NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God het ons nie die lewe gegee om dit so ver as moontlik uit te rek nie.  Hy het ons die lewe gegee as ʼn geleentheid om vir die ewigheid voor te berei.

STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (21)

LW Bienedell

Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing

Konfrontasie tussen Jaap Marais en Constand Viljoen slaan uit in die pers

23 September 1994


“Genl. Viljoen sê hy reken ons sal ’n Blanke algemene verkiesing met enigiets tussen 50 en 60 persent kan wen. ‘Maar die vraag is wat doen jy as jy die verkiesing gewen het’ vra hy! Daarby het u die kreet van die Kommuniste en ander Afrikanervyande van die vyftiger- en sestigerjare en van die NP van die negentigerjare oorgeneem toe u gesê het ‘apartheid was die grootste fout van hierdie eeu’. Rede vir agter dog: AWB-manne verraai: Vir ander kan dit skokkend wees om te verneem dat beweer word dat u op dié wyse saamwerk met Kommuniste teen Afrikaners wat veg teen die verraderlike politiek van hierdie tyd. Die bewering het my egter nie verbaas nie.”

 

DIE briefwisseling waarin mnr. Jaap Marais genl. Constand Viljoen konfronteer met sekere standpunte wat hy ingeneem het, het in die Pretoria News uitgeslaan. Dit handel oor genl. Viljoen se uitspraak dat die HNP slegs skinderstories oor die generaals versprei, en dat hy aanbied dat die boeke van sy organisasie oopstaan vir ondersoek in die lig daarvan dat hy beskuldig word dat hy groot somme omkoopgeld van mnr. De Klerk ontvang het.

In die lig van die verskyning van hierdie korrespondensie in die pers, het mnr. Marais die betrokke korrespondensie aan Die Afrikaner oorhandig vir publikasie.

Op 29 Junie het mnr. Marais die volgende brief aan genl. Viljoen gerig:

“Dr. F Berkhout het ’n brief van u wat deur kol P Uys onderteken is aan my getoon waarin u onder andere skryf:

‘Ek het in die verlede al die HNP in die openbaar gedaag dat hulle ’n oudit kan doen ten opsigte van hulle skinderstories dat ek as agent van De Klerk miljoene rande omkoopgeld sou aanvaar het. Dit is nuus by die HNP. Niemand in die HNP weet van so ’n uitdaging nie. As u meer besonderhede daaroor het, sal dit graag verneem word.’

Skinderstories

“Dit is nie duidelik wat voorgestel word vir ouditering nie: is dit die boeke van die Vryheidsfront? Indien wel, kan tog seker nie verwag word dat ‘miljoene rande omkoopgeld’ daarin opgeskryf sal wees nie. Kan meer duidelikheid hieroor verskaf word? U lê ‘skinderstories’ die HNP ten laste dat u as agent van De Klerk miljoene rand omkoopgeld sou aanvaar het, maar u broer, prof Abraham Viljoen, het maande gelede al volgens Citizen gesê dat dit u bekommer het dat u beskou is as ’n agent van die vorige regering. En u sal weet dat u aan Rapport gesê het dat daar oplaaiende verset in die AVF teen u was voor die vergadering van 29 Januarie waarop u doodgeskreeu is.

“Wantroue oor u rol in die openbare lewe was en is dus beslis nie beperk tot die geledere van die HNP nie.

“Die HNP skinder egter nie oor die sake nie. Die HNP het vanaf die vergadering van 7 Mei 1993 waarop die stigting van die AVF bespreek is, duidelik getoon dat hy geen vertroue in u en genl. Tienie Groenewald se politieke manipulasies het nie. In briewe wat aan die AVF gerig is, is ons bedenkings geboekstaaf.

“Wat beslissend was by die bepaling van ons houding, was die feit dat die Volksfront wat deur die HNP sedert 1991 bepleit is om De Klerk te stuit, deur u en genl. Groenewald misken en die naam ‘Volksfront’ skaamteloos gevat is, sonder enige erkenning of verskoning.

“Wat egter belangriker was, is die feit dat u verseg het om in ’ n stryd te tree om De Klerk te stuit. Die Volksfront wat u gestig het, was kennelik gestig in opposisie tot die Volksfront wat die HNP bepleit het met die doel om De Klerk te stuit.

