NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God het ons nie die lewe gegee om dit so ver as moontlik uit te rek nie.  Hy het ons die lewe gegee as ʼn geleentheid om vir die ewigheid voor te berei.

ADINA SE BRIEWE (5)

Dr JP Botha

Lees reeks by Adina se briewe

By die Galilese See

Daar het 'n paar maande verloop voordat Adina uiteindelik weer van haar besige en geleerde vader 'n brief van Alexandrië af ontvang het.  Die rabbi was skynbaar half onwillig om duidelik uitspraak te gee op al die gretige en dringende vrae wat sy dogter aan hom gestel het.  Hy het in sy brief dit maar net weer beklemtoon dat die Messias, wat reeds al so lank deur die Joodse volk verwag word, 'n indrukwekkende, invloedryke militêre figuur sal wees.  Hy sal  Israel se vyand verpletter, voordat hy die troon in Jerusalem bestyg en met die glorie van 'n koning Dawid oor sy volk sal regeer.

Adina het in 'n effens ontmoedigde trant aan rabbi Efraim geskryf:

Aan my hooggeëerde Vader

Ek dank u uit my hart vir die baie welkom brief wat ek uiteindelik van u ontvang het.  Ek begryp dat u by die universiteit baie werk het om te doen en nie elke week aan u dogter in Jerusalem kan skryf nie.

Ek kom agter dat ek met my vorige brief aan u nie daarin geslaag het om Jesus aan u voor te stel as 'n Persoon wat deur God gestuur is nie.  'n Gewone mens is nie in staat om te doen wat Hy doen nie.  Ek wil graag vir Pappa nog baie meer van Hom vertel, sodat u beter oor die feite kan oordeel.

Hy het nadat Hy met sy dissipels die bruilof te Kana bygewoon het, by sy tuisdorp Nasaret aangegaan en daarna na die Galilese See vertrek en voorlopig in die stad Kapernaum tuisgegaan.  Hy het toe nie begin om soldate bymekaar te maak om die Romeine te gaan aanval nie, maar begin om al sy aandag daarop toe te spits om die mense wat daarheen begin stroom het, meer van die koninkryk van God te vertel en te waarsku om nie meer sonde te doen nie.

Pelgrims uit Galilea vertel dat Hy 'n rukkie gelede met 'n paar duisend mense gepraat het.  Dit was teen die berghang by die see.  Hulle het van die hele Judea en hier van Jerusalem en van Tirus en Sidon af gekom.  Baie van hulle wou graag aan Hom raak, want hulle het gekom om van hulle kwale genees te word, omdat hulle gehoor het dat Hy siekes gesond kan maak.

Ja Vader, dit is die waarheid.  Jesus doen wonderlike dinge daar in die omgewing van die Galilese See.  Sy dissipel, Simon Petrus, se skoonmoeder het in haar huis in Kapernaum siek gelê.  Jesus het haar met die hand aangeraak en sy het dadelik gesond geword.

Daar teen die berghang langs die Galilese See het Hy met sy dissipels en die skare oor die koninkryk van God gepraat en vertel hoe ons moet lewe om dit te beërwe.  Hy het gesê dat Hy nie gekom het om die wet van die Here en die geskrifte van die profete te ontbind nie, maar om dit te vervul.  Toe het Hy vir die skare begin leer hoe om volgens die wil van God te leef.

Ek skrywe vir u net van 'n paar van die wonderlike dinge wat die pelgrims vir ons kom vertel het, wat Hy gesê het:  "As jou regterhand jou laat struikel, kap dit af, sodat jou hele liggaam nie in die hel gewerp word nie....As iemand jou dwing om 'n kilometer ver saam met hom te loop, moet jy tweemaal so ver saamgaan....Julle moet julle vyande liefhê, sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is....As jy liefdadigheid bewys, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie....Julle Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra....Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie....Kyk hoe voed julle hemelse Vader die voëls van die hemel.  Is julle nie baie meer werd as hulle nie?  Moet julle nie kwel oor wat julle moet eet of drink of aantrek nie, want julle Vader weet dat julle dit alles nodig het.  Soek eers die koninkryk van God en daarna sal julle al hierdie dinge ontvang....Bid, en vir julle sal gegee word; klop, en vir julle sal oopgemaak word....Elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word...."

Pappa, dit en baie meer het Hy vir die skare daar gesê.  Toe ek dit alles hoor, het daar 'n lig vir my opgegaan.  Ek het besef dat Hy nie gekom het om ons van ons fisiese vyande te verlos nie, maar dat Hy beslis die gestuurde Messias van God is, wat ons volk van sy menigvuldige sondes moet verlos en ons moet onderrig en voorberei om geregverdig in die koninkryk van die hemel in te gaan.  Vader weet self dat ons nie in staat is om al die bepalings van die wet te onderhou nie en dat ons maar gedurig daarteen oortree.  Ek glo dat Jesus gekom het om vir ons die pad buite die wet om, na die hemel aan te dui.

