NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom koes mense so vir stilte? Is hulle bang vir wat hulle omtrent hulself sal ontdek? Daar is niks sterker en meer genesend as stilte nie; dit is die beginpunt van gebed en kan meer van jouself en jou Skepper onthul as ure se gepraat.

DIE DUISENDJARIGE VREDERYK

Ds A.E. van den Berg

Openb.20

In Openbaring gaan dit oor twee basiese waarhede - God se oordeel oor die goddelose en sy bewaring en latere verhoging van sy getroue gelowiges. God straf, maar bewaar ook; ’n tema wat soos ’n hoogspanningsdraad dwarsdeur Openbaring loop. God se oordeel begin, soos Petrus skryf, by die kerk: “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God…” (1 Pet.4:7). Daarom loop Jesus in hoofstuk een tussen sewe kandelaars (:13) terwyl ’n skerp tweesnydende swaard uit sy mond gaan (:16).

Die sewe kandelare het die Christelike kerk van daardie tyd voorgestel. Hoofstukke 4-5 vertel van Christus wat koninklik in die hemel heers en hoofstukke 6-11 van sy eerste oordele wanneer die sewe seels oopgemaak word.   Hoofstukke 12-19 maak gewag van die stryd tussen Christus wat sy kerk bewaar en die Satan wat dit wil vernietig en eindig met die oordeel oor Rome (Roomse Kerk) wanneer die dier en die valse profeet in die hel gewerp word.   Hoofstuk 20 gee ’n panoramiese visie van die oordeel oor die Satan self wat vir ’n simboliese 1000 jaar gebind was en toe vir ’n kort tydjie losgelaat is.

Hoofstuk 20 beskryf sy finale verdoemenis – die toneel van die volledige oordeel oor die Satan.   Die voorafgaande hoofstukke handel net gedeeltelik oor die oordele wat die vyande van die kerk tref, maar hoofstuk 20 oor God se finale optrede as Regter wanneer Hy die Satan vernietig.  

Baie mense, veral charismate, verstaan Openb.20 glad nie; iets wat tot wilde spekulasies en verwarring aanleiding gee. Hulle sien nie die eenvoudige waarhede wat hier en elders in die Bybel geleer word raak nie. Gevolglik raak hulle oploop met moeilik verklaarbare gedeeltes. Op die ou einde weef hulle met hul ooraktiewe verbeelding soveel leerstellings aan mekaar, dat hulle dinge leer wat geensins met die Skrif ooreenkom nie en dwaal (Mt.22:29).

Dit was vir Johannes nodig om die Openbaring te skryf. Benewens dat God hom begeester het om die boek te skryf, het die eerste Christene ’n behoefte gehad om te weet dat die Satan wat so fel te kere gegaan het, gebind en sy magte beperk word.    

Met alles wat vandag in ons land en elders gebeur kan ’n mens nie dink dat die Satan gebind kan wees nie.   Bykans elke nuusberig vertel ’n ander verhaal! Praat Petrus dan nie ook van Satan wat soos ’n brullende leeu rondloop nie? Weerspreek die Bybel homself? (1 Pet.5:8).

Daarom verkondig charismate en ander dwaalgeeste dat hierdie binding eers ná die wederkoms gaan plaasvind wanneer die Satan letterlik vir ’n 1000 jaar gebind gaan wees om niemand verder te pla nie. Daarna sal daar ’n vrederyk op die aarde aanbreek met Jesus as sigbare Heerser daarvan.

Charismatiese predikers kleur hierdie prentjie so dramaties in, dat mense by die duisende aan hulle lippe hang.   Die probleem is dat die Bybel niks van ’n aardse vrederyk weet nie! Charismate lees Openb.20:1-3 buite sy verband. Daarom dwaal hulle hopeloos.

Let op die geskiedenis wat Openbaring dek.   Dit skets die tydperk tussen Jesus se eerste en tweede koms. Dieselfde geskiedenis word uit sewe verskillende hoeke, soos sewe tonele belig, elkeen met sy eie fokuspunt – dieselfde geskiedenis in sewe tonele.

Hoofstuk 19 eindig met die sesde toneel wat die wederkoms van Christus en die vernietiging van die Antichris en sy valse profeet treffend beskryf. Openb.20 vat al ses voorafgaande tonele saam en wys op die uiteinde van die Satan – sy vernietiging.  Die binding van die Satan vind nie dan eers plaas nie, maar is ’n werklikheid vanaf die eerste toneel. Die binding van die Satan het begin by Jesus se opstanding uit die dood en strek tot net voor sy wederkoms. Satan is dus al meer as 2000 jaar gebind!

Openbaring is die verhaal van sewe tonele om gelowiges wat deur die eeue ter wille van die Evangelie swaarkry te troos en te bemoedig.   Openbaring is nie geskryf om mense soos die charismate se nuuskierigheid oor die toekoms te bevredig nie. Dis ’n bemoediging – voorwaarts Christen-stryders!

God wil hê dat gelowiges tot en met Jesus se wederkoms moet weet wat die Satan se bedoeling en werking is. Daarom moet ons nie rondom ons kyk en verkeerde afleidings maak dat die Satan wel los is nie. Satan is nog gebind. Dis wat die Woord van God se!

