Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Aanvaar dat alle huwelike hier op aarde deur hulle seisoene van ernstige verskille tot gemeensaamheid wissel; want volmaakte huwelike word net in die hemel gemaak. En werk harder aan joune!
TRUMP EN DIE AFRIKANER (1)
Die Uitoerende Bevel
Die aankondiging deur die Amerikaanse administrasie dat die regering van die VSA besorgd is oor die wel en weë van die Blankes hier in Suid-Afrika maak groot opslae. Die Amerikaanse regering spreek veral kommer uit oor die pas-aangenome Grondgryp-wet. Dit is opgevolg met ‘n uitvoerende bevel (“executive order”) deur Trump wat Afrikaners toelaat om in Amerika vlugtelingstatus te verwerf.
Alhoewel die bevel spesifiek verwys na Afrikaners wat deur bogenoemde wet van hul grond/eiendom beroof word, stel die bevel verder dat vlugtelingstatus toegestaan sal word aan Arfikaners “who are victims of unjust racial discrimination”, wat in effek sou beteken dat alle Afrikaners outomaties daarvoor sou kwalifiseer.
Onteiening is logiese volgende stap
Die vraag is natuurlik waar die vreeslike besorgdheid van die Amerikaanse regering oor die lot van die Afrikaner nou skielik vandaan kom. Amerika was saam met die Verenigde Koninkryk die hoofrolspelers om druk op die vorige Nasionale Party-regering uit te oefen. Daardie druk het hulle uiteindelik laat kapituleer en dit het tot direkte gevolg gehad dat die politieke mag aan ‘n kommunistiese Swart meerderheidsregering oorgedra is. Toe die Afrikaner daardeur sy vryheid en politieke seggenskap oor sy eiendom verloor het was die Amerikaners verheug daaroor. Waaroor dan nou die vreeslike besorgdheid oor die logiese gevolg van daardie stap – naamlik dat die Afrikaner ook van sy grond en eiendom beroof word. Afrika het immers bewys dat presies dit die opeenvolging van gebeure is wat volg op Swart bewindsoorname. En die ANC se Freedom Charter wat hierdie proses ook woord-vir-woord so uitspel, was reeds voor 1994 aan almal bekend. Ook aan die Amerikaners en Engelse wat met toenemende diplomatieke druk aangedring het op “ political reforms”.
Die ware rede vir die uitreiking van die bevel?
Nog vreemder is die feit dat Trump in sy vorige ampstermyn nie in die minste belangstelling getoon het in die lot van die Afrikaner nie. Tog het dit skielik ‘n saak van hoogste prioriteit geword wat sommer binne die eerste maand van sy nuwe bewindstermyn aangespreek moet word.
Die antwoord op hierdie raaisel word waarskynlik in die res van die uitvoerende bevel gevind:
“In addition, South Africa has taken aggressive positions towards the United States and its allies, including accusing Israel, not Hamas, of genocide in the International Court of Justice, and reinvigorating its relations with Iran to develop commercial, military, and nuclear arrangements.”
(Nadruk toegevoeg)
Amerika dans na Israel se pype
Die ernstige politieke student weet dat die regering van die VSA direk onder beheer van die Sionistiese geldmag staan. Ongeag watter party aan bewind is, of wie die president is, geen besluit sal geneem word sonder dat dit deur die Sioniste goedgekeur is nie. Die Amerikaanse regering is ‘n marionet wat altyd die beste belang van die Joodse staat Israel najaag.
VSA wil ANC straf
Hieruit word dit duidelik dat die Afrikaner bloot die speelbal is wat deur die Amerikaanse regering gebruik word om die ANC-regime die hardste moontlike hou toe te dien as straf op hul optrede teen die VSA se meesters, Israel. Die bevel stel dit verder dat die ANC-regering nie verdere ondersteuning van die VSA sal ontvang nie vanweë ”its undermining United States foreign policy, which poses national security threats to our Nation, our allies, our African partners, and our interests.”
SA-boere moet tekorte aanvul
Benewens die skuinsklap na die ANC deur die Amerikaanse regering se ontferming oor die Afrikaner, die mees gehate bevolkingsgroep in Suid-Afrika, moet nie uit die oog verloor word nie, dat die Suid-Afrikaanse boere wêreldwyd bekend staan as uitmuntende lanboukundiges. Die Amerikaanse regering sien dus ook onmiddellik die geleentheid raak om hierdie boere vir die Amerikaanse arbeidsmark te win. In Oktober 2024 berig die Amerikaanse Departement van Landbou se Economic Research Service:
“American agriculture faces a critical shortage of labor that harms annual harvests, animal agriculture production and processing facilities. This damages American competitiveness and overal l food security.”
Twee vlieë met een klap
Trump se uitvoerende bevel is dus ‘n kragtige teregwysing aan die ANC wat Ramaphosa en sy kabinet voortaan twee maal sal laat dink voordat hulle beleidsuitsprake teenoor Israel of Amerika maak. Daarbenewens kan Trump moontlik deur dié bevel die kritieke tekort aan landbouers in sy land aanvul. Die geskiedenis leer egter, en dit kan u maar seker weet, dat daar van werklike ontferming oor die Afrikaner en sy lot geen sprake hier is nie.
