NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Lyding maak gelowiges sterk. Dit brei, vorm en verdiep.  Dit gee ons krag en weerstand.  Kortom: Dit gee ons geestelike staal.

BOIKOT DIE VERKIESING!

Die verkiesing is voor die deur. ‘n Beduidende getal Afrikaners het sedert 1994 nie gaan kruisie trek nie en sal dit ook nie met hierdie verkiesing doen nie. En omdat hierdie groepering van nie-stemmers gaandeweg groter raak, word elke moontlike truuk getrek om die Afrikaner by die stembus te kry. U sien, as die kerngroep van die ekonomie sy rug draai op die demokratiese proses, skep dit eintlik ‘n konstitusionele krisis. Want ‘n nasie waarvan een kleur wegbly/ontbreek kan kwalik nog ‘n “reënboognasie” genoem word.

Maar ja, dié utopie van ‘n NSA met vrede en harmonie tussen al wat kleur en geur is, het net nooit werklikheid geword nie. Dit kán ook nie, dit het nêrens in die wêreld geslaag nie, hoe sou dit hier kon werk?!

Nie net is daar ‘n groot getalle-ongelykheid nie, daar is ook diepliggende kultuur-, geloofs- en beskawingsverskille wat tussen die rasse bestaan. Die uitwissing daarvan is nie deur 30 jaar se bevoordeling van Swart; en diskriminasie teen Blank bewerkstellig nie en sal ook nie gebeur in die eeue wat kom nie.

Mnr. Jaap Marais sê in Waarheid en Werklikheid:

Die sentrale probleem van die Suid-Afrikaanse staatkunde is dat ras en kleur nie maar net ‘nuanses van pigmentasie’ binne een nasie is nie, maar dui op diepgaande historiese en nog dieper genetiese verskille, wat saam sosiale, kulturele en godsdienstige afstand skep wat onoorbrugbaar is.

Ook sê Statistiek-SA se sensusopname van 2022: “Black South Africans remain the dominant population group at 81,4%.

Dit beteken dat uit elke 10 mense wat gaan stem, 8 Swart is. Dis nie te moeilik om ‘n berekening van die uitslag te maak nie... Wat ons wel met sekerheid kan sê, is dat ás die ANC se meerderheid tot onder 50% daal soos wat uit alle oorde en veral deur die Joodsbeheerde media met groot trompetgeskal voorspel word, dan is dit vanweë die onderhandelde uitslag wat lank voor stemdag reeds bereik is, nie vanweë getelde stemme nie.

U kan uself nog herinner aan die opmerking van regter Kriegler, die VVK-voorsiter na die “eerste demokratiese” verkiesing in 1994. Hy is gevra of die verkiesing vry en regverdig was en sy reaksie: Mens kan nie verwag om in ‘n bordeel te werk en kuis te bly nie.

Daarna, is na die 1999-verkiesing berig dat 1,7 miljoen méér stemme “getel” is as waarvoor daar stembriewe uitgereik is!

En die denkende Witman krap in groterwordende ongeloof sy kop hieroor. Ook skaam hy hom oor dit waarna die verkiesing lei – die samestelling van wat “die parlement” genoem word, maar beter as ‘n sirkus beskryf kan word. Hy vra homself dan af: waarom nog gaan stem?

Met hierdie groeiende wantroue onder ons mense verbaas dit dus glad nie dat slinkse foefies bedink word om die mense weer terug te lok stembus toe. Groot koalisies wat kwansuis die vermoë sou hê om die ANC te verslaan word gesmee en natuurlik geniet hierdie wensdenkery wye propaganda-dekking.

Die Afrikaner-nasionalis kan hom met niks hiervan vereenselwig nie. As gelowige hoor hy die woorde van die Korinthiërs-boek en weet dat dit vandag nog net so geldend is as toe dit geskryf is:

Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

en verderaan:

Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die HERE ...

