NUUTSTE BYDRAES

SELFMOORD

Ds A.E. van den Berg

“En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang” (Mt.27:5)

Min dinge ruk families en vriendekringe soos selfmoord. Prof. Schlebush van die departement van gedragsgeneeskunde aan die Universiteit van Natal het ʼn tyd gelede bevind dat 8000 mense per jaar in Suid-Afrika selfmoord pleeg. Dis 667 per maand, 154 per week en 22 per dag. Meer mense pleeg ook tydens die Kerstyd selfmoord omdat die emosionele put waarin hulle hul daardie tyd van die jaar bevind net te diep vir hulle word.  

Wat word van die siel van ’n selfmoordenaar? Selfmoord kom nie net onder ongelowiges voor nie, maar ook onder gelowiges.   Die Bybel lewer geen direkte uitspraak oor selfmoord nie. Dit maak wel van vier persone melding wat selfmoord gepleeg het waarvan die gewese dissipel Judas die bekendste is.

Wat word van ’n mens wat selfmoord pleeg se siel?   Gaan hy per se hel toe? Nee, dit hang af of hy ʼn gelowige was. Indien wel, is hy op grond van sy bekering gered.   As ons Jesus se verlossingsboodskap verstaan, hou geen sonde’n gelowige uit die hemel nie; selfs nie eens selfmoord nie.

Selfmoord is ’n vorm van moord en ’n verbreking van die sesde gebod. Iemand wat ’n lewe neem, behalwe uit selfverdediging of ter beskerming van iemand anders se lewe, oortree die sesde gebod.

Daar is nie klein en groot sondes in die sin dat sommige minder ernstig as die ander is nie. Alle sondes is ewe ernstig.   Sekere sondes het egter wel ernstiger gevolge en verdien groter veroordeling.   In die gelykenis van die waaksame dienskneg in Luk.12 sê Jesus:   “En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word…” (:47,48).    

Al leef gelowiges hoe vroom bly hulle steeds sondaars.   Deur die bekering word ons van slegs van die slaafse mag en eindoordeel van sonde verlos. Dit as sodanig waarborg ons hemelse erfenis. Geen sonde hou ’n kind van God uit die hemel nie. Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie” (Joh.6:37).

Baie mense glo dat selfmoord hierdie genade laat verval. So ʼn siening ontbreek aan Bybelse bewys.   En maal kind van God, altyd kind van God.   Selfmoord is nie ’n onvergeeflike sonde nie. Ons leef almal in ’n gebroke wêreld en is nie teen die gevolge daarvan gevrywaar nie.   Daarom ly sommige gelowiges ook aan depressie en pleeg soms as gevolg daarvan selfmoord. In sommige gevalle is dit ’n chemiese wanbalans wat die gesonde werking van die brein beïnvloed het. Dit sny hulle nie noodwendig van God se genade af nie.

Al is gelowiges van die mag van sonde bevry, is hulle nie teen die invloed daarvan gevrywaar nie. ’n Gelowige kan so deur omstandighede oorweldig word, dat hy sy eie lewe neem. Hy het verkeerd opgetree en nie op God vertrou soos wat hy moes nie: Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra” (1 Kor.10:13).  

Selfmoord beïnvloed nie gelowiges se redding nie. Mense kyk ʼn belangrike punt mis: Dit gaan nie oor die manier waarop die persoon gesterf het nie, maar oor hoe hy geleef het. Het hy ooit tot bekering gekom? Was hy ’n gelowige?

Selfmoord is soos enige ander sonde wel teen God se wil. Omdat die lewe van God kom, slaan die Bybel die lewe hoog aan. Andersins is die dood deel van menswees. Ons leef elke dag daarmee saam.  

Die meeste mense ken nie die donkerte van depressie waarmee selfs gelowiges sukkel nie.   In Ps.18:5 sê Dawid: Bande van die dood het my omring en strome van onheil het my oorval.” Luister na Elia toe hy vir sy lewe moes vlug en onder ’n besembos gaan lê en tot God gebid het: “Dit is genoeg, neem nou my siel weg, Here, want ek is nie beter as my vaders nie” (1 Kon.19:4).   Ja, depressie vat jou die woestyn van die lewe in waar jy wens om te sterf! Die sterkste swemmer is nie teen verdrinking gevrywaar nie.

