NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Kerstyd is ’n tyd van blydskap  en vreugde  want ons herdenk God se koms na die aarde in Christus Jesus, onse Here.  Dis egter geen ydele blydskap nie, maar iets anders; ’n blydskap wat ’n mens nederig maak, want dis die verhaal van ’n Koning wat teruggestaan het.   God het in Christus vir ons teruggestaan.

DIE KERK SE DOEL

Ds A.E. van den Berg

Het die kerk nog enige betekenis?

“Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God” (1 Kor.1:18).

“Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word?” (Mt.5:13).

Kerkgang het vandag so ontstellend afgeneem, dat ʼn mens wonder of die kerk nog enigsins ʼn rol in ʼn gemeenskap te vervul het. Diegene wat hul kerkgang gestaak het, sê gou dat God nie net in kerke gevind word nie. Hy is orals en is ook in die natuur, huise op TV’s en radio-uitsendings te vinde. Om God te ontmoet, kan jy net sowel buite in die natuur gaan loop of in jou huis bly. Dit gaan geen verskil maak nie.

Nee, alhoewel God alomteenwoordig is, roep Hy sy kinders tot gesamentlike aanbidding op: “...en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom” (Hebr.10:25). Ons bely in die Twaalf Artikels dat ons glo aan die gemeenskap van die gelowiges.

Wie se skuld is dit dat kerkgangso verval? Die kerk s’n omdat sy haar doel mis! Die kerk hou haar te veel met dinge soos bv. hulpverlening op. Dit lê op die buiterand en laat haar soms haar kern-opdrag nalaat. Barmhartigheidswerk is belangrik in die navolging van Jesus maar durf nooit die hoofdoel word nie!

Omdat hulpdienste ook op ander lewensgebiede te vinde is, maak hulpverlening as sulks die kerk nie uniek nie en Jesus wil juis hê dat die kerk uniek moet wees. Wat maak dit uniek? Die feit dat dit die enigste instelling ter wêreld is wat in mense se geestelike behoeftes voorsien, Daar is nie nog so ʼn iets nie. Dus slaag die kerk net in haar doel as sy Jesus se voorbeeld navolg: Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was” (Luk.19:10).

Die kerk se hoofdoel hang nie van heilsame optredes in gemeenskappe af nie, maar om die Woord van God onvervals te bring sodat verlorenes hul bekeer en gelowiges in hul geloof versterk word. As die kerk dit nalaat, mis sy haar doel.

Die wêreld sal die kerk altyd misverstaan en haat. Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan...”  Daarom probeer Satan altyd die kerk binne te sypel en dit na wêreldse standaarde te verlaag: Die Bybel waarsku: En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is” (Rom.12:2).

Johannes skryf: Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld is — die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe — is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig” (1 Joh.2:15-17).

Die godvyandige wêreld trek mense soos ʼn magneet. Om hierdie trekkrag teen te staan, is ʼn lewenslange stryd. Christene moes van meet af aan ʼn duidelike besluit neem om hulle van die wêreld los te maak. Sommige het net ʼn tydjie gehou en toe omgeswaai om saam met die wêreldstroom te swem. Paulus skryf: “...want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het...” (2 Tim.4:10).

Niks het sedertdien verander nie. Mense wat eens by die kerk betrokke was, los en deur die wêreldstroom weggevoer is, is legio. Wie egter deur God uitverkies is, word nie weggespoel nie en die wêreld haat hul daarvoor. Jesus sê: “As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle” (Joh.15:19).

Die kerk moet vir ʼn gemeenskap ʼn seën te wees. Hulpverlening mag egter nooit haar fokuspunt wees nie. Barmhartigheid is die byproduk van ʼn lewe wat aan Jesus gewy is. Goeie werke is ʼn byproduk en nie die doel nie! Indien die kerk net op fisiese en emosionele behoeftes ingestel is, mis sy haar doel. Dan is die kerk nie langer uniek nie en is dit net nog ʼn kopie van ʼn welsynkultuur wat nie altyd Christelik is nie.

Die wêreld verstaan nie die kerk nie. Daarom moet gelowiges ook aanvaar dat hulle misverstaan gaan word. Mense het dan vir Jesus misverstaan! Waarom het skares van etlike duisende Hom gevolg? Omdat Hy vir hulle kos gegee en wonders verrig het maar Hom nie werklik verstaan het nie. Jesus het egter nooit van sy doel afgesien nie. En dis wat die kerk vandag moet doen – haar Bybelse opdrag uitvoer om verlorenes na Jesus te lei ongeag wat die wêreld van haar dink. Dis al wat haar uniek en waardevol sal maak. Jesus is die Rots wat vir sondaars geklief is en die kerk die skeur waardeur die onvervalste, lewende water na almal wat dors het, vloei.

Kerke is dit nie meer nie. Hulle gee vir mense wat húlle wil hê en nie wat God wil hê nie. Daarom versink kerke in die dryfsand van hul eie onverskilligheid en ontsondig gruwels soos homoseksualisme en die bevestiging van dieselfde geslag-huwelike. Die NG Kerk is bv. besig om ʼn huweliksformulier vir pare van dieselfde geslag voor te berei. Kerke gee vir mense wat hulle wil hê!

As die wêreld eers in die kerklike murg beland het, word meesterstukke uitskotprodukte. Daarom durf kerke hul deure nie ʼn skrefie vir die wêreld oopmaak nie: “...en gee aan die duiwel geen plek nie...” (Efes.4:27).   Om in hul doel te slaag, moet kerke die wêreld altyd vreemd opval.

Maar wie of wat is die kerk? Dis nie ʼn gebou of klub vir godsdienstiges nie, maar ʼn gemeenskap van sondaars wat deur die bekering vergifnis van sonde ontvang het. Wat ʼn behoefte het ons volk nie vandag aan kerke met ʼn opregte liefde vir Jesus en wat die Evangelie van verlossing duidelik oordra sodat sondaars hul kan bekeer en gelowiges in hul geloof versterk word nie!

Gelowiges moet aanvaar dat die kerk gedurig deur ongelowiges aangeval en sy kernboodskap telkens bevraagteken gaan word. Jesus sê:“.... In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin”(Joh.16:33). Verdrukking is die duidelike teken dat daar net een ware kerk is. Hulle is die sout van die aarde waarvan Jesus in sy Bergrede praat.

Die ware kerk het Jesus opsigtelik lief, leef volgens sy Woord en gaan geen kompromie met die wêreld aan nie. Hulle slaag in hul doel om die koninkryk van God op aarde te laat kom soos in die Onse Vader gebid word. Hulle is die sout van die aarde. Wat van jou? Is jy ook sout?

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 549 gaste aanlyn