NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wat is die rede vir triomf? En wat is die rede vir nederlae wat ons ly. Meestal is dit die wil om te volhard, die soort moed wat 'n mens keer om tou op te gooi, met wat jy ookal besig is. Dit is 'n fundamentele eienskap by mense wat voortdurend presteer.

DIE WIT HORISON (14)

EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE

                                DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961

             Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het

Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960

Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan drie nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:

Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur  (Tans woonagtig in Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn  - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - op 27/02/2017 oorlede
Theo van Wyk
Weerkundige (Tans woonagtig in Birchleigh, Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes, Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede

Sonlig - Sleeritte

Net na middernag op 18 Julie het Hannes van buite af iets deur die skoorsteen van die eetkamer geskree. Ek kon nie alles hoor nie, net: “Teken die tyd aan!” Ek het gedink dit is die tyd waarop die klein rooi ballonnetjie losgelaat is om deur die optiese teodoliet vir windrigting waargeneem te word. Die skemer was al baie helderder in die middel van die dag, maar Hannes het nog nooit vantevore die tyd daarvoor laat aanteken nie. Niek het verslae en vraend na my gekyk. Ek het dom my kop geskud en met die wysvinger daarteen getik. Niek het nogtans die tyd aangeteken. Dit was 12:18 uur en 40 sekonde Greenwichtyd. Hannes het eers laat die middag ingekom. Wat was my verbasing toe ek hoor dat die aangetekende tyd die presiese tyd was toe die skynbeeld van die son vir die eerste keer na die winter weer vir ’n oomblik bo die noordelike horison verskyn het.

Jy het die foutloosheid van die hemelse matematiek besef.

Die ander lede het almal die nuus betyds gehoor om uit te gaan en die skynbeeld te sien. Net Chris was te laat, want dit het horn ’n rukkie geneem om klaar oor sy voete te val voordat hy die leer kon bereik. Toe hy bo kom, het die skynbeeld al agter die horison teruggeval. Victor het gou op die toring geklim en kon werklik die pet van die son sien. Miskien was dit net verbeelding.

Aangesien ons op 70 grade suid was, het die son toe hy op sy laagste met Midwintersdag was 7 tot 8 grade onder die horison verbygegly, en selfs toe het ons ’n redelike skemering in die middel van die dag gehad sodat ons sonder lig buite kon rondstap. Op ’n maanlose dag was die sterre helder sigbaar en het hul lig in die sneeu weerkaats. Hulle het om jou kop in die rondte gedraai en die suiderkruis het sommer hier reg bo jou gesit. Van die Amundsen-Scott-basis van die Amerikaners op die geografiese suidpool trek die son 23.5 grade onder die horison verby en duur die donker vier maande aanmekaar.

Toe ons die middag van die son praat, het Chris gevra: “Die son? Wat is dit?” Jy het hom gemis en ook nie. In die alledaagse gang van die lewe en werksaamhede is hy net ’n ruwe horlosie wat jou laat weet dis oggend om te begin en amper nag om op te hou met werk. In die ondersneeuse huis gee hy tog nie lig nie. Daar is Jonatan en Dawid die lig van die beskawing.

Daar is baie dinge wat jy in Antarktika mis. Een aand het Marten opgemerk hoe lekker dit sou wees om in Pretoria se Kerkstraat af te stap en na die winkelvensters te kyk. Hy het gemeen dat ’n mens nie genoeg die mooi plekke in jou land waardeer en besigtig wanneer jy daar is nie. Uitry na die dam, stap deur die dieretuin, besoek aan die museum, en soveel dinge wat jy reken jy later sal besigtig. En voor jy weet, het jou jare die belangstellings en energie laat vaag word, en het die drang die kreeftegang gegaan.

