NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Pyn, eensaamheid en angs dryf my na gebed met God. En wanneer ek bid, verdryf dit my pyn, eensaamheid en angs.

DIE UITVERKIESING

Ds A.E. van den Berg

“... en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe”(Hand.13:48).

Omdat ongelowiges Satan as vader het, sal hulle alles doen om gelowiges teen te staan; selfs die kerkgebruik soos in Antiochië (Hand.13) gebeur het. Om die Evangelieverkondiging te keer, het die sinagoge Paulus belaster. En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor. Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is” (Hand.13:44,45).

Hulle pogings was tevergeefs omdat God van die grondlegging van die wêreld af sekere mense tot die ewige geluksaligheid uitverkies het. Daarvan getuig die teksvers: “...en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe”. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, se siele is gered. En dit gebeur vandag nog steeds.

Dit bring ons by die uitverkiesingsleer. Hoe moet dit verstaan word? Ons moet drie dinge weet. Eerstens dat God vooruit weet, vooruit besluit en vooruit kies; en dit alles van die grondlegging van die wêreld af. “Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees” (Efes.1:4). God bepaal die mensegeskiedenis.

Nogtans tree God so op asof ons die geskiedenis bepaal en Hy net daarop reageer. Abraham wat met God oor die toekoms van Sodom en Gomorra onderhandel het, is so ʼn voorbeeld. So ook die goue kalfepisode waar God vir Moses te kenne gegee het dat Hy die hele volk gaan uitwis. Moses het Hom oorreed om dit nie te doen nie – alles deel van God se plan. Hy wou Moses die erns van die situasie laat insien om daarna ʼn nuwe begin met die volk te maak.

Alhoewel raadsplanne in die ewigheid geneem word, is Hy ook saam met ons in die tyd op pad daarmee. Hy laat ons self besluite neem en hou ons daarvoor verantwoordelik. Die beste voorbeeld is Judas wat Jesus verraai het. Hy word veroordeel vir sy verkeerde keuse.

Die woorde uitverkies/uitverkore kom 55 keer in die Bybel voor. Dit gaan daaroor dat God slegs vir sekere mense die reg gee om kinders van Hom te wees. Niemand is daarop geregtig nie. Hierdie uitverkorenes het ʼn sekere naam wat hul van diegene wat nie uitverkies is nie, onderskei nl. KINDERS VAN GOD. “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo” (Joh.1:12).

Ons redding hang slegs van God alleen af. Hy gee wel aan alle mense die geleentheid om gered te word. Dit moet net aangegryp word. Die vraag kan ontstaan: Wat help dit as ek gereeld kerktoe gaan en by my gemeente betrokke is en aan die einde hel toe gaan net omdat ek nie uitverkies is nie? Nee, dit werk nooit so nie! Geen persoon wat sy sonde opreg bely en Jesus as Verlosser aangeneem het, hoef ooit aan sy uitverkiesing twyfel nie.

Dat jy bewustelik na Jesus in jou lewe soek, bevestig die onomstootlike waarheid – jy is uitverkies. Jesus sê: “ Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie” (Joh.6:37). Die Vader verkies nie almal uit nie; net sekeres. Jy is een van die bevoorregtes!

Een ding moet ons weet – geen mens kan sy redding verdien nie. “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God” (Efes.2:8). Daarom is die Christendom vir heidene onsinnig – hulle glo dat hulle iets vir hul afgode moet doen om die saligheid te beërwe.

Nee, die Bybel is duidelik dat niemand sy saligheid kan verdien nie. Al wat jy moet doen, is om reg te kies. Die tronkbewaarder van Filippi vra: Menere, wat moet ek doen om gered te word? Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin” (Hand.16:30,31).

Om kind van God te word, is geloof nodig. Dit word nie slegs in kerke gevind nie, net so min as wat kennis net in lesingsale te vind is. Jy kan geloof ook nie opwek soos bv. elektrisiteit met ʼn kragopwekker nie. Dis ʼn gawe wat God, so onsigbaar soos ʼn radiosein maar dit verbind jou met die saligheid in Christus.

Geloof is al op ongewone plekke ontvang soos bv. aan ʼn kruis op Golgota toe ʼn terdoodveroordeelde die saligmakende geloof ontvang het. Dit getuig dat God danksy die uitverkiesing dikwels mense aanraak wat vir ons onwaardig lyk. Dit bevestig wat die Bybel sê: Dat ons uit genade gered word. Geen gelowige kan daarop roem dat hy slim genoeg was om Jesus as Verlosser aan te neem nie. Hy het dit gedoen omdat God hom daartoe uitverkies het.

Dis nie onbillik van God om sommige mense te verkies en ander nie. Ons verdien almal die hel. “... want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom.3:23).  

Wie hel toe gaan, verdien dit. Wie hemel toe gaan, verdien dit nie.   Dis alles net genade. Die hel is God se geregtigheid en die hemel sy genade.

Die uitverkiesingsleer is nie maklik om te verstaan nie. Gelowiges het nie altyd al die antwoorde nie maar ons weet Wie om te vra.   Ons aanvaar dat ons nooit alles rakende God in hierdie lewe sal verstaan nie, maar eendag wel. Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan. Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is” (1 Kor.13).

As dit by die uitverkiesingsleer kom, verskil Gereformeerde gelowiges skerp van Charismate wat nie in die uitverkiesing glo nie. Hulle glo dat jy een dag gered kan wees en die volgende dag weens sonde verlore is. Daarom maak hulle hul aan geesdrywery skuldig en hamer op bekering asof dit van hulle afhang. Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei” (1 Kor.3:6,7).

Nee, ʼn leraar preek die bekering en laat dit net daar. God laat groei. Vir hom wat op ʼn tref-en-trap manier bearbei word en daarna verval, is dit verby. Dis die saad waarvan Jesus in Mt.13 praat: “En ’n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie; maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog” (5,6).

Gelowiges glo anders. Al wat ons moet doen, is om as kinders van God dankbaar te leef. Ons durf nie soos die dwaalgeeste daarop roem dat ons self die keuse vir Jesus gemaak het nie.   Nee, God het ons nog voor ons geboorte tot die ewige saligheid uitverkies. Ons geloof is niks anders nie as ons siel se verwondering oor God se genade wat Hy in Jesus aan ons bewys het! “... en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe”.

Ons het net een lewe en moet die beste daarvan maak. Om dit in ongeloof deur te bring, is erger as die dood. Die wêreld het ʼn nood aan uitverkorenes wat aanhou om soos uitverkore gelowiges te leef. Is jy een van hulle?

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2894 gaste aanlyn