NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ons weet dat daar eintlik net twee keuses in die lewe is sal ons meer betrokke raak by die dinge wat gedoen moet word: ons kan kies om betrokke te wees en die pyn daarmee saam verwerk; of ons kan kies om onbetrokke by dinge om ons te wees en die verveling daarvan verduur.

LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (2)

GOD LEI DEUR TEKENS, MAAR WEES VERSIGTIG!

J.A. Loubser

" Dit het beslis nie om Gideon se eie belang gegaan nie. In hierdie opsig verskil dit baie van die tekens wat mense vandag soek."

Wanneer mense leiding soek, is hulle dikwels op die uitkyk vir tekens as aanduiding van die regte of verkeerde besluite.

God lei mense deur tekens aan hulle te gee. Dit is immers 'n integrale deel van die Ou Testament se boodskap. Die tekens word soms gegee op versoek (soos in die geval van Moses se kiere, en Gideon se wol) of God gee dit vanself (soos Noag se reënboog en die bloed op die deurkosyne met die eerste pasga). Die Goddelike tekens bevestig enersyds die woorde van die profete, maar dit maak andersyds ook die boodskap sigbaar.

Ook Gideon, van wie ons in Rigters 6 lees, het 'n teken gesoek – en gekry. Dit was te verwagte dat die varsgeskeerde wol wat hy die nag buite op die harde dorsvloer gelaat het laaste droog sou word in die sonlig. Dit het egter eerste droog geword – presies soos Gideon van God gevra het! Hy kon nie anders as om dit as 'n teken van Bo te sien nie.

Dit is nou maar so dat die moderne mens skepties is wanneer hy van tekens en wonderwerke hoor. Dit is ook verstaanbaar. Ons leef immers in 'n tyd waarin daar wetenskaplike verklarings vir alles gesoek en gegee word. Die bonatuurlike is vir mense vreemd. Verder is daar die gevaar dat mense met tekens sal "smous."

Indien mense beweer dat hulle tekens van die Here ontvang het, is dit vir buitestaanders dikwels onmoontlik om die waarheidsgehalte van sulke uitsprake te kontroleer en kry hulle dikwels die gevoel dat hulle uitgelewer word aan die manipulasie van sulke mense.

Wat vir die skeptici onder ons interessant behoort te wees, is dat Jesus self ons teen 'n sondige soeke na tekens waarsku. Oorweeg byvoorbeeld die volgende uitsprake in die Nuwe Testament:

  • Matt 12:38-41: "Party van die skrifgeleerdes en die Fariseërs sê toe vir Hom (Jesus): 'Meneer, ons wil 'n wonderteken van u sien.' Maar Hy antwoord hulle: ' 'n Slegte en afvallige geslag vra 'n teken, en geen tekens sal aan hulle gegee word nie, behalwe die tekens van die profeet Jona. Soos Jona drie dae en nagte binne in die maag van die groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en nagte binne in die aarde wees.' "
  • Joh 4:48: "Toe mense na Jesus kom en Hom vra om 'n siek seun in Kapernaum gesond te maak, sê Hy verwytend: ' As julle nie tekens en wonders sien nie, glo julle eenvoudig.' "
  • 1 Kor 1:22-24: Paulus sê hier: "Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit 'n aanstoot en vir die ander is dit onsin, maar       vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God."

Miskien moet ons eerder van "wondertekens" as van "wonderwerke" praat. Soms het God die profete van die Ou Testament beveel om self sekere handelinge uit te voer as tekens vir die volk. Die Duitse Ou-Testamentikus Von Rad sê dat die profetiese tekens eenvoudig 'n versterkte vorm van profetiese verkondiging was. Soos in die geval van die profeet Hosea kon die profeet se eie lewe 'n teken wees. 'n Teken kon selfs 'n allesdaagse verskynsel wees. In die meeste gevalle was dit egter iets buitengewoons.

Uit die geskiedenis van Gideon kan hedendaagse mense 'n paar waardevolle dinge leer in verband met die leiding van die Here:

  • Die omstandighede waarbinne God 'n teken aan Gideon gegee het, was uitsonderlik. Die toekoms van die verbondsvolk was op die spel. Daar was niemand om te help nie. Gideon self was huiwerig. Hy het reeds sy lewe op die spel geplaas deur die Baälbeeld te vernietig en die mense wou hom doodmaak. Nou het hy en sy mense op die vooraand van 'n groot oorlog gestaan waarin hulle maar min kans op sukses gehad het.
  • Verder was Gideon se teken deur God self gegee. God self het vir Gideon geroep tot diens in sy koninkryk. So was dit deel van die heilsgeskiedenis wat sou uitloop op die koms van die Messias. Dit het beslis nie om Gideon se eie belang gegaan nie. In hierdie opsig verskil dit baie van die tekens wat mense vandag soek.

Vir gelowiges vandag is dít wat Jesus Christus self oor tekens leer, van die grootste belang. Jesus sê dat Hy self die enigste teken is wat in die bedeling van die Nuwe Testament aan sondaarmense gegee sal word. Hy self is die teken van Jona. Hy self is die vervulling van al die tekens van die Ou Testament. Dit word reeds in die Ou Testament geprofeteer in Jesaja 7:14: "Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem."

Van hierdie teken vertel Lukas 2:11-12: "Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê..."

Dit is ook die boodskap van Hebreërs 1: "In die verlede het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae het Hy met ons gepraat deur die Seun... Uit Hom straal die heerlikheid van God..."

In die lig van wat hierbo gesê is, moet ons nou die vraag beantwoord of ons as Nuwe Testamentiese gelowiges na tekens behoort te soek. Wat hierdie vraag betref, is drie opmerkings van pas:

  • Die soeke na tekens behoort nie deel van ons normale Christelike lewe te wees nie. Tekens is eerder bedoel vir die ongelowiges. Die liefde en krag van ons Christelike lewens moet so duidelik na vore kom dat die ongelowiges dit as 'n teken van God kan sien en ervaar.
  • Nietemin moet ons sensitief wees vir God se handeling in die geskiedenis. Ons mag God nie aan bande lê en sê dat Hy vandag nie meer tekens kan gee nie. Sulke tekens sal egter steeds in regstreekse verband tot die verlossingswerk van Jesus Christus staan.
  • Ons moet veral sensitief wees vir wat God in sy Woord leer. Die Gees lei gelowiges deur hulle aan die Woord van Jesus te herinner en na sy Beeld te hervorm.

Ons kan hierdie gedeelte afsluit deur 'n vraag aan onsself te stel: "Is my lewe en die gemeente waarin ek aanbid 'n teken van die koninkryk? " Dit is beter om 'n teken te wees as om een te soek!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    TAKHARE EN JOINERS is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2629 gaste aanlyn