NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Woorde is magtig en kan ander baie gelukkig of baie seer maak. Woorde is ook openbarend oor wie jy werklik is. Jou karakter skyn sommer gou deur jou woorde. Wees versigtig wat jy sê – jy het 'n veranderwoordelikheid teenoor ander sowel as teenoor jouself. Dink vóór jy praat, en wees daarmee anders as die meeste mense wat onnadenkend leef.

DIE WEDERKOMS (3)

Ds A.E. van den Berg

” Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag” (2 Pet.3:8)

Niemand weet op watter dag en datum Jesus weer aarde toe kom nie. Jesus sê in sy profetiese Rede dat selfs die engele in die hemel nie eens weet wanneer Hy weer kom nie. Al wat gelowiges moet doen, is om Jesus se belofte vas te hou en nooit te twyfel dat Hy vir seker weer sal kom nie.

Kort voor sy kruisiging sê Hy vir sy dissipels: “ Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh14:1-3).

Petrus vat in die gelese gedeelte alles wat gelowiges oor die eindtyd moet weet in 'n neutedop saam. Eerstens dat ons reeds in die eindtyd is; iets wat met Jesus se eerste koms na die aarde begin het. Ons jaartelling getuig immers daarvan. Die geskiedenis word in 'n voor Christus - en 'n na Christus-era verdeel en sodoende word van Jesus die snypunt van die geskiedenis gemaak. Die Hebreër-briefskrywer skryf: “Nadat God baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het… het Hy in hierdie laaste dae tot ons gepreek deur die Seun”(1:1).

Die eerste gelowiges het die wederkoms baie gou verwag. Toe jare verloop en niks daarvan gebeur het nie, het sommige ernstig begin twyfel of Jesus werklik weer sou kom en of hulle sy uitsprake oor sy wederkoms nie miskien anders moes verstaan nie. Daar was destyds ook spotters, miskien ook in eie kerk-geledere, wat gesê het: “Waar is die belofte van sy wederkoms?” Daar gebeur dan niks nie!

Petrus geageer op hulle spot-vraag deur na die verlede terug te kyk; en baie ver ook; terug tot by die dae van Noag wat gedurig onder spotters deurgeloop het toe hy jare lank aan 'n reuse boot ongeveer 700 km van die naaste see af onverpoosd gebou het.

In 2 Pet.3:7 raai Petrus sy lesers aan om altyd terug te kyk na wat God in die verlede gedoen het. Die spotters het hul nie aan Noag se waarskuwings gesteur nie totdat dit op 'n bepaalde dag onophoudelik begin reën en die ganse mensdom, op agt na, almal in die vloed omgekom het.  

Dat Jesus nog nie weer teruggekeer het nie, beteken nie dat Hy sy belofte verbreek het nie. As God almagtig, hou Hy altyd sy woord. Vir sy wederkoms het Hy, net soos destyds met die sondvloed, 'n bepaalde dag bepaal waarvan net Hy weet. Gevolglik roep die Bybel gelowiges telkens op om met volgehou afwagting Jesus se tweede koms te verwag. Daardie dag is vandag baie nader is as toe Hy die uitsprake gemaak het. Daar sal weer spotters wees en weereens lelik tweede kom!  

In 2 Pet.3:8 sê Petrus iets belangrik wat gelowiges altyd in gedagte moet hou. God beskou tyd baie anders as die mens. So is 1000 jaar vir Hom soos een enkele dag. Gelowiges moet hul horlosies as te ware met dié van God sinchroniseer om die dinge van die eindtyd te kan verstaan. Ons moet by Hom aanpas en nie Hy by ons nie.

Moet dus nie spekuleer oor wanneer Hy weer kom nie. Ons moet eerder soos Noag by mense aandring om hulle vir daardie dag gereed te kry.

Dink aan Jesus se waarskuwing in die Gelykenis van die Tien Maagde:“ Later kom toe die ander maagde en sê: Meneer, Meneer, maak vir ons oop! Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie. Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie” (Mat 25:11-13).