Tot voordeel van De Klerk

“U sal weet dat ek op die vergadering van 7 Mei urelank met u gestry het oor twee sake. Een was u weiering om as gemeenskaplike basis die oproep te bespreek: stuit De Klerk; eis ’n Blanke verkiesing, omdat De Klerk nie ’n mandaat gehad het vir die dinge wat hy gedoen het nie. Dat u dit nie eens wou bespreek nie, het my oortuig dat u politieke toetrede aan die regterkant nie ter goedertrou was nie, en dat u meer afgestem was op De Klerk se politieke behoeftes as op die van sy Afrikaner-opponente. Daaruit volg logies dat u benadering tot voordeel van De Klerk se politiek was. U latere optrede het dit bevestig.

“Aan die Regse Leiers-konferensie het u by voorbeeld gesê-vra: is dit in belang dat die NP tot ’n val kom. En in ’n later stadium tydens die gesprek het u gesê die Blankes sou ’n verkiesing met 50% tot 60% wen. Maar, het u gevra: ‘Wat maak jy as jy die verkiesing gewen het?’

“Daaruit is af te lei dat u nie net nie De Klerk wou stuit op sy pad van politieke uitverkoping van die Afrikaners en hulle ander Blanke geesgenote aan ’n Kommunisties-oorheersde Swart regering nie, maar dat u die De Klerk-beleid ondersteun en bevorder het, terwyl voorgegee is dat u aan die regterkant in opposisie sou wees.

Volkstaat bespot

“Die ander saak waaroor ek met u gestry het, was die volkstaatbeleid wat in die voorgestelde stigtingsakte ingeskryf was op ’n wyse wat politieke partye op ’n skelm wyse moes verstrik en onder gesag van ’n politieke opperstruktuur moes stel. Sedertdien het u die volkstaatgedagte verknoei deur u verbintenis tot ontwikkeling van ’n nie-rassige demokrasie in ooreenstemming met die De Klerk-politiek. En die uitlatings van die pasverkose voorsitter van die Volkstaatraad teen wat hy “volksnasionalisme” noem, is ’n maatstaf van die onbegrip van, en vyandigheid teen Afrikanernasionalisme—presies in die idioom van die De Klerk-politiek.

Die HNP is openlik

“As mense in die HNP en ander u as ’n agent van De Klerk beskou, grond hulle hul opvattings klaarblyklik op wat hulle waarneem.

“Die HNP maak nie ’n geheim van sy wantroue in u en genl. Groenewald nie. In ’n brosjure van 25 bladsye het ek voor die April-verkiesing u en genl. Groenewald se bedenklike politieke aktiwiteite behandel en veral sy rol as politieke adviseur van De Klerk en as selferkende mede-outeur van De Klerk se Rooi Vrydag toespraak van 2 Februarie 1990 aan die kaak gestel.

“Intussen het ook ander belangrike getuienis aan die lig gekom, soos die bewering dat u voor die April-verkiesing op Sondagaande glo gereeld na Libertas gegaan het. Indien wel, sou die doel daarvan seker nie gewees het om enigiemand anders as De Klerk te ontmoet nie.

“In die uitgawe van Patriot van 24 Junie 1994 verskyn ’n brief waarin die skrywer sê: ‘Constand Viljoen is geplant deur die NP-regering.’

“So, wanneer u dit die HNP ten kwade dui dat daar bedenkings teen u is, kan u maar gerus u strategie wyer stel om almal aan die regterkant in te sluit, behalwe die pseudo-regse wat tans saam met u staan waar Andries Beyers gestaan het toe u saam met hom was as sy militêre adviseur.”

Genl. Viljoen het hierdie brief op uiters onprofessionele hanteer deur sommer op dieselfde brief ’n klomp onsamehangende aantekeninge te skryf en dit net so aan mnr. Marais terug te pos. Dit het werklik ’n swak indruk gelaat wat nie pas by die status en statuur van die generaal nie.

Op die groot ruimte aan die einde van mnr. Marais se brief, het hy tog ruimte gevind om te skryf:

“Ek verkies werklik nie om met u ’n briefskrywery te begin nie. Dien u die Afrikaner maar op u manier—ek sal dit op my manier doen. Laat die geskiedenis dan maar oordeel. Dis nie my geaardheid om hierdie soort slegsê briewe te wissel nie. Gee my eerder konstruktiewe werk om te doen. Al u beskuldigings en verdagmakery teen my is totaal onwaar. Laat my in vrede werk om my versoek wat die Boere aan my gerig het, te volvoer. As ek slaag, sal ek net ons Vader daarvoor dank.”

