Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die ses deurslaggewende faktore vir enige oorwinning is: visie; beplanning; 'n teiken, selfdissipline, groot verantwoordelikheid, en dan jy!
VOLKSVERRAAD... WAAROM?(12)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
Die boek Volksverraad het stelselmatig vorm begin aanneem. Adriaan Snyman het my op 'n keer oor voorbeelde van verraad genader. Ek het aan hom 'n uittreksel van my werk gegee. Hy was so erg geskok dat hy my drie dae later geskakel het en dadelik voorgestel het dat ons dit publiseer. Ek het op daardie stadium nie eens daaraan gedink om Volksverraad te publiseer nie. Adriaan het vir my gesê dat hierdie skokkende waarheid gepubliseer moet word omdat die volk die reg het om daarvan te weet. Dit was op geen stadium my bedoeling om mense te belaster nie. Mense wat hulle eie belange dien en baie gehad het om te verloor, het die boek egter as 'n ernstige bedreiging gesien. Die skryf van Volksverraad het my gelei tot een gevolgtrekking: ONS LEWE IN 'N LEUEN.
Kort na die verskyning van Volksverraad is 'n felle aanslag teen die publikasie geloods. Eers het dr Ferdi Hartzenberg, Daan du Plessis en Casper Uys 'n lastersaak teen my en Libanon Uitgewers aanhangig gemaak. Ds Mossie van den Berg van Radio Pretoria het selfs beweer dat ek vir Nasionale Intelligensie werk en poog om 'n verdeling in Afrikaner-geledere te bewerkstellig.
In November 1996 word die sogenaamde Aksie 1999 in Silverton geloods om eenheid in Afrikanergeledere te probeer bevorder. Volksverraad is waarskynlik in hierdie verband as 'n probleem getipeer.
Inligting afkomstig uit NI dui daarop dat hierdie Afrikaner-eenheidspoging gemik is om deel te wees van die ANC en die SAKP se nasiebouprogram op daardie tydstip. Dit is maw CIA – Nuwe Wêreldorde - geïnspireer. Hierdie poging was daarop gemik om versoening tussen die verskillende bevolkingsgroepe in die land se New Age-Rainbow-nation (internasionalisme) te bewerkstellig en Afrikanernasionalisme teen te werk. Dit blyk duidelik dat die Afrikanerbond (voorheen die Afrikaner Broederbond) 'n langtermyn-strategie volg. Hulle wag op die negatiewe uitwerking van vigs op die getalle van die swart- en gekleurde bevolking van Suidelike Afrika om hulle weer, in die toekoms, in die posisie te stel om die politiek en die ekonomie te domineer ten spyte van Neo-Amerikaanse imperialisme. Intussen blyk dit dat die Afrikanerbond die rol van 'n huigelaar ten opsigte van die land se nasiebouprogram speel. Dit is alles oë-verblindery.
Die boek het nie gestrook met hierdie verligte Afrikaner-eenheidsvisie vir SA nie. Dit blyk ook dat daar onder meer besluit is om my integriteit aan te val in 'n poging om die boek te diskrediteer.
Ek is kort na die afsterwe van my skoonvader sonder regsverteenwooriding in die Hartzenberg-lastersaak in geboelie. Hartzenberg, Du Plessis en Uys het die publikasie Volksverraad aangeval as 'n 'boek vol leuens', terwyl daar slegs in 'n paar bladsye na die drie vermeldes verwys word. Oor Radio Pretoria is beweer dat ek met Jaap Marais van die HNP saamgespan het om die Afrikaner te verdeel. Tienie Groenewald het in 'n geslote dokument aan die Vryheidsfront die standpunt gehuldig dat ek my titel as advokaat en my ou werksadres, die Nasionale Intelligensiediens, misbruik het om lesers te mislei. Hierdie brokkie disinformasie is net so ook deur adv E Bertelsmann namens Hartzenberg, Du Plessis en Uys in sy betoog tydens die hofsaak gebruik. Uitspraak is gedurende Maart 1997 deur Regter Mcreath in hulle guns gegee sonder dat ek getuig het. Genls Constand Viljoen en Tienie Groenewald het ons kort daarna ook gedagvaar. Regter Mcreath het egter in Mei 1997 aan my die reg op appel op drie gronde toegestaan naamlik:
- my reg op regsverteenwoordiging;
- my reg op politieke kommentaar; en
- die omvang van die skade soos deur hom bepaal.
