NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die gees van Isebel rig ons volk oneindige skade aan.  Gesag word afgetakel. Rolle word omgeruil - mans tree soos vrouens op en vrouens soos mans.  Gesinne spat uitmekaar.   Kerke verlaat die waarheid vir dwaalleer.  Politici intimideer, manipuleer en domineer.  Niemand is meer eerlik nie!

6 APRIL SO BINDEND SOOS 16 DESEMBER

Waarom gaan dit tans so sleg met ons as volk hier aan die suidpunt van Afrika? Is dit nie omdat ons nie meer ons geloftes betaal nie? Ons volk word vermoor en verdruk deur 'n swart owerheid wat ons van die aardbol wil afvee. Ons het bedelaars in ons eie land geword.  Is dit die goeie hoedanighede van die huidige regering wat hulle in beheer oor ons geplaas het, of is dit ons swak hoedanighede wat ons onder ‘n strafgerig van ons hemelse Vader geplaas het? Verdien ons nie dit wat oor ons gekom het nie?

Is dit nie ook omdat ons wel nog die Gelofte van Bloedrivier probeer onderhou maar die res vergeet het nie ?

Wat het geword van Van Riebeeckdag wat ons vandag nog net soos Geloftedag op 16 Desember bind?

Wat van die herdenking van die Gelofte van Paardekraal wat bepaal dat ons as volk jaarliks by Paardekraal op 16 Desember bymekaar sal kom en die oorwinning van die ZAR oor die Britse anneksasie van 1877-1881, te gedenk?

En die eerbiediging van die ZAR Volksraadbesluit van 31 Mei 1882 waarin geproklameer is dat 27 Februarie jaarliks as ‘n dag van verootmoediging deurgebring sal word sodat die weldade van die Almagtige God in herinnering geroep word en die eer van die oorwinning aan Hom gegee word?

Wat van die broederskapgelofte wat op 9 September 1939 op Monumentkoppie voor die Almagtige God afgelê is en waarby 70 000 volksgenote betrokke was in die jare toe hierdie volk stelselmatig van die Britse juk bevry is? ‘n Klipstapeling is die stille getuienis daarvan, en het in die vergetelheid verdwyn. Het ons as volk nie ook ‘n aandeel aan die haglike toestande waarin baie van ons verkeer nie?

Maar die drie werklike geloftes waaraan ons nie kan ontkom nie is Bloedrivier, Paardekraal en Van Riebeeck se gelofte van 1654. En alvorens ons volk nie hierdie drie geloftes al drie onderhou nie sal dit nie met ons beter gaan nie.

Laat ons hierdie jaar spesiale aandag hieraan verleen. Benut vandag as ‘n dag van dank en gebed vir die wyse waarop die HERE voorsiening gemaak het vir die koms van ons voorsate na hierdie land. Bring die dag deur in ootmoed en dankbaarheid vir die offer wat sy Seun en ons Losser namens ons volbring het.

Toe Jan van Riebeeck en sy geselskap op 6 April 1652 hul aan die Kaap kom vestig het, was hul primêre doel om ‘n halfwegstasie op die been te bring wat as ondersteuningspunt moes dien vir die skeepvaartroete óm die Kaap na die Ooste, waarmee baie winsgewende handel gedryf is. Dit was ook hul doel om ‘n kolonie te stig waardeur hul infrastruktuur uitgebrei kon word.  Hul seevaart, asook hul eerste twee jaar het egter so voorspoedig verloop dat hul daarin die Hand van ons hemelse Vader gesien het en ‘n belofte aan Hom gemaak het wat as volg lui:

Waar dit vandag die tweede verjaarsdag is van die dag waarop ons deur die HERE gelei, met die skepe Drommedaris, Reyger en De Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here en meesters [Here XVII – die Direkteure van die VOC] te bou en te bestendig, en opgelet dat God die HERE alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, daarom het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6e April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot ‘n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die HERE wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.

Hiermee het hulle erkenning aan die Almagtige God van hemel en aarde gegee dat dit Hy is wat hulle reis op see voorspoedig laat verloop het, sodat hulle behoue hul bestemming bereik het, en dat hul eerste twee jaar gekenmerk was met vele seëninge sodat dit voorspoedig en na wense verloop het. Dit het so ‘n groot indruk op hul gemaak dat hul besluit het om dié dag in die vervolg as ‘n vasblywende dank- en biddag in te stel sodat die weldade van die HERE wat aan hulle bewys is, nooit deur die nageslag vergeet sou word nie. Die doel van die instelling was dat hierdie weldade aan die nakomelinge vertel sou word en dat God daardeur vir altyd vereer moet word.