                                                                II Kor. 6: 14 en verder

Hy weet ook dat die huidige bestel deur verraad en bedrog op hom afgedwing is. Hy, as wettige eienaar van wat internasionaal as “Blank Suid-Afrika” bekendgestaan het, het nooit die dokumente geteken wat hom sy eiendomsreg ontneem het nie. Die referendum ter effekte daarvan is wel beloof, maar nooit aan die Blanke eienaars van die land gebied nie. Daarom is hierdie ‘n onwettige bestel.

Die hoë verantwoordelikheid rus op die Afrikaner wat sedert 1994 nie gaan stem het nie – en daardeur die legitimiteit van hierdie regime ontken – om steeds enduit te veg vir die herstel van sy Vaderland as sy regmatige eiendom.

Die Rehoboth-basters was voor “onafhanklikheidswording” van Suidwes in 1990 ‘n selfregerende volk met ‘n eie gebied. Hierdie onafhanklikheid/selfstandigheid is ook deur die Duitsers erken nadat hulle Duits-Wes gekoloniseer het. Maar in die euforie oor die oorwinning oor die Blankes in 1990 het die Basters hulle laat inbind in die nuwe Namibië, en ywerig aan die verkiesings deelgeneem. ‘n Skamele 6 jaar later wend hulle hulself tot die Hooggeregshof van Namibië ten einde hul onafhanklikheid en grondgebied te herwin. Hul appèl word egter deur die hof verwerp. Die rede – hulle het hulself vrywilliglik in die demokratiese proses laat inbind deur hul deelname aan die verkiesings en kan daarom nie as outonome volk met ‘n eie gebied herstel word nie.

Hier in die Republiek sien die prentjie daar heel anders uit met honderde duisende Afrikaners wat sedert 1994 die verkiesings van die onwettige regime boikot. Ons het dus ‘n voorbehoude staatkundige reg tot die herinstelling van ‘n Blanke regering.

Daar is aan die regterkant van die Afrikanerpolitiek twee duidelike strome. Die een is nie ‘n vriend van die herstel van ons vryheid in ons vaderland nie. Dit is diegene wat binne-in die politieke bestel opereer en nou al daar vir 30 jaar daar probeer beding vir ‘n volkstaat (‘n afvalstukkie van ons vaderland). Terwyl hulle saam met die Afrika-politikus hul vergryp aan die vettighede van die soustrein. Daar kruip hulle voor hul Swart meesters en smeek vir die toekenning van ‘n stukkie grond wat kwansuis hul grondwetlike reg sou wees. Dié reg word hulle gegun deur die dokument van verraad – die sogenaamde Afrikaner-Akkoord – ‘n ooreenkoms wat die verraaier Constand Viljoen saam met die ANC en NP enkele weke voor 1994-verkiesing onderteken het. Wat Viljoen eintlik belowe het en van verhoog tot verhoog verkondig het, was om die oordrag van mag met wapengeweld te verhoed – daarvoor het hy inderdaad ook bevel gevoer oor ‘n mag van meer as 100 000 man. Maar in sy daad van grootste verraad het hy sy rug gekeer op sy volk en met hierdie troosprys – die “ingeboude grondwetlike reg op ‘n volkstaat” ‘n party geregistreer (die Vryheidsfront) en self aan die verkiesing gaan deelneem. Maar helaas, 3 dekades later het hulle nog nie ‘n enkele morg afgesmeek gekry nie, en helaas is selfs die Volkstaatraad ontbind.

Om sake te vererger is daar nou ‘n swetterjoel organisasies wat hulle kwansuis búíte die parlement wil beroep op daardie selfde verraderlike Afrikaner-Akkoord. Die dokument wat ons ten ene male tot vreemdelinge in ons eie land gereduseer het, word nou weer deur hulle aangegryp as ons laaste hoop. Hierin word hulle gesteun deur Boermedia wat aan hulle wye dekking verleen. Hulle het inderdaad reeds deur die gestorwe en heropgeleefde Volksraad Verkiesingskomitee (VVK) die ANC-regering genader. Hulle het gepleit vir die reg van ‘n volkstaat maar moes vernederd en met leë hande daar weg.