Min het ons toe besef hoe ons weer na die stil lewe in Antarktika sou terugverlang, waar mans alleen woon en hul lewe, miskien wel eensydig en selfsugtig, maar stremmingloos voortgaan en meer produktief is. Daar is die tyd om in te neem wat jy waargeneem het, dit te bepeins, dit te probeer vertolk al is dit dikwels net ’n raaiery. Tussen mense neem jy ook waar, maar voordat die waarnemings kan insink, moet jy alweer sosiale verpligtinge nakom, die kat by die kombuisdeur uitsit en ’n dringende versoek uitvoer omdat dit nie nog ’n paar minute kan wag nie.

Na die aandnuus het Hannes ’n heildronk op die son ingestel. Dit was nie op die songod nie, maar op die werk wat die son ons in staat stel om te doen. Binne ’n paar dae sou hy weer in lewende lywe helder skyn en die goddelikheid van die Antarktiese tonele opluister.

Ten spyte van die nabyheid van die son het die temperatuur in die ysgang skielik na 20 grade benede getuimel. Vantevore was dit so tussen 9.5 en 12 grade aan die minus end van die skaal. Maar nou kon jy wolke koue lug letterlik by die skag sien afval en op jou kop voel slaan.

’n Groot stuk ys het aan Jo se linkerblad vasgeklou. Ek het daaraan getrek, maar Jo het ongeduldig geword. Ek het dit oorweeg om die hare onder af te knip, maar dit sou ’n dun kol in sy haarvag laat. Toe het ek en Chris horn na die warmte van die masjienkamer geneem om daar te ontdooi. Hy het die stuk ys egter self teen die deurkosyn afgestamp. In elk geval het hy die paar uur in die warmte geniet en tyd gevind om ’n instruksieboek van Chris in repies te skeur - sodat hy dit groter kon maak vir ’n matras om op die veryste vloer te lê. Hy het die kaste naby hom oopgemaak en die suigstang wat in een kas was, uitgehaal en netjies langsaan neergesit. Langsaan het hy ’n ander kas oopgemaak en ’n paar blikke vol chloroformkapsules, wat vir die aansit van die Muskeg bedoel was, en waarna ons ook lankal gesoek het, ontdek.

Drie dae na die eerste belofte van die son het ek langer as ’n halfuur buite gaan rondstap om die skynbeeld van die son met eie oë te sien. ’n Donker wolkmassa op die noordelike horison het net ’n smal strepie oopgelaat vir die son om deur te skyn. Bokant die wye bank wolke het die glinstering van die son geel opgeskiet. Die skynbeeld was eers klein en koepelvormig. Toe het hy skielik lank gerek en daarna weer in die middel ingeduik en twee pieke, een aan elke ent, gemaak. Sy vorm het amoebies verander, gekrimp en gerek, en toe kort voor twaalf ’n effense egalige koepeltjie in die middel gewys wat ek as die keppie van die son beskou het. Maar toe het die wolke van onderaf opgestoot en baie gou die opening toegemaak.

Gedurende die wintermaande het ons die vullisblikke by die skag uit die afswenking van die ysgang gestapel. Twee dae na die verskyning van die klein stukkie son het ek ’n blik by die hoofskag uitgetrek en die skiewie-slee buite gaan soek om die blik mee weg te sleep. Die sleetjie het daar gehawend uitgesien. Die wind het sy houtlatte laat bars en die trektou was onder die ys begrawe en vas geys. Sy glystrokies het moeilik losgekom. ’n Lang, harde yspad is deur die wind skuins na die ashoop gewaai. Met rukke was hy smaller. Dit was aangenaam om die slee oor die harde ys te laat gly - so lekker dat ek tot ver anderkant die ashoop gestap het en die vullis daar gaan weggooi het.

Daar was dik swart wolke in die noorde. Die son het warm geskyn. Eers toe hy heelwat wes getrek het, het driekwart van hom op die liglyn verskyn. Hy het in die afgelope paar dae baie vinnig hoër gestyg en weer kleurryke tonele op die ys geskilder, elke dag anders en helderder as op die Suid-Afrikaanse grond. Daar was geen stof of rook wat sy werklike skoonheid kon versteek nie.

