspoedige gevolge gehad.   In plaas daarvan om priesters se lewens te heilig, het dit hulle tot sodomie en verkragting aangevuur; iets waarvoor Roomse kerklui tot vandag toe nog berug is!

Die aanbidding van Semiramis het oral byval gevind. In die tyd van Jeremia is sommige van die Bondsvolk so deur Babiloniese afgodery meegevoer, dat God hom gestuur het om straf aan te kondig (Jer.44). Na die Babiloniese ballingskap het talle van die Jode selfs in Egipte gaan woon om Semiramis steeds te aanbid.

3. Na Pergamus

Na die dood van Nebukadneser het Babilon se mag begin taan.  Die ryk is van binne sowel as van buite bedreig. Dis van binne deur die ongekende mag van priesters oor mense bedreig en van buite deur die leër wat hoofsaaklik uit huursoldate bestaan en derhalwe nooit vertrou kon word nie. Daarbenewens het die Perse as wêreldmag op die toneel verskyn.

Toe die Perse Babilon in 539v.C. verower het, het baie van die priesters na Pergamus in die suide van Turkye gevlug om hul afgodery daar voort te sit. Die fondament van die tempel wat hulle destyds daar gebou het, is vandag nog steeds te sien. Johannes maak in Openb.2:13 melding hiervan:

Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is …”.

Rome het aanvanklik nie belang by Pergamus gehad nie. Nadat dit egter in 190v.C. deel van die Romeinse Ryk geword en deur die keiser besoek is, het die priesters se beheer oor mense hom so beïndruk, dat hy dieselfde beginsels in sy eie regering begin toepas het. Nie lank daarna nie het die Pergamus priesters hul magte volledig aan hom oorgedra wat hom die staatkundige en godsdiensleier van sy ryk gemaak het.

4. Misleiding

Die keiser het die ganse Romeinse gemeenskapslewe op bygeloof gebou en die massas so beheer dat hulle nie meer vir hulself kon dink nie.   Met verloop van tyd het keisers die bygeloof met allerlei verhale, leuens en legendes gevoed om beheer te behou. Die Roomse Kerk het later dieselfde strategie gevolg; beheer deur misleiding.

Die ou Romeine het gode en godinne in alles raakgesien en geglo dat hulle selfs by wyse van vormverwisselings geëet kon word. Wanneer hulle bv. koring en wyn gebruik het, het hulle vas geglo dat hulle Ceres en Bacchus fisies eet. Die Roomse Kerk laat mense ook glo dat tydens die misoffer die liggaam en bloed van Christus fisies genuttig word.

Rome se afgodery is deur priesters in stand gehou en deur keisers verwelkom omdat vrees vir gode mense polities bedwing het. Die priesters het gedoen wat die keiser wou hê en die mense soos wat die priesters hulle aangesê het. Mense moes nie dink nie; hulle moes net volg - followers not thinkers. Die Roomse Kerk gebruik dieselfde resep.

5. Keiseraanbidding

Nadat keiser Octavianus die burgeroorlog wat na die dood van Julius Caesar ontstaan het in 31vC beëindig het, is hy as held van die Romeinse Ryk met die titel Augustus (die verhewene) vereer en aanbid. Die behoefte om ʼn mens te aanbid, was egter niks nuuts nie. Die Babiloniërs het ook konings aanbid (Dan. 6).   Ná Julius Caesar se dood het die Romeinse Senaat ʼn bevelskrif uitgevaardig dat hy as ʼn god aanbid moes word waarna keiseraanbidding ʼn nasionale kultus in die Romeinse ryk geword het.

Die gepeupel het keiseraanbidding as iets nuuts verwelkom.  Op daardie tydstip was die bevolking van Rome nie eg Romeins nie. Behalwe vir die welvarende heersersklas, het Rome se inwoners grotendeels uit soldate, handelaars, slawe en ambagslui uit talle wêrelddele bestaan.   Rome het soos die res van die Romeinse Ryk gelyk - ʼn uitgestrekte gebied wat deur middel van wreedhede, bose ambisie, verraad, kruiperige onderdanigheid en korrupsie aanmekaar gehou is. Geen wonder dat vier Romeinse keisers deur hul eie vertrouelinge vermoor is nie!

Gevolglik het keisers spioene gebruik om die gesindheid van die gepeupel te peil.  Die vergoeding wat hulle ontvang het, was net so verfoeilik soos hul dade; priesterskappe, diplomatieke poste en goewerneurskappe; ʼn raserny van verraad, onderdrukking, haat en moord. Slawe is omgekoop om hul eienaars te verraai en hooggeplaastes het mekaar ter wille van aansien en geldelike gewin in die rug gesteek.