Die pelgrims uit Galilea het vir ons die wonderlikste verhale kom vertel van wonderwerke wat Jesus daar in die omgewing gedoen het.  Hulle sê toe Hy met sy dissipels van die berg afgekom het, het daar 'n melaatse man voor Hom neergeval en gesê:  "Here, as U wil, kan U my gesond maak."  Jesus het gesê:  "Ek wil;  word gesond."    Dit het dadelik gebeur!

Daarna was Hy met sy dissipels oppad na Kapernaum, waar Hy tuisgegaan het.  Daar het 'n Romeinse offisier by hulle gekom en gevra dat Jesus tog asseblief sy slaaf wat by sy huis verlam gelê het, moet gesond maak. Jesus het dit gedoen sonder om die sieke te gaan besoek.

Dit is duidelik dat daar 'n goddelike mag in Hom heers.  Hy het met sy dissipels in 'n skuit gaan klim om oor die meer na die land van die Gadareners te vaar.  Onderwyl hulle daarheen roei, het Jesus gaan lê en aan die slaap geraak.  Die kalm see het na 'n rukkie baie onstuimig geword en groot golwe het oor die skuit geslaan.  Die beangste dissipels het Jesus wakker gemaak en geroep:  "Here, red ons, ons vergaan!"  Jesus het opgestaan en met die wind en die see gepraat, waarna daar 'n groot stilte gekom het.  Almal het met groot ontsag na Hom gestaar en gevra:  "Wat se soort mens kan Hy tog wees dat selfs die winde en die see aan Hom gehoorsaam is?"

Hulle het die oorkant van die meer bereik en in Gadara gekom.  Tussen die grafte langs die pad, het twee duiwelbesetenes rondgedwaal.  Hulle het op Jesus afgestorm en geskree:  "Gaan weg, Jesus, Seun van God!  Ons wil niks met U te doen hê nie!  Waarom het U hiernatoe gekom?  Wil U ons nou al voor ons tyd kom pynig?"

Dit was 'n klomp duiwels wat deur die twee se monde gepraat het.  Hulle het Jesus gesmeek om hulle nie na die onderwêreld te stuur nie, maar hulle toe te laat om in 'n klomp varke te vaar wat daar naby gewei het.  Op Jesus se woord het dit gebeur.  Die besete varke het die krans afgestorm en in die see verdrink.  Die eienaars het nie baie gelukkig gevoel nie en het vir Jesus gevra om uit hulle land weg te gaan.  So het hulle stoflike verlies 'n baie groter geestelike verlies geword, toe hulle die verkondiging van die Woord van die Here versmaai het.

Ek wil graag nog verder vir u vertel van nog meer wonderlike dinge wat plaasgevind het waar Jesus met sy dissipels beweeg.  Toe Hy weer in Kapernaum kom, was daar 'n aantal skrifgeleerdes en Fariseërs wat spesiaal van Jerusalem af gekom het.  Hulle het saam met die mense beweeg wat van plek tot plek agter Jesus aangeloop het om te hoor wat Hy sê en te kyk wat Hy doen.  Pappa, dit maak my hartseer om vir u te vertel dat hierdie geëerde leiers van ons volk nie goedgesind teenoor Jesus is nie en gedurig probeer om Hom kwaad aan te doen.

Die groepie van hulle wat Hom by Kapernaum ingewag het, het 'n man met 'n gebreklike hand by hulle gehad en wou van Jesus weet of 'n mens iemand op Sondag mag gesond maak.  Jesus vra toe vir hulle of hulle hul enigste skaap wat op Sondag in die put val, sou uithaal, of maar sal toelaat dat hy verdrink.  Hulle wou Hom nie antwoord nie.  Toe sê Jesus vir hulle:  "Hierdie man is veel meer werd as die skaap wat julle beslis op Sondag uit die put sal haal, al wil julle My nie antwoord en dit erken nie.  'n Mens mag op Sondag goed doen."  Hy het die man beveel om sy gebreklike hand uit te stoot.  Dit het oombliklik herstel en die genesing was volkome.

Maar Pappa, ons geëerde Fariseërs het hierdie genesingsdaad van Jesus nie waardeer nie.  Hulle het Hom nydig aangekyk met moordlus in hul oë.  Waarom is hulle so hatig teen Hom?  Hulle behoort mos as die leiers, innig dankbaar te wees dat Jesus soveel goed  aan ons volk doen.  Hulle behoort hartlik met Hom saam te werk.

Maar laat ek nog meer vertel wat die wonderlike Jesus daar in Galilea doen.  Hy gaan met sy dissipels van dorp tot dorp, van Kapernaum na Betsaida, na Gennesaret en Kana, na Dalmanuta, Tiberias en Nain en preek in hulle sinagoges dat hulle hul tot God moet bekeer.  Hy drywe duiwels uit die besetenes en genees die mense van al die kwale wat hulle teister.

