Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Halfhartigheid is een van ons grootste sondes. In halfhartige bekering sterf die ou mens maar staan weer op. In ware bekering met die krag van die Heilige Gees sterf die ou mens en die nuwe mens staan in Christus op. Satan probeer hard om ons in eie krag te laat opstaan sodat ons na hom kan terugkeer in sonde. Gee aan die duiwel geen plek en bely en laat staan voor die Here elke dag opnuut in sy krag.
GODDELIKE WAARSKUWINGS (2)
Hierdie reeks handel oor visioene van verskeie persone, hoofsaaklik oor Suid-Afrika.
Hier volg nog gesigte van Kobus Strauss van Rustenburg:
9 Junie 1994
Ons bly in 'n huis of woonstel en ek sien mense buite rondstaan en beduie. Ek gaan uit en moet deur 'n ry bome aan die westekant van die pad na die tuinhekkie gaan. Ek sukkel om deur die laaste bome by die tuinhekkie te gaan, so al asof die takke my terughou. Ek kyk in die rigting waarheen die mense beduie en daar op die horison is donker onweerswolke en vyf orkane met hulle draaikolke tot teen die wolke. Een orkaan breek weg en kom na die dorp se kant toe en ek kan met die eerste rukwinde voel hoe hy met sy verwoestingswerk begin.
April 1995 - Die dood van die waarheid:
Ek is in 'n veld waar kort grassies hier om my brand. Ek is in 'n voetpaadjie en daar is rante om my. Hier by my brand slegs die kort grassies maar agter die rantjies brand groot, verwoestende vure wat ek kan hoor hoe knetter dit. Ek vlug en kom voor 'n leë huis te staan. Ek voel vasgekeer en kan nie verder vlug nie.
Augustus 1996
Ek kyk na buite en sien daar staan 'n huis op lang houtpale. Daar kom ' n wind op en die huis wieg al hoe meer op die pale totdat hy op die grond val en amper ook op die huis waarin ons bly – die huidige regering met sy swak fondasie is van die begin af verdoem maar in sy valproses gaan ons blankes seerkry, daarom dat hy amper op 'ons huis' val.
17 Mei 1996 – Die finale oorlog?
Ek is agter 'n groot swart slang aan wat ek wil skiet. Ek skiet hom met 'n haelgeweer en skiet sy stert af. Ek bly hom agtervolg en skiet sy middellyf af. Die kop en res vlug en ek kan hom nie in die hande kry nie.
22 Junie 1996 – Blanke Amerikaanse hulp?
Dit is nag en 'n swart beer jaag my. Naderhand is die vrou en kinders ook by. Ons is vasgekeer aan die bokant van 'n hoë gebou en ons is beangs en vlug met 'n leer na onder en die beer agterna. Skielik is dit asof iemand die ligte aanskakel en ek hoor stemme in Engels met 'n Amerikaanse aksent. Ek roep om hulp en hulle antwoord en skielik is ons buite in die helder sonlig. Blankes staan met gewere in 'n ry en wys vir ons die rigting om te vlug.
21 Junie 1996
Asof vanaf 'n groot hoogte sien ek geweldige aardbewings en oorstromings in Japan. Ek hoor hoe gil en skreeu die mense beangs en hoe die geboue inmekaartuimel en hoedat geweldige branders alles oorstroom.
Hierdie gesig was besonder duidelik, soveel so dat dit my lank gehinder het en ek letterlik bly hoor het hoe gil en skreeu die mense.
Later weer meer van Kobus se visioene.
Hier volg gesigte van H van Staden:
Ek bid gedurig dat die HERE die volk moet roep tot verootmoediging sodat Hy ons sal vergewe, begenadig en verlos. Ek is gebore in Suidwes-Afrika, Arionsvlei, en ek was in 1999 reeds 82 jaar oud. My eerste visioen was in
Augustus 1939:
Tydens my verblyf in Durban by Hansie en Joekie du Preez te Umbiloweg 83, het ek die aand van 14 Augustus 1939 die volgende beleef:
Ons was besig met rangeerwerk toe my leier, oom Doep, my stuur om die wissels te gaan regstel. Ons moet 10FZ graanbogies (skameltrokke) omneem na die kaai na die graansuier waar skepe gewag het om uitvoermielies in te neem. Ek was onder die voetganger-oorbrug besig om die laaste stel wissels vir die uitwykspoor na die graansuier te stel toe ek skielik 'n geweldige kanongebulder hoor. Huilende bomme, masjiengeweervuur en bomwerpers en vegvliegtuie was te hoor iewers ver bokant my in die lug. Ek het ook 'n ding gesien wat van die Franse kus na die Engelse kus oor blits maar kon dit glad nie verstaan nie. Net daarna was ek skielik hoog bokant 'n stad in Duitsland waar honderde Britse bomwerpers 'n onbewapende en weerlose stad aangeval het; ek het gesien hoe duisende lyke op hope gedra en verbrand is. Later die nag toe ek oom Doep van my ervaring vertel en byvoeg daar kom 'n oorlog, het hy gedink daar is fout met my!
Maar op die oggend van 3 September 1939 het ek in 'n fietswinkel gestaan toe daar 'n Engelse koerant lê met die voorbladberig: "Bombs ons Warsaw".