Dis duidelik dat Job ook met depressie geworstel en die dood begeer het.   Ja, daar kom ’n punt in sommige gelowiges se lewe waar hulle die dood bo die lewe verkies omdat dit na die enigste ontvlugting lyk.   Dit is en bly egter ’n onnatuurlike toestand. Die dood skreeu teen die mens se natuur want ons sterkste drang is om te lewe.  

Is selfmoord ʼn swakheid? Beslis! Selfmoordenaars het ’n laagtepunt in hul gees en geloof bereik wat nie van krag getuig nie. Dit verg wel moed om selfmoord te pleeg. Moed moet egter nooit met krag verwar word nie.

Selfmoord los geen situasie op nie. Dis in werklikheid selfsugtig want dit skep probleme vir hulle wat agterbly en veroorsaak skuldgevoelens.   Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie” (Rom.14:7).

Sondig ’n selfmoordenaar?   Ja, dis moord op jouself.   Weet egter dat geen mens hemel toe gaan omdat hy nie gesondig het nie terwyl ’n ander een hel toe omdat hy gesondig het nie. Ons gaan hemel toe omdat ons tot bekering gekom het. Mense gaan nie hel toe bloot omdat hulle gesondig het nie, maar omdat hulle God se verlossingsaanbod in Jesus nie aanvaar het nie.

God is ’n genadige God wat ons swakhede verstaan, ook as gelowiges tydens ʼn geesteslaagtepunt hul eie lewe neem. God se genade is baie groter as enige sonde wat die mens in sy swakheid begaan.

Die Bybel sê baie duidelik dat niks gelowiges van die liefde van God skei nie. Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenswoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal skei van die liefde wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie” (Rom.8:38) . Selfmoord is een van die baie sondes waarvoor Jesus gesterf het!

Die teoloog Karl Barth het iets veelseggend oor selfmoord en sonde gesê nl. dat hoogmoed die grootste sonde in God se oë is. Dit was die heel eerste sonde en het Satan die hemel gekos. Barth het gesê dat selfmoord die sonde is wat die verste van hoogmoed verwyder is omdat ’n selfmoordenaar op ’n laagtepunt verkeer en geen hoogmoed of eiewaan ervaar nie.   Die gevolge is net erger.

In ou Persië was daar ’n wet wat bepaal het dat niemand ongenooid voor die koning durf verskyn nie. Hy kon tereggestel word mits die koning sy septer na hom toe uitgesteek het wat genade aangedui het. Selfmoord is soos om jou weg na die hemelse Koning oop te beur en nie op Hom te wag totdat Hy jou ontbied nie. God sal sy septer na die gelowige wat selfmoord uitsteek. Dit beteken egter nie dat Hy daardie persoon se optrede goedkeur nie.  

Samevattend kan gesê word dat selfmoord nie ʼn gelowige se toegang tot die hemel versper nie. Dit is en bly egter ’n ernstige sonde.   Geen omstandighede, hoe donker ook al, regverdig selfmoord nie.   Gelowiges moet juis anders as die wêreld wees. Die dood is God se besluit. Hy besluit waar en wanneer ’n mens sterf.   Niemand het die reg om hierdie mag uit sy hande neem nie!  

Selfmoordenaars glo dat hulle so met hul lewe misluk het, dat daar geen ander uitweg is nie. Nee, ons almal misluk soms. Soms moet ons lewe eers uitmekaarval alvorens ons dit agtermekaar kan kry. Mislukkings is ʼn wond en nie ʼn tatoeëermerk nie. Laat dit egter ’n onderwyser en nie ’n begrafnisondernemer wees nie.   Dit moet ons hoogstens vertraag maar nie vernietig nie. Dis ʼn ompad en nie ’n doodloopstraat nie.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 557 gaste aanlyn