Petrus gee in vers 9 'n belangrike rede waarom die wederkoms nog nie plaasgevind het nie. Jesus talm omdat daar nog te veel leë sitplekke aan die feesmaal-tafel is. Aan die einde van die tyd wag daar op gelowiges 'n hemelse feesmaal.   Al die plekke aan die feesmaal-tafel moet eers gevul word alvorens Jesus kom. Een ding moet ons weet: God het nie mense vir die hel bestem nie, maar vir 'n hemelse feesmaal. Alvorens hierdie getal nie vol is nie, kom Jesus nie.

Petrus noem in vers 12 iets belangrik nl. dat die wederkomsdatum nie vas en onveranderlik is nie. Gelowiges kan dit derhalwe deur hul getuienis verhaas of vertraag. Getuienis bring die dag van die wederkoms as’t ware nader. Hoe meer mense tot bekering kom, hoe gouer word die sitplekke vol en kan die fees begin.

Hierdie waarheid roep gelowiges tot volgehoue, ernstige getuienis op. Ons kan die feesmaal vol en die tyd korter praat. Gevolglik rus die eindtyd op twee pilare – die eerste is Jesus se hemelvaart en die tweede sy wederkoms. Deur getuienislewering en bekerings skuif hierdie twee pilare nader aan mekaar. Hoe meer laks ons is, hoe verder skuif hul van mekaar af weg.

In vers 13 sê Petrus dat gelowiges op pad na hul ewige adres is; dié van die fees-saal in die hoofstraat van die nuwe Jerusalem. Dis die Vaderhuis waarvan Jesus in Joh.14 praat. Hierdie heerlike vooruitsig moet gelowiges so opgewonde maak dat hulle amper nie dag kan afwag nie! Gelukkig is die uurglas van die lewe besig om vinnig te sak en die tyd vir die feesmaal al hoe nader te bring.

Ons het gehoor wat mense oor Jesus se wederkoms sê, maar wat sê Hy self daaroor?

In Mat 24 vra die dissipels van Hom 'n aanduiding oor hoe ver die wederkoms nog is.  Jesus noem geen datum nie, maar sê slegs dat die tydperk net voor die wederkoms deur onaangename gebeure met 'n geweldige impak op die mensdom gaan hê. Dis ook nie net tot een geslag beperk nie, maar sal herhaaldelik oor die hele wêreld voorkom tot op die dag dat Jesus op die wolke kom. Gelowiges sal in hierdie tyd opnuut besef dat hulle slegs pelgrims op die aarde is.

Jesus waarsku dat daar booswigte na vore sal kom wat daarop aanspraak sal maak dat hulle die beloofde Messias is, mense mislei en duisende volgelinge sal hê. Verder sê Jesus dat sy koms so omvangryk sal wees, dat dit wêreldwyd waargeneem sal word.

'n Paar jaar gelede lees ek van 'n teoloog wat hierdie belofte van Jesus betwyfel en sê omdat die aarde nie plat nie maar rond is, dit vir Jesus onmoontlik sou wees om deur almal om op een tydstip wêreldwyd gesien te word. Hierdie man het duidelik met God se skeppingskrag 'n probleem. Het God dan nie die aarde uit niks geskep nie?

Wat kan wonderliker as dit wees? Indien dit vir Hom moontlik was om die aarde uit niks te skep, waarom sal dit nie vir Hom moontlik wees om sy Seun so te laat verskyn dat elke mens dit op die selfde tydstip sien nie?        

Wat moet gelowiges wat werklik na Jesus se wederkoms uitsien in tussentyd doen? Maar sommetjies maak en oor die dag en datum daarvan spekuleer? Nee, ons moet op ons pos wees en geduldig op ons hemelse bruidegom wag. Ons mag nie soos die vyf dwase maagde wat ook op die bruidegom se koms gewag het, maar nie gereed was nie, onkant betrap word nie. Ons moet soos die vyf verstandige maagde aktief op Jesus wag om aan die einde te hoor: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal Ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer” (Mat.25:21).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2217 gaste aanlyn