Die regter het toegegee dat 'n ander hof oor al drie bogenoemde aspekte 'n ander beslissing sou kon maak. Ek volstaan met wat in Volksverraad oor Hartzenberg, Du Plessis en Uys geskryf is. Intussen het hulle drie my reg tot appel ter syde laat stel omrede ek nie oor sekuriteit van vyftig duisend rand beskik het om met die saak voort tegaan nie. Gesien teen daardie agtergrond het ek sterk gevoel om my weergawe van die saak te publiseer.
In die aanslag teen Volksverraad is Jaap Marais van die HNP herhaaldelik valslik as die geheime bron of skrywer van die boek aangedui want hulle moes elke geleentheid gebruik om hom ook te diskrediteer. Oor hierdie sake het ek toe 'n eed wat bindend op my gewete voor die aangesig van God is, afgelê.
Hartzenberg, Du Plessis en Uys se lasteraksie teen Volksverraad
Kort voor die verskyning van Volksverraad het Hartzenberg 'n afskrif van die manuskrip by Nico van der Dussel gekry. In 'n poging om negatiewe publisiteit te vermy het hy my gedurende April 1996 'n paar keer laat kontak. Hartzenberg het gedreig om my te dagvaar indien ek nie aan sy opdrag gehoor gee nie. Ek is Mei 1996 weer gedagvaar. Op 18 Desember het ek 'n brief van my prokureur gekry en verneem dat daar 'n verhoordatum vir die 28e Februarie 1997 vasgestel is. In dieselfde brief is ek in kennis gestel dat Van Niekerk, my prokureur, se kantoor vanaf 15 Desember tot 6 Januarie gesluit sal wees. Oor hierdie tydperk was daar geen sprake van konstultasies met my regspan nie. Op 5 Januarie is my skoonpa aanberoerte oorlede . Ek kon dus weereens nie aandag aan die driegende hofsaak gee nie. Ek het vanaf 12 Januarie tot 17 Januarie onsuksesvol gepoog om met my prokureur, Van Niekerk, se kantoor in verbinding te tree. Daar was 'n probleem met hulle telefone en ek kon eers op 18 Januarie met hom praat. Ek het hom opdrag gegee om vir ons 'n advokaat op te spoor om die saak te hanteer. Aanvanklik was daar geen advokaat wat bereid was om die saak teen Hartzenberg te voer nie.
Twee weke voor die verhoor het ek adv Nico Coetzee bereik. Hy het ingestem om bloot 'n aksie te loods om die saak uit te stel. Hartzenberg, Du Plessis en Uys het besluit om my aansoek vir uitstel teen te staan omdat hulle saak sou vergemaklik as ek onvoorbereid is.
Op 28 Februarie het Regter Spoelstra ons aansoek om uitstel aangehoor. Hy het dit van die hand gewys maar geweier om die saak te verhoor. Nico Coetzee en Martin van Niekerk se mandaat het toe geëindig. Ek en Adriaan Snyman van Libanon Uitgewers was op 3 Maart terug in die hof. Regter PJ van der Walt wou ook nie die saak verhoor nie en het die saak na Regter Preiss verwys. Preiss het aan my en Snyman gesê dat hy 'n Joodse Illuminaat is en dat hy nie die saak gaan verhoor nie. Die saak is toe uitgestel tot 7 Maart. Regter Mcreath het die saak aangehoor. Ek en Snyman het weer 'n aansoek om uitstel gebring. Hierdie keer was ons sonder regsverteenwoordiging in die hof. Die Regter het ons aansoek van die hand gewys en ons het toe op verhoor gegaan. Soos wat Hartzenberg-hulle hul saak aangebied het, het ek deurentyd aangevoer dat ek nie regsverteenwoordiging geniet nie en het ek my die reg voorbehou om op 'n latere stadium die eisers se getuies te kruisondervra, self getuienis aan te bied en te betoog. Maar sonder my kant van die saak in ag te neem, het Regter Mcreath op 20 Maart 1997 die saak in hulle guns beslis.