Met geen vooruitsig om uit die groef van wantroue en haat te ontsnap, of om aan die boeie van gedwonge onderdanigheid te ontkom nie, was die opwinding van ʼn godsdiens wat ʼn beter hiernamaals voorgehou die enigste ligpunt van hoop in ʼn ellendige bestaan. Vir slaaf, soldaat en armlastige was dit ʼn welkome ontvlugting en vir priesters ʼn patetiese dog genotvolle komedie van skynheiligheid!  

6. Satan verander strategie

Alhoewel die Christendom aan die begin hewig vervolg is, het dit nogtans so sterk gegroei, dat die Satan van strategie moes verander om dit teen te werk. Daarom het hy ʼn vals kerk onder keiser Konstantyn op die toneel laat verskyn. Konstantyn was nie ʼn gelowige soos algemeen aanvaar word nie, maar ʼn songodaanbidder wat eers op sy doodsbed gedoop is omdat hy tevore geweier het.

Die Roomse Kerk is ʼn vermenging van Babiloniese en Roomse afgodery asook ʼn brousel van heksery, Judaïsme en ander heidendom wat met ʼn verloopte Christendom vermeng geraak het. Dis Satan se nabootsing van die ware kerk en het van meet af aan die Evangelie teengestaan en met haar valse verlossingsleer biljoene siele in die verdoemenis laat beland.

Die Roomse Kerk se ganse kerksisteem, aanbiddingsvoorwerpe, feeste, rituele, seremonies en priesterskap is suiwer Babilonies van oorsprong en die pous ʼn replika van die Babiloniese koning. Desondanks glo die Roomse Kerk dat sy die moeder van alle kerke is en dat daar geen redding buite haar te vinde is nie.   Presies die teenoorgestelde is waar - daar is geen redding binne Rome nie!

7.   Karikatuur

Die Bybel is die enigste objektiewe kenbron waaroor die mensdom beskik.

“U woord is ʼn lamp vir my voet en ʼn lig vir my pad” (Ps. 119:105).

Wie dit minag, struikel sonder uitsondering. Die Roomse Kerk is ʼn sprekende voorbeeld hiervan. Dis nie die kerk van die NT of vroeë kerkgeskiedenis nie, maar ʼn tragiese karikatuur daarvan wat nie op die Bybel as fondament gebou is nie, maar op valse leringe en heidense tradisies waarteen die Bybel baie duidelik waarsku:

Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ʼn volk wat geen dageraad het nie” (Jes. 8:20);

Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie” (Mark. 7:7,13); en

Maar al sou ons of ʼn engel uit die hemel julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ʼn vervloeking wees!” (Gal. 1:8).

Soos wat Babilon die hoofsetel van afgodery in die Bybelse tyd was, is Rome dit vandag.

En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde” (Openb. 17:18).

Die geskiedskrywer Propertius maak onbewustelik ʼn profetiese opmerking as hy na Rome as “die trotse stad op sewe heuwels wat die hele wêreld regeer” verwys.  

Wat vandag op die oewer van die Tiberrivier (Rome) gebeur, het duisende jare gelede op die oewer van die Eufraatrivier (Babilon) begin. Die Roomse Kerk wys al vir meer as 1,500 jaar haar ware kleure. Desondanks merk mense dit nie op nie; so goed is haar misleiding!    

8.   Geheimsinnigheid

Die Roomse Kerk maak geen geheim van haar geheimsinnige karakter nie. Haar ampstaal is selfs ʼn geheimsinnige taal (Latyn) wat deur min mense verstaan word. Niks in hierdie kerk is oop en bloot nie, maar, soos in Babilon, in donkerte en geheimsinnigheid gehul.

Geheimsinnigheid verberg dikwels verkeerde dinge. Eerbare dinge word nie in die geheim gevoer nie.   Daarom is alles in die kerk van Christus helder, oop en duidelik. Gelowiges beoefen geen verborgenhede nie.

Wanneer Paulus oor die “verborgenheid van die ongeregtigheid” (2 Thess. 2:7) skryf, verwys hy waarskynlik na Babiloniese verborgenhede wat destyds al in sekere kringe kop uitgesteek het.   Die leer van hierdie geheimsinnige teëparty is nie openlik die kerk ingedra nie, maar in die geheim beoefen en mense van die eenvoud van die ware geloof vervreem.   Die Roomse Kerk sou dit later openlik doen en weinig teenstand ervaar.

“...en op haar voorhoof was ʼn naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde” (Openb. 17:5).

9.  Beeldediens

Al gee die Roomse Kerk voor om nie afgodery te bedryf nie, is sy deurtrek daarvan.  Omdat mense eerder die sienlike as die onsienlike wil aanbid, verbied God gelowiges om beelde te aanbid (Ex. 20:4,5). Die Roomse Kerk minag hierdie verbod en besoedel haar kerke met beelde en skildery van allerlei sg. heiliges waarvan die Maagd Maria (Semiramis) die gewildste is.