Hierop, en die kantaantekeninge wat genl. Viljoen gemaak het, het mnr. Marais op 17 Augustus as volg geantwoord:

“Ek het op 11 Augustus 1994 u ongedateerde reaksie ontvang op my brief aan u van 29 Julie 1994.

“U het ’n probleem met feitlikheid en saaklikheid. En u los die probleem nie op deur ontwykend te wees nie.

“Ek het aangehaal wat u in ’n brief aan dr. Berkhout geskryf het en waarby u die HNP betrek het. U het beweer dat u die HNP in die openbaar uitgedaag het ‘dat hulle ’n oudit kan doen ten opsigte van hulle skinderstories dat ek as agent van De Klerk miljoene rande se omkoopgeld sou aanvaar het’.

“Na aanleiding van die bewerings van u het ek aan u geskryf dat niemand in die HNP van so ’n uitdaging weet nie. En ek het u meer besonderhede daaroor gevra. Maar u swyg daaroor. Daaruit is af te lei dat u geen getuienis van so ’n openbare uitdaging kan lewer nie, en bloot sulke stories die wêreld instuur om die skyn van eie benadeling te wek en die HNP daarvoor te beklad.

Omkoopgeld oudit

“Daarby het ek aan u gesuggereer dat ‘miljoene rande se omkoopgeld’ tog seker nie in die boeke aangeteken sou wees nie, en dat ’n oudit van die boeke met die oog op soiets nutteloos sou wees. Dus, u beweerde uitdaging (waarvan ons nie weet nie) is ’n stukkie politieke blufspel om sekere verdenkings teen u om te keer tot ’n aanval op die HNP, met die suggestie dat die HNP nie bereid sou wees om ’n uitdaging te aanvaar om beweerde omkoopgeld in die Vryheidsfront se boeke te onthul nie! Dit, terwyl almal weet dat omkoopgeld nie in boeke aangeteken sou word nie. As dié uitdaging nie kwalifiseer vir onsinnige politiekery nie, sal niks daarvoor kwalifiseer nie.

“U skryf ook in die kantlyn van my brief aan u (wat u met aantekeninge aan my teruggestuur het), dat u nie beweer het dat wantroue teen u tot die HNP-geledere beperk is nie. Dit sou belaglik gewees het as u dit nie beken het nie, omdat die wantroue baie ver buite die HNP strek. Maar waarom sonder u dan die HNP uit vir u ‘uitdaging’?

“U beweer dat u nie daarvan bewus was nie dat die HNP sedert 1991 ”n volksfront’ bepleit het om De Klerk te stuit, want, sê u, u lees nie HNP- publikasies nie. (Miskien is dit een van die redes waarom dit aan u politieke opvoeding skort!) Dog, u erken met die aantekening onderaan bladsy 2 van my brief dat u wel die brosjure oor u en genl. Groenewald gelees het wat deur my uitgegee is. U bewering as sou u nie HNP-publikasies lees nie, word dus deur uself gerepudieer.

Weier om De Kerk te stuit

“Daarby kan ek aan u briefwisseling tussen die HNP en die AVF toon waarin daar meermale verwysings was na die HNP se herhaalde pleidooie vanaf 1991 dat ’n volksfront gestig moet word om De Klerk te stuit. Dus, u het of nie gelees wat in briewe aan die AVF geskryf is nie maar in onkunde daarop geantwoord, of u vlug weg van feite.

“Die belangrikste saak wat ek teen u geopper het, is ‘dat u verseg net om in ’n stryd te tree om De Klerk te stuit’ deur ’n Blanke verkiesing te eis. Daarop is u aantekeninge op my brief wat u teruggestuur het, so ontwykend dat dit duidelik is dat u my stelling nie kan ontken nie, en daarom daarvan wil wegvlug. “In plaas van te ontken dat u verseg het om in ’n stryd te tree om De Klerk te stuit deur ’n Blanke verkiesing te eis, staan daar in u handskrif: ‘U het net gepraat. Ek het gedoen. Wie het die NP die grootste slae gegee— u of ek? Waar kom die 640 000 stemme vandaan?’—asof dit ’n verklaring is vir u weiering om ’n Blanke verkiesing te eis en De Klerk te verslaan.

Nie-wen-oorlog om Suidwes-Afrika

“In elk geval, as ek moet kies tussen praat met insig en begrip, en doen uit algemene onkunde of politieke beginselloosheid, sal ek altyd eersgenoemde verkies. Ek gee dit aan u present as u laasgenoemde verkies, soos u politieke optrede getuig.