Toe ek vir oom Doep gaan sê daar kom oorlog, toe sê hy: "Man, jy loop in jou slaap." Die oorlog het uitgebreek en die eerste keer toe ons weer saam aan diens kom, het hy kopskuddend gesê: "Van Staden, jy het geloop en droom, maar wragtig raak gedroom!"
Ek het eers later besef die ding wat oor geblits het van die Franse kus na Engeland, die eerste Duitse V-vuurpyl was. Vier jaar later in 1944 het ek besef ek het ook daardie nag Dresden se vernietiging gesien.
April 1970 – My tweede visioen
Ek het in die nag van 27 April 1970 op my voorstoepie gesit want daardie jare met die begin van die Boere-politieke krisis en skeuring kon ek byna nie slaap nie. Ek sien toe meteens 'n tou baie kilometers lank wat van die grond af vanuit die suide tot bo in die Noorde gespan is. Aan die tou het honderde vlae gewapper. Die wind het sterk van oos na wes gewaai. Die Unievlag was in die middel van die ry. Al die vlae het van oos na wes gewaai, net die Unievlag het teen alle natuurwette in teen die wind in gewapper. Heelbo aan die punt het ek 'n baie vreemde vlag gesien en ongeveer 3 meter verder sien ek toe die Vierkleur wat duidelik waarneembaar lustig op sy eie wapper. Eers na baie jare het besef die vreemde vlag was die ANC-SAKP-vlag.
Van Staden het nog 'n hele paar visioene gehad maar ons volstaan hier met sy laaste een:
22 Oktober 1995
Ek is in 'n klein gereedskapkamertjie waar ek verskillende stukke gereedskap moet uitsoek om te gebruik. By my is Mandela in verslete klere. Hy is my handlanger. Ek gee instruksies aan hom: "Jy moet die regte goed uitsoek, ek is netnou terug." Dit was al skemer, en toe word dit skielik verskriklik donker sodat ek nie meer my hand voor my oë kon sien nie. Ek gaan toe uit die vertrekkie na buite, en daar sien ek in die paadjie voor my 'n groot stormlantern. Die vlammetjie is nog daar maar baie swak en dit rook baie en die helfte van die pit is in die lengte verkool. Ek oorweeg dit om die verkoolde stukkie pit af te sny maar besluit daarteen uit vrees dat die vlammetjie sal doodgaan. Ek skud die lantern en besef dat die paraffien amper gedaan is. Ek sien toe 'n bottel paraffien maar weet nie waarvandaan dit so skielik gekom het nie. Ek gooi dit in die lantern, en die vlam brand weer hoog. Ek kan nou baie duidelik sien. Dit word toe helder lig maar ek hou die lamp brandend en stap terug na die vertrekkie met die lamp in my hand.
Oppad na die kamertjie staan ek skielik op 'n hoë bult en van onderuit die vlakte kom 'n reusagtige rooi bees na my toe aangehardloop. Hy is so groot dat hy nie deur 'n 6 voet 8 duim-kosyn sal kan gaan nie. Ek sien sy kolossale kop, ongeveer so lank soos ekself. Toe hy die lantern in my hand sien, steek hy vas en gluur my met bloedbelope oë aan. Ek tel 'n klip in my regterhand op en hy neem dadelik die loop. Toe hy van my af wegvlug, sien ek sy stert is af; net soos die stompie van 'n mofskaap s'n. Ek sien toe op sy rug sit 'n vrou en haar dogter, altwee ook in rooi aangetrek. Iemand sê aan my 'Hulle sal dit nooit maak nie. Hulle sal blikners wees voordat hulle anderkant uitkom, hulle kan maar opgee...'
Toe ek in die kamertjie terugkom, was Mandela buite besig om my bakkie te steel. Hy probeer wegjaag maar vat sy draai te kort en ry hom te pletter teen 'n dik ysterpaal.
Die visioen begin wanneer die Blanke nog in beheer van sake is. Mandela is verteenwoordigend van die swartes. Die skielike donkerte wat toesak is die toestand ná oorname van die ANC. Uitgestoot buite het die Blanke nog sy morele krag, die lantern, om hom te dra maar sy posisie is haglik.
Wanneer dinge op sy ergste is kom daar baie skielik bonatuurlike redding. Toegerus met 'n stormlantern wat helder brand keer die Blanke terug na die kamertjie om weer sy plek as heerser in te neem. Maar oppad daarheen word hy bedreig deur die kommunistiese magte. Die Boer is egter op hierdie stadium gewapen en vreesloos en voordat alles handuitruk slaan die bul op die vlug. Die bul se stompstert vertel dat hy skadeloos is. Die rooi-geklede vrou en haar dogter, die kommunistiesgesinde Katolieke Kerk met sy 'dogter-kerke', gaan ook van die Suid-Afrikaanse toneel verdwyn.
Mandela wat hom buite die kamertjie begeef, het reeds as leier uitgetree maar in 'n desperate poging om vir oulaas die Blanke te benadeel, sal die swartes roekeloos en op groot skaal diefstal en moord pleeg – maar juis dít sal tot hulle eie vernietiging lei wanneer die bakkie in 'n ysterpaal te pletter jaag.
Ons kyk volgende keer na die profesiekongresse wat onder leiding van Zunata Kay in Transvaal gehou is...