Hartzenberg, Du Plessis en Uys het dit wat ek in Volksverraad van hulle en die KP sê onder eed ontken. Volgens hulle was hulle nooit regeringsagente nie. Hulle was ook nooit op Militêre Inligting se persele nie. Hartzenberg het ook gesweer dat hy op daardie stadium nie vir brig. Tienie Groenewald geken het nie. Ek het hulle almal, as 'n dienspligtige, by MI gesien en self met Hartzenberg daar gepraat:
Ek het in Januarie 1981 by die Lugmag Gimnasium, te Valhalla aangemeld om my basiese opleiding te ontvang. Daarna het ek my regsoffisier-kursus voltooi. Ek is na hierdie kursus oorgeplaas na Militêre Inligting (MI). Daar het Sersant-majoor Wolhuter besluit om my eers na die Direktoraat Logistiek en meer bepaald MI se voertuigpark in die kelderverdieping van die Poynton-gebou oor te plaas. Ek het toe onder beheer van Sersant-majoor Kruger en sersant Sietske Alkema gestaan. MI se voertuigpark was onder meer verantwoordelik vir die parkering van staats- en privaatvoertuie aan persone wie magtiging daarvoor gehad het. Almal wat afsprake met die bestuur van MI gehad het, het in die voertuigpark parkeer. Staatsvoertuie is met behulp van 'n ritwyser aangevra. In die ritwyser moes die gebruikers die doel waarvoor die vervoer benodig is, die bestemming en die tydperk wat die voertuig in gebruik sou wees, aandui. Die gebruiker moes ook sy naam en rang verstrek. So 'n ritwyser moes dan deur 'n hoër offisier gemagtig word.
Kol van Deventer van Kom.Ops het in September 1981 vir vyf dae lank twee voertuie vir kususgangers benodig. Hierdie kursusgangers was dr Ferdi Hartzenberg, Daan du Plessis, Casper Uys, Koos van der Merwe en Tom Langley. Van Deventer het hulle met twee motors by die Waterklooflughawe gaan afhaal en eers na die Poynton-gebou gebring waarna hulle na Fortana geneem is om opleiding te ontvang. Ek het op daardie stadium die uitreiking van die voertuie behartig. Dit was 'n ope geheim in MI dat Fortana as 'n koverte opleidingsbasis aangewend word. Fontana was ook by tye gebruik om mense in denke te beïnvloed.
Ons het ook in daardie tyd vervoer aan Kapt Gouws van Kom.Ops. en die welbekende Amerikaanse politieke navorser, prof Samuel Huntington van die Rockefeller Foundation, na Fortana verskaf. Huntington was die argitek van die bloudruk om Suid-Afrika van 'n Blanke na 'n veelrassige regering te laat oorgaan. Ons het die proses 'hervorming' genoem. Na die skryf van Volksverraad het ons verneem dat die Jood, Huntington, in daardie stadium toerusting met hom saamgedra het wat hy gebruik het om mense, wat hy toegespreek het, se breingolwe te verander sodat hy hulle denke na willekeur kon beïnvloed. Dit was suiwer geskoei op die verstandelike manipulasieprogram van die Amerikaanse Intelligensiediens. Minwetend was hierdie kursusgangers bloot slagoffers van 'n groot sameswering waarvan hulle op daardie tydstip onbewus was. Hulle denke is omvorm met idees wat nie naastenby hulle eie was nie en is in 'n rigting gemanipuleer wat nie eens hulle keuse was nie. Hulle het 'n saak gedien wat byna soos hulle eie gelyk het maar hulle was pionne in die hande van die Joodse Illuminati. Hulle was dus slagoffers van Amerikaanse uitbuiting.
Na evaluering van hierdie informasie is ons bereid om die woord "doelbewus" in die onderstaande sin weg te laat: "Dr Ferdie Hartzenberg het 'doelbewus' agter die skerms saamgewerk met die Regering van PW Botha om die regses te mislei." Na wat berig word, het PW Botha en AP Treurnicht in Afrikaner Broederbond-verband 'n ooreenkoms gesluit waarin Treurnicht onderneem het om 'n party daar te stel wat die HNP moes vernietig. Ferdi Hartzenberg het op 31 Augustus 1982 tydens 'n openbare vergadering bevestig dat die Broederbond samewerking tussen die KP en die HNP verhoed.
Om saam te vat, wil ek meld dat ek persoonlik vir Hartzenberg, Tom Langley, Koos van der Merwe, Daan du Plessus en Casper Uys op die perseel van Militêre Inligting gesien het. Ek weet ook dat 'n kursus aan die vermeldes aangebied is en dat Huntington ook by die kursus aanwesig was. Gemeet hieraan is dit ons mening dat die waarheidsgradering van die stellings wat in Volksverraad vervat is, waar is.
SLOT vervolg: VOLKSBEDREIGING...