Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Soos wat die leeu in die diereryk eerbied van ander diere afdwing, dwing die oorblyfsel in God se ryk eerbied vir Jesus af. God maak van hulle geloofsreuse wat leuenaars beskaam.
MAGSMISBRUIK
ʼn Afrika struikelblok
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Afrika het baie probleme waarvan magsmisbruik een van die grootstes is. Toe Afrika haar koloniale heersers verdryf het, was haar inheemse bevolkingsʼn hemel-op-aarde bedeling,soos beloof is, te wagte. Net die teenoorgestelde het gebeur. Dekolonisasie het soos ʼn doodsengel deur Afrika getrek en hordes van inheemse leiers sien kom en gaan. Baie was net oor selfverryking begaan en het nie ʼn snars vir hul eie mense omgegee nie.
Die meeste Afrika-leiers het weinig tersiêre opleiding gehad en derhalwe nie opgewasse om ʼn land sinvol te lei nie. Daarom is etlike van hulle later deur dieselfde kieserskorps wat hulle aan bewind help bring het, van hul amp ontneem en selfs vermoor. Wie op ’n leeu ry, beland maklik in sy pens!
1. Leierskap
Afrika het ʼn opvallende wanindruk van staatsmag. Haar leiers beskou dit as ʼn persoonlike besitting waaraan vir lewe en dood vasgeklou moet word.Gevolglik gee die een wat dit bekom, dit moeilik prys.
Die Bybel leer ons dat regeermag afgeleide gesag is. Dis ʼn gawe van God en derhalwe nie ʼn persoonlike besitting nie:
“Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang. Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang; want hy is ’n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ’n dienaar van God, ’n wreker om die een wat kwaad doen, te straf” (Rom.13:1-4).
God het staatsgesag ingestel sodat mense daarmee goed moet doen. Hoe groter die mag, hoe verantwoordeliker behoort daarmee omgegaan te word. Dit gebeur nie in Afrika nie. As booswigte eers mag geproe het, deel hulle dit met niemand anders nie. Gevolglik is die “nuwe vryheid” wat swart leiers vir hul land bewerk het, gewoonlik niks anders as chaos met nuwe beligting nie.
2. Blaam
Desondanks plaas Afrika die skuld vir die chaos gedurig op die gewete van vooruitstrewende rasse en brandmerk hulle skaamteloos as die grondliggende oorsaak van die voortslepende ellende.
Kolonialisme is ʼn sprekende voorbeeld hiervan. Na meer as ʼn halfeeu van dekolonisasie kry kolonialisme nog steeds die skuld vir Afrika se onvermoë om sinvol met staatsgesag om te gaan. Kolonialisme was in werklikheid ʼn vakleerlingskap in beskawing. Die vakleerlinge het die toets gedruip en die instrukteurs daarvoor blameer!
Wie Afrika op haar flaters wys, word as rassehaters brandmerk. Gevolglik laat versteende wraaksug geen ruimte vir selfondersoek nie en verdrink Afrika-leiers se toesprake gereeld in die sous van rassehaat; ʼn verdedigingsmeganisme teen enige kritiek. Dit laat haar agterlik, arm en aan die onderpunt van die voedselketting omdat Derdewêreld mense mekaar nie tot die vlak van die eerste wêreld kan verhef nie.
3. Demokrasie
Afrika verwar demokrasie met ʼn diktatuur deur die meerderheid. Dit wemel van klug-demokrasieë. Swart bevrydingsbewegings het nie vir die vestiging van demokrasie in die ware sin van die woord geveg nie, maar vir oppermag ten einde hulself te verryk. Daarom is Afrika se standaarde grootliks dubbele standaarde en haar geskiedenis ʼn tablo van ʼn eindelose herhaling van die verkeerde manier van leef.
4. Selfvernietiging
Afrika verduur baie internasionale kritiek waarvoor sy self verantwoordelik is. Sy dra niks tot die ontwikkeling van die mensdom by nie en vernietig haarself met ʼn kultuur van onwaardigheid, onbevoegdheid en swak gedrag. Daarbenewens takel sy gereeld meganismes wat haar bo haar ellende kan laat uitstyg en produseer tot skroot af. Gevolglik is getalle, ellende en miljoene mense wat in vrees, vullis en ellende leef en sterf al wat in Afrika floreer.
5. Genesing
Afrika is terminaal siek. Die enigste hoop op genesing is om die liefde vir mag met die mag van die liefde te vervang. As Afrika haar eie mense meer liefhet as wat sy haar blankes haat, sal die herstelproses begin. Daarvoor het Afrika baie dringend leiers nodig wie se harte in die bloed van Jesus Christus gewas is!