“Ek het, toe die eerste tekens van politieke verraad uitgeslaan het ná die sluipmoord op dr. Verwoerd, nie net gepraat nie, maar opgestaan en geveg teen die kwaad en verraad. U het rustig die verrotte politiek van die Vorster- PW Botha-era gedien en ’n nie-wen-oorlog ‘geveg’ waaroor mnr. PW Botha gesê het ‘met die militêre stryd word tyd gewen’ Let wel: ‘tyd gewen’, nie die oorlog gewen nie. Dus, jong lewens is onder u bevel en PW Botha se opdrag opgeoffer ‘om tyd te wen’, sodat die politieke verraad agter hulle rug gepleeg kon word.

“Die oorlog het daarom gegaan of Suidwes-Afrika onder Kommunistiese beheer moes kom. Dit het die Kommuniste gewen, en die prys was duisende miljoene rande en die dood en verminking van duisende jong Afrikaners. Teen die verraderlike politiek het die HNP met groot toewyding en opoffering geveg.

“U het egter in die politieke spel van die Vorster-Botha-bewind saamgespeel. En toe u tot die openbare lewe toegetree het, was dit in die politieke grap van ’n halfeeu as ‘militêre raadgewer’ van Andries Beyers se onbeduidende en vroeggestorwe groepie—wat kennelik tot stand gekom het tot bewuste bevoordeling van De Klerk.

“In die tyd wat u in besoldigde regeringsdiens gesit het, het ek en andere die eer van Afrikanernasionalisme beskerm teen die boefagtigste en gemeenste politiek wat ooit in Suid-Afrika deur ’n regeringsparty bedryf is. En ten spyte van al die boewery en beswaddery het die HNP in die 1981 algemene verkiesing so sterk na vore getree dat Piet Cillie van Die Burger gesê het: ‘Dis nog nie katastrofies nie, maar dis baie onheilspellend’. In Transvaal het die HNP in sy stryd teen die NP een uit elke drie stemme gekry; en as regstreekse gevolg daarvan het ’n twintigtal LV’s van die NP weggebreek en die KP gestig—die uitslae was ook vir die meeste van hulle ook ‘baie onheilspellend’.

U grootste prestasie

“U is in die Suid-Afrikaanse politiek ’n ‘Johnny Raw’, en u beroeming op 640 000 stemme is politieke stofskoppery. U vergeet blykbaar dat in die 1992 referendum daar amper 1000 000 stemme teen De Klerk was en nog 400 000 wat geweier het om vir hom te stem en toe weggebly het van die stembus.

“Wat egter ’n grap is, is dat u vra: ‘Wie het die NP die grootste slae gegee: u of ek’. Dit, terwyl De Klerk in die Aprilverkiesing 20% van die stemme gekry het teen die VF se 2,2%. U noem dit die NP se grootste pak slae! Waar dit u redenasie is, kan ek begin begryp waarom u sê die oorlog om Suidwes-Afrika is nie verloor nie.

“U sê dit is onwaar dat, soos ek geskryf het, u ‘meer afgestem was op De Klerk se politieke behoeftes as op dié van sy Afrikaneropponente’, en dat u ‘nie net nie De Klerk wou stuit op sy pad van politieke uitverkoping van die Afrikaners en hulle ander Blanke geesgenote aan ’n Kommunisties- oorheersde Swart regering nie, maar dat u die De Klerk-beleid ondersteun en bevorder het’. U sê u het De Klerk se beleid beveg. Miskien is dit in klanke, die soort geluide wat Noag laat dink het die katte in die Ark baklei.

“Kyk, genl. Viljoen, De Klerk het een duidelike beleid gehad: onderhandeling om ’n nuwe grondwet vir Suid-Afrika te kry. En sy groot behoefte was om Afrikaners van opposisiekant by die onderhandelings betrokke te kry, sodat hulle die openbare politieke stryd om hom te stuit, moes staak. Daardeur saam moes verseker word dat daar weens regse betrokkenheid by die onderhandelings nie ’n burgerlike opstand teen die uitverkoping moes kom nie. U het volmaak aangepas by hierdie beleid en taktiek van De Klerk. Op grond daarvan kan met stelligheid gesê word dat u die De Klerk-beleid ondersteun en bevorder het.