Moenie uit die oog verloor dat Openbaring in simboliese taal geskryf is nie. Desondanks gaan dit oor ware feite. Dis nie stories nie; die simbole deel feite mee! Die Satan is gebind (’n feit) maar nie met ’n regte ketting nie. Dis ’n simbool van binding. Satan verkeer ook nie in ’n regte onderaardse diepte nie. Dit was ’n ou bekende simbool van ’n bewaking waaruit niemand kon ontsnap   Satan is ’n gevangene van God en wag op die voltrekking van die doodstraf.  Sy mag geld net vir sovêr as wat die hemelse Bewaarder hom toelaat. Satan is gebind, maar nie geheel magteloos nie; soos ’n kwaai hond aan ’n ketting. Die ketting waarvan Openb.20 praat, is ’n simboliese beeld en dui op die gedugtheid van die vyand wat nie andersins aan bande gelê kan word nie.

Geen mens het die mag om hom te bind nie. Luister na die opeenhoping van lelike name wat hy het - draak, ou slang, duiwel, Satan. Alleenlik Christus is by magte om hom te bind omdat Hy met sy opstanding uit die dood die Satan oorwin het. Daarna het Jesus sy engel gestuur om die Satan in sy Naam te bind. Christus is uiteraard die Sleuteldraer wat oop- en toesluit.   Openb.12 is ’n parallelle gedeelte met die Satan wat neergewerp word.

Hoe is dit moontlik dat die Satan gebind kan wees, as hy oënskynlik so los rondloop? Ons moet een ding begryp: Satan is ingeperk, maar nie magteloos nie. Openb.20:3 gee die leidraad: “….sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duidend jaar voleindig is nie…”

Wie is hierdie nasies? Want hierdie binding het spesifiek op hulle van betrekking. In die lig van vers 7-8 is dit groeperinge van nie-christelike nasies. Die Satan word nie toegelaat om nie-christelike nasies teen die kerk aan te hits en die Evangelie te skaad nie.  Want dis mos wat Satan wil doen – hy wil die kerk en sy boodskap vernietig deur nasies teen God aan te hits: “Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (Ps.2:1-3). Gelukkig werk dit net gedeeltelik want Satan is geboei.

By geleentheid het Jesus ’n kort gelykenis vertel wat Openb.20 verduidelik. “Of hoe kan iemand in die huis van ’n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie?....” (Mt.12:29). Die Griekse woord wat hier vir boei gebruik word, word ook in Openb.20:3 vir bind gebruik. Jesus het die sterk man (Satan) geboei. Dit het met sy opstanding uit die dood gebeur sodat Satan nie die kerk kon vernietig en nasies as geheel mislei nie. Was dit nie daarvoor nie, sou geen sendingwerk gedoen kon word en die kerk ook nie gevestig kon word nie. Satan is nie by magte om die kerk te vernietig nie.

“Hou Christus self sy kerk in stand – vergeefs die hel se woede. As Here aan God’s regterhand, regeer Hy ons ten goede. Hy is in alle leed steeds tot ons hulp gereed, bewaak die Christendom en waar die vyand kom, stuit Hy die bose woede” (Ges.266:1).

Net voor Jesus se wederkoms gaan die wêreldtoneel drasties verander. Satan gaan losgemaak word om vir ’n baie kort tydjie volke en nasies teen die kerk te laat saamspan.  Dit gaan ’n pynlike dog noodsaaklike siftingsproses wees. Baie kerkgangers gaan geweeg en te lig bevind word.

Wanneer hierdie kort tydjie begin weet niemand nie. Dit begin sodra Christus al sy uitverkorenes (ware kerk) vergader het. Die getal uitverkorenes wat by die grondlegging van die aarde af vasgestel is, sal dan vol wees; die simboliese 144,000 van Openb.16.

Hierdie moeilike tyd wat met die loslating van die Satan begin, is die groot verdrukking waarvan Jesus in Mt.24 praat.   Gelukkig duur dit nie baie lank nie, anders sou niemand gered word nie.

Die leer van die Duisendjarige vrederyk is vreemd aan die Skrif en derhalwe ’n dwaling.   Wie dit glo, glo uiteraard nie in een nie, maar twee wederkomste. Hierdie dwaling leer dat Jesus ’n vrederyk op aarde kom stig en vir ’n 1000 jaar daaroor sal regeer.   Daarna gaan Hy terug hemel toe om later as Regter te kom oordeel – twee wederkomste. Dis geheel vreemd aan die Skrif. Daarbenewens praat die Skrif nêrens van ’n duisendjarige vrederyk as sodanig nie. Hierdie benaming is ’n suiwer sektariese afleiding sonder ’n greintjie van waarheid.

Elkeen wat wil weet hoe die einde gaan wees, moet Mt.24 lees. Jesus gee die presiese volgorde waarin die dinge van die laaste dae gaan verloop. Johannes herhaal dieselfde volgorde in Openb.6. Daar is geen wegraping of duisendjarige vrederyk nie.

            

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1714 gaste aanlyn