Die hondekos en die hondeslee wat voor die winter vier voet bo die sneeu op ’n stellasie gestaan het, het nou gelyk met die sneeu gelê en was gedeeltelik daarmee bedek. Hannes was besig om dit uit te grawe en langsaan op ’n nuutgemaakte stellasie te pak. Die lengte van die nuwe stellasie het van oos na wes gestrek. Smal stellasies wat van oos na wes strek, is die doeltreffendste gevind om die minste sneeuopstapelings aan die wind-af kant te veroorsaak. Die sneeudrifsels hoop ’n paar tree van die langkant af op, en die gebergde voorrade bly oop. Met die aanhoudende wind dryf hy egter ook mettertyd toe, maar dan is dit redelik maklik om ’n stellasie langsaan te pak. Baie konkas en kiste wat eens op ’n tyd pote van stellasies was, lê onder die sneeu van Antarktika.

Net die dak van die kap van die Muskeg het uitgesteek. Die kleiner stootgraaftrekker het op ’n eilandjie sneeu gestaan met ’n groot tregter om hom gewaai. Suikerbossie het net halfmas versonke gelê. Teen elkeen se agterwêreld was ’n groot sneeuhoop opgestapel. ’n Paar dae later het Chris hierdie twee op hul eie krag uit hul winterstaanplek laat stap. Die Muskeg was ’n ander saak.

Ons het een oggend met grawe op hom toegesak en begin oopgrawe. Theo het gereeld koffie en kakao aangedra om ons warm te hou. Daar is geskerts en geswets, en teen die middag het ons die ander twee trekkers aangehaak. Met versigtige geruk en gepluk, eers reguit vorentoe, dan na die een kant en dan na die ander kant, het ons teen laat die middag daarin geslaag om hom ook uit sy diep sneeubed te beredder.

Die temperatuur was minus 40 grade buite en minus 24 grade in die ysgang. Marten was lank buite en het gesê dit was “heerlik!” Binne was dit bedompig en warm. So verander waardes en gewoontes. Wie sou agt maande gelede kon dink dat ons sulke lae temperature “heerlik” sou vind! Daarenteen weer het Chris, wat

waarskynlik te gewoond aan die hoë temperatuur in die masjienkamer was, baie oor die koue buite gekla. Niek, wat nog minder buite gekom het, het voorgegee dat die klaery net afwys was.

“Ek sal die stories oor die koue eers glo wanneer die punte en strepies van die Morse-kode verys,” het Niek hom stil gemaak. George het bygevoeg: “Dan lê hulle ingeryg op die sneeu vir die voëls om op te pik.”

Op 2 Augustus het die temperatuur na minus 48.6 grade gedaal. Dit was die laagste gedurende ons hele verblyf. Die 3de was vir ons en .ons honde ’n historiese dag in Antarktika. Buiten dat dit Vic se verjaardag was, was dit die dag waarop ’n klomp Suid-Afrikaners vir die eerste keer ’n klomp poolhonde sou leer om soos karperde in ’n slee te trek, en hul bevele in Afrikaans te neem. Vic se verjaardag was ’n eerlike rede vir ’n partytjie. Ons was nou al daaraan gewoond om spesiale geregte voor te berei en het steeds na partytjies uitgesien. Wat die werk met honde betref, het net Hannes ondervinding gehad.