Wou nie De Klerk verslaan

“Waar u probeer wegskram van die feit dat u nie ’n Blanke verkiesing wou eis nie, hoewel u aan die Regse Leierskomitee gesê het dat so ’n verkiesing met 50% tot 60% gewen sou kon word, moet ek u verwys na die notule van u samespreking met die Regse Leierskomitee wat deur u onderteken is as ’n juiste weergawe van die verrigtinge. Die notule lui: ‘Genl. Viljoen sê hy reken ons sal ’n Blanke algemene verkiesing met enigiets tussen 50 en 60 persent kan wen. Maar die vraag is wat doen jy as jy die verkiesing gewen het’ vra hy. Daarmee het u u eie getuigskrif van politieke onbevoegdheid geskryf. In ’n ander stadium het u volgens die notule gevra: ‘Is dit in belang dat die NP tot ’n val kom in sulke omstandighede’. Dus, u het openlik daarvoor gewerk dat opponente ontmoedig word om De Klerk te stuit en tot ’n val te bring. Watter beter diens kon aan De Klerk gelewer word as dit?

“En dit is nie al nie. U aanvaarding van die beginsel van ”n nie-rassige demokrasie’ is die hartslag van die De Klerk-Slovo-Mandela-beleid, waardeur die Witman polities magteloos gemaak en onder ’n Kommunisties-beheerde Swart bewind gestel moes word. Daarby het u die kreet van die Kommuniste en ander Afrikanervyande van die vyftiger- en sestigerjare en van die NP van die negentigerjare oorgeneem toe u gesê het ‘apartheid was die grootste fout van hierdie eeu’. En al wat u nou in die kantaantekeninge op my brief daaroor te sê het, is in die tipies linkse idioom: ‘Ek is nie ’n rassis nie’. As om nie ’n rassis te wees nie, beteken dat ’n mens die Kommunistiese en liberalistiese uitsprake en dogma moet aanvaar, soos u gedoen het, begryp ek waarom u sê u nie "n rassis’ is nie. Maar u begryp blykbaar nie dat ’n volkstaat nie te rym is met ’n nie-rassige demokrasie nie. Die twee begrippe vloek teen mekaar.

“Enigiemand wat iets van die politieke stryd in Suid-Afrika begryp, weet dat ‘rassisme’ net aan Blankes aangevryf word—nooit aan Swartes nie, omdat die Blankes daardeur in die beskuldigdebank gehou moet word. En elkeen wat iets van die politiek begryp, weet dat tussen ’n volk se kultuur en rasse-identiteit daar ’n sterk band is. En geen egte nasionalis kan voorgee dat hy nie ook rasgebonde en rasbewus is nie.

“In elk geval, in die Aprilverkiesing het 3% Blankes vir die ANC en PAC gestem, en 2% Swartes vir die NP, DP en VF. Dus, ’n byna volkome rasseverdeling. Wat beteken dit teen so ’n agtergrond om jou daaraan te troos dat jy nie ’n ‘rassis’ is nie?

Nasionalisme

“U bewering dat u ‘nie vyandig teen ons nasionalisme is nie’, is baie min werd, omdat u, net soos De Klerk, alles verwerp waarvoor die Afrikanemasionalisme van Kruger, Steyn, De Wet, Hertzog, Malan, Strijdom en Verwoerd gestaan het.

“Die uitlatings van die Voorsitter van die Volkstaatraad, mnr. Johan Wingaard, by die inhuldiging van die parlementêre blindedermpie, is so in die tipies anti-nasionalistiese idioom dat dit ’n Afrikaner nasionalis laat gril. Hy sê: ‘volksnasionalisme is ’n middelpuntvliedende krag met enorme vernietigingspotensiaal... ’n krag wat die vermoë het om gemeenskappe en ekonomieë te vemietig. Daarenteen word die krag van die ekonomie gesien as ’n middelpuntsoekende krag, ’n saambindende krag wat die strategiese en ekonomiesebelange van ’n streeklaat saamvloei’. (Let wel: ‘streek’ nie ‘staat’ nie).

“Daar moet aangeneem word dat hierdie uitspraak die standpunt van die Vryheidsfront en van u as die leier verteenwoordig. U het mnr. Wingaard in die raad aangestel en hy is klaarblyklik deur u invloed tot voorsitter verkies.

“Hierdie uitspraak van mnr. Wingaard is so ver verwyder van nasionalisme en so in pas met die liberalisme dat dit net sowel deur mnr. Harry Oppenheimer of mev Helen Suzman gemaak kon gewees het.