Wie jubel oor Trump?
Tog is daar groepe in Suid-Afrika wat baie opgewonde is oor Trump se skynheilige besorgdheid oor die Afrikaner. Solidariteit en Afriforum, Orania, Willem Petzer en dan die Landbou-organisasies TLU, SAAI en Vrystaat Landbou-unie. Wat opmerklik is, is dat al hierdie organisasies/persone gemeenskaplike faktore deel. Hulle gemeenskaplikheid lê daarin dat hulle aan een of selfs albei van die volgende voldoen:
- hulle is voorstanders van en yweraars vir die volkstaatgedagte
- hulle organsasies (en dikwels hulleself) was direk of indirek betrokke by die verraad deur die IDASA-komplot waardeur die oordrag van mag na die ANC bewerkstellig is.
Verraad se gemene deler: Volkstaatgedagte
Baie interessant dat die verraad van 1994 juis gedryf is deur die Afrikaner Volksfront se sugting na ‘n Volkstaat, wat uiteindelik deur die Vryheidsfront voortgedra is met die futlose Volkstaatraad wat nie eers een morg van ons land kon beding vir ‘n sogenaamde volkstaat nie.
Wanneer hierdie groepe so opgewonde raak oor Vrymesselaar Trump se skielike kommer oor die Afrilkaner, wonder mens tereg of hier nie dalk drie vlieë met een klap raakgeslaan word nie. Noudat die 1994-verraad en hierdie organisasies se aandeel daarin, asook hul hernude oproepe tot die daarstel van ‘n volkstaat skerp onder vergrootglas geplaas is, het weerstand teen hulle planne, asook groot verleentheid vir hulle gevolg. Daarom is Trump se aankondiging nou vir hulle ‘n handige weerligafleier wat ook ‘n welkome gawe op hul ewige sugting na buitelandse hulp en erkenning is.
Trump blaas nuwe lewe in Volkstaat-idee
Daarom verklaar Joost Strydom van Orania:
The Orania Movement has appealed to the United States (US) government, seeking support and recognition as a distinct ethnic group within South Africa. Head of the movement, Joost Strydom said they are not seeking to flee the country but rather to establish a self-governing territory within South Africa.
According to Strydom, Orania’s vision for self-governance is not a new concept, as the Afrikaner territory was acknowledged in Parliament in the 1990s.
“Our plea can be summarised in three words: ‘Help us here.’ Not necessarily with US tax dollars, but with the recognition of our legitimate pursuit. That is the pursuit of Afrikaner self-determination. TheSouth African government even signed this as the Afrikaner Accordon Self-Determination, which states that Afrikaner self-determination is a legitimate pursuit.”
Laat die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly!
Die denkfout wat gemaak word deur aanvaarding van die repatriasie-aanbod van Trump enersyds, of die najaag van ’n volkstaatgedagte andersyds, is dat aanvaar word dat ons, die Afrikaners, nie die wettige eienaars van ons vaderland is nie. Vanweë hierdie denkfout is dit dan maklik vir hulle om dan maar die land te verrlaat, dit vaarwel toe te roep. Die land behoort in hulle skeefgetrekte gedagtes aan die Swart massas wat deur hulle as die wettige eienaars van Suid-Afrika beskou word. Niks kan verder van die waarheid wees as dit nie! Die geskiedenis van ons land leer dat ons ’n feitlik onbesette land binnegetrek het en die eerste maal met die Swart rasse in aanraking gekom het by die Visrivier. Die Vrystaat en Transvaal was grootliks onbewoond met nomadiese groepies wat gewoonlik vir hul lewe aan’t vlug was vanweë die “difakane” deur die Zoeloes wat die Matabeles selfs tot oor die Limpopo teruggedryf het na wat later as Rhodesië bekend sou staan. Ons voorgeslagte het hoë offers gebring – met bloed en sweet en lewensgevaar en dikwels lewensverlies is hierdie land getem en ontwikkel. Dit het plaasgevind onder die bewarende Hand van die Almagtige en deur sy seën kon daardie offers vir ons ’n vaderland verwerf, ook vir hul nageslagte.
Ons heil lê nie by wêreldmagte nie
Aan Trump, die Sioniste en al die Volkstaat-planmakers: Hierdie land, Suid-Afrika, is óns land! Net so min as wat ons in die VSA as vreemdelinge wil gaan liefdadigheid soek, net so min wil ons ons vaderland, ons erfenis – die Republiek van Suid-Afrika verruil vir ‘n stukkie waarvoor julle by die ANC-regering moet gaan kruip. Ons vertrou nie op (Vrymesselaar) prinse nie, daarom kan julle ons gerus verskoon wanneer julle in Amerika gaan rapêla.
Ons bely dat ons hulp is van dié Een vir wie niks onmoontlik is nie – die Here wat hemel en aarde gemaak het. As Hy hom weer oor ons ontferm sal Hy doen wat nou vir ons almal haas onmoontlik lyk, maar vir Hom geen moeite is nie – wonderbaarlik kan Hy ons in die erfenis wat Hy ons laat toekom het, herstel.
Laat ons hoop, ons vertroue, ons geloof in Hóm ALLEEN gesetel wees!