Dit is ‘n futiele saak – die spul verraaiers in die parlement se onvermoë om dit binne die parlementêre stelsel te bewerkstellig is daar voldoende bewys van. Waarom sal daar enige hoop wees om dit van buite die konstitusionele liggame te bereik? Dit is geheel onhaalbaar. Waarom dié dooie perd weer opsaal? Die Afrikaner-Akkoord is duidelik nie eens die papier werd waarop dit geskryf is nie – die ANC verag daardie ooreenkoms net soos wat hulle die NP se wigte-en-teenwigte geminag het.

Sou hulle enigsins daarin slaag om die ANC daartoe te oortuig wonder mens of die mense die implikasies werklik bedink het. Ons laat dit daar dat hulle bereid is om te skik vir ‘n klein deeltjie van dit wat ons regmatige eiendom is. Daarmee kondoneer hulle die verraad en verleen hulle legitimiteit aan die onwettige regime. Die dokument, die Afrikaner Akkoord, beding ‘n volkstaat – ‘n flentertjie grond wat nie ekonomiese of staatkundige selfstandigheid kan verseker nie. Dink byvoorbeeld aan Orania – wat doen Orania as die regering van NSA sy “grens” sluit en geen verkeer in of uit toelaat nie? As die NSA sy lugruim sluit kan daar nie eers ‘n vliegtuig daar gaan land nie. Hoe gaan in- of uitvoere plaasvind? Dalk moet ons in die geskiedenis gaan kyk na diegene wat blindelingse vertroue op Swart leiers plaas, soos Piet Retief...

In hierdie sinnelose scenario wil die organisasies wat hulle nou opnuut weer op die Afrikaner-Akkoord beroep ons nou inlei. Dit is absurd! As die VF+ dit nie na 30 jaar binne die parlement – grondwetlik ingestelde Volkstaatraad en al – kon regkry nie, vra mens onwillekeurig hoeveel dekades moet ons volk nog die dwingelandy onder Swart regering verduur terwyl hierdie Afrikaner-Akkoord-geelwortel opnuut as blufspel gespeel word! Dit val dus ook glad nie vreemd op om nou weer dieselfde gesigte wat destyds rondom Constand Viljoen se verraad versamel was, weer by hierdie nuwe beweging te sien nie. Laat ons dit maar prontuit op die naam noem – julle is weereens besig met verraad. Julle speel in die hande van ons vyande. Julle is instrumenteel daarin om die Afrikaner te verwar en hom van sy ware vryheidstryd weg te keer!

Laat dit hier hard en duidelik gesê word: Die Afrikaner se pad na die herstel van sy vryheid, na die herwinning van sy vaderland, lê BUITE die bestel. Dit behels die herstel van gans die HELE grondgebied van die Republiek van Suid-Afrika – sy regmatige eiendom! Daarvoor word nie onderhandel of gekruip nie – dit het De Klerk en Viljoen en hul hedendaagse handlangers genoeg gedoen. Ons kibbel nie oor ‘n paar hektaar hier of daar nie. Ons beroep ons op ons volk se geskiedkundige reg tot volle seggenskap en beheer van ons volle grondgebied! Dié land is óns land, van die Kaap tot in Transvaal, ons skuld dit aan geeneen nie!

Daarom roep ons elke Afrikaner op om die demokratiese proses te boikot – bly weg van die stembus, en versterk só ons saak deur geheel buite die bestel te bly – aangesien ons dit nie erken as ‘n wettige entiteit nie. Deur u stem te weerhou bevestig u dat hierdie regime geen legitimiteit oor ons volk het nie. So verwerp u hierdie bestel geheel en al! Bevestig aan die wêreld dat die Boer leef en sal oorleef. Dat hy sy reg tot vryheid sal handhaaf in die geloof dat sy God hom sal herstel in die land waarin Hy hom gevestig het.

Lewe die Boer!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1717 gaste aanlyn