NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom leer ons so baie uit ons ellendes en so min uit ons vreugdes? Is dit omdat vreugde iets buitemensliks is, dat ons nie toegerus is daarvoor nie? In die Here is ons egter volkome toegerus om die vreugde wat Hy alleen ons kan gee te ervaar.

HEMELVAART

HY WAT OPGENEEM IS

Ds A.E. van den Berg

“En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ʼn wolk het Hom voor hulle oë weggeneem (Hand.1:9).

Ek wonder hoeveel volksgenote komende Donderdag aan Jesus se hemelvaart sal dink? Ek meen dat dit by die meerderheid gaan uitwaai. Toe Suid-Afrika ʼn Christen-grondwet gehad het, was hierdie dag ʼn godsdienstige vakansiedag. Ná die magprysgawe in 1994 is dit afgeskaf.

Goeie Vrydag en opstanding-Sondag is vir gelowiges belangrik. Jesus se aardse bediening het egter nie hier opgehou nie. Ná sy opstanding het Hy vir 40 dae lank sy dissipels oor God se koninkryk onderrig en daarna ten hemel gevaar.

Die kruis en die leë graf was die hart van die Evangelie wat deur die dissipels versprei is. Paulus skryf : Broeders, ek maak julle die evangelie bekend ... dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy die op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte” (1 Kor.15:1-4).

Vir baie gelowiges is hemelvaart slegs ʼn nagedagtenis van Goeie Vrydag en die opstanding. Nee, die hemelvaart het dieper geestelike betekenis as dit. Eerstens het Jesus met sy opname in die wolke nie in die hemel gaan aftree nie. Lukas skryf: Die eerste verhaal, Theofilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het tot op die dag dat Hy opgeneem is....” (Hand.1:1,2). Hierdie woord begin dui daarop dat Jesus nie ophou werk het nie.   Dis waaroor Lukas se tweede boek Handelinge gaan – die handelinge/werke van die verrese Jesus wat Hy vanuit sy herewoning begin doen het. “... En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is” (Hand.2:47).

Jesus moes eers ten hemel vaar voordat die Heilige Gees uitgestort kon word. Ná sy opstandig beloof Jesus: “En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader..... Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte” (Luk.24:49). Petrus verduidelik dit op Pinksterdag vir die aanwesiges in die tempel: “Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dit uitgestort, wat julle nou sien en hoor” (Hand.2:33).

Die verheerlikte Jesus het die Heilige Gees gestuur om met mense te wees soos belowe: “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ʼn ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid” (Joh.14:16). Dit het Hy gedoen om mense te vir hul wêreldwye sendingte bekragtig: Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria tot aan die uiterste van die aarde” (Hand.1:8).   Lukas skryf oor die geweldige impak wat hierdie geesteskrag gehad het: “En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal” (Hand.4:33).

Die doel hiervan was om mense se sondaarslewe te verander sodat hulle die beeld van Jesus sou weerkaats: En terwyl ons met almal met onbedekte gesig soos in ʼn spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na die selfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is” (2 Kor.3:18).

Jesus moes ook ten hemel vaarom sy plek as Koning in te neem en as die ware Koning van die heelal gekroon te word. Dink maar net aan die ophef wat daar vandag van ʼn kroning gemaak word. Hoe het dit nie in die hemel gelyk nie!

Die eerste persoon waarvan die Bybel praat wat die Here Jesus na sy hemelvaart in die hemel gesien het was Stefanus, die eerste Christenmartelaar. Terwyl die Jode hom stenig, sê hy: “... Kyk, ek sien die hemele geopen en die seun van die mens aan die regterhand van God staan” (Hand.7:56).  

Die profeet Daniel het meer as 600 jaar tevore ook ʼn gesig van Christus in die hemel gehad: “En ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke het Een gekom soos die Seun van ʼn mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom. En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ʼn ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie” (Dan.7:13,14).

Jesus se koninkryk kan nie vernietig word nie en sal vir ewig staan: “Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het” (Openb.3:21). Jesus sal aan God se regterhand regeer totdat alle vyande aan Hom onderwerp is. Dawid skryf ʼn 1000 jaar voor Jesus se geboorte hiervan: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ʼn voetbank vir u voete” (Ps.110:1). Jesus se heerskappy vanuit die hemel gaan om almal op die aarde aan Hom te onderwerp net soos wat dit in die hemel is.

Jesus moes ook na sy Vader in die hemel terugkeer.   Voor en na sy dood en opstandig verklaar Jesus dat Hy deur die Vader gestuur is en derhalwe moet terugkeer: ” Ek het van my vader en in die wêreld gekom. Weer verlaat Ek die wêreld en gaan na my Vader” (Joh.16:28).  

Na Jesus se opstanding sê Hy vir Maria: “... Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader...” (Joh.20:17).  

Daar was geen wonderliker hereniging in die geskiedenis as Jesus se terugkeer na sy Vader in die hemel nie.   Hy het sy sending suksesvol voltooi en sy Vader tydens sy aarde omwandelings verheerlik. In Joh.17 bid Jesus: “Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U my gegee het om te doen, het Ek volbring. En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was” (:4,5).

Jesus se terugkeer na die Vaderhuis is ʼn voorbereiding vir ons eie terugkeer daarheen: “In die huis van my Vader is daar baie wonings... Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh.14:2,3).

Jesus tree as ʼn bemiddelaar en hoë Priester op.“Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Jesus Christus” (1 Tim.2:5). Sy dood en opstanding bied vergifnis en versoening met God. Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree” (Rom.8:34).

Jesus se werk op aarde was geografies beperk. Hy het bv. nie in ander lande opgetree nie. Maar vanuit die hemel tree Hy vir alle gelowiges oor die wêreld heen in. Daarom lees ons in Openbaring dat daar uit elke volk, stam en nasie geredde mense in die ewigheid sal wees.

ʼn Laaste rede vir Jesus se hemelvaart is die belofte in Hand.1 dat Hy eendag as koning met die wolke sal terugkeer om saam met sy kinders te wees: En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien” (Openb.22:3).

Jesus het ten hemel gevaar maar ons nie verlaat nie. Hy is deur die Heilige Gees by ons teenwoordig. Leef soos koningskinders want ons is kinders van die Koning van alle konings. Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie” (1 Kor.15:58).

Ons hoop is nie in hierdie wêreld gegrond nie, maar in ʼn wonderlike toekoms wanneer ons met ons oë die Here Jesus sal sien terugkeer soos belowe is en Hy as Koning en Regter sal kom om te oordeel. Is jy gereed vir Hom? 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    TAKHARE EN JOINERS is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1134 gaste aanlyn