Ek was toevallig buite om foto’s te neem toe ek Hannes, Vic, Chris en Marten by die honde doenig sien. Hulle het reeds die honde agtermekaar, twee-twee langs mekaar, aan die lang trektou vas gehad toe ek daar aankom. By die voor- en agterpunte van die trektou was ’n ysterpen stewig in die sneeu geslaan om die tou styf te hou - sodat die klomp lewenslustige kannibale nie onder mekaar kon inspring voordat ’n bietjie trek eers hul oortollige gees gedemp het nie. Heel voor was drie honde langs mekaar, die middelste een aan ’n langer trektou as die ander twee. Hy was die leier. Oscar is die eerste in hierdie posisie geprobeer, miskien omdat Chris so baie van sy persoonlikheid gehou het. Met so ’n eerste inspannery is baie hande nodig. Ek het Oscar aan sy tuig vasgehou sodat hy nie sydelings na Jonas en Türr kon hap of hulle na hom nie. Agter hulle was Leeu en Hiëna, dan Bamsie en Buster en naaste aan die slee Knoll en Flabben.

Die agterste twee was groot maats en die twee waarvan ek die meeste gehou het. Hulle sal jou ewe skynheilig met ’n ondeunde bakkies aanstaar asof botter nie in hul bekke kon smelt nie. Hulle was ondeund en vriendelik soos twee goedopgevoede kinders, en nooit gemeen nie. Soos twee skoothondjies in vergelyking met die ander het hulle gelyk, want die twee was maar net een en ’n half- jaar oud en is in Antarktika gebore. Nog nooit het hulle iets anders as sneeu gesien nie- nog nie eens die swart rotspieke van die binneland nie. Maar ten spyte daarvan lig hulle ook ’n been teen ’n denkbeeldige paaltjie. Soms is dit teen die skaduwee van die punt van die toring.

Toe alles gereed was, is die pen op elke punt van die trektou uitgetrek. Toe Hannes skree: “Trek!” het ek voor gelos. Oscar het egter die pad van die minste weerstand gekies en in die bondel teruggespring. Hierdie teenoorgestelde rigting van trek was so onverwags dat arme ou Chris se bene in die warboel van trektoue verstrik geraak het en onderstebo geruk is. Jy het twee olieswart mukluks met tye in die lug om redding sien smeek wanneer hulle bo die bondel honde uitsteek. Met rukke het die hondestapel piramiedvormig verrys en dan weer plat gesak soos die dop van ’n vlakteskilpad. Sulke tye kon jy uitmaak dat Chris wel nog daar onder is. Hannes het met die riempie-noeps tussen hulle ingespring. Ons ander het hot en haar aan trektoue geruk en gepluk, maar dit was eerder ’n toutrek teen mekaar, want die toue was teen daardie tyd al kwaai in mekaar gestrengel. Chris het aan die een kant uitgekruip soos ’n Eskimo uit sy igloe en met die toutrek kom help. Die hare het gewaai. Ons pogings het nie eintlik hond haar-af gemaak voordat Hannes met alle geweld sommer die eerste wat voorkom en almal daarna die houe van die noeps goed laat gewaar het nie. Hul opgekropte energie het bietjie gesak. Oscar het vir slegte gedrag sy ereposisie as leierhond verbeur en is deur Buster vervang. Toe die klomp weer in trekformasie herstel is, het hulle inskiklik gevat en getrek soos ou karperde. Die slee het oor die sneeu gezoem waar dit sag was en gekraak waar dit hard was. Dit het soos ’n skoensool op ’n geharpuisde vloer geklink.

Jy skree “har-r-r!” om die leierhond ’n regse draai te laat neem en net so hard “links!” om na die anderkant te draai. Soms verstaan die leierhond. Soms draai hy terug in die bondel in. Hul draaie is nie so skerp en hulle reageer nie so flink dat hulle tussen ’n klomp motors deurgestuur sal kan word nie. Daarom miskien dat hulle net in Antarktika gebruik word waar die wye vlakte die straat en elke straat ’n eenrigtingstraat is.

