NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wat is die heel laaste ding waarmee alle mense uiteindelik oorbly nadat alle ander dinge van hulle weggeneem is? HOOP. As die donkerte oor jou toesak, bly hoop op God – Hy gee Lig!

 

LAAT JOU WEG AAN DIE HERE OOR

Ds A.E. van den Berg

Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer”(Ps.37:5).

Psalms tref ʼn duidelike onderskeid tussen twee groepe mense op die aarde; gelowiges en ongelowiges. Die gelowiges het ʼn geestesverhouding met God en die ongelowiges nie. Daarom noem die Bybel gelowiges regverdiges; mense wat kragtens hul bekering hul lewe aan God oorgegee het:

“Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my......” (Gal.2:20).

Die Psalms praat ook deurgaans van die ander groep nl. die ongelowiges; mense wat God nie in hul lewens toelaat nie, nooit tot bekering kom nie en na die dood verlore is. Hulle is nie noodwendig slegte mense nie, maar dikwels goeies wat God net nie Koning in hul lewe wil maak nie en stewig op die troon van hul eie lewe sit totdat die dood hul omstoot en hulle in die ewige verderf aftuimel.

In Ps.37 praat Dawid van ʼn ding wat talle gelowiges hinder - die frustrerende werklikheid dat goddeloses dikwels materieel voorspoedig is terwyl gelowiges soms bitter swaar kry. Is dit nie onregverdig nie? Moet die ongelowiges nie eerder swaarkry en gelowiges voorspoedig wees nie? Hulle probeer tot God se eer te leef terwyl die ongelowiges Hom bewustelik uitsluit.

Moenie glo dat goddeloses beter af is nie. Alles lyk goed tot hul dood. Dan is hulle soos slagvee wat vir die slagting vet gemaak is en dit nie gaan oorleef nie! Ps.37 gee goeie raad vir gelowiges wat daagliks met probleme worstel.

By geleentheid koop ʼn seuntjie ʼn klein pakkie waspoeier by ʼn supermark. Die kassiere vra hom toe wat hy daarmee wil doen. “Ek gaan my kat daarmee was” antwoord hy haar. Sy het hom probeer afraai, maar hy was vasberade – hy gaan sy kat was!

Toe hy ʼn paar dae later weer by die kassiere kom en na die kat se was-episode vra, antwoord hy weemoedig: “My kat is dood“Is hy van die seeppoeier dood?” wou sy weet. “Nee, tannie, hy is van die spin-siklus in die wasmasjien dood” antwoord hy.

Wanneer ons opeenvolgende probleme ondervind en die spanning hoog loop, voel dit asof ons in die spin-siklus van die lewe beland het. Die wasmasjien se spin-siklus het die outjie se kat doodgemaak. Die spin-siklus van die lewe maak miljoene mense jaarliks dood; hartaanvalle, beroertes, selfmoorde ens. Spanning maak mense stadig maar seker dood. Dis in sulke tye dat mense Ps.37 moet lees en die rus van God wat Hy vir sy kinders bestem het ervaar. Paulus skryf aan die Filippense:

“En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus” (Fil.4:7).

Ps.37 gee raad hoe om self in tye van onsekerheid die vrede van God te ervaar:

Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer” .

God is as die skepper van die heelal in beheer van die wêreld. Gelowiges moet rustig raak. Hy het ʼn onveranderlike, volmaakte plan vir elkeen van ons.

Hy wil nie hê dat aardse dinge ons ontstel nie want dit kan tot wantroue in God lei. Daarenteen getuig geloof en vertroue van die inwoning van God se Gees in ʼn mens. Ps.37:4 sê dat gelowiges hulle in God moet verlustigmet die belofte:

“... dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart”.

Jesus maak eeue later ʼn soortgelyke belofte in die Bergrede:

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Mt.6:33).

Dit sluit by die teksvers aan:

Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer”.

Dit spreek van toewyding wat ons ʼn vastrapplek in die spin-siklus van die lewe gee. Sommige doen dit; die meeste nie.

In die oorspronklike taal beteken Ps.37:5 om jou op die Here oor te rol. Dink aan Jesus se uitnodiging:

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig” (Mt.11:28-30).

Jesus sê vir gelowiges? “Kom rol oor op my”.

Wie op die Here oor rol, kry rus vir hul siel ongeag wat gebeur, selfs die dood van ʼn geliefde. Dan sit gelowiges al hul vrae en onsekerhede aan die voet van die kruis neer en dra dit nie saam huistoe nie. Dit gee aan ons ʼn vastrapplek in die spin-siklus van die lewe en laat ons vreesloos regop loop.

Daar gaan vir ons almal ’n nuwe jaar aanbreek waarvan ons die Oujaar nie gaan sien nie. Dis vir gelowiges nie die einde van alles nie. Moenie aan ʼn gelowige wat oorlede is dink soos aan ʼn blom wat doodgegaan het nie, maar soos een wat net in ʼn ander bedding oorgeplant is wat ons nie kan sien nie en daar mooier blom as hier op aarde. Rol jou op Jesus om. Met Jesus is daar ʼn eindelose hoop, maar sonder Hom ʼn hopelose einde!

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1562 gaste aanlyn