Dit is derhalwe die doel van hierdie skrywe om u as nakomeling te herinner aan die beskikkende Hand van die HERE wat Hom van vóór die volksplanting van hierdie volk aan die suidpunt van Afrika oor ons ontferm het.

Die herdenking van hierdie gebeurtenisse, en die eerbied wat ons hemelse Vader toekom het in die vergetelheid verdwyn. Die ouer garde onthou nog dat Van Riebeeckdag lank gelede ‘n vakansiedag was, maar bitter min van hulle weet van die belofte wat gemaak is. Hierdie belofte is sinoniem met ‘n gelofte, en moet betaal word. Ons Vader in die hemel eis dit van ons in terme van: Deut.23:21-23 [1933/53 Bybel]

21 As jy aan die HERE jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.

22 Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.

23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het—wat jy met jou mond gespreek het.

Die vraag ontstaan nou tot welke mate die versuim om ook hierdie gelofte te betaal sonde in ons as volk geword het. Sover ons kon vasstel het Van Riebeeck maar vir drie jaar hom binne amptelike hoedanigheid hierby gehou. Binne enkele jare is hy oorgeplaas na ander wêrelddele en was hy nie meer betrokke by die sake aan die Kaap nie.

Dit is egter nie ‘n verskoning om dan skouers op te trek en jou hande in onskuld te was nie. Die eer van ons hemelse Vader is in gedrang, en Hy HET alles voorspoedig laat verloop. Hy eis dit van ons, en by gebrek aan ons eerbiediging van hierdie gelofte word dit sonde in ons en sal Hy die werke van ons hande verwoes, soos opgeteken in: Pred.5:3-5

3 As jy ‘n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.

4 Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.

5 Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ‘n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ‘n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?

Is dit nie omdat ons onder andere nie ons geloftes betaal nie? Is dit net die skuld van die Nasionale Party van die verlede? Het hierdie volk nie die huidige bestel ingestem nie? Met ‘n kruisie die Lewende God van hemel en aarde se drumpel gelyk gestel met die afgode in die hoogste gesagsliggaam van hierdie volk nie?

Het hierdie volk nie daarmee die vriend van die wêreld en daarmee saam die vyand van die Almagtige God geword nie [Jak.4:4]?

Is dit nie ook sommige kerke wat ywerig hieraan deelgeneem het, en van die kansels die politieke vrede in die vooruitsig gestel het en die HERE se seën op hierdie godsdienstige hoerery gebid het nie?

Word die werke van ons hande nie al sedert 1994 voor ons oë verwoes nie?

Sal die HERE dan swyg? Sal Hy Homself tot leuenaar maak en nie voltrek wat Hy gespreek het nie? Eis Hy dan nie nou van ons wat ons beloof het nie; wat oor ons lippe gegaan het nie; waaraan ons verbonde is nie? Vergeld Hy dan ons nie nou vir ons afvalligheid van Hom nie; ons versuim om ons geloftes te betaal en ons godsdienstige hoerery nie – Op.2:14,20? “Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?” – Prediker 5:5

Daar is egter ‘n oplossing hiervoor. Die Bybel is vol voorbeelde van straf vir afvalligheid en herstel by berou en bekering. Ons durf nie berus by die huidige bestel nie.

Neem u verantwoordelikheid op en betaal wat u voorsate beloof het. Ons is veronderstel om vandag te deel in die voorsienigheid van die Almagtige God wat Hy reeds tot ons voorsate se beskikking gestel het en vir ons in die vooruitsig gestel het, maar weens ons afvalligheid van ons weerhou word.

Eer Hom en verheerlik sy grote Naam vir al die wonderdade wat Hy aan ons as volk volbring het en weet dat die koms van u voorsate na hierdie land in ooreenstemming is met dit wat opgeteken is in: Sef.3:10-13

10 Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring.

11 Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim dié wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.

12 En Ek sal tussen jou in laat oorbly ‘n ellendige en geringe volk wat by die Naam van die HERE skuiling soek.

13 Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie.

Die land oorkant die riviere van Kus is Suider Afrika. Die offerande wat ons as oorblyfsel Hom moet bring is die offers van ons lippe en ons lewe, nl. getuienis, lofprysing, danksegging, ‘n lewe van dankbaarheid en die betaal van ons geloftes. Die koms van die Europeërs na Suider Afrika is geprofeteer en is deel van ons hemelse Vader se Raadsplan. Laat ons dan sy Koninkryk soek en ons geloftes betaal:

Ps.50:14-15

14 Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;

15 en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2184 gaste aanlyn