As die glystroke aan die sneeu vasgeys is en die slee nie wil roer wanneer jy “trek!” skree nie, dan kyk die hele span om asof hulle wil sê: “En toe nou! Al weer die briek vergeet?” Met sulke menslike gediertes en uitdrukkings op die gesigte voel jy dikwels soos ’n koue pampoen. Honde kan nie soos perde stadig beur om ’n stilstaande voertuig aan die gang te kry nie. Jy trek die trektou slap, skree ”trek!” en laat terselfdertyd los. Hulle ruk dan die slee los en agter hulle aan en gaan voort op dolle vaart. Met hierdie vaart kan hulle net sowat 20 minute aanhou. Dan begin Knoll of Flabben in die hardloop agtertoe loer om te verneem wanneer die blaaskans kom.

As jy selfs net “hokaai” fluister, gaan staan hulle onmiddellik. Hul gretigheid om op te hou met werk, was so natuurlik soos dié van die mens.

As hulle na 20 minute gaan staan, hoef jy nie penne voor en agter in te slaan nie. Hul moegheid hou hulle in toom. Die sneeuwasem staan om hulle soos hulle met hul pote die fyn sneeu opgooi, en stukke sneeu met hul bekke laat spat wanneer hulle daarvan eet om die dors te les.

Die onegaligheid van die sneeuvlak maak die sleerit besonder stamperig. Jou ingewande moet goed vasgeanker wees om nie by jou keel uit te spring nie. Jou tong moet jy aan jou kleintongetjie vasknoop om nie sy punt af te byt nie.

Die honde is elke dag vir kort of langer togte ingespan om vir die lang sleeritte wat voorlê in oefening te kom. Net Sondae kon hulle rus. Die Maandag na so ’n Sondag was altyd blou Maandag. Op so ’n oggend was daar weer die gewone bakleiery en sou jy sweer dat hulle nog nooit vantevore ingespan was nie.

As hulle eers aan die gang is, hou hulle ’n egalige pas van sowat vier myl per uur vir 20 tot 30 minute, waarna hulle gretiglik die gefluister van ”hokaai” gehoorsaam. Gedurende die rus van tien minute is daar egter geen bakleiery nie. Party se tonge hang uit om te sweet, ander kap met hul pote en bekke sneeu los om die dors mee te les. Dan weer voort vir ’n ander skof van 20 tot 30 minute, en op hierdie manier dek hulle 20 tot 25 myl per dag.

As hulle weg van die basis oornag, slaap hulle in die tuig met die ysterpen stewig by elke punt van die trektou in die ys geslaan. Hulle lê met hul rue na die wind. Die sneeu wat daarteen waai, hou hulle warm met die lug wat daarin is. Die vaspen van die trektou is nie nodig om vrede te bewaar onder die honde nie, maar om te verseker dat die drywer die volgende oggend sy honde nog by hom het. Hulle is soos karperde wat daarvan hou om teen volle vaart na die huis terug te hardloop, ongeag waar jy is.

As ’n paar lede die dag met die slee uit was, het die ander met gedempte asem gesit en duim vashou dat ’n sneeustorm hulle nie oorval en hulle laat verdwaal nie. Die Veary-pistool is gereed gehou om op ’n gegewe tydstip gekleurde ligtekens af te skiet om te wys waar die basis is. En so ’n sneeustorm kan vinnig opkom. Soos daardie dag toe Hannes, Chris, Marten en Vic op ’n toetsrit was. Hulle sou om kwart oor vier die middag terug wees. As hulle om vyfuur nog nie terug was nie, moes ons planne maak om hulle te gaan soek.