“Teen hierdie getuienis sê u egter u ‘is nie vyandig teen ons nasionalisme nie’. As dit vriendskap teenoor nasionalisme verteen woordig, het nasionalisme nie vyande nodig nie.

“En om hierdie politieke gekkespul te kroon, is mnr. Wingaard ’n leier in die strewe na ’n volkstaat—’n volkstaat waarin daar nie plek vir ‘volksnasionalisme’ mag wees nie en wat verbind is tot "n nie-rassige demokrasie’.

Vir wie wantrou?

“U vra my wie ek nie wantrou nie. Ek wantrou net dié wat kennelik ontrou is aan ons volk se politieke beginsels en sedelike waardes. Ek het dr. Malan, adv. Strijdom en dr. Verwoerd vertrou en aktief vir die Nasionale Party gewerk, omdat hulle hoog sedelik met hulle volk se waardes omgegaan het en trou aan die beginsels van Afrikanernasionalisme was. Ek sal enigiemand vertrou wat aan die voorwaardes voldoen. U voldoen, net soos De Klerk, beslis nie daaraan nie.

“Net een gedagte oor u bewering dat u ‘gedoen het’ en ek ‘net gepraat het’. Genl. Charles de Gualle se vriend Andre Malraux het geskryf genl. De Gualle ‘se natuurlike impuls was om nee te sê en dat hy op sy gemak was alleen wanneer hy nee gesê het’. Dit is nogal ’n kenmerk van ’n nasionalis. En as ‘doen’ per se geroem moet word, moet die konkelaars, knoeiers, manteldraaiers en verraaiers ook kan aanspraak daarop maak dat hulle ‘gedoen het’ en derhalwe beter gepresteer het as dié wat gepraat het om mense te waarsku teen die gekonkel, geknoei, manteldraaiery en verraad. Ek het nie ’n probleem daarmee dat ek in so ’n geval onder die ‘praters’ getel word en nie onder die ‘doeners’ nie.

“Ek het in my brief van 29 Junie aan u gesê dat ons betroubare getuienis het dat u voor 27 April op Sondagaande gereeld besoek aan Libertas, die presidentswoning, afgelê het. U sê dit is ‘totaal onwaar’. Ek het uiteraard nie verwag dat u anders sou gesê het nie. Maar u moet ook nie verwag dat ek my getuies nie sal glo nie.

Rede vir agter dog: AWB-manne verraai

“My rede om agterdog en wantroue teen u politieke bemoeienis te hê, is versterk deur die mededeling in die Londense blad Africa Confidential van 3 Junie 1994. Daarin staan: ‘Significantly, the Freedom Front’s Gen. Constand Viljoen and Gen. Tienie Groenewald, a former intelligence chief, have become allies of the new government and are feeding intelligence on the right to the ‘reconstructed’ DM1 (Defence Military Intelligence). Africa Confidential has learned it was Gen. Viljoen who passed key intelligence to DMI which led to the arrest of the first two of 33 far rightwingers, including key officials of the Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) in connection with a series of bomb blasts before the election’. (Nadruk toegevoeg).

“Vir ander kan dit skokkend wees om te verneem dat beweer word dat u op dié wyse saamwerk met Kommuniste teen Afrikaners wat veg teen die verraderlike politiek van hierdie tyd. Die bewering het my egter nie verbaas nie.”

“Naskrif:

  1. “U noem die brosjure oor u en genl. Groenewald ’n ‘smeerbrosjure’. Dit laat my besef dat die publikasie se trefkrag reg is, waar dit u beweeg tot ’n geskel daarteen. Natuurlik moet u dit uitskel as ’n ‘smeerbrosjure’, omdat alles daarin feite is wat u nie kan betwis en redenasies wat u nie weerlê nie. Ek daag u uit om enige onwaarheid daarin aan te dui, of enigiets wat as ‘smeer’ kwalifiseer.

“Die mentaliteit wat spreek uit die wyse van u antwoord op my brief is beslis openbarend. Om my brief terug te ontvang van u met kantaantekeninge daarop het seker (in ‘n idioom) een of ander ‘strategiese’ betekenis wat my ontwyk. Ek hoop die onwellewendheid is nie die handelsmerk van sekere rolspelers in die parlementêre politiek van die Nuwe Suid-Afrika nie.”

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    TAKHARE EN JOINERS is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1296 gaste aanlyn