NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Afsondering is een van die oudste behoeftes van die mens. Elkeen van ons wil soms bietjie alleen wees sodat ons rustig kan wees, sonder die inspanning wat ander mense se teenwoordigheid bring. Ons moet egter onthou dat ons nooit, nooit sonder God se teenwoordigheid is nie. Afsondering beteken dus vir die Christen om alleen saam met God te wees, soos wat Christus in afsondering gaan bid het voor sy kruisiging.

MODERNE PROFETE

Ds. A.E. van den Berg

“Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan”(1 Joh.4:1).  

Charismate hou dikwels kerkkampe om mense te leer hoe om te profeteer. Dis ʼn ernstige dwaling want die Bybel sê duidelik dat profesie ʼn gawe van God is. Mense leer dit nie aan nie. God gee dit aan wie Hy wil.

Charismate glo dit vir geen oomblik nie en glo dat dit wel aangeleer kan word. Hulle glo dat God op so ʼn wyse boodskappe aan die moderne profete gee om aan mense mee te deel. Getalle neem ten opsigte hiervan oorhand toe! Jesus waarsku in Mt.24 teen die valse profete van die laaste dae en sê dat daar baie van hulle gaan wees met baie volgelinge wêreldwyd. Satan werk onder hulle!

Hierdie selfverklaarde profete is nie ʼn nuwe verskynsel nie, maar so oud soos die kerk self. Mense met ʼn swak Bybelkennis val hulle ten prooi. Jesus sê vir die kerklui van sy tyd dat hulle dwaal omdat hulle die Skrifte nie ken nie. Dis vandag nog net so. Die beste teenvoeter vir dwaalleer is deeglike Bybelkennis. Dis gelowiges se knuppel waarmee leuens platgeslaan word: Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees vir elke goeie werk volkome toegerus” (2 Tim.3:16,17).

Dwaalleraars vind met hul valse vroomheid maklik aanklank by kerkmense. “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig.   Dis is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie” (2 Kor.11:13-15).

Net voor die wederkoms gaan dwaalleraars die grootste skade aanrig: “…in die laaste tye sal sommige van die geloof afvallig word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang” (1 Tim.4:1-2). Mense hang nie goedsmoeds dwaalleer aan nie, maar word daartoe mislei. Daarna mislei hulle weer ander mense. En so ontstaan ʼn bose kringloop van leuens wat die waarheid verdring.

Wie word die maklikste mislei? Diegene wat glo dat hulle nie mislei kan word nie. Hulle aanvaar bonatuurlike gebeure sonder meer as van goddelike oorsprong en vergeet dat Satan ’n nabootser is. Van sy bose geeste doen hulle as engele voor en laat mense leuens glo.

Elke leuendienaar tree in die gees van die Antichris op: … hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen..” (2 Thess.2:9). Charismate getuig graag van wonders en tekens wat hulle in die Naam van Jesus gedoen het. Die vraag is: Watter Jesus? Om bloot net sy Naam te gebruik, waarborg nie dat dit die Jesus van die Bybel is nie. “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here, sal ingaan in die koninkryk van God nie” (Mt.7:21).  

Paulus berispe die Korintiërs wat baie godsdienstig was maar ongelukkig nie oor die suiwere leer van die kerk gewaak het nie: Want as iemand kom en ’n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ’n ander gees ontvang as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval” (2 Kor.11:4).  

Om bloot godsdienstig te wees, vrywaar niemand van misleiding nie. Wie se godsdiens nie deeglik in ʼn kennis van God se Woord geanker is nie, word maklik mislei. Moenie na hulle luister nie! So sê die Here van die Leërskare: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van die Here nie. Hulle sê gedurig aan my veragters: Die Here het gespreek: Julle sal vrede hê; en aan elkeen wat wandel in die verharding van sy hart, sê hulle: Geen onheil sal oor julle kom nie” (Jer.23:16,17).

God roep profete tot sy diens. Die OT profete het almal uitsonderlike diens vir Hom gelewer. Hulle moes Israel ook leer om afgesonder van die heidene te wees. Ongelukkig het Israel dikwels afvallig geraak en in afgodery verval waarna God dan profete gebruik het om hulle te bekering op te roep.

Omdat profete hul volk se sonde moes aanspreek, was hulle nie baie gewild nie. Sommige is selfs vervolg. Jeremia is bv. in ’n modderput gegooi om sy profetiese stem stil te maak.

God het ʼn toets aangelê om die egtheid van ’n profeet vas te stel. As hy in die Naam van God ’n toekoms-profesie uitspreek, moes dit werklik gebeur: Hoe sal ons die woord weet wat die Here nie gespreek het nie? As die profeet in die Naam van die Here spreek en wat hy gesê het, gebeur en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die Here nie gespreek het nie…” (Deut.18:21).

Profete is uitsluitlik deur God geroep tot diens geroep. Geen mens kan op eie houtjie profeteer nie. Hier slaan Charismate die bal lelik mis!   Profete was ook nie toekoms-voorspellers nie, maar moes sonde in die openbaar aanspreek en hul volksgenote tot berou en bekering oproep.

In die NT het die funksie van die profeet baie verander: Nadat God baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur sy Seun” (Heb.1:1).  

Maleagi was die laaste OT profeet waarna daar vir 400 jaar ʼn profetiese stilte was. Dieselfde het gebeur nadat Johannes die Openbaring geskryf het. Hierdie keer was dit die einde van die profete. Daarom waarsku Openb.22:18 om niks by die Bybel by te voeg nie. Paulus waarsku: “...moet nie dink bo wat geskrywe is nie…” (1 Kor.4:6).

Die NT profeet was vir ’n uitsonderlike bediening in die vroeë kerk bestem.  Omdat die Bybel toe nog nie voltooi was nie, moes so ʼn profeet die woorde en leringe van Jesus aan mense verduidelik. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Mt.28:19).

Die gawe van profesie was uitsluitlik vir Evangelie-verkondiging bestem. Die ontvanger van hierdie gawe was nie ’n waarsêer nie maar ’n prediker wat die Woord reg en duidelik kon bring: Hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging, want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word” (1 Kor.14:3, 31).  

Gelowiges wat beweer dat God nuwe openbarings aan hulle bekend maak, betree baie gevaarlike gebied. Hulle stel hulself vir demoniese invloed oop wat die kerk al oneindige skade aangedoen het! Hulle is vir God ʼn groot ergernis:

Daarom kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die Here, wat my woorde steel, die een van die ander... wat sê: die Here spreek! Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die Here en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie .”(Jer.23:30-32).

Moderne profesie is nie ’n gawe van die Heilige Gees nie, maar waarsêery; iets wat die Bybel al te duidelik verbied. Desondanks trap duisende van ons volksgenote in die strik van Satan en sy valse profete. Daar is net een manier om dit te verhoed – grond jou geloofslewe slegs op die Bybel en sorg dat jy dit goed verstaan en stop waar die Bybel sê stop!

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2756 gaste aanlyn