NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God se oordeel oor volke en enkelinge is persoonlik van aard – Hy ondersoek harte: “Ek, die Here, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë...” (Jer.17:10).

WEES GEESTELIK WEERBAAR IN 2019

Ds A.E van den Berg

Dis maklik om oor die geloof in God te praat as die son in ʼn mens se lewe skyn. Ongelukkig bestaan die lewe nie net uit mooi sonskyndae nie. Daar is ook onweersdaeen beproewings wat ʼn mens kan laat sukkel om oor geloof te praat. Beproewing is egter nie noodwendig sleg vir ʼn mens nie. God beproef ook sy kinders se geloof ten einde hul geestelik weerbaarte maak:

“En Hy sal sit: ’n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid ’n offer sal bring” (Mal.3:3).

Geestelike weerbaarheid laat gelowiges in die aangesig van die dood staande bly soos die Boerekrygers tydens die Slag Bloedrivier. As hulle nie geestelikweerbaar was nie, het ons nooit die Slag van Bloedrivier jaarliks herdenk nie.

Jare gelede was jongmans verplig om militêre opleiding te ondergaan. Dit was nodig om ons land teen volksvyandige magtete beskerm. Hierdie militêre opleiding was van wêreldgehalte en ons jongmans het ingeoefen geraak.  

Die klem val op die woord inoefen. Inoefening is onontbeerlik vir sukses.

Let op ʼn konsertpianis wat geen bladmusiek voor hom het nie, maar nogtans nie verkeerd speel nie omdat hy die musiekstuk vooraf ingeoefen het. Dieselfde met ons eertydse soldate - omdat hulle ingeoefen was, kon hulle suksesvol veg.

Ongelukkig is daardie goeie jare verby en het ons land in die spoelsloot van Afrika se berugte agterlikheid beland. Daarvoor is politieke verraad en kerklike misleiding verantwoordelik. Die gevolg is dat ons land vol standbeelde van mense is wat geen verering verdien nie, maar eerder nasionale veragting!

Toe ons land se Christen-grondwet sonder teenkanting van hoofstroomkerke afgebreek en met ʼn godlose een vervang is, het Suid-Afrika met iets anderste as die nag donker begin geword. In die eerste vyf jaar van sg. demokrasie het misdaad met 717% gestyg en nooit noemenswaardig afgeneem nie. Die jongste misdaadstatistiek skets ʼn lelike prentjie van gemiddeld 52 moorde per dag in ons land aan. Is dit demokrasie? Nee, dis ʼn skrikbewind!

Wat kan ons aan hieraan doen? Veg? Ja, mits ons reg veg:

“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:12).

Om hierdie stryd vir God en ons dierbare vaderland te wen, moet die regte wapens gebruik word - geestelike wapens en moet ons dit reg kan hanteer en ingeoefen raak. Hoe lyk ingeoefende mense?

Die OT vertel van Daniel se drie vriende wat in Babel in die aangesig van die dood geestelik ingeoefen was. Koning Nebukadneser het by geleentheid ʼn beeld laat maak waarvoor mense tydens die inwyding moes neerval om nie in ʼn brandende vuuroond te beland nie. Buig of brand!   Toe die orkes speel, staan drie gelowige jongmanne penorent waarna hulle wel in die vuuroond beland, maar niks oorgekom het nie:

“Toe het koning Nebukadnésar verskrik geword en sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik, o koning!Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ’n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ’n godeseun”(Dan.3:24,25).

Hierdie drie jongmanne se geloof het die hoogwatermerk van vertroue in God alleen bereik. Heiden-heersers kan net so ver gaan as wat God dit toelaat en nie ʼn tree verder nie. Daarom is geesteskrag die sterkste krag. Maar daarvoor moet gelowiges ingeoefen wees. Want dan stuit God die vyand in sy spore soos in Babel en eeue later by Bloedrivier.

Cilliers en sy manne moes tegnies gesproke teen so ʼn oormag omgekom het. Toe dit vir baie van die Voortrekkers destyds gelyk het asof dinge vir hulle uitmekaar gaan val, het God dit juis in plek laat val. Ja, geloof is die siel se verwondering oor God se wonderbare redding!

Helde bepaal die gang van die geskiedenis. Ons volk is ryk aan helde en speel heldeverering ʼn belangrike rol in ons volksgeskiedenis. Dink aan name soos Louw Wepener, Danie Theron, Christiaan de Wet, Jopie Fourie, Hendrik Verwoerd en nog vele meer. Ons durf hulle nooit vergeet nie, want ʼn volk wat sy helde vergeet, verdien om ten gronde te gaan!

