NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Omdat ‘n politieke beleid van inval of verdwyn geen oplossing bied nie, beskerm ‘n wyse leier altyd sy minderheidsgroepe.  Vyf wolwe en een skaap kan tog nie om ‘n tafel gaan sit en stem wat hulle vir aandete wil hê nie!

GODDELIKE GETROUHEID

Hannes Ollewagen

Matt. 28:1-10

“Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het; en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê. En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel. En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom. En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galiléa moet gaan; en daar sal hulle My sien.” (:6-10).

Hierdie gebeure ná die dood van Christus aan die vloekhout lewer weereens vir ons so ’n kragtige getuienis van die Goddelikheid van Christus. Dit is ten eerste ’n absolute merkwaardige gebeurtenis dat selfs die krag van die dood Hom nie gevange kon hou nie. Hierdie ongewone en wonderlike gebeurtenis waarvan Petrus ook beslis getuienis gelewer het. “Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.” (Hand. 2:24). Hierdie getuienis van die Goddelikheid van Christus wat ons herinner daaraan dat die Drie-enige God van die heelal inderdaad die enigste ware God is wat waardig is om deur die mens aanbid te word. Is daar enige afgod wat die mense vir hulself maak wat ooit die smarte van die dood kon oorwin? Sou Mammon (die geldgod) dit kon doen? Natuurlik nie! Daar is géén bedrag geld in die wêreld wat enige mens van die dood kan red nie. “Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie” (Ps. 49:8).

Sou die beste mediese sentrum of geneesheer daarop kan roem dat hulle enige mens van die dood kon red? Natuurlik nie! Hulle hulp strek ook net sover as die punt waar die dood by ’n pasiënt intree– daarna kan hulle vir die mens niks meer doen nie. Hierdie oorwinning lewer derhalwe ’n luidkeelse getuienis van God se verhewendheid en Goddelikheid – dat dinge wat vir enige ander wese in die heelal onmoontlik is vir Hom geen verhindering is nie. Hy alleen kon die dood oorwin en Hy alleen kan die mens se siel van ewige verderf red. “Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.” (Ps. 46:16).

Daar is ook ’n tweede waarneming wat ek uit hierdie gedeelte maak. Hoe wonderlik is dit dat Christus, kort na sy opstanding en oorwinning oor die dood, die mens weer opsoek. So trou aan sy goddelike natuur. En soveel anders as die mens. Wanneer die mens met oorwinnings en sukses omring word, is sy natuurlike gedrag mos om van God te vergeet en van God af weg te dwaal. Hy verhef homself in sy hart bo ander mense en selfs bo God. Maar wanneer Christus oor die dood triomfeer, die grootste oorwinning wat in die ganse skepping behaal is, verhef Hy Homself nie in selfvoldaanheid en sien met veragting op die mens neer nie. Hy soek die mens op en openbaar Homself aan die mens.“En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.” (Matt. 28:9). Onthou, hierdie mense wat Hy opsoek en aan wie Hy verskyn, was ook mense wat self gesondig het. Hulle was derhalwe, soos elkeen van ons, ook aandadig aan die vloek, hoon en smart wat Hy ’n paar dae vantevore moes deurmaak! En tog ontmoet Hy hulle nie met bitterheid, verwyt of selfvoldaanheid nie, maar met innerlike ontferming oor hul lot. Hierdie nederigheid, vastigheid, barmhartigheid en liefde is beslis bo-menslik. Inderdaad Goddelik. Ja, met ’n Goddelike onveranderlikheid soek Hy die mens na sy opstanding op soos wat Hy in die vroegste tyd ook alreeds die mens wat in die tuin van Eden gesondig het, opgesoek het. Hierdie innerlike ontferming, barmhartigheid en liefde van God is eie aan sy Goddelike natuur!

Ek sluit dan ook vir ons met ’n laaste waarneming uit hierdie gebeure af: Die getuienis van sy Goddelikheid daarin dat sy besluit vas staan en deur geen ander wese in die heelal as Hyself verander kan word nie. Hy het alreeds voor sy dood met sy dissipels ’n afspraak in Galiléa gereël. “Maar gaan sê vir sy dissipels en vir Petrus dat Hy voor julle uit gaan na Galiléa. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.” (Mark. 16:7). Nie eers die dood kon Hom verhinder om hierdie afspraak wat Hy gereël het na te kom nie. Daar is niks wat Hom kan verhoed om dit wat Hy besluit, uit te voer nie. Daar is niks wat Hom sal verhinder om sy Woord gestand te doen nie. Ja, hierdie gebeure lewer luidkeels saam met die profeet Jesaja van sy Goddelikheid getuienis! “Júlle is my getuies, spreek die Here, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is — voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.Ek, Ek is die Here, en daar is geen Heiland buiten My nie. Ék het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie; en julle is my getuies, spreek die Here, en Ek is God. Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer?” (Jes. 43:10-13).

Mag hierdie wonderlike, amper onbegryplike, gebeure uit die lewe van Christus ons opnuut bewus maak van die nietigheid van daardie dinge in die lewe waarin ons so maklik ons hoop of vertroue kan stel. En mag ons nagedagtenis aan hierdie wonderlike gebeure by ons opnuut die grootheid en Goddelikheid van Hom inskerp sodat ons met ’n vaste vertroue ons lewens aan Hom sal toevertrou en Hom met getrouheid as die enige lewende God sal dien.

Amen.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2759 gaste aanlyn