Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ongelowiges kan nooit goeie volksleiers wees nie omdat dit wat vir die Evangelie skadelik is, ook vir ‘n volk skadelik is.
GENADEWATER
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Dié verhaaltjie speel af in ‘n landelike gebied waar ‘n gesin op ‘n plaas woon. Die hele gebied loop erg deur onder ‘n uitmergelende droogte. Sake word vererger deur ‘n hittegolf wat hom in die gebied kom staanmaak het, wat lewe in die gebied amper ondraaglik maak. Op die lande staan die gesaaides inmekaar gedraai van die hitte, die melkbeeste strompel moeg-moeg oor die dorre grasveld heen. Melkproduksie het feitlik tot stilstand gekom en die suipings is byna opgedroog. Die bietjie wild wat nog op die plaas voorkom kry ook bitter swaar en skuil bedags onder bome om van die ergste hitte weg te kom.
By die plaasopstal het ‘n klein seuntjie ‘n buitekraan oopgedraai om homself met die koel water uit die tuinslang af te koel. Toe sy pa dit sien, is hy ligweg berispe en is daar aan hom verduidelik dat die watervoorraad op die plaas feitlik gedaan is en dat hulle onder geen omstandighede water mag mors nie. As dit nie nou binnekort reën nie, is dit verby met hulle, die diere én die gesaaides.
‘n Dag of wat later staan die ma in die kombuis, besig om skottelgoed te was. Sweetdruppeltjies pêrel op haar bo-lip en kort-kort moet sy die sweet wat langs haar slape koers kry, afvee. Sy tuur deur die venster en in die verte sien sy haar klein seuntjie aan die rantjie van ‘n digte bos, waar hy in die bos in trapsuutjiestap. ‘n Frons keep tussen haar oë. Voor sy nog verder daaroor
Sy
‘n Paar tree verder kom sy tot stilstand. Wat sy sien slaan haar stom. Sy
Sy wil gil van angs – hierdie diere het die vermoë om hom in ‘n oogwink te vermorsel – veral die bul. Tog is dit asof ‘n stem haar weerhou om te gil. Haar lyf is lam, haar keel droog. Sy sien hoe die koeie effens padgee om die kring oop te maak. In die middel van die kring sien sy ‘n jong wildebeeskalfie wat op die grond lê. Die versengende hitte het sy tol geëis en die kalfie lê verswak op die grond. Sy sien haar seuntjie naderloop en uit sy bakhandjies laat hy die laaste oorblywende druppels water in die kalfie se bek drup. Die bul en koeie laat hom begaan. Dan besef sy meteens dat hy die hele tyd probeer om met sy handjies water aan te dra vir die uitgeputte kalfie. Sy sien hoe hy opstaan en met mening weer die pad huistoe vat. Sy staan op vanwaar sy hom uit haar skuiling dopgehou het toe hy slegs ‘n paar tree voor haar is.
Hy skrik hom boeglam toe hy haar sien. Die eerste gedagte waaraan hy op daardie oomblik dink is sy pa se strenge vermaning dat hulle onder geen omstandighede water mag vermors nie. Nog voor hy
Terug by die huis haal sy ‘n klein emmertjie uit, tap dit vol water en kies saam met haar seun die pad bostoe. Toe sy by die plek kom vanwaar sy hom ‘n rukkie vantevore uit haar skuilplek dopgehou het, gaan sy staan. Sy gee vir hom die emmertjie water en beduie vir hom woordeloos om na die kalfie te gaan. Hierdie is amper ‘n heilige oomblik vir haar. Hier bly sy uit, dis SY oomblik hierdie. Wéér maak die koeie die kring oop en sien sy hom kniel by die kalfie wat homself stadig oplig en op sy wankelrige bene kom. Die kalfie begin suip.
Sy voel lou-warm trane in haar oë opwel wat langs haar wang afloop. Voor haar sien sy die mooiste daad van liefde en genade ontvou. Dis liefde en genade in aksie – ‘n eerste genade.
Dis asof tyd gaan stilstaan het. Hoe lank sy so gestaan en kyk het na die toneel wat voor haar afspeel, weet sy nie. Dit kon ‘n paar minute wees of dit kon ‘n ewigheid wees. Sy word tot die werlikheid teruggeroep met ‘n klomp dinge wat tegelykertyd gebeur. Haar eerste gewaarwording is dat die son agter wolke in verdwyn. Waar dit vandaan kom
Trane van dankbaarheid vloei oor haar wange. Sy neem haar seuntjie se hand in hare en draai woordeloos om, oppad terug huistoe. Voor hulle die huis haal plons vet druppels water uit die hemel neer – ‘n tweede genade. Dis so asof die Vader sy seën wil uitstort omdat ‘n klein seuntjie kom stilstaan het by nood.
Mag ons voetspore hierdie week getuig van stilstaanplekke by dié met wie ons paaie kruis. Mag dit getuig van deernis, liefde en begrip.
Ralph Waldo Emmerson het eenkeer gesê: “Die grootste geskenk wat jy kan gee, is ‘n stukkie van jouself.” Kom ons maak elke geleentheid ‘n gee-geleentheid.