NUUTSTE BYDRAES

DIRKIE UYS

Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis

HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS

Een van die mees ontroerende verhale uit die Voortrekkertyd is die geskiedenis van die jong Dirkie Uys se heldedood. Dit was Woensdag,11 April 1838, toe hy sy lewe vir sy vader opgeoffer het, om só onsterflik in die nagedagtenis van sy mense voort te leef.

‘n Seun jaag met drie burgers deur die veld, teen die skuinste van die koppie langs, met die rietspruit agter en dongas en ongelyktes voor. Dis Dirkie Uys, vyftien jaar oud, seun van kommandant Piet Uys. En sy vader het daar op die wal van die rietspruit agtergebly.

Hoe het dit dan tog gekom? Vanoggend, gister, eergister was alles so anders. Saterdag het die twee kommando’s uitgetrek, driehonderd-vier-en-sewentig ruiters, met nog pakperde vir bykomende ammunisie en voorrade, en kommandante Uys en Hendrik Potgieter vooraan. Van anderkant die Drakensberge het hulle hier na Natal toe gekom om hul mede-Trekkers te help toe die noodroep hulle bereik het ná die dood van hulle leier, Piet Retief, en daardie donker nag toe die Zoeloe-leër in een verskriklike aanslag onder man, vrou en kind gemaai het. Hulle sou die Strafkommando wees om die Zoeloe-koning Dingane te gaan terugbetaal vir wat hy gedoen het, en hulle het goed gevorder, tot ‘n paar uur te perd van sy hoofstat af. Nou is dit Woensdag, en hulle het in één slag die Vlugkommando geword.

Vanoggend het hulle die Zoeloes se spoor gekry. Gretig het die kommando’s aangedruk en spoedig die impi’s gewaar: een teen die hang van ‘n lang, hoë heuwel, die ander op die vlakte.

“Waar wil jy slaan, neef?” het kommandant Uys vir kommandant Potgieter gevra.

“Op die vlakte,” het kommandant Potgieter dadelik geantwoord, en versigtig het hy en sy burgers wegbeweeg, snuffel-snuffel in elke mielieland om seker te maak dat daar nie dalk van die vyand skuil nie, met verspieders in elke kloof op om eers te gaan kyk.

Maar kommandant Uys gee sy perd die teuels en roep: “Kom burgers!” Toe storm hy, met sy manskappe agterna – en Dirkie ook. Dan is hulle nog net vyftig tree weg. Hoe sit die Zoeloe-krygers nie ingeryg nie, ry op ry, drie regimente een na die ander, skuilend agter hul skildvelle.

Die burgers spring van hul perde af en lê aan.

Die eerste sarsie val, en die voorste ry swart krygers tuimel. Die rye wat nog staan, probeer vertwyfeld ‘n paar werpassegaaie tussen die aanvallers inslinger, maar hulle is nie in ‘n oop geveg bestand teen die geweers nie. Wat daar nog van die drieduisend oor is, draai om en hardloop.

“Op hulle spoor, burgers!” roep kommandant Uys, maar dit is nie eens nodig nie.

Wild en vry, wild en vry teen die heuwelhang langs, af na die vlakte, op in die klowe jag hulle die vlugtende vyand. Die jaende burgers verdeel in groepe, die groepe in kleiner groepies. Dis waarvoor hulle gekom het: om Dingane se mag te verpletter.

Dirkie Uys bly by sy vader se groep, laai en skiet saam met die ander, en die oorwinningsroes maak hom lighoofdig. Maar sy vader, die kommandant, moet sorg vir sy manne.

“Genugtig!” roep kommandant Uys skielik. “Kyk daardie twee Malans!”

Die Malan-neefs het in hul waaghalsigheid heeltemal van hul makkers af weggebreek en hoog teen die heuwel tussen twee bosryke klowe beland. Dit kan doodsake wees as die Zoeloes hulle afkeer.

