NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die simboliek van die brandoffer en spysoffer in die Ou Testament soos deur God self voorgeskryf gedoen moes word, het volledige betekenis aan skuldbelydenis gegee: Die kop van die dier wat geoffer is het die setel van die mens se denke verteenwoordig; die gewaste binnegoed die mens se diepste innerlike; die dier se pote die mens se hande en voete wat aan God gewy moet word; ook mag daar geen suurdeeg in 'n spysoffer wees nie wat bedekte motiewe sou verteenwoordig; ook geen heuning nie want dit was verteenwoordigend van opgesmuktheid. Die soenoffer aan God moes dus in alle opsigte opreg, rein en volledig gebied word. Wat verstaan ons in hierdie moderne tye nog van soveel opregtheid?

DIE GROOT VERVAL (1/3)

Ds A. E. van den Berg

Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, om nie gou julle verstand te verloor, asof die dag van Christus al daar is. Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word (2 Thess.2:1-3).

Net na die ontstaan van die Christenkerk het Satan dit deur middel van vyandige Jode en Romeine probeer dooddruk. Toe hy nie slaag nie het hy sy strategie verander en met dwaalleer in die kerk self opgeduik. Die Bybel sê dat dieselfde ding net voor die wederkoms van Jesus weer gaan gebeur, hierdie keer net andersom; eers 'n algehele verval in godsdiens en geestelike sake en daarna 'n fisiese vervolging.

Hierdie verval (afval) sal aan kerke se minagting van die Bybelse waarheid gekenmerk word. Satan haat die waarheid en gebruik selfs kerke om gruwels soos bv. homoseksualisme, wat lynreg in stryd met die Bybel is, goed te praat.

Kerkverval begin hoofsaaklik by liberale teologiese opleiding. 'n Besorgde gelowige skryf 'n tyd gelede in 'n Amerikaanse kerkblad dat baie van sy land se theological seminaries in theological cemeteries verander het!

Die afvalligheid waarvan Paulus skryf, is alreeds in volle swang en gevolglik 'n duidelike teken dat die wederkoms van Jesus baie naby is. Johannes skryf dat Satan net voor die wederkoms losgelaat gaan word: “... om die nasies te verlei....” (Open.20:8).   Dit gebeur tans in ons eie land voor ons oë!

Aan die einde van die eerste Christen-eeu het die saad van dwaalleer wat reeds in die tyd van die apostels subtiel in die kerklike akker gesaai is, ontkiem en kop bo die grond uitgesteek. Leraars wat die persoon en werk van Jesus anders as die apostels verkondig het, was die voorlopers van die huidige verval.

Sommige van hierdie leraars het van buite die kerk gekom. Ander het weer in kerke gesit en so oortuigend gelieg, dat mense hulle geglo het. Gevolglik was die suiwer kerk genoodsaak om teen hulle op te tree: “Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie” (1 Joh. 2:18,19).

Valse leraars het onmin, verwarring en twyfel oor die geloofslewe in talle gemeentes veroorsaak. Johannes skryf in sy eerste sendbrief dat ware geloof-gemeenskap juis aan 'n liefde vir die waarheid gekenmerk word. Jesus sê uitdruklik: “As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Joh.14:15).

Gelowiges durf nooit oor die grondliggende waarhede van die Bybel van mekaar verskil nie. Hulle moet eensgesind oor die persoon van Jesus, sy sondeloosheid, liggaamlike opstanding en redding deur genade alleen wees. So ook oor die gesag van die Bybel en die werking van die Heilige Gees – dis die waarhede wat gelowiges altyd saamsnoer.    

Valse leraars het destyds Jesus se Messias-wees verdag gemaak: “Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus in die vlees gekom het nie...” (:7).   Dwaalleer het so oorhand toegeneem dat Johannes 'n skerp opdrag aan die gelowiges moes gee: “As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke” (2 Joh.10,11).

Valse leraars word aan sekere kenmerke geëien. Die duidelikste is 'n onverskillige hantering van die Bybel.   Die skeppingsgeskiedenis word verdraai, Jesus se maagdelike geboorte word bevraagteken en sy genesingswonders as wolhaarstories afgemaak. Ongehoorsaamheid aan die Skrif lê aan die wortel van alle dwaalleer. Jesus sê vir die kerklui van sy tyd: “ ..Julle dwaal, omdat julle die skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie” (Mat.22:29).   Wie aan God ongehoorsaam is, verloor sy geestelike krag.

Soos wat 'n liggaam nie sonder fisiese oefening gesond kan bly nie, kan 'n siel ook nie sonder geestelike oefening gesond bly nie. Paulus sê: “Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid” (1 Tim.4:7). 'n Studie van die Bybel verhoed dwaling: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (2 Tim.3:16).

Skrifgetroue prediking vereis 'n deeglike kennis van die Bybel: “...terwyl julle veral dit moet weet dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is al ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek” (2 Pet.1:20,21).

Om die siel fiks te hou, moet gelowiges in Bybelkennis bly oefen. 'n Man van God is 'n man van die Bybel. Die digter van Ps.119 wei 176 verse aan die voortreflikheid van die Skrif. Hy gebruik die 22 letters van die Hebreeuse alfabet as raamwerk om te sê dat God se Woord die A tot die Z van die lewe is. Moses roep Israel selfs in die woestyn tot Skrifoefening op: “Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku, dat julle dit jul kinders beveel... Want dit is geen vergeefse woord vir julle nie, maar dit is julle lewe ” (Deut.32:46,47).  

Daarenteen verdraai valse leraars die Bybel na willekeur. Jesus waarsku in sy Bergrede: “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is” (Mat.7:15). Paulus skryf aan Timoteus: “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete” (1 Tim.4:1,2).

Valse leraars gee voor om baie ernstig godsdienstig te wees. Dis alles toneelspel en maak deel van die groot verval net voor die wederkoms uit. Hulle rokkel mense van die waarheid af en laat hulle glo dat God hulle wat leiding neem, geroepe is om uitsonderlike werktuie in sy diens te wees. En miljoene mense glo dit wêreldwyd!

Die probleem is dat mense die Bybel nie ken nie. 'n Amerikaanse navorsingsspan het onlangs bevind dat 69% van die ondervraagdes die Bybel bloot as 'n riglyn om goed te leef beskou. Nagenoeg 50% beskou die Bybel en die Koran as eenderse riglyne.   Wat 'n nood het die mensdom nie aan die ware kennis van die Woord van God nie!

'n Geroepe leraar verkondig die volle Bybelse waarheid sonder om iets na te laat. Paulus sê by sy afskeid aan die ouderlinge van Efese: “Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie” (Hand.20:27). Sy woorde ‘nie nalaat’ beteken in die oorspronklike taal om niks weg te steek nie.

Valse leraars is die eerste fase van die groot verdrukking wat alreeds begin het. Hulle saai geestelike amok onder ons volksgenote soos nog nooit tevore nie. Wat 'n straf wag daar nie met die oordeel op hulle nie! Toe Jesus die eerste keer aarde toe gekom het, het Hy die sonde in die mens vernietig. Wanneer Hy vir die tweede keer kom, vernietig Hy die mens van die sonde: En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb. 20:15)

Kyk wat gebeur maar net wat tans in ons land op godsdiensvlak gebeur. Misleiding op misleiding. Wat sê dit? Dat die wederkoms op hande is!  Wat staan ons te doen? Om ons volksgenote wat nog slaap dringend wakker te maak!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2425 gaste aanlyn