En nou, liewe Vader, wil ek vir u van 'n gebeurtenis vertel wat daar naby Kapernaum plaasgevind het.  Nadat ek dit gehoor het,  twyfel ek gladnie meer daaraan dat Jesus die beloofde Messias is wat Jehova vir ons gestuur het nie.  Die hoof van die sinagoge op Kapernaum  -  sy naam is Jaïrus  -  het na Jesus aangehardloop gekom toe Hy met sy dissipels op die punt gestaan het om na die Galilese See te loop.  'n Aantal mense wat daar rondgedwaal het, het hulle so toegepak dat hulle skaars kon beweeg.  Jaïrus het tussen hulle deurgevleg en voor Jesus op sy knieë neergeval en Hom gesmeek om na sy huis te kom en sy dogtertjie wat baie siek is, gesond te maak.  Jesus was gewillig en onderwyl hulle in die gedrang probeer om sy huis te bereik, het Jesus gevoel dat daar krag uit Hom uitgaan.  Hy het gaan staan en gevra wie aan Hom geraak het.  Daar het 'n vrou uit die skare te voorskyn gekom en deur haar trane heen erken dat dit sy was en dat haar kwaal van bloedvloeiing  waaraan sy soveel jare lank gely het, oombliklik genees is.  Is dit nie wonderlik nie?

Die skare het vir Jesus en Jaïrus so opgehou dat hulle nie kon vorder nie.  Toe kom daar boodskappers aan wat vertel dat Jaïrus se dogtertjie gesterf het en dat hy nie vir Jesus langer moet lastig val nie.  Maar Jesus het hom bemoedig en saam met hom na sy huis gegaan.  Die rouklaers het Hom uitgelag toe Hy vir hulle sê die kind is nie dood nie, maar sy slaap.  Hy het haar hand geneem en gesê:  "Dogtertjie,  Ek sê vir jou, staan op!"

Die lewe het dadelik in die dooie kind teruggekeer.  Sy het opgestaan en is deur haar vader omhels, wat oorstelp van blydskap was.  Almal was uitermate verbaas, want niemand het nog ooit gesien dat iemand wat gesterf het, uit die dood opgewek word en weer lewendig word nie.

Pappa, hierdie groot wonderwerke het Jesus gedoen.  Ek twyfel nou gladnie meer daaraan dat Hy die Messias is wat deur God gestuur is om ons te kom verlos nie.  Hoe Hy dit gaan doen, weet ek nog nie, maar as Hy dooies kan opwek, kan die almagtige God mos enigiets deur Hom doen.  Skrywe asseblief vir my of Pappa met my saamstem.

Die Fariseërs wat gesien het hoe Jesus bose geeste uit die geteisterde mense uitdryf, het gesê dat Hy die duiwels deur die owerste van die duiwels uitdryf.  Is dit nie verskriklik nie!  Dit is mos die Gees van God wat in Hom werk en nie die satan nie!

Daar het op dieselfde dag wat die dogtertjie van Jaïrus uit die dood opgewek is, nog meer kragdadige wonderwerke deur sy hand plaasgevind.  Op pad terug na Kapernaum, het twee blindes vir Jesus ingewag en Hom gesmeek om hulle gesond te maak.  Hy het hulle oë aangeraak en daarna kon hulle weer sien!  Die mense het ook 'n stom man na hom gebring wat van die duiwel besete was.  Nadat Jesus die duiwel uitgedryf het, het die stomme weer begin praat!  Die duiwel kan nie duiwels uit 'n mens dryf nie; net God alleen kan dit doen.  Stem Pappa saam?

'n Paar dae na hierdie merkwaardige gebeurtenisse, was Jesus met sy dissipels op pad na die stadjie Nain, wat 'n hele endjie suid-wes van die Galilese See geleë is.  Soos wat nou gereeld gebeur, het 'n hele klomp mense hulle agterna gesit en vergesel.  Toe Jesus naby die poort van die stad kom, kom Hy op nog 'n aantal  mense af wat besig was om 'n dooie na die begraafplaas te dra.  Dit was 'n jong man, die enigste seun van 'n weduwee.  Toe Jesus haar sien, het Hy haar baie jammer gekry.  Hy het die draagbaar aangeraak en die seun beveel om op te staan.  Die dooie het regop gaan sit en begin praat!  Almal was uiters verbaas en baie het uitgeroep dat 'n groot profeet onder ons opgestaan het en dat God sy volk besoek.

Soos wat ek alreeds aan u geskryf het, glo ek nie net dat Jesus 'n groot profeet is nie, maar dat Hy waarlik die beloofde Messias is wat gekom het om sy volk te red.  Ons hoor elke dag hier in Jerusalem van die kragtige dade en wonders wat Hy daar in Galilea verrig.  Ek en Salóme wil so graag daarheen gaan om Hom met ons eie oë te sien en te hoor hoe Hy die Woord van die Here aan die skare verkondig.  Oom Simon het tot ons vreugde toegestem dat ons daarheen mag gaan.  Hy bied vir ons sy gerieflike muilewa aan en 'n getroue slaaf as drywer.  Ek wens en kan Jesus self ontmoet en persoonlik met Hom praat.  Sal dit nie wonderlik wees nie!

Van u liefhebbende dogter  Adina.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 5962 gaste aanlyn