Pous Boniface IV het in 610 nC beeldediens amptelik in die kerk gevestig toe hy die Pantheon, ʼn heidentempel in Rome wat aan alle afgode gewy was, in ʼn kerk laat omskep het. Dis met afbeeldings van Roomse heiliges versier en tydens ʼn luisterryke plegtigheid aan Maria gewy. Sedertdien word die All Saints-fees gereeld in Roomse kerke gevier.  

Optogte met beelde van Maria wat gedra word, is ʼn algemene gesig in Roomse lande. Priesters in veelkleurige tooisels en temerige musiek dra tot die absurde skouspele by. Sulke optogte verskil nie veel van Israel se goue kalf feesviering nie (Ex. 32).

Die opskrif bo-aan Jesaja 46 lui: “Die gode van Babel en die God van Israel”.

Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur ʼn goudsmid, en hy maak daar ʼn god van;   hulle kniel neer, ook buig hulle. Hulle hef hom op die skouer; hulle dra hom en sit hom op sy plek neer … neem dit ter harte, o afvalliges!” (verse 6-8).

10. Maria

Die Christendom het nooit enige probleme met Maria (moeder van Christus) gehad nie totdat die Roomse Kerk die Babiloniese Semiramis onder die naam Maria as hemelse koningin begin dien het. Nêrens is daar enige Bybelse aanduiding dat sy tot dieselfde vlak as Christus verhef, aanbid of verheerlik moet word nie. Daarom het die vroeë kerk geen Mariaverering geken nie.  

Rome volg Babilon slaafs na as sy Maria as koningin van die hemel verhef.   Die Bybel weet van geen koningin van watter aard ookal in die hemel nie. Dis om God te terg!

Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om My te terg” (Jer. 7:18).

Die fabelleer oor Maria is deur die eeue met lasterlike uitsprake opgebou. Sy word bv. moeder van God genoem. Dis onmoontlik want ʼn moeder bestaan altyd voor haar kind en daar was niemand voor God nie. Daarom verwerp gelowiges hierdie benaming met veragting. Gelowiges sal Rome se afgodiese liefde en toewyding aan haar nooit begryp nie. Daarvoor moet ʼn mens met ʼn Roomse gewete gebreinspoel wees!

11. ʼn Vals middelaar

Die Roomse Kerk leer dat sondaars wat hulle voor Christus verootmoedig, nooit werklik van gebedsverhoring verseker kan wees nie omdat Hy hom kwansuis eerder met geregtigheid en oordeel besig hou en die genadebetoning aan sy moeder oorlaat.   Gevolglik is Maria die eintlike middelaar tussen God en mens. Dit as sulks skreeu ten hemel! Maria was ʼn sondaar en sondaars kan nie redders wees nie. Sy sê self:

My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker” (Luk. 1:46-47).

Allesondaars het ʼn behoefte aan ʼn verlosser. Maria ook.

En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Hand. 4:12).   “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom. 3:23).  

Dwaalgeeste kniel en bid voor beelde van Maria en glo dat sy en ander heiliges van God die voorreg ontvang het om gebede aan te hoor. Dis sonde!   Die Bybel waarsku baie duidelik teen diegene wat dooies raadpleeg (Deutr.18:10-12). Desondanks leer die Roomse Kerk dat Maria gebede kan hoor en verhoor.

Daar is al soveel fabels aan Maria toegedig, dat die werklike een in die stortvloed van leuens en misleidings verdwyn het. Desondanks bly Maria die rolmodel vir Roomse vrouelidmate en is Semiramis bloot net van die een afgodiese sisteem na ʼn ander een oorgeplaas. Die Babiloniërs het ook geglo dat sy ten hemel gevaar het om daar ʼn ereplek te beklee.  

 

 

12   Die misoffer

Die Roomse misoffer is nie die Bybelse nagmaal nie.   Die Roomse Kerk beskou dit as ʼn offer soos wat die OT priesters gebring het.  Die offergedagte staan so sentraal, dat Rome se prediking selfs daaraan ondergeskik is. Ook dit is heidens. Die Babiloniese priesters se hooffunksie was om tot eer van Semiramis te offer. Dit kon ook net gedoen word nadat ʼn hoëpriester hulle daartoe georden het. Dit gebeur ook in die Roomse Kerk.

Priesters word deur ʼn biskop georden om tot eer van Maria te offer. Tydens die ordening sê hy: “Ontvang die gesag om vir die lewendes en die dooies te offer”.   Hierdie offergesag stem met dié van die ou Babiloniese priesters ooreen. Toe Maria begin vereer is, is dieselfde onbloedige broodjie-offer gebruik as wat destyds vir Semiramis gebruik is. Die Egiptiese sonaanbidders het ook ʼn ronde broodjie as onbloedige offer gebruik omdat dit die songod voorgestel het.  