Kort na drie daardie middag het ek buite rondgestap. Dit was besonder stil buite. Geen wind het gewaai nie. Die sneeu was sag na die vorige dag se val. Ten spyte van die lae temperatuur van 30 grade was dit nie besonder koud nie, want die witheid van die skoon sneeu het baie hitte weerkaats en jou sommer gesellig warm in die someranorak laat voet. Ek het by die stellasies langs gestap, toe na die kaboes om te sien hoeveel sneeu gedurende die winter in hom gewaai het. Hy was propvol. Op pad terug het die wind effens begin waai en ligte sneeu het geval. Ek was verbaas om skielik in die verte ’n hond met sy tuig aan te sien naderstap. Onverwagte geselskap in die alleenheid is altyd welkom. Toe hy naderkom, sien ek dit is Jo. Hy het tot by my gekom sodat ek sy kop kon streel. Hy moes teruggestuur gewees het omdat hy nog nie volkome van sy vorige siekte herstel het nie. Die hond het saam met my na die skag gestap. Ek het hom met die tou afgelaat en Nirk het hom onder aangevat. Ek het toe nog nie geweet dat hy aan suikersiekte ly nie.

Ek het nog so rondgedraai toe die oostewind skielik sterker word en sneeu hard begin val. Baie gou was die sigbaarheid beperk tot by die noodhut in die noorde, en in die weste tot by die twee-kilometer sigbaarheidslig. Die rooi- en die wit ligte op die toring het gebrand, en die lig by die bek van die skag is toe net deur Nic aangeskakel. Dit het vinnig toegesak sodat jy baie gou nie verder as ’n honderd tree kon sien nie. Die sleemanne sou in ’n rigting van 18 grade suid aankom. Toe ek kort voor vyf nog niks van hulle gewaar nie, het ek Niek gevra om die Veary-pistool gereed te kry, sodat as hulle om vyfuur nie in sig is nie ons die eerste lig kan afskiet.

Om vyfuur het die rooi lig van die pistool ’n honderd voet hoog die lug ingeskiet en sy lig wyd en helder versprei. Maar in sy lig kon ons niks sien nie. Toe die lig uitgedoof het, het ons ’n liggie in die suidooste gewaar. “Daar is hulle,” het Niek geskree. “HuIle het met ’n flitslig geblits.” Ek het egter gewonder hoekom hulle ’n flits by hulle sou hê, aangesien hulle die oggend in volmaakte weer van die basis vertrek het. ’n Oomblik later het ons Hannes hoor skree: “Aaanst-a-ap, brakke!” En toe het hulle skielik hier vlak voor ons neuse verskyn. In ’n sneeustorm gewaar jy nie iemand van ver af aankom nie. Eers wanneer hy deur die laaste sneeugordyn breek, sien jy hom skielik en dan sommer hier by jou. Binne ’n paar minute was hulle by ons. Chris het gesê dat hulle die rooi lig presies om vyfuur gesien het toe hy na sy horlosie gekyk het en terwyl hy nog gesê het: “Nou sal die vuurpyl opgaan.” Toe hul aandag in die regte rigting getrek is, het hulle die ligte van die toring gesien. Die lig wat ons op so ’n afstand gesien het, was ’n vuurhoutjie wat Hannes getrek het. Die sneeuval se duisende klein kristal-prismas kondenseer die lig en laat dit op ’n afstand soos dié van ’n flitslig skyn.

Met die vertrek die oggend het Buster en Jonas gelei, maar toe die sneeu begin val, het die twee telkemale hul rigting byster geraak. Hulle kon nie die sleespoor van die oggend deur die ligte sneeu sien nie, veral nie toe die skemering ook vinnig toegesak het nie. Die twee ponies, Knoll en Flabben, is toe voor gesit en hulle het soos bloedhonde die spoor gesny en lag-lag die oues gelei. Vordering was stadig totdat hulle die ligte van die toring gesien het.

Marten het met gepaste gebare van hande en gesig vertel hoe Hiëna wat net voor Bamsie getrek het, begin rem het omdat die trek volgens sy eie oordeel vir hom te swaar geword het - of die ander het so sterk getrek dat hy dit oorbodig gevind het om te help. Met die remmery het sy stert in Bamsie se gesig begin kielie. Die sagmoedige Bamsie het die grillerige gekielie vir ’n rukkie verduur, maar toe die stert darem te lastig word, het hy dit skielik ’n goedverdiende byt gegee. Hiëna het dadelik die uitdaging aanvaar, in die trek omgedraai en die manierlike en onskuldige Bamsie bestorm. Die res moes toe ook gaan staan en uit pligsgevoel aan die geveg deelneem.

