NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As Ek die swaard oor 'n land bring, en die mense van die land neem 'n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan, en hy sien die swaard aankom oor die land en waarsku die mense – as iemand hom nie laat waarsku nie en die swaard neem hom weg, dan is sy bloed op sy eie hoof. As daarenteen die wag die swaard sien kom en die basuin nie blaas nie sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard neem 'n siel uit hulle weg – sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis – Eségiël 33

AARDBEWINGS...

... EN ANDER NATUURRAMPE

Ds A.E. van den Berg

“Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke” (Mt.24:7).

Die eiland van Tonga is ongeveer ʼn 1000 seemyl van Nieu Seeland se noord-eiland af geleë en was op 14 Januarie vanjaar in die nuus toe ʼn vulkaan na ʼn aardbewing in die nabygeleë see uitgebars het. Die uitbarsting het langer as 12 ure geduur en tot 30 km hoog in die lug op. Niemand het dit verwag nie. Daar was nie eens ʼn waarskuwing nie. Alles het net skielik gebeur wat Tonga vir agt dae van die buitewêreld afgesny het.

Wanneer sal die wederkoms plaasvind? Niemand weet nie; net God. In Mt.24:3 vra die dissipels vir Jesus:

Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld” .

Jesus gee vir hulle vyf van tekens wat dit vooraf sal gaan:

  1. Daar sal eerstens valse profete wees wat hulle as gestuurdes van Christus sal voordoen.
  2. Tweedens sal daar oorloë skerp toeneem.
  3. Derdens sal droogtes, hongersnood en aardbewings toeneem.
  4. Vierdens sal mense die waarheid verlaat en vyfdens sal mense wêreldwyd die dag van more vrees.

 

Die wêreld het nog altyd sulke probleme gehad, iets waarvan Jesus deeglik bewus was. Daar kan egter uit sy woorde afgelei word dat dinge in die laaste dae drasties gaan verander en mense sal dink dat die aarde vernietig gaan word.

Kyk ʼn mens na hierdie vyf eindtyd-tekens, bestaan daar geen twyfel dat ons in die peilvlak van Jesus se wederkoms leef nie. Gevoelsgodsdienste mislei miljoene mense wêreldwyd, ook van ons eie volksgenote!   Daarbenewens neem oorlog en geweld oorhand toe. Van 1900-1945 was daar bv. 19 groot oorloë in die wêreld. Van 1945-1975 was daar nie minder as 119 nie!

Ons verneem al hoe meer van aardbewings in verskeie wêrelddele. Statistiek toon dat natuurlike rampe ernstig toeneem. Seismoloë bevind dat aardbewings sedert 1990 aansienlik toeneem. In 1990 is daar bv. 2,268 aardbewings wêreldwyd aangeteken. In 1999 het hierdie getal tot 3003 gestyg en in 2010 tot 8,390. Dis ʼn styging van 370% in 30 jaar!

Die Bybel leerdat aardbewings van God kom. Niks gebeur toevallig nie.

“Nogtans is Hy ook wys, en Hy laat die onheil kom...” (Jes.31:2).

God het ʼn doel daarmee.

Wanneer natuurrampe gebeur, sê mense maklik dat dit God se oordeel oor booshede is.   Dis nie altyd waar nie. Toe Adam en Eva gesondig het, is die hele skepping met sonde besmet.

Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe” (Rom.8:22).

In ʼn gevalle wêreld moet rampe verwag word. Daarom word sulke rampe natuurrampe genoem omdat dit heel natuurlik op enige plek in die wêreld kan gebeur.

Daar is wel gevalle in die OT waar God sy oordeel met natuurrampe uitgevoer het. Dit was egter nooit die norm nie. Jesus leer dat rampe nie noodwendig die gevolg van sonde is nie. As dit so was, sou ons almal nou dood gewees het! Gelowiges moet rampe eerder as ʼn waarskuwing beskou. God waarsku ongelowiges dat as hulle hul nie bekeer nie, die grootste ramp hulle gaan tref; ʼn ewigheid in die hel!

Het God dan enigsins ʼn doel met aardbewings?   Ja, Hy het met alles op die aarde ʼn doel. Baie van die onverklaarbare dinge wat met die mensdom gebeur, sal egter totdat Jesus komverborge bly.

“O, diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy wee! Want wie het die gedagtes van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?” (Rom.11:33,34).  

Moses sê:

Die verborge dinge is vir die Here onse God; maar die geopen-baarde dinge is vir ons en ons kinders.” (Deut.29:29).

In Jes.55:8 sê God:

“Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle wee is nie my wee nie...”

Aardbewings speel ʼn rol in Bybelse profesie. Openbaring praat in vier hoofstukke daarvan, Jesaja in drie, Esegiël in een, Joël in twee en Sagaria in een. Wat leer God ons daardeur? Dis sy geduldige oproep tot bekering:

“Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom” (2 Pet.3:9).

Die aardbewings van die eindtyd moet ongelowiges wakker skud!

Soos wat die uurglas van die wêreld uitloop, sal daar al hoe meer opstand, geweld en aardbewings voorkom sodat die mensdom kan weet dat Jesus se wederkoms baie naby is.

Nog ʼn les wat natuurrampe ons leer, is dat die lewe uit meer as besittings bestaan.   Die lewe behoort aan God. Hy leen dit aan ons. In die Gelykenis van die Ryk Man sê God aan hom:

“... Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereed gemaak het, wie s’n sal dit wees?” (Luk.12:20).  

God gee en neem lewens soos wat Hy goed dink. Wie dit minag, sal sy fout te laat agterkom!  

Die krag van ʼn aardbewing wys vir ons die ontsettende mag waaroor God beskik. Elke mens behoort ontsag daarvoor te hê.   Dis immers die vertrekpunt van wysheid:

Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die Here is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand” (Job.28:28).  

Alvorens jy nie die almag van God besef nie, sal jy Hom nooit as jou hemelse Vader leer ken nie.   Natuurrampe trek gelowiges nader aan God maar stoot ongelowiges verder van Hom af weg.

Aardbewings is ʼn waarskuwing sowel as ʼn voorsmaak van die ewige straf wat op ongelowiges wag. God wil vir hulle sê:

As dit so op die aarde gaan, dink net hoeveel erger sal dit in die hel met julle gaan?!”

Wanneer die aarde onder ons voete bewe, besef ons opnuut dat daar geen ander veilige plek is om na te vlug as na God toe nie.

“God is vir ons ʼn toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge....” (Ps.46:2,3)

God hou die natuur in stand:

want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heer-skappye en owerhede en magte – alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand” (Kol.1:16,17).

Laat God natuurrampe voorkom? Ja. Beïnvloed Hy soms die weer? Ja. Let op Elia wat tot God gebid het en daar drie jaar lank geen reën in Israel geval het nie. Elke natuurramp is egter nie ʼn direkte straf van God nie.  

Soos wat God toelaat dat mense bose dade verrig, laat Hy ook die aarde toe om die gevolge van die sonde by wyse van natuurrampe te dra. Onthou dat die sondeval alles aangeraak het, ook die wêreld as sulks.   So gesien, is sonde die kern-oorsaak van natuurrampe net soos wat dit die kern-oorsaak oorsaak van siekte, lyding en die dood is.   Natuurrampe skud mense se vertroue in hulself en waarsku hulle om hulle te bekeer. Dit wil vir hulle sê:

Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is: (Jes.55:6).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2750 gaste aanlyn