Word helde net met veldslae verbind? Wat van godsdiens? Ons dink hier aan die Franse Hugenote; geestelike helde wat weens renons in Roomse Katolisisme alles prysgegee, weggetrek en met God se beskikking ons volk se erfenis kom verryk het. Is hulle nie ook helde nie?

Ongelukkig word ons roemryke erfenisdie afgelope paar jaar deur verskeie volksvyandige groepe afgetakel, veral hoofstroomkerke wat van Geloftedag ʼn Versoeningsdag maak.  Hoe durf gelowiges met heidene versoen en van booswigte helde maak?Hoor hoe praat koning Dawid in Ps.139: o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! ...... Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef — u teëstanders!  Here, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ’n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met ’n volkome haat; vyande is hulle vir my!” (19-22).

Ons grootste krag lê in daardie vryheid wat ons in ons gebondenheid aan God vind. Dit maak ons rein. En dis vir die volksvyand ʼn groot struikelblok want hulle kan mense wat skoon leef, nie manipuleer nie.

Daniel se kollegas het destyds dieselfde probleem met hom gehad. Hulle was jaloers op hom omdat hy in kennis en wysheid bo almal uitgeblink het. Daarom wou hulle van hom ontslae raak maar kon geen aanklag teen hom vind nie. Sy lewe was te skoon. Gevolglik was daar net een uitweg:

Toe het die ministers en die landvoogde gesoek om ’n grond vir ’n aanklag teen Daniël te vind met betrekking tot die regering, maar hulle kon geen enkele grond vir ’n aanklag of verkeerde handeling vind nie, omdat hy getrou was en geen nalatigheid of verkeerde handeling by hom te vinde was nie. Daarop het dié manne gesê: Ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir ’n aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens” (Dan.6:5,6).

Hulle het geweet dat as hulle Daniel se geestelike krag kon breek, hulle hom sou breek. Hy het nie sy geloof afgesweer nie en in ʼn leeukuil beland. God het hom, net soos sy drie vriende tevore, ongeskonde van ʼn gewisse dood bewaar. Geestelike weerbaarheid laat ʼn gelowigenie net lewensgevaar trotseer nie, maar ook God se wonderbare redding smaak. Geloof is nie tevergeefs nie!

Ons volk se geestelike weerbaarheid was nog altyd vir volksvyande ʼn hindernis. Gelowiges in oud-Kommunistiese tronke is jare lank mishandel maar nie gebreek nie omdat hul geestelike krag groter as hul liggaamskrag was. Weerbare mense is soos teesakkies – hulle krag kom in die kookwater van die lewe na vore!

Ja, daar kom tye dat dit selfs vir gelowiges lyk asof alles verby is, net om te ontdek dat God ʼn nuwe begin met hulle maak.  Bloedrivier is ʼn sprekende voorbeeld hiervan. daarvan. Cilliers en sy manne het op ʼn klipperige pad beland. God het egter vir hulle geloofskoene gegee om daarop te loop.

Die Bloedrivier-krygers se geloof en vertroue was op ʼn vaste kennis van God se almag gegrond. Hulle het soos Dawid teen Goliat te staan gekom. Omdat Dawid God se krag geken en daarop vertrou het, was dit vir hom nie nodig om met Goliat se krag rekening te hou nie. Dieselfde met die Bloedrivier-krygers!

Omdat die vlam van geloof en vertroue helder in die Voortrekkerlaer gebrand het, kon geen donkerte hul gemoed hul oorval nie. God het hul geestelike nagsig gegee om voort te gaanten einde vir ons ʼn toekoms te verseker.

God is lief vir Suid-Afrika. Waarom het dit nie soos Zimbabwe en baie eertyds koloniale lande nie geheel ineengestort nie? Dis aan God se liefde vir ons land en gelowiges te danke wat God daagliks vir die behoud van ons land bid. Ons besef nie wat hulle vir ons beteken nie. Ek hoop jy is een van hulle.

God se liefde vir ons volk en Cilliers en sy manne se geestelike weerbaarheid het by Bloedrivier die oorwinning beklink. Met ʼn oormag van meer as 40 teen een, moes hulle uitgemoor gewees het. Hulle was egter geestelik ingeoefen. Wat ʼn nood het ons volk nie aan geestelik weerbare manne en vroue nie; mense wat nie soos tjankende honde die hande van hul kastyderslek nie!

ʼn Mens is geestelik weerbaar of geestelik weerloos. Een van die twee. Geen middelpaadjie nie. Mt.25 vertel van 10 maagde; vyf van hulle was weerbaar en vyf weerloos. Wat van jou - waar pas jy in?