Van daardie dag af is Jo in die voorportaal van die weerkantoor gehou. Hy het maerder geword en aangehou met water suip. Ek het sy urine vir suiker getoets. Dit het baksteen-rooi met die Benedict-toets verkleur. Hy het suikersiekte in die ergste graad gehad. Dit het sy kwynende toestand verklaar. Insulieninspuitings, selfs drie keer die dosis wat jy normaal vir ’n mens met kwaai suikersiekte gee, het geen indruk op die suiker gemaak nie. Hy het dikwels en baie gewater, maar nooit op die vloer nie. Hy het ’n teken gegee deur aan die muur te krap wanneer hy buitentoe wou gaan. Iemand het dan sy werk laat los en hom na die ysgang geneem. By hom het ’n skottel water gestaan om sy aanhoudende dors te les. Hy het manierliker en bedagsamer geword. Ons het een dag ’n geskuif van die bak gehoor en toe ’n bekende geluid. Hy het been in die bak gelig. Ons almal het die petalje gaan aanskou. Sulke menslikheid het ons lagspiere geprikkel en ons het hom nog meer vertroetel. Daarna was dit net nodig om ’n paar keer elke dag die bak te gaan leegmaak. Twee weke lank het hy nog so aangesukkel. By die voet van die toring het ons hom begrawe.

Die sneeu en ys maak ’n skoon graf. Na eeue sal hy deur die ysbank sink en in die seewater daaronder afsink - die liggaam nog net so goed bewaar soos die dag van sy heengaan.

Teen die einde van Augustus het die eerste lang sleetog begin. Hannes en Vic het na baie handgeskud na die substasie vertrek om opmetings te gaan doen, te sien hoe ver die see-ys oor die water strek en die Weddells langs hul luggate waar te neem. Elke aand het hulle ons per radio geskakel en van die dag se gebeure vertel. Vic het ’n trop keiserpikkewyne op die see-ys sien staan soos rugbyspelers in ’n skrum. Toe het hulle in gelid agter mekaar begin stap. Met die dat hulle Vic sien, het hulle hul koppe weer in die skrum gedruk asof hulle wou beraadslaag of hulle die nuwe tweebeen- gedierte gelyke status in hul span sou gee. Toe was dit weer wegstap met die borste uitgestoot. Hul wit onderbaadjies met kanariegeel het in die son geblink; so viets en fyn in drag en houding soos pronkpoppe op ’n modeparade. ’n Klompie donserige kleintjies was tussen hulle en het daar bra verkluimd uitgesien.

Drie weke lank was Hannes en Vic daar besig terwyl Marten by die basis as leier waargeneem het. Met die terugkom het hulle plek vir die nuwe basis wat aan die begin van 1962 opgerig moes word, gesoek. Die plek moes nader aan die see wees maar nogtans ver genoeg sodat die weertoestande die klimaat van die vasteland verteenwoordig en nie dié van die seestrome nie. Teen die middel van September het Hannes en Vic teruggekom. ’n Paar dae later het Vic en Chris weer op ’n trekkertog na die plek van die beoogde nuwe basis vertrek om paaltjies in te plant vir die bepaling van die dikte van die sneeuneerslag gedurende die maande wat voorlê.

Intussen het ons die berig ontvang dat die laagste temperatuur wat nog ooit in Antarktika aangeteken is, op 24 Augustus by die Russiese basis, Vostok, op ’n hoogte van 11,440 voet bo seëspieel, naby die Pool van Ontoeganklikheid, voorgekom het. Op daardie dag het hy na minus 88 sentigrade gedaal.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2373 gaste aanlyn