“Wie kom saam met my?” roep die kommandant. “Ons moet die twee daar gaan afhaal.”
Vyftien burgers, en Dirkie, volg hul leier. Die Malans is weer veilig.

En nou?

Skielik lewe dit in die klowe van Zoeloes. Die swart krygers is om en tussen hulle, Vuur! vuur! vuur! en moenie ophou nie. Maar daar raak iets met die vuursteen van kommandant Uys se voorlaaier verkeerd, en hy hou ‘n oomblik stil om dit reg te maak. Toe tref die assegaai sy heup. Die kommandant pluk dit self uit en smyt dit van hom weg. Die bloed stroom.

Toe die kommandant en sy klein groepie burgers eindelik weer byeen is, slinger hy in die saal.

“Vader!” Dirkie help hom lawe.

“Ons moet verder,” sê kommandant Uys. Oral wemel die veld en hange nou van Zoeloes. Die hoofkommando is nêrens te sien nie en moes seker gevlug het. Hulle is heeltemal alleen.

Dirkie laai en skiet skoot vir skoot saam met die ander burgers terwyl hulle stadig, pynlik stadig terugval, maar telkens soek sy oë na sy vader. Die Zoeloes laat hulle geen oomblik met rus nie, diep klowe vertraag hulle gang.

‘n Paar honderd tree verder word kommandant Uys weer flou, en hulle moet hom vir die tweede maal bybring. Hy kan nie meer alleen regop bly nie, en aan weerskante ry nou ‘n burger om hom te stut.

Daar is geen sprake meer van ‘n geveg nie. Die burgers skiet net wanneer dit nodig word om die aanvallers van hul lyf af te hou.

In die agterhoede sneuwel die twee Malans. Nie baie verder nie trap ‘n burger se perd in ‘n gat en slaan neer. Voor die man weer in die saal kan kom, word hy ook dodelik getref. ‘n Groep breek weg en probeer agter om die klipkop uitjaag maar hulle ry teen ‘n Zoeloe-impi vas, en nog drie brugers bly in die slag. Twee ander raak afgesonder.

By kommandant Uys is daar nog net drie burgers oor, en Dirkie.

Hulle kom by ‘n rietspruit. Daar is ook Zoeloes maar die groepie druk deur. Op die oorkantste oewer val kommandant Uys vir die derde maal in ‘n beswyming, maar hy veg terug na die lig. “Lê my... op die ... grond... neer,” beveel hy.

Hulle doen dit.

“:Ek kan nie... verder nie,” stamel hy, en daar is bloed op sy lippe. “Hier moet ek... sterf... Red julleself... en veg dapper... tot die einde toe... Hou God voor oë... en sorg vir my vrou... en kinders.”

Die burgers huiwer nog. Hulle kommandant hier laat bly? En tog: daar is niks meer wat hulle vir hom kan doen nie.

Dirkie staar swygend na die stil liggaam van sy vader.

“Kom,” sê een van die burgers, “ons kan nie langer draai nie, anders is ons almal vandag dood.”

Hulle beweeg na die perde toe. Dirkie huiwer nog, en dan jaag hy ook agerna. Maar hy kan sy vader nie sommer so vergeet nie. Hy kyk agtertoe, weer en weer. Toe hy omtrent honderd tree weg is, sien hy die Zoeloes op hom afstorm. Die kommandant moes die gedruis en geskree gehoor het want hy lig sy kop. Hy lewe nog!

“Nee! Vader!” In daardie oomblik vergeet Dirkie sy eie liggaam. Hy weet net dat hy by sy vader moet wees. Met een swaai pluk hy sy perd om en jaag terug – terug na die dood toe, maar met sy hart in hom.

Drie swart krygers val nog voor sy geweer, maar dit gaan stadig met die ou voorlaaier. Toe is hulle op en oor hom.

Dirkie Uys het sy lewe vir sy vader afgelê, al het hy geweet dat daar nie meer redding kon wees nie.

 

Uit Die Afrikaanse Heldeboek – Pieter W Grobbelaar

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 10525 gaste aanlyn