Soos wat soldate ʼn duidelik herkenbare uniform dra, dra geestelik weerbare mense ook ʼn uniform - die onsigbare uniform van reinheid. Toe Hongarye in 1956 in Kommunistiese hande val, is Christene in die handelsbanke ontslaan en met sosialiste vervang. En baie gou was hierdie banke weens korrupsie en wanbestuur bankrot waarna die bank-owerheid by die regering gaan pleit het: “Gee asseblief net weer vir ons die Christene terug!

Geestelike weerbare mense is anderste mense; hulle breek nie af nie, maar bou eerder op. Hulle verarm nie ʼn land nie maar verryk dit eerder. Hulle beskik innerlik oor eerbied en orde omdat hulle ʼn God van orde aanbid.

Jare gelede het ʼn ou tannie (84) alleen op ʼn plot buite Pretoria gewoon. Haar twee seuns, een ʼn prokureur en die ander een ʼn mediese spesialis, het haar tevergeefs probeer oorreed om ter wille van haar eie veiligheid stad toe te trek. Sy het verseg.   Hulle vra toe ʼn polisievriend van hulle om haar op ʼn mooi manier so ʼn bietjie te gaan bangpraat wat hy toe ook gedoen het.  Die tannie het baie gou agter die kap van die byl gekom, die koeitjies-en-kalfies gesprek stopgesit en vir die man gevra om haar Bybel op die bedkassie te gaan haal en by Ps.23 oop te maak. “Lees!”het sy hom beveel. Hy begin toe: “Die Here is my herder, niks sal my ontbreek nie” Stop!” sê sy. “Gaan sê dit vir daardie twee seuntjies van my, en neem jy self ook maar kennis!” Daardie 84 jarige moeder was geestelik weerbaar!

In 1976 staan ʼn 19 jarige valskermspringer op Bloemfontein-stasie. Hy is opgeroep Angola toe. Toe sy ouers hom afsien, gee hy vir hulle ʼn bruin koevert met die opdrag om dit slegs oop te maak indien hy nie sou terugkeer nie. Hy het nie. Na die begrafnis het hulle die koevert oopgemaak. Binne-in was ʼn poskantoorspaarbankboekie met R600 in en ʼn nota om die geld te trek en vir die Bybelgenootskap te gee. Hierdie jong man was tot die dood toe getrou aan sy land en geestelik weerbaar!

Toe Abraham Lincoln die Amerikaanse presidentskap wen, het ʼn verslaggewer sy weduweemoeder gevra of dit die grootste dag in haar lewe is? “Nee, dis die tweede grootste dag. Die dag toe Abraham sy lewe vir Jesus gegee het, was my grootste”. Oud maar geestelik weerbaar!

Toe Golda Mayir premier van Israel was, is sy tydens ʼn staatsbesoek aan Amerika gevra wie sy die graagste in Amerika wou ontmoet? “O, ongetwyfeld dr. Arthur Rubenstein!” was haar antwoord:Hy was ʼn wêreldbekende pianis/komponis en natuurlik ʼn Jood. Dis so gereël. “Wat was die grootste dag in u lewe?” wou sy by hom weet. “Die dag toe ek Jesus Christus as my Verlosser aangeneem het”het hy sonder aarseling geantwoord.   Hierdie bekeerde Jood was geestelik weerbaar!

Geestelike weerbaarheid is ons volk se enigste verweer teen Satan en sy magte. Die vyandige aanslag op ons erfenis word al hoe feller. Dit kom selfs uit oorde soos ontspoorde teologiese skole en kansels. Talle Sinodebesluite is aandadig aan die gat wat in ons morele osoonlaag ontstaan het en al hoe groter word.

Ons volk het met gedugte vyande te doen. Moet hulle nie onderskat nie! Hierdie vyande het egter een baie groot struikelblok; hulle kan nie deur die laer van die geestelik weerbare volksgenote breek nie.   Hoe lyk hierdie geestelik weerbare krygers?   Dis die mense wat soos Daniel se drie vriende orent staan as die volksvyand sê: Buig!   Dis die mense wat soos ʼn Nabot van ouds sê: “Hierdie grond is nie onderhandelbaar nie. Dit sal in die familie bly!” Dis mense met ʼn onwrikbare geloof in Jesus Christus en ʼn nie volkstrots wat nooit gekoop kan word nie!

Die volksvyand omsingel die laer van die gelowiges. Is jy weerbaar?   As jou hart nie in die bloed van Jesus gewas is nie, is jy weerloos en dra jy nie tot die oplossing by nie , maar tot die probleem. Kom ons gedenk ons voorsate maar lewer ook ons eie insette ter bevryding van ons beleërde volk!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2238 gaste aanlyn