13.   Heidensimbole en gebruike

Die maak van die kruisteken oor die bors is ook Babilonies van oorsprong. Wie by die Babiloniese verborgenhede ingelyf was, het dit as bewaringsteken teen bose magte gebruik.   Dis oorspronklik as ʼn simbool ter ere van Tammuz ontwerp en die tau genoem. Vandaar die T-voorkoms. Hy is as songod aanbid (Eseg. 8:13-18).

Die vroeë Christene het hul daarvan weerhou om Christus in sy staat van vernedering aan ʼn kruis voor te stel. Sy staat van verhoging en verheerliking as die verrese Heiland en Oorwinnaar oor die dood was vir hulle belangriker. Daarom het die eertydse Christenkunstenaars niks van die kruisiging uitgebeeld nie. Die eerste uitbeelding daarvan was eers in die vyfde eeu toe ʼn kruissimbool op ʼn houtdeur van die Santa Sabina-katedraal in Rome aangebring is.

Die laaste oliesel is nog ʼn Babiloniese ritueel wat die Roomse Kerk selfs tot sakrament verhef het. Dit bestaan uit die salwing van sterwendes deur priesters. Babiloniese priesters het ook ingewydes met magiese olie gesalf ten einde hulle tot die dieper geheime van die verborgenhede in te lei.

Rome se gebruik van lampe en kerse is ook Babilonies van oorsprong. Wanneer die Roomse Maria iewers in ʼn nis geplaas word, moet daar altyd kerse brand al is dit ook helder oordag. Die apokriewe Boek van Barug vertel van heidene wat opgeroep is om lampe en kerse vir hulle afgode te laat brand.    

Die vroeë kerk het die gebruik van kerse vir godsdienstige redes as ʼn heidense ritueel afgemaak.   Dis eers teen die einde van die derde eeu heimlik in die kerk ingevoer. Die skrywer Lucius Lactantius (4de eeu) lewer kritiek op hierdie gebruik en sê dat dit dwaas is om vir God kerse te laat brand asof Hy in die duisternis leef!

14. Die pous

 

Oral waar die Babiloniese afgodery byval vind, is ʼn hoëpriester aan die stuur.  In Babel was die koning ampshalwe die hoëpriester. Die geskiedskrywers Strabo en Herodotus skryf dat Babiloniese konings amptelike pantoffels gedra en onderdane as teken van onderdanigheid neergebuig en dit gesoen het.    Hierdie ritueel het ook in die Roomse Kerk te lande gekom. Sodra ʼn pous aangewys is, het kardinale trou aan hom bewys deur voor hom neer te val en sy voete te soen.   Dis waar die van Papenfus daarvandaan kom.

Die pous se tweepunthoed is ook Babilonies van oorsprong. Afbeeldings van die Babiloniese afgod Dagon toon hom met ʼn soortgelyke hooftooisel.   Die pouslike krosier (staf) is ook Babilonies van oorsprong. Wanneer Babiloniese waarsêers die toekoms voorspel het, het hulle ʼn lituus gebruik. Dit was ʼn staf wat soos ʼn hoofletter J gelyk het en waarmee die magte van die duisternis om onthullings genader is.  

15. Die einde

Daar is min dinge so gevaarlik soos godsdiens in die verkeerde hande.   Romeinse keisers het miljoene mense daarmee beheer. Pouse ook.   Die Antichris gaan as die eindtydse Babiloniër met behulp van Rome die geskiedenis op dieselfde wyse afsluit as wat Nimrod daarmee begin het – as ‘n geweldenaar wat homself in ‘n eie ryk vergoddelik.

Die digte rookskerm wat tans oor die internasionale kerklike terrein hang, is aan die misleidings van die Roomse Kerk te wyte. Talle internasionale organisasies en bewegings het gemene sake met haar en voorbokke vir die komende eenwêreld-regering en godsdiens.

Die Roomse Kerk is die Babilon van Openbaring en derhalwe gelowiges se grootse vyand. Satan gebruik haar om ʼn eenwêreldkerk en owerheid daar te stel. Dinge is besig om soos ʼn legkaart vir die grootste tragedie in menseheugenis in plek te kom.

Daarom durf gelowiges nie soos die dissipels van ouds in die krisisuur aan die slaap gevang word nie. Hulle het ʼn heilige verpligting om diegene wat slaap, wakker te skud. Babilon het in werklikheid nooit ophou bestaan nie, maar leef al vir baie eeue in die Roomse Kerk voort. God se oordele rus nog steeds op haar asook op diegene wat gemene sake met haar het.

En hy het met ’n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ’n woonplek van duiwels en ’n versamelplek van allerhande onreine geeste ...... Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie” (Openb.18:2,4).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2440 gaste aanlyn